‘n Opmerking na aanleiding van Jason Lloyd se ‘Kleurkodes’

  • 10

Laat ek eers dít sê: Daai man kan skryf. My vrou moes vir my sê wat ‘skigtig’ beteken maar vir ‘kwint’ moes ek my HAT nader trek.

Jason reken bruines het nie ‘n eie taal of kultuur – die kode vir etnisiteit – nie en daarom is daar nie ‘n bruin etnisiteit nie wat dit dan rassisties maak om van bruin mense (bruinmense?) te praat. Dit maak nie sin nie. Om rassisties te wees is ‘n groot sonde; volgens Jason is die etiket ‘bruin’ rassisties. Hoekom? Hoekom is dit beledigend (rassisties) om iets of iemand te identifiseer?

Dit is rassisties om van bruin mense te praat volgens Jason maar hoekom is dit dan in die haak om van wit mense (witmense) te praat? Omdat hulle wel ‘n taal en kultuur het? Dit is wat Jason se ‘kode’-stelling impliseer maar maak nie sin nie (buitendien, ek weet nie hoe kan Jason sê die bruines het nie ‘n kultuur nie).

Jason laat blyk hy moet noodgedwonge, vir doeleindes van sy rubriek, die ‘beledigende’ identiteite (bruin, bruines) gebruik. Wat is die alternatief; hoe anders moet mens van duidelik onderskeibare groeperings praat as jy hulle nie name kan gee nie?

Dit is duidelik dat Jason ‘n renons in die woord ‘ras’ het. Dieselfde het ek opgetel by oorlede Kobus Faasen wat gereeld hier op SêNet bydraes gemaak het. Trouens, die gebruik van die term ‘ras’ is al lankal (eeue?) taboe, veral onder die bruines en die blanke liberale establishment. So ‘n rukkie terug, in ‘n radio-onderhoud met Foeta Krige (na een of ander Afrika-reis) het hy ‘n ma se eierdans uitgevoer om nie die woord ‘ras’ te gebruik nie.

Hoekom is dit so? Wie word benadeel indien daar wel iets soos ras is? Anders gestel, wie word bevoordeel as daar NIE iets soos ras is nie? Voorwaar ‘n raaisel.

Jan Rap

  • 10

Kommentaar

  • Jan Rap,


    Ek is geen "fan" van Jason Lloyd nie, my kritiek op van sy skrywes getuig daarvan, maar ter wille van die debat die volgende:

    1. Wat is jou kode vir etnisiteit of ras, die term waarvan jy eintlik hou? Hoe definieer jy iemand se ras?
    2. Verklaar vir ons omvattend die bruinmense se kultuur, wat hulle, volgens jou, 'n eie "etnisiteit" of ras gee.
    3. Op grond waarvan onderskei jy die bruinmense as 'n "duidelik onderskeibare groepering", soos jy in jou skrywe te kenne gee? 
    4. Dink jy alle bruinmense is, volgens velkleur, bruiner as witmense?
    5. As bruinmense en witmense dieselfde taal praat en dieselfde God aanbid, wat maak die bruines se kultuur anders as die van die wittes? Die potloodtoets?
    6. Sien jy jou eie etnisiteit anders as dié van bruinmense? Hoekom? Sê vir ons asb.
    7. Dink jy witmense is beter / meer verhewe mense as bruinmense?
    8. Wat is 'n ma se eierdans?
  • Dirk Rigter,

    Ek merk 'n vyandige trant in jou brief, so al asof jy kwaad is oor ek durf vra wie bevoordeel sou word as die woord (of begrip)  'ras' nie bestaan het nie (of, overgesetsynde, wie word benadeel as daardie begrip wel bestaan).  Of is jy nog kwaad oor iets anders, soos oor die storie dat ek glo mens dink nie in 'n taal nie?

    Ek hoop maar dis laasgenoemde want die alternatief is belaglik.  Maar laat ek maar jou vrae beantwoord ten spyte van die feit dat jy myne nie wil beantwoord nie.

