Hallo Dirk
Jou kommentaar onderaan Angus se brief van 12 deser verwys.
Hier is vir jou, in leketaal, ‘n uiteensetting van die begrip ‘grammatika’:
The job of grammar is to organise words into sentences.
So eenvoudig soos dit. Ek het dit al het vir julle gesê maar hierdie keer los ek dit in die oorspronklike Engels en sit dit in vetskrif; dan kan dit dalk help dat dit insink by julle. Dit kom nogal van ‘n webblad waarop ek afgekom het deur middel van die skakels wat jy verskaf het. Dit is die eerste sin onder die opskrif ‘Grammar Basics: Sentence Parts and Sentence Structures’.
Angus se uiteensetting van die begrip ‘grammatika’, wat vir jou so ‘glashelder’ is, naamlik dat geen taal ‘n grammatika het alvorens ‘n taalgeleerde dit beskryf het nie, maak nie sin nie. Dis ‘n sirkelargument; die taalgeleerde bestudeer die taal se grammatika en skryf dan ‘n grammatika vir daardie taal en nou het die taal ‘n grammatika.
Tale kan op vele maniere geklassifiseer word, een manier is volgens grammatikale strukture, byvoorbeeld 1) analitiese tale waar die woorde onveranderlik is maar die woordorde streng volgens grammatikale reëls voorgeskryf word, 2) agglutinerende - soos in saamgelymde - tale waar betekenis met reëlmatige voor- en agtervoegsels verander word (vgl Zoeloe: ‘bulalani’ – meervoud vir ‘maak dood’, dus ‘julle moet doodmaak’ of ‘ubugani?’ vir ‘wat kyk jy?’ 3) infleksionele (verbuiging & vervoeging) tale en 4) polisintetiese tale waar ‘n enkele woord ‘n hele opstel kan beteken (oukei nou nie so erg nie maar tenminste ‘n hele sin).
‘n Ander manier is volgens woordorde, die bekende onderwerp-werkwoord-voorwerp en die verskillende kombinasies vir die verskillende tale. Elkeen van hierdie verskillende tale het sy eie grammatika, party verbuig en vervoeg vir die vale, ander omvorm die werkwoord, party het streng woordorde, ander soos Latyn veroorsaak die naamvalle dat woordorde onbelangrik is en al so aan voort.
So, of jy nou grammatika en struktuur as een tot baie, of baie tot een (soos mens maar besluit met iets soos ‘n databasis-hiërargie) beskou, bly die feit nog bestaan: Jy kan nie ‘n taal praat as jy nie die grammatika ken nie, maak nie saak of jy die grammatika aan moedersknie (soos ek ten opsigte van Afrikaans) of deur middel van ‘n grammatikaboek (soos ek met Duits en Engels) geleer het nie. En jy tel die grammatika en woordeskat aan moedersknie op, ongeag of een of ander taalgeleerde dit ‘beskryf’ het of nie.
Wat die ‘1+10’-storie betref: Jy kan kyk na ‘n ingewikkelde integraal, of ‘n parsiële differensiasie, en jy hoef nie die hele storie in taal om te sit om hom op te los nie. Net soos ‘n meetkundeprobleem; jy hoef byvoorbeeld nie te sê ‘sirkel met straal sodanig dat hy deur punte A en B sny en ‘n raaklyn met die kantlyn vorm’ om die probleem uit te werk nie (dit is om uit te werk hoe ver ‘n skopper teen die kantlyn weg van die pale af moet beweeg om die maksimum hoek vir sy skop te kry). Jy doen bloot die konstruksie en basta. Selfde met bladmusiek; jy sien die note en tokkel jou kitaar, jy hoef jouself niks te vertel nie.
Mens dink, of droom, gewoon nie in ‘n taal nie.
Groetnis
Jan Rap
Kommentaar
Beste Jan,
Beste Angus,
So terloops, ek sien Jan Rap sê in sy laaste paragraaf dat (hy) sommer 'n ingewikkelde meetkundeberekening sonder taal doen. "Jy doen net die konstruksie", so seg hy. Nou wonder ek hoe het hy die meetkunde-som vanaf die vraestel in sy kop gekry? Het hy net daarna gekyk en toe soos (sy) luiperd doen, die berekening instinktief bespring met 'n natgelekte potlood? Het hy nie vir homself, weliswaar saggies in sy gedagtes, aangesê om sy meetkunde-instrumente / rekenaar / et al met 'n sekere orde aan te wend om die berekening te doen nie? Dis nou nadat hy die vraag met behulp van taal gelees het?
