Manne, betaal tog julle e-tol asseblief

  • 4

My pensioenfonds het R17 miljard rand in die e-tol belê, en as dit vou sal die fonds seker bankrot raak. Dan is ek my pensioentjie kwyt en sal ek by een van julle moet kom plak.

Dus, stuur solank fotos van julle wonings en gee besonderhede van die getal slaapkamers, inwoners en al die geriewe, asb. Is daar byvoorbeeld TV in al die slaapkamers? Watter tipe drank hou julle aan? Ek is nogal lief vir whiskey, maar drink ook graag appelbier. Moenie bang wees dat ek te veel sal eet nie, ek probeer gewig verloor.

Byvoorbaat dankie,

Varkspek

  • 4

Kommentaar

  • Dit mag wees dat daar baie geld is/was, maar hoe lank sal dit hou as hulle aanhou om swak beleggings te maak? Ek verneem hulle maak ook nou links en regs beleggings in Afrika...

     

    Varkspek

  • Beste Varkspek

    Ek het die volgende inligting van die GEPF webblad verkry:

    "The Government Employees Pension Fund (GEPF) is Africa’s largest pension fund. We have more than 1.2 million active members, in excess of 300 000 pensioners and beneficiaries, and assets worth more than R1 trillion."

    Omdat die meerderheid bydraers en ontvangers anderskleurige mense is, glo ek nie dat die fonds te roekeloos
    te werk sal gaan omdat sulke optrede anderskleuriges die meeste sal raak en veral mense in topbestuursposte in die staatsdiens wel hul stem sal dik maak as daar roekeloos met hul pensioengeld omgegaan word.

    Die verhogings wat tans toegestaan word asook die voordele is heelwat beter as onder die ou Regering.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top