    1. Ek is heeltemal tevrede met Jason se kode vir etnisiteit - 'n eie taal en kultuur.  Wat laat jou sê ek hou eintlik van die woord 'ras'?  Ek staan heeltemal neutraal teenoor daardie woord, soos ek ook staan ten opsigte van 'etnisiteit'.
    2. Ek kan nie eers omvattend ons Afrikaners se kultuur, of die Engelssprekendes s'n, verklaar nie.  Daar is egter mense wat kan soos volkekundiges en Jason natuurlik, anders sou hy nie daardie kode as 'taal en kultuur' identifiseer het nie.
    3. Ek vermoed sterk op dieselfde grond as wat jy en Jason dit doen; Jason praat duidelik in sy stuk van bruinmense, Afrikaners en swartes.  Is jy gerook of wat; jou blote vraag dui dan daarop dat jy 'n aparte groep onderskei? 
    4. Weer eens, is jy gerook?  Daar sê jy dit dan self - bruinmense en witmense.  Het jy al gehoor hoe die bruines van 'leliewit' praat?  Waarna dink jy verwys hulle; jou hart?
    5. Ek weet nie, niks eintlik waaraan ek kan dink op die oomblik nie.  Jy moet dalk die regering vra op grond waarvan word regstellende aksie toegepas want soos jy weet, is daar Afrikaans- en Engelssprekendes wat  nie onderhewig aan regstellende aksie is nie.
    6. Moet wees; daar waar ek gewerk het op 'n stadium was daar 'n moratorium op die bevordering van witmense en dit het nie vir bruines en swartes gegeld nie.  En weer eens, na wie verwys jy as jy van 'bruinmense' praat?
    7. Glad nie.  Ek is hier op rekord dat ek gesê het dat geen volk se IK, byvoorbeeld, hoër as 'n ander volk s'n is nie. Beskou die volgende: Gestel 2% van die wittes hier is geniaal, dit gee sowat 60 000 geniales.  Watter persentasie van 50 000 000 (swartes) gee 60 000?  So, selfs al is die antwoord < 2%, is daar BAIE meer genieë onder hulle.  Dis nou wat genieë betref, dieselfde geld vir begaafdes en/of bevoegdes.  So, was dit nie vir gebrek aan leierskap nie, kan hulle ENIGE land net so goed bestuur as wat ons dit in die 60's gedoen het.
    8. Dit is 'n eufemisme vir 'moerse eierdans'.

    Jan Rap

  • Erratum (sien my vorige kommentaar hier)
    Foutjie, 2% van 6m is 120 000.

    Terloops, op 'n punt van orde, wat betref dieselfde taal en die aanbid van dieselfde God:  As jy een van die ouens is wat (baie paternalisties) na die bruines as Afrikaners verwys het ek nuus vir jou; hulle WIL nie Afrikaners genoem word nie, vra maar vir Jason.

    Jan Rap

  • Jan Rap,

     
    Jy is, ongelukkig moet ek sê, nes Kobus de Klerk. Jy besit gewoon nie die vermoë om reguit, kort antwoorde op eenvoudige vrae te gee nie. Al wat jy ten toon stel is jou meerderwaardige denke oor mense wat nie in jou boekie as "wit" aangeteken staan nie. 
     
    Wat denke en taal betref, gaan lees tog die artikel van prof Boroditsky waaroor ek op 2 Maart geskryf het. Ek is bevrees om jou mee te deel dat ek baie eerder my mening oor hierdie onderwerp baseer op die navorsing van 'n genoot van MIT en Stanford universiteite, as op die kop-in-die-sand-opinie wat jy aanbied. Angus het jou in elk geval klaar in hierdie debat deeglik koudgesit. Jy kon dit klaarblyklik nie raaksien nie.
  • Dirk Rigter,

    Nou ja, hier's die kort antwoorde.  Nie noodwendig omdat jy dit vra nie maar omdat dit moeiliker is om van weg te skram as ek motiverings gee; die antwoorde is kamma te lank en jy reageer dus nie daarop nie (kop-in-die-sand-taktiek).

