Toetsrugby en die Voorsienigheid

  • 8

Die arme All Blacks. Hulle het Saterdag net nie ‘n kans gehad teen die Bokke nie. Volgens Heyneke Meyer was “The Lord” aan die Bokke se kant. “We were blessed by the Lord,” seg hy uitasem op Super Sport ná die wedstryd, toe hy uitgevra word oor die oorwinning.

Nou wonder ek wat het in die oorsese toetse teen die Wallabies en die All Blacks gebeur? Veral die toets op 13 September teen die All Blacks waar die Bokke net-net verloor het. Het “The Lord” in die doodsnikke besluit vandag wen die All Blacs met 14-10? Hoekom die All Blacks so onregverdig “bless” terwyl die Bokke so goed gespeel het en verdien het om te wen? Het hulle dalkies kwaad gedoen...?

Wat my verder laat wonder: Wat gaan Heyneke Meyer in die toekoms doen as die bokke wen en daar is Moslem-gelowiges soos Nizaam Carr in die span? Gaan hy Allah ook bedank vir die “blessings?” Dit gaan fyntrap kos, Heyneke.

  • 8

Kommentaar

  • Dirk

     
    Iemand het blykbaar so rukkie gelede langs 'n Springbokvoorspeler gestaan toe hy aan die begin van 'n wedstryd op sy knie sak en die volgende woorde prewel: "Forgive me father for what I am about to do".
     
    Mens hoor dikwels dat god mense wonderbaarlik lewendig uit 'n grusame ongeluk gekom het waarin baie ander mense dood is - soos nou weer met die profeet se woonstelgebou wat ineengestort het. Die jackpot-vraag is natuulik hoekom het god in die eerste plek die ongeluk toegelaat en dan wat van die ander mense wat dit nie gemaak het nie? Moet hulle familie maar aanvaar dat god sy rug op hulle gedraai het?
     
    Thomas
  • Thomas,

    Ja en die dawerend stilte oor die profeet se gebou-tragedie vanuit alle christelike kerkgeledere spreek boekdele! Geen teologiese verklarings nie, geen verduidelikings nie, niks nie behalwe TB Joshua self wat geseënde (annointed) water na die oorlewende families wil stuur. Kan jy nou meer?
     
    Dirk
  • Kommentaar gelewer wys maar weereens dat mense die Bybel op verskillende wyses lees en vertolk.

    Laat ek dit nou vir eens en altyd onomwonde stel.Die wonderwerke van Jesus en diegene wat hy uitgestuur het is en was nog nooit normatief vir die kerk van Christus nie.

    Ek verwag dat Kobus de Klerk met groot verontwaardiging hierop gaan reageer.  Jesus het mense volkome genees en nie gedeeltelik nie.Nêrens het Jesus vir iemand gesê dat Hy hom nie kan genees nie omdat die persoon se geloof te klein is.Dit is duidelik uit  Johannes 5 toe die verlamde man na 38 jaar weer kon loop.
    Jesus het net vir hom gevra "Wil jy graag gesond word?" Toe die man bevestigend antwoord sê Jesus "Staan op! Vat jou slaapmat en stap hier weg." Die man het dadelik gesond geword.

    Jesus en diegene wat Hy uitgestuur het het wonderwerke gedoen om te bewys dat hul werklik besig is met die ware verkondiging van die Evangelie - die ware boodskap van verlossing. Nadat die Apostels
    gesterf het het daar in hul plekke ouderlinge en diakens gekom.

    Met die afsterwe van die Apostels het die tydperk van wonderwerke ook tot 'n einde gekom.Wonderwerke lei ook nie tot bekering nie.As dit so was sou Jesus nooit gekruisig gewees het nie en van die Apostels nie
    'n aaklige dood gesterf het nie.Wonderwerke het 1900 jaar gelede opgehou.

    Dit is dus dwaas van enige mense om nou te vra dat wonderwerke in die kerk verrig moet word sodat hulle kan glo. Dit dui op uiterste onkunde en 'n gewetenlose uitbuiting van mense se behoeftes aan die opwinding van die bonatuurlike.

    Daarom kon op grond van die skrif verklaar word dat die sg Joshua profeet niks meer is as 'n skaamtelose uitbuiter van mense se werklike en gewaande siektetoestande.Nêrens in die wêreld kon sulke sg wonderwerke die toets van 'n deeglike mediese ondersoek deurstaan nie.

    Verhoor God dan nie gebede nie.Ja God verhoor nog steeds gebede maar nie op die wyse wat ek dit altyd wil hê nie.

    In Mat.6. leer Jesus hoe om te bid en gee dan die volgende voorbeeld:
    "Ons Vader in die hemel,laat almal op aarde groot eerbied vir u Heilige Naam hê.
    Laat u nuwe wêreld tog gou aanbreek.
    Almal in die hemel doen wat u sê.
    Gee dat almal hier op aarde ook doen wat u wil hê.
    Gee ons vandag genoeg om van te leef.
    Vergeef ons waar ons nie doen wat u van ons vra nie, net soos ons ander mense vergeef wat nie reg teenoor ons optree nie.
    Help ons om nooit te swig vir versoekings nie, en pas ons op wanneer die duiwel ons wil verlei om verkeerde dinge te doen.