Beste Dirk,
Beste Angus
1 'n Taal se grammatika sit waar 'n taal se woordeskat sit, in jou verstand. Sodra jy 'n gedagte of 'n begrip wil oordra, dan roep jy die betrokke woorde op en span hulle in om sin te maak soos deur die grammatika voorgeskryf.
2 Jy wil weet hoe lyk grammatika? Snaakse vraag; dat jy nou wil weet hoe iets wat abstrak is lyk. Hier moet jy miskien 'n neuroloog raadpleeg want fisies sal dit 'n klomp aan- en afskakels in jou brein wees. Amper soos 'n rekenaarprogram, 'n binêre konfigurasie in 'n soort van 'n 3D-matriks.
3 Soos ek jou so pas gesê het, niemand weet hoe dit lyk nie want dit is abstrak. Soos nanotegnologie ontwikkel sal jy dalk eendag een of ander voorstelling kan sien, wie weet. Op die oomblik is die beste miskien breinskanderings wat wys watter dele van die brein aktief is wanneer iemand praat.
Ek vermoed jy dink die gramatikareëls wat in 'n boek opgeteken is, is hoe grammatika lyk. Newton se formules betreffende gravitasie is bloot die formules; dis nie hoe gravitasie lyk nie.
Dirk
Die vraag is neergeskryf, dit lees 'hoe ver moet 'n skopper teen die kantlyn af beweeg om die maksimum hoek tussen die twee pale te kry?'
Die oplossing is konstrueer 'n sirkel wat deur die punte wat die pale op die grond maak sny en die kantlyn raak waar die raakpunt dan die verlangde posisie van die skopper is. Jy vertel nie vir jouself woord vir woord wat die oplossing is nie, miskien vir jou maat wat wil afskryf maar om vir jouself die storie in taal om te sit is nie nodig nie.
Buitendien, as jy lees neem jy wat daar geskryf is BAIE vinniger in as wat die geval sou wees as jy elke woord klank. Ouens wat sogenaamde spoedlees kan doen kan 'n hele bladsy inneem vinniger as wat dit jou sou neem om 'n paragraaf hardop te lees.
Wat die lees van musieknote betref: Dit behoort vir jou duidelik te wees dat taal nie daar betrokke is nie, daai reeks kolletjies met die stertjies en die vlaggies op die parallelle lyne is simbole wat toonhoogte en -lengte aandui; jy sê nie vir jouself do, re, mi ... ens terwyl jy musiekmaak nie.
Jy dink nie in 'n taal nie, jy genruik taal as voertuig om die konfigurasie van aan- en afskakels wat in jou brein is aan die ou, met wie jy kommunikeer, teweeg te bring.
Groetnis
Jan Rap
Beste Angus
Jy vertel vir Dirk dat ek daarvan hou om te stry, selfs teen my eie beterwete soms. Jy gaan voort deur te vertel dat jy 'n brief geskryf het waarin jy konstateer dat taal van 'n mens 'n mens maak, " ... niks anders nie. Waarom hy [Jan Rap} denke in die argument ingebring het sal net hy weet."
Wel, Angus, hier is die rede hoekom ek denke ingebring het, ek haal aan uit daardie einste brief van jou: "Menslike denke, soos ons dit ken, sal onmoontlik wees, want per slot van rekening is dit tog maar taal wat daardie denke orden." Dit is jy wat denke ingebring het; lyk my jy kan nie meer onthou wat jy geskryf het nie.
My kommentaar onderaan daardie brief was onder andere dat mens nie in taal dink nie en jy en Dirk het 'n probleem met daardie stelling gehad. Ek het op 'n kol gesê as bewys dat taal nie ingespan word om te dink nie dat baba's, voëls en ander diere ook dink en hulle het nie taal nie.
