Opmerkings, waarnemings en dies meer

  • 1

Prof Pierre de Vos en statistiek

Nou die dag, met ‘n inbelprogram (Woordfees as ek dit nie mis het nie) waarop Prof de Vos ‘n gas was bel ‘n luisteraar in en betreur die feit dat regstellende aksie nog op vrygeborenes van toepassing is.  Hy sluit af met die versugting dat regstellende aksie verdwyn sodat ons jongmense weer werk kan kry.

Prof De Vos reageer daarop en reken dat, volgens navorsing deur die Universiteit Stellenbosch, is daar drie werklose gegradueerde anderses is vir elke een gegradueerde werklose wit kind.  Indien die prof meen dat dit nou daarop dui dat werkloosheid erger onder anderses as wittes is maak hy natuurlik ‘n fout;  mens moet die syfer beskou as ‘n persentasie van die bevolking van die spesifieke bevolkingsgroep:  Een uit honderd byvoorbeeld is groter as drie uit ‘n duisend.

Miskien het ek nie mooi geluister nie, miskien het hy bedoel álmal en nie net gegradueerdes nie maar dan raak die prentjie nog meer duister vir die wittes.  Ook moet hy dan in daardie geval faktore inreken soos immigrante, onwettige immigrante, wit emigrasie, standaarde van opleiding, die soort van ding.

Soos Churchill gesê het, ‘you get lies, damn lies and then statistics.’

Prof Pierre de Vos en geskiedenis

Op dieselfde program het prof De Vos weer daardie storie kwyrgeraak so eie aan liberaal-demokrate, neo-liberaliste, sogenaamde verligtes, ontkenners en onkundiges, naamlik dat van 1652 tot 1994 is mense in hierdie land wat nie wit is nie vertrap en verstoot.  Hierdie storie word gewoonlik só vertel dat die Afrikaner die vark in die verhaal is.

Dit is natuurlik snert:  In 1652 het hierdie land nog nie bestaan nie, daar was ook toe nog nie Afrikaners nie en die Afrikaner, wanneer ookal hy toe sy verskyning gemaak het, het nog NOOIT enigiemand vertrap en verstoot nie.  Nogtans hou die ontkenners aan met hierdie storie en niemand wys hulle ooit op die dwaling daarvan nie.  Hulle verkeer dus onder die indruk dat hulle feite konstateer of dat niemand agterkom hulle praat twak nie.

Soos Churchill sou gesê het as hy Pierre de Vos geken het: ‘You get spinners, damn spinners and Pierre de Vos.’

My oupa

Jare gelede vertel my ma my my oupa het ‘n kar gehad, hier in die 1920’s rond maar nooit ‘n lisensie nie.  Hy’t die hele dorp vol gery in eerste rat, ook nooit gestop by stopstrate nie.

Prof Piet Croukamp ...

... het nou die dag weer iets gesê wat vir my na totale onsin klink maar ek kan nou nie meer onthou wat dit was nie. 

President Zuma ...

... is meer van ‘n sondebok as ‘n belhamel.  Dinge het al begin skeef loop vandat Mandela die bewind oorgeneem het en, nou dat selfs die liberaal-demokrate, ontkenners en sogenaamde verligtes nie meer die gemors kan goedpraat nie, kry Zuma die skuld (en hy gee weer die soort apartheid wat eintlik nooit bestaan het nie die skuld).  En hoe slegter dinge gaan, bloot net ‘n voortsetting van wat al van die Mandelatyd  begin het, hoe meer verguis hulle Zuma.  Dis nie reg nie; mense moet wakkerskrik en besef dat aan die teenswoordige sirkus het Mandela net soveel skuld as Zuma.

Onrusbarende tendens

Deesdae, soos die verval en chaos toeneem, sien jy op TV al hoe meer mense met ongelooflik  hartseer gesigte ‘n gewaande gruwelike verlede oproep.  Toere word onderneem om hierdie gruwels van ‘n vorige bedeling (lees die Afrikaner) in te brand in die jong en ontvanklike gemoederetjies van kindertjies.  Dit is alles vals; dis ‘n praktyk om die aandag af te lei van die mislukte staat.  Meeste van die hartverskeurdes is in elk geval vry-grootgewordes en selfs vrygeborenes en hulle het hierdie siening omdat hulle banggepraat is.  Arme jongmense, hoe vreesaanjaend moet die ingeprente verlede vir hulle nie wees nie as hulle steeds bereid is om die huidige gemors as ‘n beter alternatief te aanvaar?

Niek die Jager ...

... het nou die dag ‘n interessante ding op sy musiekprogram genoem.  Hy het gesê Mark Twain het gesê dat Wagner se musiek eintlik mooier is as wat dit klink.

Simpel redenasie

Daar is kiesers wat se hulle wil eintlik vir die VF+ stem maar teësinnig vir die DA stem omdat dié ‘n groter party is en dus ‘n sterker opposisie vir die ANC is.  Dit maak mos nou nie sin nie; as hulle almal vir die VF+ stem dan word laasgenoemde die groot party en dan kan hulle met ‘n geruste gewete – nie teësinnig nie – stem.  Die DA is in elk geval anti-Afrikaans; dink maar aan Trollip.  Terloops, snaaks hoe daar niks van Trollip se Nazi-opmerking gekom het nie terwyl Annelie Botes verguis is omdat sy gesê het sy hou nie baie van swartes nie, hulle het skoon pryse wat aan haar toegeken is teruggevat.

Kwaal

Daar is ‘n kwaal waaraan Afrikaners en Afrikaanssprekendes ly; hulle gee hulle kinders vreemde name.  Die Afrikaners gebruik eienaardige saamgestelde Fransklinkende name (Zjannerei, Sjantei ens) terwyl die kleurlinge amper voor die voet Engelse en Engelsklinkende name gebruik (Brendin, Brendan, Brandon ens).  Afrikaners wat welsynorganisasies stig gee die goed Engelse name en lyk my al die Klopse-groepe het Engelse name.  Sou dit dui op ‘n gebrek aan taal- en nasietrots?  Ek dink so, watter ander verklaring kan daar wees daarvoor?
 

Die mensdom darem
 

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top