Die Vsa het onder die Obama-regime in 'n diktatorskap in die wêreld verander. Geen land kan tog in 'n ander land se aangeleenthede eensydig as politieke besluit inmeng nie!!
Sirië is die Obama-regime se 'Bay of Pigs'-einde!
Hans Richardt
Die Vsa het onder die Obama-regime in 'n diktatorskap in die wêreld verander. Geen land kan tog in 'n ander land se aangeleenthede eensydig as politieke besluit inmeng nie!!
Sirië is die Obama-regime se 'Bay of Pigs'-einde!
Hans Richardt
Kommentaar
Beste Hans,
Gesien deur die bril van Hollywood films van die 50-jare, het die VSA soos 'n gelukkige paradys voorgekom veral by die aankyk van daardie tyd se sg. "musicals", soos bv. " Oaklahoma", "Singing in the Rain", "Carousel", en n dosyn soortgelyke sapperige musiekfilms. Ag, gesien van vandag se perspektief, hoe cute en naïef het daardie land tog nie voorgekom nie, so kleuryk in technicolor en so welwarend met 'n lewensstandaard waarvan die res van die wêreld alleen oor kon droom. Die Amerikaners was die helde van die Weste en Vrye Wêreld - getroue vegters vir die Christelike Godsdiens, Vaderland, Familie, en Demokrasie teen die bose Kommuniste.
Met die afloop en gevolg van die Viëtnam-oorlog het Amerika sy glans begin verloor - so het ook sy halo verdoof. Gedurende die 70- en 80- jare het die VSA met die hulp van die CIA oral in Suid-Amerika ingemeng en selfs die demokratiese regering van Salvador Alende met geweld tot 'n val gebring. Oral het die VSA met die hulp van die IMF en Wêreldbank arm lande ekonomies ondermyn en hulle gyselaar gehou in die belang van VSA korporasies en besigheid.
Vandag is dit in die belang van die wapenbedryf van die VSA dat daar gedurig gesoek moet word vir nuwe moontlikhede om oorlog te voer, en om hulle nuutste tegnologie uit te toets. Oorlogmaak is uitstekende besigheid en bring in biljoene dollars vir sodanige firmas. Die sg. "fight against terror" het letterlik 'n goudmyn geword en tot datum in 'n biljoendollar besigheid ontwikkel, en die man (Dick Chaney) wat die VSA aangemoedig het om Irak binne te val het reeds miljoene vir sy firma gemaak. Hierdie sg. private firmas soos "Blackwater" is ook vir niemand in die VSA administrasie verantwoordelik nie, en hulle kan siviele dood maak of mishandel sonder dat 'n hoender daaroor gaan kraai. Amerikaanse firmas wat betrokke is by sekuriteit en spionasie groei soos sampoiene by die dag en maak biljoene. Oorlogmaak is geld, geld, geld.
Om die waarheid agter die skerms van die VSA agter te kom, lees gerus "Hidden Agendas" deur John Pilger, die oevre van die skrywer Noam Chomsky, "The Last Empire" deur Gore Vidal, en nou die onlangse "The Untold History of the United States" deur Oliver Stone and Peter Kuznick.
Vir iemand wat groot geword het met beelde van die VSA deur die prisma van Hollywood , en groot gemaak is in 'n land met n Anglo-Saksiese pers om te glo dat die VSA die land van die "good guys" is, is al hierdie onthullings 'n groot ontnugtering, en word onvermydelik gevolg deur n gevoel van walging en afsku.
Dalk sal ek volgende die vogende bestel deur Gore Vidal : " Perpetual War for Perpetual Peace: How We Got to be So Hated. Causes of Conflict in the Last Empire". Let wel: How We Got to be So Hated.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Dis waar wat jy sê Pieter.
Met die Syria-dreigemente het dit egter duidelik geword dat Putin die laaste word ingekry het. Hy het die oorhandiging van die chemiese wapens voorgestel en deurgedruk. Ons sal maar sien hoe dinge verder ontwikkel.
Wat egter baie duidelik is, is dat Putin hom glad nie aan Obama se pratery steur nie. Onlangs het Amerika en Israel saam missiele getoets sonder om Putin vooraf in te lig, so hy is bietjie moerig.
Hy het pas aangekondig dat Rusland nog 'n reaktor vir Iran gaan bou en hulle ook die opgegradeerde S-300 missiele sal verskaf. Dit lyk meer en meer of Putin meer gesag het as Obama op die wêreldverhoog.
