'n Vraag oor Die Grondwet

  • 13

Nou die dag weer is prof Piet Croukamp ’n gas op RSG en loof hy die Nuwe Suid-Afrika.  Hy erken alles is nie perfek nie maar, sê hy en ek haal aan, ons “ ... het nog nooit buite die perke van die grondwet geswaai nie.”

Is dit ooit waar?

Is dit nie buite die perke van die grondwet om iemand te verplig om ’n verklaring in Engels by die polisiestasie af te lê nie en is dit nie ’n verdere verkragting van die grondwet om dan sodanige verklaring op te skeur sou die persoon dit in Afrikaans geskryf het nie?

Is dit nie buite die perke van die grondwet om ’n Afrikaanssprekende onderwyser of lektor te verplig om in Engels klas te gee nie?

Is dit nie buite die perke van die grondwet as kindertjies by ’n X-taal -skool opdaag en eis om in taal Y onderrig te word nie, veral as die valsheid ten hemele skree aangesien daardie kindertjies se huistaal taal Z is?

Is dit nie buite die perke van die grondwet as die owerheid (staat, provinsiaal, stad, dorp ens) botweg weier om hulle werk te doen nie (dink maar aan plaasmoorde, renosterstropery, wegholmisdaad, mislukte dienste soos padonderhoud, riool, watersuiwering en –voorsiening ens)?

Is dit nie buite die grondwet om ’n kind ’n beurs of werk te weier op grond van sy ras nie?

Vir my lyk dit nie reg nie.  Indien bogenoemde wel binne die grondwet is, is dit ’n skreiende skande.  Indien dit buite die grondwet is beteken dit die grondwet word nie toegepas nie en is hy nie die papier werd waarop hy geskryf is nie.

Jan Rap

  • 13

Kommentaar

  • Jan

    Jy is welkom om AfriForum te nader om ondersoek in te stel.  Indien jy as ingeskrewe lid van hulle 'n klagte wil indien, veral waar dit jou persoonlik raak,  sal hulle dit namens jou opvolg indien daar meriete in jou saak is.  Of sou jy eerder dit verkieslik deur Dan Roodt laat doen en verseker wees dat niks daaromtrent GEDOEN sal word nie, maar net 'GEPRATERY in puik Afrikaans verwag.

    AfriForum is in elk geval in gesprek met baie munisipaliteite, veral tov dienslewering.  Lees gerus hulle webblad en lees wat hulle DOEN.

    Die fout lê geensins by die konstitusie nie.  Die konstitusionelehof sal alleenlik optree indien 'n klagte by hulle aanhangig gemaak word, want dis hoe die wet van die meeste westerse lande werk.  So plaas jou klagtes deur die regte kanale.  Om dit hier te plaas, gaan jy in elk geval niks bereik nie, behalwe om jou naam bollie te maak.

  • Beste Oom Jan

     

    Jou laaste vraag verwys. Indien jy nog tot in Lewe Twee wil voortfoeter met "ras", sal jy maar vir ons moet verduidelik watter "ras" jy is en wat die definisie daarvan is, en dan ook die definisies van al die ander "rasse" gee om nie verwarring te veroorsaak nie. Ek noem maar Lewe Twee, want volgens jou gaan daar ook verskillende Lewe Twee's wees, een vir elke "ras".

     

    Laat ek maar so vra: Kom ons laat asseblieftoggies die Bevolkingsregistrasiewet van 1950 buite rekening met die optrek van hierdie "ras"-definisies. Miskien is daar ander "ras"-beheptes wat die definisies ergens wegsteek of maar net die blokkie tik sonder om te dink aan die noodsaak vir wetenskaplikheid as dit by selfdefiniëring kom.

