Lekkergevoel storie

  • 0

My vrou het die gawe om mense aan te trek. Partykeer die met af vlerke. Sy het 'n vrou ontmoet met wie sy vriende geword het. Dit het finansieel baie goed met hulle gegaan totdat die man met kanker gediagnoseer is. As gevolg van die medies kostes het hulle alles verloor.

Die paartjie se dogter het twee kinders by verskillende mans en is ongetroud. Die oudste kleinkind is nou twee en twintig, die dogter is sestien. Die vrou het probeer om die pa van die seun op te spoor. Sy het die man se naam geweet en dat hy 'n Fransman is en dat hy vir 'n groot internasionale organisasie werk. Hulle het toe begin navraag doen en na jare het sy die man "opgespoor".

Hulle het die seun grootgemaak aangesien die dogter bietjie loskop is en altyd getrek het en nie vir hom ook kon sorg nie. Die seun het haar, die ouma as ma nommer een en sy regte ma as ma nommer twee aangespreek. Die kind het maar sy eie pyne van seunskinders gehad en was normaal. Sy het hom baie keer gevra of hy sy pa wil leer ken en elke keer geweier en rebelleer teen die gedagte.

Die seun is 'n kranige sokkerspeler en is deur 'n oorsese klub genader om by hulle aan te sluit. So drie jaar gelede op die tyd toe hy oorsee sou vertrek breek hy sy been en hou hy op sokker speel. Hy het begin werk en begin bydra tot die huishouding.

Intussen het die ouma met die pa begin korrespondeer. Natuurlik het die Fransman dit ontken dat hy 'n kind het, want die "glipsie" was 'n "one night stand" meer as twintig jaar gelede.

Hulle laat toe 'n DNA-toets doen en die resultate bewys onteenseglik dat hy die pa is. Die ouma en die pa korrespondeer toe gereeld en word foto’s oor en weer gestuur. Die seun lyk op 'n druppel water na die Fransman.

Vroeër die jaar kry die seun 'n brief in gebroke Engels waarin hy genooi word om Bali toe te gaan vir twee weke. Alles word betaal. Die ouma praat die kind om en woerts daar gaan hy. Na twee weke kom hy terug. Die ouma se dit is 'n ander kind. Sy "houding" is anders. Hy is meer volwasse en het "groot geword". Tydens die besoek aan Bali was die pa, sy nuwe vrou en twee ander kinders ook daar. Die stiefma se se familie het ook kom kuier.

Die seun is onmiddellik deur almal aanvaar en "in geneem". Die stiefpa en die seun het ook "gekliek" en is so dik soos diewe. Hy is genooi om Frankryk toe te kom en daar te kom werk soek. Die stiefpa sal alles tot 'n paspoort vir hom reël. Verblyf sal ook nie 'n probleem wees nie.

Die storie het my net weer laat besef dat nieteenstaande al die ongure dinge wat oral oor gebeur daar nog steeds "wonderwerke" en lekker gevoel stories gebeur.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top