Sit dit af ... Maar nie vir alles nie

  • 0

Hello, 

In die algemeen dink ek ook TV is onsinnig en het beide my DSTV gestop en die kabels letterlik geknip en met my TV doelbewus die kanale uitgestel om so geen SABC te kan opvang nie, al wat ek nou opvang is die seine vanaf die oerknal 13,7 miljard jaar gelede, tussen al die ander spikkels ... Ek spandeer soms ure om die spikkels van die oerknal af te probeer identifiseer. Hierdie is die toestand nou al vir 'n paar jaar. 

Maar wat wel 'n plesier is, is om reekse wat op DVD vrygestel is te koop en dit oor 'n naweek te kyk. Daarmee het ek die grootste deel van die jaar met Tony Soprano spandeer en is dit 'n reeks wat my sal bybly vir altyd. 

Die het ek opgevolg met West Wing, en dit was so goed soos ek gedink dit sou wees, elke belangrike kwessie in politiek is aangespreek. Voorbeelde soos terrorisme, radikale Islam, die konflik tussen Palestina en Israel, die stryd tussen die twee partye in die VSA, die onmoontlikheid van samewerking tussen die twee partye en lees dit soos die toestand nou heers in die VSA, die eerste vroulike Amerikaanse Hoofregter, gespeel deur Glen Close wat 'n liberale leeu van die regsbank opvolg. Pogings om vrede met Kuba te bewerkstellig. 

Dit is min dat dat 'n fiksie die werklikheid so goed verduidelik. 

Wat ook verstommend is dat die kandidaat vir President, Matt Santos, sinspeel op die toekomstige Barack Obama en dui Jimmy Smits in 'n onderhoud die volgende aan: 

"Barack Obama was one of the people that I looked to draw upon". 

Net soos dit ook bevestig word dat met die ontwikkeling van Matt Santos se karakter daar geput was op Barack Obama: 

Eli Attie, a writer and producer on the show, was given the task of developing the character. Attie knew Obama's key aide, David Axelrod, so he called him for some advice. 

"David Axelrod helped explain to me how Obama viewed his race, how he refused to be defined by it. In politics people are always looking to force people into categories: What's your slice of the constituents? What's your political base? And it seemed that Obama was very resistant to that idea and that was a key element in his success."

"We wanted to make sure that Santos was communicative and politically strong, and then you have the other layer there, that he just happens to be Latino," says Smits. He sees that it is the same for Obama; his ethnicity is important, "but is not the be all and end all of the man".

Indien Jed Bartlet 'n toonbeeld van 'n man met inbors was, dan was Matt Santos sekerlik die perfekte opvolg vir so 'n man. (Ook moet erken dat Matt Santos is te aantreklik vir 'n president.)

Net soos West Wing ook die uiteindelike keuse van Hilary Clinton as buitelandse minister gesien kan word in die keuse van Matt Santos se teenstander Arnold Vinick as sy uiteindelike keuse van 'Secretary of State'. 

Hierdie reeks se ooreenstemming met die werklikheid was soms net te perfek. 

Hierdie het ek opgevolg met Californication, Hank Moody, maar kon dit nie volhou nie. Na West Wing se CJ Cregg, Jed Bartlett, Toby Ziegler, Josh Lyman, Leo McGarry, Matt Santos & Arnold Vinick, was Hank Moody 'n mors van tyd. 

Aaron Sorkin, skepper van West Wing het 'n nuwe reeks uit, Newsroom, en het ek dit begin kyk, wat 'n plesier is dit nie, en weereens is al die kwessies daar, 'BP Horizon', 'Tea Party', die hele vuurwapen debat, leuens in politiek en in die media en die soeke na die mees volledige en verteenwoordigende argument op 'n vraag. 

'n Uitstekende reeks. 

Dit is 'n kort reeks en sal dit gou klaar wees, dan begin ek met Breaking Bad en Walter White.  Die reeks is naby aan sy einde in die VSA en is die laaste 8 episodes nou aan die gang daar. 

Hierdie sal my  'n paar maande besig hou, aangesien ek reeks 1 tot 4 het en dan wag vir nommer 5. 

Hierdie wil ek dan opvolg met Six Feet Under

Met dit dan afgehandel is 'n volgende politieke reeks op my radar Borgen, 'n Deense reeks en oor Kersfees, Parks and Recreation.

In die nuwe jaar, sal dit The Wire wees. 

Dan het ek alles gekyk wat ek in my gedagtes gedra het en sal daar dan na die volgende reekse gesoek word. 

Daar is goeie TV maar dit moet gekies word en volgens jou eie skedule gekyk word en tegnologie maak dit moontlik. 

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top