Ou "Jan Rap" kyk 'n "movie"

  • 0

Hallo, Daar word gewonder of terwyl "Jan Rap", Neill Blomkamp se District 9 drie keer agter mekaar gekyk het, die vergelyking waargeneem is wat die film gemaak het met apartheid, die brutale verskuiwings van 3,5 miljoen mense en die verhaal soos dit in die film uigebeeld is en hoe Wikus van der Merwe uiteindelik die gewete van die rolprent word en een van die "prawns" word wat Wikus moes skuif en die bewussyn wat dit uiteindelik bring in Wikus vir die onregverdigheid van die bestel wat hy moes onderhou en waarin hy 'n "pawn" was, dus van "pawn" na "prawn".

Ironies dat die brief, toe tog een van "Jan Rap" se onderwerpe aanspreek, maar heeltemal indirek maar ook baie duidelik vir die kyker wat bewus is van die verwantskap wat die film met Suid-Afrika het. Die tweede aspek van "Jan Rap" waarmee verskil word is die feit dat Elysium vir "Jan Rap" platval omrede Sharlto Copley nie weer 'n Wikus van der Merwe tipe karakter is nie maar nou die afskuwelike "Agent C.M. Kruger".

Dalk die werklike gesig van apartheid, let op na die van, Kruger en dit kan net Jimmy wees, en laat dit 'n mens nie koud nie, veral in die lig van die verwysing na die CCB of dan Civil Cooperation Bureau in die geskiedenis van Suid-Afrika en die moord en doodslag wat aan die CCB toegeskryf was en nog nooit was "Jan Pierewiet staan stil" so bloedstollend nie. Neill Blomkamp en nie Jan Blomkamp nie, se verwysings is diep gesetel in die geskiedenis van Suid-Afrika en aspekte daarvan soos die xenofobie in beide die films kan dan geprojekteer word na die groter bestaan en aspekte soos siekte, armoede, oorbevolking en dan die ekologiese ondergang van die planeet ook ondersoek word wat die planeet omskep het in 'n globale vullishoop.

Dit verduidelik dan ook "Jan Rap" se "die wêreld is in 'n gemors".

"Jan Rap" het dit in die movies gesien.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top