     

    Groete

     

    Kobus Faasen

  • Beste Neef Kobus
    'n Wetenskaplike definisie kan ek nie vir jou gee nie want antropologie is nou nie my veld nie.  Maar ek kan dit vir jou sê:  "Ras" is daardie eienskap, attribuut, daardie iets of ding waarop 'n instansie (die staat, Eskom, 'n munisipaliteit of so) sy keuse baseer om een kind 'n beurs te weier en aan 'n ander kind toe te ken.
    Hierdie bevoordeling van die een ten koste van 'n ander is nie net ten opsigte van beurse nie; dit is ook wat betref aanstel in poste, toeken van kotrakte, bevordering ens.  Daar in die Wes-Kaap byvoorbeeld was daar onlangs groot ongelukkigheid oor juis hierdie soort van ding by Korrektiewe Dienste.
    Hulle moet 'n rede hê want dit is nie lukraak nie en beslis ook nie prestasie nie.  So wat kan dit wees?  Kleur?  Miskien is dit dan die definisie: Mense van verskillende kleure is verskillende rasse?
    Ek weet nie; miskien kan jy help.  Of vra vir meneer Petersen; as ek dit nie mis het nie het hy (of was dit nou me Brown?) in 'n debat vanoggend die woord "ras" gebruik.
    Groetnis
    Jan Rap

  • Jan

    Iemand het onlangs op SêNet  oor die 60/40% rassekwotas in rugby wat die minister  wil insteL gekla.

    AfriForum, tesame met die VF+ se ondersteuning, het na 'n ontmoeting met die minister dit vandag reggekry dat hierdie kwotas nie afgedwing word nie.  Dit was ook op SABC 3 se 7uur nuus  uitgesaai.  (Waar was ons praatsieke Dan Roodt?)

    AfriForum het gedreig om stappe plaaslik en internasionaal te neem indien hy dit wel instel.  Hulle het hulle met sukses op die konstitusie beroep:

    "At a meeting today, AfriForum handed a memorandum to the Minister of Sport, Fikile Mbalula, outlining the objections of the civil rights organisation to racial quotas in sport. The Minister was also informed during the meeting that AfriForum is planning on submitting official complaints about the quota system to international sporting federations, as the system constitutes a violation of their prohibition on racial discrimination. The meeting took place in the Ministry in Pretoria at the invitation of the Minister". 

    Lees die hele berig op:    https://www.afriforum.co.za/home/

    So dit bewys weereens dat AfriForum meer vir blankes en die Afrikaners verrig as selfs enige party in die Parlement.  Die DA is mos ANC ondersteunend in sodanige sake,dus was hulle nie ondersteunend by die vergadering nie.  Hoopelik gaan die VF+ net voor die verkiesing Afrikaners aanse of VF+ te ondersteun, soortgelyk as wat hulle in 2009 gedoen het en Afrikaners aangemoedig om DA te ondersteun, toe die DA nog heeltemal teen disdrimineerende regstellende aksie en rassekwotas gekant was.

    So Jan.  Die konstitusie bly die opperbevel van die land. 

  • Lees nog AfriForum optredes: 

    "AfriForum has submitted a report to the SAPS anti-corruption unit, the Hawks, requesting that charges of corruption against the Premier of the Northern Cape, as well as the Speaker, Mayor and Municipal Manager of the Phokwane Municipality be investigated. The report was compiled after allegations regarding suspect Council decisions, illegal electricity tariffs and financial irregularities were made. The latter was confirmed by the Auditor-General"

     ".AfriForum has sent a letter to the Bela-Bela Municipality, requesting feedback regarding the implementation of the Batho Pele Principles in the execution of their services to the community." 

    "The Elliot branch of civil rights organisation AfriForum is concerned about computer problems with the sale of prepaid electricity, which left this Eastern Cape town in the dark over the Easter weekend. Residents arrived at closed municipal offices on Thursday afternoon, without having received any notice of the early closure. On Saturday morning the computer system of the Municipality went down without any backup plan in place to assist electricity users."  (waar is die DA opposisie raadslede, gesien dit is eintlik hulle taak om die ANC raad op hul vingers te tik? 

    "Make a difference “ Join AfriForum today. Become a member and let your voice be heard.”

    https://www.afriforum.co.za/home/

  • The Solidarity Movement announced today that it plans to plough more than R1 billion into civil society in terms of its building plan over the next three years. The plan focuses on various areas of South African society, including job protection, civil rights, social support, language and culture, education and training, research and media. The plan will be carried out by the 18 institutions which make up the Solidarity Movement. These institutions include trade union Solidarity, AfriForum, Solidarity Helping Hand, Sol-Tech, Akademia, Kraal Publishers, the FAK, Maroela Media and various financial and development institutions.

