Vir Jaco oor sy kommentaar van 24 deser

  • 0

Jaco, ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief aan jou.

Genade maar jy’s ‘n glibberige kêrel. Jou hou aan asof jou aanvalle op Dan Roodt in reaksie op my ‘ophemeling’ van Dan sou wees terwyl dit net mooi andersom is. En daar doen jy dit toe weer; sê ek is die ou wat Dan ‘op cloud 9’ geplaas het terwyl ek bloot jou ongegronde skellery en laakbare ad hominisme (nog nie in die woordeboek nie) uitwys.

Jy hou aan vra wat Dan DOEN alhoewel ek male sonder tal jou geantwoord het. Miskien moet jy my ‘n voorbeeld gee dat ek mooi kan verstaan wat jy nou eintlik wil hê: Gee my ‘n lys van wat die volgende persone doen of gedoen het: Max du Preez, André P Brink, Roelf Meyer, Pierre de Vos en Piet Croucamp.

Dis nou nie dat ek daardie inligting nodig het nie; ek wil maar net dit as model gebruik om jou te antwoord. Ook, teen hierdie tyd, skeel dit my min oor jou redes oor hoekom jy Dan so verpes (ek het jou mos al gesê hoekom die ontkenners, meelopers en anglofiele ‘aapkak gaan’ elke keer as Dan iets sê). Dit is maar net vir my amusant hoe jy jou verder in ‘n hoek toeverf.

Wat my bring by die draad wat ek volgens jou sou verbreek het. Dit is, weer eens, net mooi andersom as wat jy sê. Hierdie skakels onder aan die briewe is obskuur, ek loop baie goed mis ten spyte van die (Engelse) advies wat ek kry (en hier om Kersfeestyd rond het daar kommentaar verskyn sonder dat die advies gestuur is). Ek skuld juis Angus nog ‘n antwoord; ek soek nog net na sy kommentaar; daar’s mos nie ‘n filterfasiliteit nie. So, as jy dinge in die oopte wil sê, plaas die brief en as jy in die verborgene wil praat, gebruik die ‘draad’ soos jy dit noem.

Nou-ja tot hiertoe dan.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top