Ek onthou 'n ou Afrika wysheid, as die olifante baklei kry net die gras seer.
Duitswester
Die VSA se optredes in die middeooste, reg of vekeerd, is ek geneig om te wil ondersteun. Islam tree willenskeurig op teenoor sy eie bevolking, asook hulle terrorisme in ander, veral westerse lande. Met hulle uitreik van "fatwa's", logies al dan nie, meerendeels onlogies, gaan hulle oor tot aggressie voor die wind. Die gifgas aanval op burgerlikes, veral kinders moet gestraf word. Ek sê: "Obama, kap die fokken donners".
Jaco Fourie
Beste Jaco,
Die kommentare van jou hierbo verraai 'n verstommende onkunde oor die geskiedenis van die Midde-Ooste, en al wat jy doen is om Amerikaanse propaganda te pappagaai. Die oorsprong van die probleme tussen die Midde-Ooste en die Weste gaan so vêr terug na die tyd van die Kruisoorloë (Crusades) van die 11-de eeu, en onlangs terug na die uitdeel van die Ottomaanse Ryk aan die Weste in die afloop van die Eerste Wêreld Oorlog.
Wat laat jou dink dat Assad chemiese wapens gebruik het teen die opposisie, en nie anders om nie? Omdat die Westerse pers so sê? Jou emosionele kreet tot wraak, " kap die fokken donners", sal geen probleme oplos nie, en verseker die situasie vererger.
'n Staatsman van gehalte sal drie keer dink voordat jy jou raad volg.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Pieter
Ek hoor jou. Ek verseker jou my kennis van die Middeooste geskiedenis en huidige politiek daar, skort geensins nie, inteendeel!. En ja. My kommentaar hierbo was nie bedoel om objektief te wees nie, die dat ek gesê het "reg of verkeerd". My ondersteuning vir die VSA se optredes in die Middeooste gaan 'n langer pad en studie as wat net op SêNet in 'n paar lyne soos hierbo opgesom kan word. Islam en politiek in die Middeooste is onlosbaar van mekaar, en bepaal die verloop van gebeurlikhede daar. Die kruistoge in weerwil van wat jy hierbo sê is geensins 'n faktor, of selfs gewortel, in Assyria se probleme van vandag nie. Dis nie 'n geval van Christen VSA vs Moeslem Assyria nie.
Wat wel hierbo deursigtelik is, is persoonlike agenda's wat anti VSA brul met 'n paar "feite" om stellings te probeer 'n mate van respektabelheid te gee. Elke optrede van die VSA in ander wêrelddele behoort op eie meriete afsonderlik benader en onder die vergrootglas geplaas te word, en nie suimier, soos hierbo, na die Middeooste geëkstrapoleer word nie.
Jou stelling: "al wat jy doen is om Amerikaanse propaganda te pappagaai." verraai 'n subjektiewe benadering deur eintlik te sê dat jy anti VSA is. Hoe weet jy dit is Amerikaanse propaganda? Hoe weet jy jy kan Putin vertrou, 'n man wat eers ontken het daar was 'n chemiese aanval, toe dit erken, en nou beweer dit is nie die regering, maar die rebelle wat daarvoor verantwoordelike was. Wie is nou eintlik besig om propaganda te saai?
Putin het homself en Rusland se belange in Syria uiters kwesbaar gemaak. Hy moet Assad nou deur dik en dun ondersteun, want sodra die rebelle die regering omvergooi, kwyn Rusland se invloedsfeer in die Middeooste dienooreenkomstig. Selfs Frankryk, het unilaterale optrede gedreig, in 'n land wat voorheen binne sy invloedsfeer geval het.
Ek is van persoonlike mening dat die Assad regime definitief gaan val, en behoort te val, want afgesien van die sogenaamde "onsekerheid" wie verantwoordelik vir die gifgas was, is daar ander skreiende voorbeelde van menseregskendings deur hierdie man se regime teenoor sy eie bevolking skuldig. In 'n Westerse demokrasie, sou die president lankal bedank het in belang van sy land. Maar nee, hy Assad kleef aan mag met die gevolg dat meer as 120000 burgers is al in die proses dood. Die dat ek gese het, en weer se: "Obama, kap die donners".
Jaco Fourie