    Lees die volle berig:

    http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71654?oid=293515&sn=Detail&pid=71616

    Weereens. Mense wat vir die Afrikaner WERK!

  • 'n Mens moet dankbaar wees dat daar steeds organisasies is soos Afri-forum ens wat sake van minderhede opneem.

    Die vraag ontstaan egter waarom moet burgerlike instansies dan gedurig tyd en geld bestee om dit wat gewone burgers volgens die hoogaangeskrewe grondwet toekom deur die hof te laat afdwing?  Lê die fout dan nie by diegene wat die beginsels van die grondwet moet toepas nie en toesien dat burgers se grondwetlike  regte nie vertrap of geminag word nie?

    Dui dit nie op ernstige pligsversuim as burgerlike instansies gedurig moet ingryp om gewone burgers se regte te beskerm en behoort die pligversuimers hoegenaamd aanbewind te wees as hul, hul gronwetlike pligte so gruwelik verwaarloos en slegs daarop uit is om hul eie verwronge sienings van toepassing op die burgelike gemeenskap te maak?

    Dus is kort waarom moet enige instansies of mens tyd en geld bestee om dit wat jou volgens die grondwet toekom  te eis?

  • F C Boot

    Teoreties is jy reg, maar in die praktyk gebeur dit net nie.

    Elke politieke party is in die saak vir die eie belang van sy ondersteuningsbasis.  Solank die opposisie hulle nie in sekere gevalle teestaan nie, gaan hulle kanse vat. Dit geld vir enige regerende party wêreldwyd.

    Die DA bv, was voorheen gekant teen regstellende aksie, sowel as grondonteiening.  Maar toe was sy ondersteuningsbasis hoofsaaklik blank en bruin. Noudat hy probeer om ANC lede af te rokkel, stem hy saam met die ANC met klem verskuiwing op nuanse verskille.  Hulle langtermyndoelwit is om die regering te word, en dit verg om 'n groot hap uit die ANC-geledere te maak.  Tans met die meerderheid blanke, Indiërs en bruinmense, het hy sy maksimum potensieel bereik, met die groot kans dat hy hierna kan begin krimp indien hy nie ondersteuners van ander partye aftrek nie, almal swart.  In die proses, kan twee of meer ideologie nie  dieselfde party meer ondersteun nie. In hierdie geval, blanke, veral Afrikaner belange gaan prysgegee word vir die groter belang van die party, hoofsaaklik om swart belange tevrede te stel.  Die meeste Afrikaners hierdie ronde, wat weer vir die DA gaan stem uit vrees vir die ANC, is redelik onbewus van die implikasies vir hulle.  Tensy die DA teen die volgende verkiesing nog minder na blanke belange omsien, voorsien ek 'n eksodus van hulle, maar dan sal die DA stewige genoeg wees sonder die nodigheid veral van Afrikanersteun.

    Provinsiaal en plaaslik, tradisioneel, soos die geval in parlement, is dit die opposisie partye se taak om die regerende party op die kneukels te tik elke keer wat die regerende party fouteer, en daardie foute te gebruik as propagande vir die volgende verkiesing.  Dit gebeur glad nie plaaslik waar die meeste ontevredenheid is nie.  Die enigste hardwerkende persoon onder al die politieke partye is Helen Zille.  Die ander is daar gewoonweg vir stemgetellery om wetgewing te wysig. Ek persoonlik is spyt dat ek haar nie meer polities sal kan ondersteun nie weens die rigting waarin haar party beweeg mbt tot rassekwotas tot my eie mense se nadeel.

    Wat in hierdie land verkeerd gaan kan nie alleenlik by die ANC fout gevind word nie.  Waar die opposisie partye, veral plaaslik, die regerende party nie vasvat nie, het hulle nie hulle taak gedoen nie, en is hulle ewe aanspreeklik vir wat in die land verkeerd gaan.  Die opposies sit met miljoene, oa geld wat hulle van die staat verkry om sodoende die regerende party hof toe te kan vat.  Almal se rekord in hierdie verband oor die afgelope 5 jaar is power.

