Vir Wouter 29 Julie 2014

  • 2

Dagsê Wouter
Jou kommentaar onderaan my brief aan jou van 23 deser verwys.

Jy reken my identifisering van julle (die sogenaamde liberaal-demokrate se) kwaal, chronolitis (ook kronolitis of gronolitis) was ‘n kwinkslag. Dit was nie, dit was ernstig. Chronolitis is wanneer mense onder die waan verkeer dat iets wat gedurende tyd t gebeur beter is as wat gedurende tyd t’ (t-aksent) gebeur het waar t=t’+k met k ‘n positiewe getal. Enigiemand wat durf sê die toestand wat geheers het gedurende tyd t’ is volgens julle uit die oude doos want t>t’. Die feit dat klinkklare logika by julle verbygaan dui op ‘n ernstige kwaal.

Jou hele storie oor tyd, weliswaar interessant, was totaal irrelevant. Die vraag oor hoekom jy my nou in 1955 plaas het jy glad nie geantwoord nie. My stelling dat julle liggelowigheid, en ywerige meedoen aan die daarstel van die huidige sirkus, ons jare teruggeplaas het, het jy glad nie aangespreek nie. Ek moet dus aanvaar jy stem saam maar, by gebrek aan die morele moed om dit te erken, voer jy toe ‘n eierdans met ‘n rooi haring uit.

Jou stelling “ ... 'n Land met 10 burgers, met 'n regering, weermag, buitelandse beleid en verteenwoordiging by die VN. Dit is die onlogiese einde van jou argumente” hou nie water nie want die reductio ad absurdum in die ander rigting is één land met 6 miljard burgers (en almal van hulle praat Engels).

Ek staan natuurlik geeneen van bogenoemde voor nie; ek sê demokrasie in Suid-Afrika, soos wat ons besig was om te verwesenlik, het gewerk maar wat nou aan die gang is werk nie. Maar as mens nou mooi daaraan dink; 2 000 state in Afrika is nie so ’n slegte idee nie – daar pas byvoorbeeld 2 663 Gambia’s, of 4139 Cabinda’s, in die Afrika-kontinent in. Dink nou bietjie vir jouself man, daar hoef mos nou nie 2000 totaal geïsoleerde state te wees nie; daar’s opsies soos federasies, gemenebesse of wat ook al uitgedink kan word maar, wat dit ook al is, dit sal beter wees as die teenswoordige gedring en gedryf.

Jy antwoord niks wat betref die heksejag op, en agteruitgang van, Afrikaans nie – weet jy nie daarvan nie of het jy maar geduldig en gedienstig, soos Dirk, besluit om te aanvaar en berus? Dieselfde geld vir die marteling waarmee die plaasmoorde gepaard gaan; jy swyg soos die graf. So ook ten opsigte van die korrupsie en verval van die infrastruktuur (onder andere tientalle amptenare wat met vol salaris by die huis sit terwyl hulle ‘ondersoek’ word vir korrupsie, besoedeling van grond en riviere as gevolg van swak (of geen) instandhouding; jy sprak g’n sprook. By implikasie dus aanvaar jy dit maar het besluit om te berus, of hoe?

Dan net ‘n woordjie aan Jaco wat reken die boere boer dat dit gons – daar is ‘n paar honderd (miskien paar duisend?) wat nie kan boer nie omdat hulle dood is, vermoor. Daar is ook tientalle wat baie tentatief boer omdat hulle nie weet of hulle nog ‘n plaas gaan hê in die afsienbare toekoms nie want wie kan nou investeer en hart en siel boer met dreigende onteiening. Hierdie toestand het nie in die ‘bose’ 60’s geheers nie.

Gang warily
Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Jan

    Jou laaste paragraaf hierbo is aan my gerig, dus my respons.

    In ‘n onlangse brief het jy geskryf: “Boere kan nie meer boer nie (sedert 1994?)”. 

    Ek het aan jou uitgewys dat boere wel boer en dat ons die beste mielie-oes sedert 1981 hierdie jaar in die vooruitsig staar, en dit onder ‘n ANC regering!!

    Jy het toe gou gaan opsoek om te sien of wat ek gesê het die waarheid is, dus jou belaglike regstelling van “boere wat dood is kan nie boer nie”.  Het dooie boere ooit gedurende die apartheids-era geboer?  Watse tipe logika is dit? Ek reken jy behoort op Dirk Rigter se stelling elders vandag op die Sê ag te slaan, nl: Mark Twain: “Better to remain silent and be thought a fool than to speak out and remove all doubt.”

    Pleks om in jou kamer heeldag te sit en Dan Roodt se skrywes oor en oor te bepeins, beweeg rond in die nuwe SA en sien hoe lekker dit eintlik is, afgesien van die afgesaagde kak wat jy ononderbroke oor en oor neul.  Kyk hoe welig boer die boere, veral in die Vrystaat.  Een van die dae is dit Oktober, die mooiste mooiste maand vir ons Suid-Afrikaners.

    Lees die volgende uittreksel wat alle twyfel uit die weg behoort te ruim:

    “SOUTH Africa is set to produce its largest maize crop in 33 years, helping to cool inflationary pressures the weaker rand has stoked. Expectations of a bumper harvest have seen prices of the country’s staple diet fall in the past three months. Inflation breached the top end of the Reserve Bank’s 3%-6% target range last week, increasing the likelihood of a second rate hike before the end of the year.

    On Tuesday, the National Crop Estimates Committee increased its maize estimate for the 2014 -15 marketing year 4% to 13.5-million tonnes because of favourable weather, making it the largest since 1981. Last season, a drought in North West, one of the three biggest maize production areas in the country, reduced the maize crop.

    In the overall inflation basket, food has a weighting of 14.2%. Apart from maize meal, the grain is a basic input for the production of red meat, chicken, eggs and milk. It takes 7kg of maize to produce 1kg of meat and 1kg of maize to produce 1l of milk.

    Marthinus Loock, an analyst at Standard Bank, said lower feed costs would help boost profitability in livestock industries. Total demand for maize (including for South Africa’s exports) is projected at 11.86-million tonnes by the Grain and Oilseeds Supply and Demand Estimates Committee. The National Crop Estimates Committee also raised its output estimate for sunflower and soya beans”

    http://www.bdlive.co.za/business/agriculture/2014/05/28/sa-on-track-for-bumper-maize-harvest

  • Verskoon my, hierdie gesprek het geen nut nie, ek het lank genoeg tyd aan jou mater, Comestor afgestaan, 'n hele aand se opvolg van die dag se nuusblaaie is daarmee heen. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top