Nou sê jy self hierbo: "Voëls, diere, kan ook dink, maar hulle is nie mense nie." Slim, Angus, maar dis nie die kwessie nie; jy en Dirk (veral Dirk) vertel mens dink in 'n taal, ek sê mens dink nie in 'n taal nie en nou swaai jy die storie na 'n heeltemal ander argument, naamlik "taal maak van 'n mens 'n mens."
Groetnis
Jan Rap
Erratum
Die laate sin van my kommentaar hierbo moet lees:
Jy dink nie in 'n taal nie, jy gebruik taal as voertuig om die konfigurasie van aan- en afskakels wat in jou brein is in die ou, met wie jy kommunikeer, se brein te bewerkstellig.
Jan Rap
Beste Jan,
Beste Jan,
Beste Angus
Nee jy's nie lastig nie; mens moet vrae vra want hoe anders gaan jy jou nuuskierigheid bevredig?
Hy tree die twintig treë af deur rekord te hou, hy kan dit op sy vingers doen, hy kan met 'n stukkie houtskool merkies op sy arm maak (soos daardie 4 strepies met een dwarsstreep deur wat jy in tronkselle kry) of hy kan dit aftel, in sy kop of hardop, in sy eie taal of enige ander taal.
Die feit dat iemand iets aftel in 'n taal is egter nie 'n bewys dat mens in 'n taal dink nie. Syfers is simbole vir getalle of groothede. As 'n Rus, of 'n Armeniër of 'n Fransman byvoorbeeld daardie vier simbole (vier groepe van vier strepies met een in die dwarste deur) op die ou se arm sien sal hy weet dis 20 en dit is twintig in die desimale sisteem in enige taal, soos 'n '2' gevolg deur 'n '0' . In die duodesimale sisteem is dit, in ons syfers, '18' en in die binêre sisteem is dit '10100' byvoorbeeld.
Dit is bloot simbole vir groothede en om daarmee te werk en te verwerk het jy nie taal nodig nie; net om dit oor te dra aan iemand sit jy dit om in taal. As jy 'n rekenaardrukstuk van die oplossing van 'n probleem kry is dit die oplossing, jy wil nie noodwendig hê dat die rekenaar jou al die stappe wat nodig was vir die berekening gee nie.
Wat die skopper betref: Hy gaan vanaf die lyn wat die twee pale verbind 'n middelloodlyn trek, dan die meetkundige pad bepaal van 'n punt wat ewe ver vanaf een paal (die punt op die grond) en die kantlyn is en dan, vanaf die punt waar hierdie meetkundige pad ('n parabool terloops) die middelloodlyn sny, laat sak hy 'n loodlyn op die kantlyn wat dan die oplossing is.
Hy gaan nie hierdie hele storie vir homself vertel wanneer hy dit doen nie, hy sal dit wel in taal omsit as hy iemand anders vertel (soos ek jou nou vertel het) wat die prosedure is. Dit vat tyd terwyl die oplossing, al het hy daarop afgekom deur urelange wroeging, is oombliklik in sy kop, die spreekwoordlike lig wat opgekom het. Soos weergegee in die comics, die aangeskakelde gloeilampie wat bokant die ou se kop verskyn. As hy dit weer moet doen gaan hy nie weer deur die urelange wroeging nie; die oplossing is 'n konfigurasie van skakels (of wat ook al) in sy brein.
Ek is ook nuuskierig: Hoekom, elke keer as jy die woord 'taal' gebruik, sit jy in hakies die Engelse vertaling daarna?
Groetnis
Jan Rap
Beste Jan,
Beste Angus
Hy tel dit af deur rekord te hou waarvan een is om te tel. Die twintig egter, wat hy aftel, is die oplossing van een of ander probleem verwerk en opgelos deur middel van sy brein wat hy reggekry het sonder taal want mens dink nie in 'n taal nie. Indien hy slegs die opdrag gekry het om twintig treë af te tree bly die modus operandi dieselfde; hy tree dit af deur van elke tree rekord te hou, of deur te tel (in sy kop, hardop of wat ook al), of knopies in 'n tou, merkies op sy arm ens ens. Selfde as 'n ou wat 'n stuk bladmusiek kry, hy speel die note sonder om 'do re mi' ens te sê.
Ek is nog steeds nuuskierig; hoekom sit jy elke keer '(language)' na jy die woord 'taal' gebruik het?
Groetnis
Jan Rap