    As gevolg van hierdie onvermoens, het Solidariteit en AfriForum in die bresse begin tree.  AfriForum word deur ledegelde gefundeer, maar non-lede en ander rasse wat die ANC, DA, ens. ook ondersteun  vind baat by AfriForum en Solidariteit se optredes plaaslik.  Landwyd is hulle besig om dorpswater te laat toets vir gehalte vir menslike konsumpsie. Bloemfontein staan watertekorte teen Sept hierdie jaar in die gesig.  Hulle vat munisipaliteite hof toe waar korrupsie voorkom.  Dit alles kos hulle duur geld.  Die opposisie partye versuim in hulle konstitusionele pligte om as polisieman plaaslik op te tree.  Omtrent alles wat 'n mens tussen regering en opposisie lees is op parlementerevlak.  Swartes, wat nie voordeel uit AfriForum se plaaslike optredes geraak word nie, gee uiting  aan hulle frustrasies deur geweldadige protesaksies.

    Ja. Dit is die ANC en enige ander regeerende party se plig om onpartydig die konstitusie te onderhou, insluitende die beskerming van minderhede se regte.  Hierdie regering in teendeel soek 'n 2/3 meerderheid, juis om die konstitusie na hulle wense te kan herskryf.  Hierdie afgelope 5jaar was hulle genoegsaam deur die konstitusionelehof met uitsprake teen hulle, in die verleentheid gestel, meerendeels nie eers deur opposisie partye nie, maar deur privaat instansies.

    Om af te sluit.  Die konstitusie kan alleenlik werk indien mense die wil daartoe het om dit vir hulle te laat werk, indien nie, het hulle net hulself daarvoor te blameer.  En werklik.  Ons het die beste konstitusie ter wêreld.

  • Beste Jaco Fourie

    Die feit is dat opposisiepartye eenvoudig geignoreer word op alle regeringsvlakke al protesteer hulle ook hoe hard. Die ANC gebruik sy meerderheid om dit wat hy wil bereik te stoomroller.

    Die probleem is dat die ANC nog steeds in wese 'n bevrydingsorganisasie is, wat bly teer op die verlede, omdat dit nie 'n onderskeid tref tussen party en regering nie en regering en party vir hulle dieselfde is.

    Eintlik behoort 'n boek soos Owerheidsfinansies, deur J S H Gildenhuys, verpligte leesstof vir elke amptenaar te wees.

    Jou hele betoog gaan daaroor dat die konstitusie slegs werk as jy oor die nodige infrastruktuur (organisasie en kundigheid)  en finansiële hulpbronne beskik om dit wat jou toekom op te eis.

    So word miljoene mense van hul regte ontneem en moet hul maar tevrede wees met dit wat die krummels in die vorm van sosiale toelaes ens, uit die hande van regering.

  • F C Boot

    Indien AfriForum dit kan regkry om die regering reg te ruk, sonder enige verteenwoordinging in enige politieke rade, soveel te meer hoort die opposisie dit te doen.  Die opposisie kan en het die mag om dit te kan doen, maar hulle is net te slap om hulle verpligtinge teenoor hulle ondersteuners na te kom.  Hulle kan selfs hulle klagtes by Madonsella (publieke beskermer) voorlê, en as onafhanklike van die regering met vele magte, is sy verplig om klagtes te ondersoek van opposisielede en dit op te volg.   Maar wee.  Die opposisie stel net belang in klagtes van die Nkandla gehalte, waar hulle vir hulself die maksimum publisiteit sal kan bekom en daardeur die regering in die verleentheid sal  kan stel vir propaganda doeleindes om meer stemme te werf.

    Dus om jou te beantwoord.  Maak nie saak hoe sterk die regering is tov getalle nie, waar dit by pligsversuim kom, kan die opposisie hard terugslaan (soos met die Nkandla geval), of deur middel van die onafhanklike regstelsel of deur die onafhanklike publieke beskermer.  En dit doen hulle eenvoudig nie waar dit die meeste tel nie, nl. plaaslik.  Waar dit kom by beleids -implementering, het die sterkste party (tans die ANC) die voorreg om sy agenda te implementeer deur sy meerderheid stem in die parlement deurgevoer te kry.

