Dit pla my al lankal geweldig baie, dat daar op Rsg beweer was dat voerkrale tonne metaangas in lug vrystel en dat 'vleisvry Maandag' agv dit ingestel was op Rsg, met vegetariese resep!
Logiese vraag, is beeste dan nie juis Vegans nie?
Hou mense op met skyt, as hul vegetaries eet? Dis onlogiese redenasie deur Rsg, maar dis kenmerkend ook van Rsg!
Hans Richardt
Kommentaar
Hans:
Hello,
Jy opper mos nou `n baie geldige punt hier, Hans. Ons lees nooit van metaangas in leeupoep nie; dis die koeie wat dit vrystel, en hulle is vegetariërs. Dis dus duidelik dat vegetariërs nie net meer poep nie, maar dat hulle poep ook meer gekrui is. Onder die omstandighede behoort die IPCC `n ondersoek te gelas om vas te stel of die aarde se temperatuur op Maandagaande styg as gevolg van Rsg-luisteraars wat vegetariese kosse kook en aan hulle arme gades voorsit. Dit mag nodig wees om die koolstofbelasting uit te brei na blomkool en kopkool. Verbruikers wat nie hierdie produkte koop nie, kan beloon word met koolkrediete wat dan verhandel kan word om vleis teen `n afslag te koop. Ongelukkig is dit onwaarskynlik dat Amerika die kopkoolprotokol sal onderskryf.