Lekker wyn - Cabernet Sauvignon

  • 2

Daar is so ‘n paar Cabernet Sauvignon-wyne wat regtig uitsonderlik lekker is, maar dan betaal jy R100 plus per bottel, en so nou en dan ontdek mens een wat veel goedkoper is en jy kan nie glo dat so ‘n goeie wyn relatief so min kos nie.

Die naweek het ek weer so een raakgeloop, ek het in die verlede al KWV Cab Sauv gedrink en dit was lekker, maar niks buitegewoons nie (volgens my smaak), maar die KWV classic collection Cabernet Sauvignon 2012 is regtig ‘n besondere wyn, as jy hom ruik en drink, vertel jou sintuie jou dis ‘n duur bottel wyn, en dan kos hy R64.

Pieter

  • 2

Kommentaar

  • Daar is net een ding lekkerder as 'n lekker bottel rooies en dit is nog een. Ek is nie 'n fynproewer wat wyne betref nie, meer geniet die naamloses wat in 'n sekere supermark verkoop word. Solank die wyn sag op die tong en wulps op die palet is. Skoll.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top