Rassisme - Dan Roodt en Steve Hofmeyr

  • 2

Ek was bietjie uitstedig en met die terugkom merk ek toe daar is ‘n herrie oor Dan en ‘n kabaal oor Steve; die twee here sou hulle glo onderskei as rassiste.

Wat my opgeval het toe ek nou bietjie begin navors, is dat almal wat Dan en Steve oor hierdie ‘onthulling’ gerepudieer het, aangeval het eintlik, het nie een van hulle die gewraakte stellings probeer weerlê nie nee, hulle het, by wyse van spreke, die man in plaas van die bal gespeel. Terloops, en interessant, op hierdie manier het hulle dan instemming impliseer maar hulle voel dis nie mooi dat Dan en Steve sê wat hulle gesê het nie.

Dis nou paternalisme by uitstek. Veral die Conrad Koch ou (is hy ooit Engels? Ek sien op sy blad sy Engels is amper so swak soos myne) het oorboord gegaan; hy is ook die absurde idee toegedaan dat die Afrikaner Afrikaans by ander mense gesteel het. Kan jy glo? Methinks the fellow doth protest too much ...

Selfs Afriforum het op die bandwagon gespring, wat ‘n verleentheid; ‘n Afrikaanse organisasie verguis ‘n Afrikaner wat gedurig persoonlike veiligheid en gerief op die spel plaas terwille van die Afrikanersaak.

Hierdie storie bevestig weer eens hoe die definisie van ‘rassisme’ verander het: ‘Rassisme’ is die noem deur wittes van enigiets wat vermoedelik swartes ongemaklik kan laat voel.

Mense /instansies wat so vinnig en ongevraagd in die bresse tree dui onteenseglik daarop dat hulle diegene, vir wie hulle in die bresse tree, as weerloos en/of onbevoeg beskou. Hierdie soort paternalisme is in wese rassisties (ou definisie).

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Jan ek dink die enigste foutjie wat hulle gemaak het is om hul siening uit te blaker. Mens sou sê dat uit die aard van hul posisies hulle dit nie so blatant moes doen nie, maar dit daar gelaat. Ek, ons Afrikaners maak gewoonlik die fout en soos die Ingelse se, "speak our minds". Dit is vir my vreemd dat in die dae die vryheid van spraak beperk is tot net 'n sekere deel van die bevolking. Ek woon in die Laaste Bastion van die Britse Ryk en ervaar rassisme hier baie erger as in bv Pretoria. Hier is rassisme subtiel en baie gekamoefleer. Die grootste rassisme is tussen die swart en Indiër bevolking. Die saak sal ek nie eers wil aanraak nie. Ek hou my mond, tel tot tien en stap weg. Die reaksie vir jou "aanvaller"  is 'n erge pil om te sluk. Ek gaan nie in 'n geveg betrokke raak wat ek nie gaan wen nie. Ek het trouens net gister 'n brief van 'n prokureur gekry, nadat ek met hom ivm 'n kliënt probeer onderhandel het wat aannames maak en eise stel. Ek gaan nie eers die brief antwoord nie, want die onderliggende sweempie van rassisme is daarin te bespeur.  Ek ervaar die mense lok jou tot 'n geveg uit en sodra jy reageer speel hulle die rassekaart. 

  • Nou toe nou!!

    Ons kan die arme Steve nou net jammer kry.  Siestog! Uitgeboul deur komedie.

    Steve het 'n klompie groot flaters met hierdie onlangse hofsaak begaan, flaters wat hom nou ten duurste staan.

    Die grootste hiervan was om Dan Roodt te kry om hom te verteenwoordig!!  Dat Steve dit nie besef het dat hierdie man soos 'n rooi doek voor 'n spaanse bul in die gemeenskap is nie, laat mens wonder aan sy oordeelkundigheid; 'n situasie wat Steve onmiddellik in 'n ongunstige lig met die hof, die media en die publiek gedompel het.  Het Steve selfs 'n halfgebakte prokureur in diens gehad, was sy kanse op oorwinning soveel beter.  Roodt se optrede buite die hof, was soos klei in die hande van die komediant Conrad Koch, wat Conrad se aansien soveel meer vergroot het en gelyktydig Roodt s'n die teenoorgestelde. 

    'n Tweede flater was om nie self in die hof teenwoordig te wees nie.  Conrad het die hele veld vir homself gehad, en 'n komedie-vertoning met sy pop gegee, wat die hof vermaak het voordat verrigtinge begin het en daardeur die luim in sy guns laat swaai het. Ek dink Steve het nou besef hy het media-guns verloor, wat harde arbeid aan sy kant gaan verg om sodanige media-guns weer terug te wen.  En hy het media-guns broodnodig vir beide sy persoonlike aansien asook sy brood en botter inkomste.

    Al raad wat ek aan Steve verskuldig is, is dat solank hy hom met Roodt assosieer, word hy deur Roodt gemanipuleer tot Roodt se eie politieke voordeel,  en tot Steve se persoonlike nadeel.

    Steve.  Skrik wakker ou!!  Kom tot besinning!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top