    1. Selfde as Jason s'n.
    2. Omvattend? Jy wil dan kort antwoorde hê?  Maar goed, hier's hy:  Die kriteria is waarskynlik dieselfde as wat jy gebruik wanneer jy die woord 'bruinmense' gebruik.
    3. Op dieselfde grond as wat jy en Jason gebruik; julle praat mos duidelik van 'bruinmense'.
    4. Natuurlik nie ALMAL nie maar oor die algemeen ja, Net soos swartes oor die algemeen donkerder as bruines is.
    5. Musieksmaak, taalgebruik (kadens, toonval, aksent) onder andere.
    6. Ja; my etnisiteit maak dat ek aan die verkeerde kant van regstellende aksie sit.
    7. Nee, glad nie.
    8. 'n Moerse eierdans.

    Op 'n punt va orde:  Kop-in-die-sand' is wanneer mens kwessies vermy (en dit gaan gewoonlik gepaard met die man in plaas van die bal speel) soos jy - " ... jy [Jan Rap] besit nie die vermoë om ... kort antwoorde te gee nie ...", "jou [Jan Rap] se meerderwaardige denke ..", " ... kop-in-die-sand-opinie..."

    Kom ons kyk hoe antwoord jy reguit op eenvoudige vrae:
    1. Word iemand bevoordeel/benadeel as daar iets soos 'ras' is/nie is nie?
    2. Is dit rassisties om van 'bruinmense' te praat?
    3. Is dit rassisties om van 'witmense' te praat?
    4. Jy praat van 'bruines' en 'bruinmense', op grond waaran onderskei jy hulle van 'wit-' en 'swartmense'?

    Jy reken Angus het my " ... in hierdie debat koudgesit."  Jy dink dus nog steeds mens dink in 'n taal, en dat 'n taal eers sy grammatika kry lank (baie lank) na hy onstaan het.  Eienaardig.

    Jan Rap

  • Beste Dirk,

    Ek sien nou eers Jan Rap se kommentaar raak waarin hy my naam so ydellik gebruik. Hy dink dat ons mekaar moet "koudsit". Ek hou daarvan om oor taal te gesels en sien dit allermins as tweegeveg. 
     
    Ek wonder net hoe abstrak sy denke is as ek hom sou vra wat dink hy van, sê nou maar, die toekoms van Afrikaans in Suid-Afrika.
     
    Groete,
    Angus
  • Angus

    Jy skryf:  "die toekoms van Afrikaans is Suid-Afrika?"

    Dit sou inderdaad 'n warm en  interesante debat uitlok.  Wil jy nie vir onsdaarmee wegskop nie?

  • Beste Angus

    Jy sê jy sien ek het jou naam 'ydelik' gebruik.  Ek het nie, ek het Dirk aangehaal waar hy sê jy het my 'koudgesit' in die debat oor taal en denke. Dat ek dink ons moet mekaar 'koudsit' is geen sprake van nie; ek praat oor enigiets enige tyd.  Dis Dirk wat reken jy het my reeds 'koudgesit' en die afleiding wat ek daaruit maak is dat Dirk glo mens dink nie in 'n taal nie en dat taal se grammatika eers lank, baie lank, volg na die taal ontstaan het.

    Van Dirk gepraat, ek sien hy het nog nie die kort vragies geantwoord wat ek hom gevra het nie.  Ek vermoed al antwoorde wat hy gaan gee is iets soos 'ek antwoord jou nie want jy eet wurms' of 'ek antwoord nie mense wat skuilname gebruik nie' soos George Claassen 'n ruk gelede.

    Groetnis
    Jan Rap

  • Beste Angus

    Natuurlik was dit 'n grappie, ek weet.  Die punt is dit is Dirk Rigter wat jou naam genoem het (eerste).

    Groetnis
    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top