Ek verwys hier na Dirk Rigter se kommentaar (30 September 2014) oor Reusedwerg.
Dirk weet te vertel in sy brief dat hy met my en andere “ ... in ‘n twisgeskrif ... betrokke geraak [het] nadat [ons] vir die hóéveelste keer die deugde van apartheid en die ou Suid-Afrika besing het.”
Hy vertel nie die waarheid nie; ek weet nie van énigiemand hier wat apartheid vergoeilik het nie en ek het ook beslis nie. Ek het egter, by herhaling, gesê dat die tipe apartheid wat hy in sy kop het, naamlik onderdrukking en uitbuiting deur die, noem dit maar Afrikanerregering,nie bestaan het nie. Uitbuit en onderdruk is verfoeilik en is nie in die Afrikaner se aard nie.
Anders as die Britte en ‘n groot hoeveelheid Europese state, het die Afrikaner nog nooit iemand onderdruk nie. Van daardie Europese lande se tale, soos Engels ook, is nog steeds amptelike tale in hulle kolonies en voormalige kolonies, die hele wêreld vol (soos nou ook in die nuwe Suid-Afrika die geval is). Moet ook maar nie van Oosterlinge vergeet nie; die kastestelsel in Indië, die Sjinese in Tibet, die More in Spanje ens.
So, Dirk kul. Ek voer A aan en Dirk reageer, brief vir brief, asof ek B aanvoer. B kan hy maklik uitmekaar trek en dit verdien vir hom Browniepunte, laat hom goed lyk voor sy volgelinge en plaas hom op duiselingwekkend hoë morele grond (so dink hy). Dis mos deesdae mode, hoe meer die mislukte staat manifesteer hoe erger sanik Dirk Rigter en enersdenkendes oor die gewaande bose verlede. Buitendien, dis maklik om B uitmekaar te trek want wie op aarde sal nou uitbuiting en onderdrukking kan verdedig?
Wat Dirk natuurlik só boos maak dat hy my sommer met ‘n vark vergelyk is dat, in hierdie ‘twisgeskrif’, dit weer eens na vore gekom het dat die huidige bedeling baie meer boos is wat hy die ou bedeling kon uitmaak om te wees. Dinge wás werklik beter, skoner en veiliger; daar was baie minder plaasboere vermoor (miskien geen?), paaie was onderhou, spore was blink, riool- en waterpompe was onderhou, skole was van uitstaande gehalte, hospitale was puik, baie minder geld was verduister (definitief nie miljarde per staatsdepartement nie), Joubertpark het ‘n mooi fontein gehad en mense het tussen welige plantegroei en groen grasperke gesit en tee drink en skaak speel en so kan ek aangaan.
Deur bewus te wees van hierdie feit vergoeilik nie ‘apartheid’ nie.
Jan Rap