Paloekas

  • 0

Ek haat politiek. Punt. Besef hierdie paloekas by die dosyne, hulle vyeblare altyd relatief tot die skaamte, dat daar ’n groot aantal stemgeregtigdes is wat lankal die gebruiklike ideologiese monkey puzzles ontgroei het? Of in die eerste plek nooit geval het vir hulle begeertes wat as behoeftes voorgehou was nie? Paloekas! Van die onverstandige ligdraers tot by die kliekgeestige dromers kan ek kwalik myself ’n meer absurde arena tjokkeblok met ruggraatlose paaiers bewimpel. Nou goed. Ek veronderstel soos die moeder van alle monsters is daar enkele hoendertande as uitsondering tot hierdie reël. En ek stem nog elke keer. Behalwe met my gap-jaar en eerste stem toe daar nie vir alle uitlandiges voorsiening gemaak is nie. Die eerste tekens tydens Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing al van ’n foutlyn in dienslewering. Gaan kyk maar, 7712065016084 se betoog is opgeteken by die ambassade in Londen. Kom ons noem hierdie foutlyn by die naam: politieke wil. So wil is nie ’n wil wat ander knaend troef nie maar tot ’n vergelyk kom in die groter belang van die geheel. En in belang van die groter geheel tel elke stem. Ja, ek stem. Beteken dit noodwendig ek keur politiek in die breë goed? Ek gebruik medisyne ook. Beteken dit noodwendig ek keur laboratoriumtoetse op ape goed? Nee. As dit kom by die politiek verkies ek my geloof met ’n onfeilbare God. Danksy gister se Rapport beskik ek darem oor so ’n verkorte lysie van ongewenste elemente in ons politiek:“...nie in goeie trou onderhandel nie, ’n buitensporige salarisrekening vir staatsamptenare, tenderpreneurs, sistematiese patronaatskap en druk op die staatskas om deur middel van staatstoelaes armoede te verlig...”. Ek haat politiek. Punt. Binnekort stem ons. En soos gewoonlik is dit ’n keuse, ’n kruise vir een tussen ’n lot kwaadstokers.

Adriaan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top