    Dit is opmerklik dat Jesus in tye van Joodse verdrukking deur die Romeine,wat swaar belastings oplê nie sy dissipels leer om te bid dat God hul krag moet gee sodat hul vandag 'n paar Romeinse soldate
    van kant kan maak en of by gebreke daarvan vir 'n paar weke buite aksie te stel.

    Rugby is 'n kontaksport waar dit gaan om fisiese,krag, vaardigheid en tegniek.Dit is dus dwaas om nou God te vra om jou die oorwinning te gee ,want die ou aan die ander kant bid dalk nog harder as jy en sodoende word God dus as het ware gedwing om kant te kies.

    As jy dus in 'n wedstryd van die veld afstap met gekraakte ribbes of gebreekte arm, moet dit dan nie toeskryf aan 'n onverhoorde gebed of jou geloof wat te klein was.Die aanspreeklikheid en verantwoordelikheid
    vir dit eindig by jou en nie God nie.

    En hopelik het jy goeie mediese dekking wat sportbeserings dek.En so is  verloor of wen nie afhanklik van geloof of gebed , of God nie, want in gebed gaan die dit nie om wen of verloor nie.Dit is duidelik uit hoe Jesus sy dissipels geleer het om te bid.

    Dit het nou al gewoonte geword dat mense die Bybel probeer verklaar aan die hand van hul ervarings en nie hul ervarings aan die hand van die Bybel nie.Moet dus nie op die grond neerslaan en brabbeltaal of allerhande sg vreemde tale praat nie.God is 'n God van orde.Dit blyk uit sy skepping.

    Die sg vreemde tale is is niks meer as ander menslike tale nie. Dit is duidelik uit Handelinge 2 waar almal die goeie nuus hoor in hul eie taal.

    Kom God dan nooit tot 'n mens se redding in gevaarlike omstandighede nie? Ja maar nie altyd nie anders sou geen gelowige soldaat ooit op die slagveld gesterf het nie.Dit is die onverklaarbare van die Godsbesluit. Dit is 'n haak- en-steekbos, 'n wag-'n-bietjiebos waarin ek as sondaar verstrengel raak.

  • Hmmm, jaaa... ek het al oor dieselfde ding gedink as ek die ouens voor 'n wedstryd sien staan en bid in 'n kringetjie. En dan ook daardie ouens, wat nadat hy 'n drie gedruk, het boontoe kyk en erkenning gee aan God wat hom nou hiermee gehelp het.

    Ek het nog nie gesien hoe 'n ou erkenning gee na 'n tackle wat hy die ander ou gekeer het om 'n drie te druk nie. Sou dit dan nie ook gepas gewees het vir al die christene op die veld nie?
    Wat ek wel al waargeneem het was die lippetaal wat duidelik wys hoe die ou swets as hy nie in die doelskop geslaag het nie.
     
    Op die ou end moet ons maar net onthou dat ons almal mense is met foute en swakhede. Jesus het gesê dat ons Hom soos 'n kind moet benader. As die manne dus saambid voor die tyd en kinderlik glo dat hulle God se witbroodjies is wat nou 'n Pa kan vra dat hulle moet wen, en nie die ander span nie, dan is dit ook goed so. Ek verstaan hulle bid meer dat hulle nie beserings moet opdoen nie, want net so onrealisties is in 'n kontaksport.
     
    Of wonderwerke opgehou het 1900 jaar gelede? Ek weet nie so mooi daarvan nie. God is dieselfde gister, vandag en tot in alle ewigheid. As Hy water uit 'n klip laat kom het om 'n volk te red van dors, hoekom nou ophou?
  • Beste Sandvelder

    Jy skryf:

    "Of wonderwerke opgehou het 1900 jaar gelede? Ek weet nie so mooi daarvan nie. God is dieselfde gister, vandag en tot in alle ewigheid. As Hy water uit 'n klip laat kom het om 'n volk te red van dors, hoekom nou ophou?"

    Alles in die Ou Testament lei tot net een hoogtepunt, nl die geboorte van Jesus.Dit is opmerklik dat Jesus eers na sy doop soos beskryf in Mat.3 begin wonderwerke doen.Ons lees nie van wonderwerke voor die tyd
    deur Hom nie.

    Johannes het eers met Jesus geredekawel  en het Jesus eers gedoop toe Hy sê in vers 15"Doop my nou dadelik! Want dit is wat God wil hê.So voldoen Ek en jy aan God se groot plan om die wêreld te red".

    Hoe sou Jesus nou bewys dat Hy werklik die Seun van God is? Mense in die tyd het soos vandag geglo dat sien glo is. In Johannes 20 lees ons dat Tomas een van Jesus se twaalf getrouste volgeling was.(Party het hom Tweeling genoem.)

    Hy wou nie glo dat Jesus opgestaan het nie.Jesus se opstanding was die grootste wonder ooit.Eers na die aanskouing van die opgestane Jesus se wonde maak Tomas In vers 28  sy verklaring omdat  hy so oorweldig  is, dat hy sê "My Here en my God!".

    Nou antwoord Jesus hom en sê:"Is jy oortuig omdat jy My gesien het? ('n wonderwerk aanskou het?) Wel,die mense wat  MY nie soos jy sien nie,maar My tog met oorgawe aanvaar,gaan van geluk oorloop."

    Wonderwerke is dus onnodig vir die aanvaarding van die opgestane Jesus as die Enigste Verlosser en Saligmaker. Die getuienis van die ooggetuies soos opgeteken behoort voldoende te wys vir my en jou.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top