Lekker eet op die belastingbetalers se onkoste

  • 1

In Die Burger van 17 Oktober verskyn 'n berig oor die leër se topstruktuur wat in 'n jaar letterlik meer as R1,2 miljoen opgeëet het. By weeklikse of tweeweeklikse byeenkomste is dit driegangmaaltye. Die leërraad bestaan uit 15 lede, die bevelsraad, sowat 35 lede en die rekenpligtigheidsbestuursraad uit 10 tot 15 lede.

'n Dag later het Die Burger 'n foto van minister Mildred Oliphant en 'n skrywende amptenaar wat plaaswerkers by Citrusdal besoek. Volgens die foto lyk dit of die minister en die betrokke amptenaar ook die generaals se eetpatrone volg. 'n Mens sien dikwels berigte van lede van die publiek wat verwys na oorgewig polisielede. 'n Mens het altyd aanvaar dat alle lede van die polisie en weermag fiks moet wees en dat hulle selfs misdadigers moet kan inhardloop. Dit lyk nie of dit die geval is nie.

Verlede week het 'n ou vriend en sy vrou ons uit Gauteng kom besoek. Hulle vertel toe van hulle kleinkind wat daar in 'n hospitaal was. Met besoektyd sien jy die verpleegsters met hulle groot lywe, oral sit. Tot die ouma se ontsteltenis kom sy agter dat die drup van haar kleinkind nie in 'n aar eindig nie. Die personeel is daarop gewys, maar niks gebeur nie. Gelukkig was ouma self 'n verpleegster en sy kry die nodige hulpmiddels om self die probleem reg te maak.

Om 'n storie wat baie lank uitgerek kan word kort te maak, wil ek 'n oplossing aanbied. By aanstelling moet daar op 'n maksimum gewig vir elke nuwe amptenaar ooreengekom word (bv standaardgewig vir lengte plus 15%). Die dag wanneer hy/sy hierdie gewig oorskry is hy/sy outomaties ontslaan. Ons leef nie in 'n volmaakte wêreld nie en ek hou nie my duime vas dat die voorstel vinnig toegepas gaan word nie. Intussen word daar lustig voortgegaan om op die belastingbetalers se koste te eet.

George

  • 1

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste George,

     

    Al hierdie vetsakke behoort na Kuba gestuur te word waar hulle sal leer om minder te eet en beter te werk. Hulle het 'n "attitude" probleem wat deur hulle spysverteringskanaal loop. Die Kubane is slank en weet hoe om te werk.

     

    Groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top