    AfriForum is vinnig besig om van krag tot krag vorentoe te beweeg as gevolg van hierdie onvermoens.  Hulle het takke nou in die meeste dorpe.  Diegene wat bereid is om by hulle as ingeskrewe lid aan te sluit, kan verseker wees dat na hulle klagtes geluister, en indien engie meriete het, dit opgevolg sal word, maak nie saak vir watter politieke party,  jy stem nie.

    Soos hulle meer erkenning onder die publiek verkry, hoe eerder is die publiek genee om AfriForum te nader, as hulle plaaslike raadslid, wat hulle weet daar geen opvolging gaan wees nie.

    Eintlik het die nuwe bedeling meer en beter wettige "checks and balances" as die vorige bedeling.  Die verskil is onder die ou bedeling was dit hoofsaaklik 'n "setel"  kiesstelselende regering teenoor 'n "proporsionele" kiesstellende regering onder die nuwe bedeling.

    'n Setel kiestel-regering, soos die Britse stelsel, en die ons vorige bedeling, werk beter vir plaaslike belange.  Elke LP is persoonlik aanspreeklik vir die belange van sy eie setel, asook hy het 'n opposisie wat hom stroef afloer met die doel om die setel van hom af te vat met die volgende verkiesing indien hy pligsversuim voorkom.

    Ten tye van Kodesa, het blankes die "proporsionele" kies-stelsel eerder verkies en opge-eis, want met die "setel" kies-stelsel sou hy baie minder verteenwoordiging in die parlement, as tans, gehad het.  LP's sonder setel soos met die "proporsionele" kies-stelsel, het min belang om na plaaslike ondersteuner-belange om te sien, en dit geld vir beide die regerende party asook vir die opposisie partye.  Die dat on soveel protesaksies, veral onder ANC ondersteuners het.

  • Jaco Fourie

    Jy het seker kennis geneem sat die ANC-meerderheid in die komitee wat die Nkandla-verslag moes bespreek, dit eenvoudig ontbind het. Jy kan meer besonderhede verkry onder "Uproar as Nkandla committee dissolved"

    Dat die DA dreig om "DA seeks legal advice after ANC dissolves Nkandla committee'. gaan niks beteken nie omdat die ANC eenvoudig besluit het nadat dit lank gesloer het om sy lede aan te wys, dat daar te min
    tyd is vir 'n behoorlike bespreking.

    So gaan kiesers oningelig na die stembus en sal die Nkandla-verslag geen invloed op die uitslag van die verkiesing hê nie.Dit is nie waar dit opposisiepartye nie in plaaslike rade hul stemme dik maak nie, wanneer
    daar gestem word, word hul eenvoudig deur die meerderheid ANC-lede uitgestem.

    'n Mens is dankbaar vir dit wat organisasies bereik maar dit is 'n ongesonde toedrag van sake in enige demokrasie as een party die politieke toneel so oordonder soos die ANC.

    Ek was as amptenaar bevoorreg om tale raadsvergaderings onder die ou en nuwe bewind by te woon
    en dit is 'n hartseer saak om te sien hoe opposisie partye sukkel om sake om die agenda geplaas te kry
    en beland dit wel daar, word dit laggend die die meerderheid afgestem nie oor die verdienstelikheid nie, maar omdat dit opposisie voorstel was.

  • F C Boot

    Die jongste parlementêre debakel oor Nkandla was nie 'n geval van waar 'n meerderheid die minderheid oordonder nie.  Dit was 'n slim vertragingsslenter deur die ANC om hulle verteenwoordigers laat, eintlik op die nippertjie voor die sper tyd  aan te stel, sodat daar ooglopend nie genoegsame tyd sou wees om 'n behoorlike debat oor die saak te kon handhaaf het nie, en as gevolg van sodanige onvoldoende tyd, die DA maksimale propagandawaarde daaruit vir die verkiesing te ontsê het, en dit is eintlik waaroor die DA frustrasie gaan.

    maw. Die DA is uitoorlê deur MANIPULASIE aan die kant van die ANC.  Niks met die konstitusie of selfs meerderheidstem te doen nie.

    Die apartheidregering het ook manupuleerende taktieke gebruik, waar hulle nie genoegsame stemme gehad het om hulle agenda deurgevoer te kry nie.  'n Goeie voorbeeld is die tydelike vergroting van senaatlede om die kleurling-verteenwoordiging vanuit die parlement te kry.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top