Korrupsie is 'n Westerse konsep

  • 3

Natuurlik is dit, soos onlangs in die media gerapporteer. Ek sou nie sê dit is alleenlik 'n Westerse konsep nie, maar dit het geskiedkundig in sekere kulture nie bestaan nie. Volgens sommige kulture is dit die aangewese ding om veral familie, maar tweedens ook vriende, te bevoordeel bo vreemdelinge. Dis al asof dit half vanselfsprekend is, maar in die moderne wêreld met sy sakemodelle en "demokratiese" regerings, is dit problematies. Want 'n regering moet die beste voordeel vir die bevolking bewerkstellig teen die laagste moontlike koste, en steeds van hoë gehalte.

Veronderstel ek wil 'n huis laat bou vir my derde vrou en ek vra tenders aan. Nou kry ek 'n aantal tenders van hoopvolles, waaronder my neef. Natuurlik moet en wil ek die tender vir my neef gee, anders sal die voorvadergeeste bitter ontevrede wees en my dalk kwaad aandoen.

Ons moet leer om te verstaan waarom party kulture doen soos hulle doen, en nie die Westerse idees te vinnig aan hulle opdwing nie.

Groete,

Varkspek

  • 3

Kommentaar

  • So as die pa koning is dan word sy eie privaat seun later koning, dan sy seun en so gaan dit aan. Lyk my Afrika en die Britte het meer in gemeen as wat mens sou dink.

     

    Duitswester

  • "Korrupsie is 'n Westerse konsep".  Nee maat. dit is 'n menslike eienskap wat in ALLE kulture voorkom.

  • As ek iemand se lewer uitkerf en dit bokant my deur hang om bose geeste af te weer, moet my asseblief nie aan Westerse standaarde meet en my veroordeel  nie. Kulture verskil, maar een is nie noodwendig beter as die ander. 

    Yeah right.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top