Trots bo-op myself

  • 0

'n Hele paar briewe gelede het ek iets oor my "sangtalent" te skrywe gehad. Ek wil vandag op die Net 'n bietjie spog. Ek is in ons plaaslike gemeente se "kerkkoor "opgeneem. Eish man, ek is nie bietjie trots op myself nie.

Ek skryf dit na aanleiding van kommentaar wat ek al oor my "sangtalent" gekry het. As kind is ek uit die kinderkranskoor "geskop" aangesien ek soos 'n brulpadda teenoor die ander kinders geklink het. Die tannie het gesê ek moet nie sing nie. Ek het dit toe nooit weer naby 'n koor gewaag of self in die kerk gesing nie. Daardie jare was daar nie Ritalin of Prozak vir kinders gewees nie. Ek was geknou man, erg.

Ek het ook een aand, heel onder die prop, vir 'n dame in die oor gesing. Ek weet nie dat dit was dat ek ook met haar probeer dans het nie, maar die singery het nie goed afgegaan nie. Sy het gesê ek moenie sing nie. Ek het weereens 'n moerse sielkundige knou gekry. Ek probeer dan my beste.

Dit was seker my straf want ek en 'n kollega het een aand by 'n pel van my se weermag-eenheid op die Bluff ietsie gaan vat. In 'n stadium sien die kollega van my 'n kitaar en probeer om die ding te speel. Hy dog toe hy sal die kakofonie met sy stem doodbulder. Dit word toe erger. Ek noem toe vir een van die weermaglede dat hy vir my kollega moet sê dat hy sing nie goed nie en maak lawaai. Daar sak toe 'n hemelse stilte op ons neer. My kollega kom suutjies langs my staan. Hy is erg beswaard, iemand se hy sing kak. Ons is nie meer kollegas nie, maar het intussen pelle geword.

Almal in die familie is verbaas of geskok oor my koorsingery. My reaksie daarop is: "Ek is 'n laat "bloomer" en is soos 'n diamant. Moet eers geslyp en gepoets word."

Dit wys jou, ons koormeester ken talent as hy dit hoor en nie noodwendig my pelle of familie nie.

My ma sou gesê het, jakkals prys sy eie stert.

Soos die Ingelse spreekwoord lui, "watch this space".

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top