Korrelasie

  • 6

In die nie té oue tyd nie het die mense koorsbome met malaria verbind, gereken daardie bome veroorsaak malaria. Dit het toe later geblyk dat dit nie die bome was nie, maar muskiete wat in dieselfde gebied voorkom. Die verbintenis was nogtans geldig; as jy daardie bome sien weet jy daar hou gevaarlike muskiete en jy moet voorsorg tref.

Daar is ‘n 11-jaar siklus in die boubedryf; elke 11 jaar is daar ‘n insinking en daar is mense wat dit verbind met sonvlekaktiwiteit. Of dit waar is weet ek nie maar, al is daar ‘n indirekte verbinding, geld dit steeds. Mense wat op die aandelemark dobbel, soek gedurig korrelasies wat gaan aandui wanneer markte styg of daal. Party daarvan heeltemal geldig, ander blote bygeloof.

So het ek ook ‘n korrelasie agtergekom tussen swak diens en die verdwyning van Afrikaans. Kyk maar stads- en dorpsrade; soos die gebruik van Afrikaans hier verdwyn, verskyn slaggate in die strate, verdwyn dienste en steek onrus, onmin en selfs geweld kop uit. Beskou ook instansies en entiteite soos Eskom, die Buro vir Standaarde, die poskantoor, die inkomstediensdepartement, Openbare Werke, die WNNR, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, die Uitsaaikorporasie, onderwys, polisie, die weermag, die spoorweg, spoorwegstasies, museums en simfonie-orkeste.

Daar is definitief ‘n omgekeerde eweredigheid tussen die gebruik van Afrikaans en gehalte van dienslewering.

Jan Rap

  • 6

Kommentaar

  • Jan Rap

     
    As ek whisky en soda drink raak ek getrek, as ek brandewyn en soda drink raak ek getrek en as ek vodka en soda drink raak ek getrek - dit moet die soda wees want dis die gemene deler!
     
    Ek dink jy moet versigtig wees om jou eie profesië reg te verbeel. Deur jou redenasie te volg kan ek sê dat aardverwarming en swak diens omgekeerd eweredig is. 
     
    Groetnis
    Thomas
  • Thomas

    'n Eenvoudige manier om uit te vind of dit toe wel die sodawater is wat jou benewel, is om 'n slag 'n paar glase sodawater alleen te drink (jy is mos 'n wetenskaplike of hoe?).

    So, kom ons kyk of ons 'n plek kry waar alleenlik, of ten minste hoofsaaklik, Afrikaans gepraat word.  Een plek waar ek van weet is Orania; daar is nie rioolvuil in die strate nie, ook nie slaggate nie.  Die leerlinge steek mekaar nie met skerp voorwerpe of slaan mekaar met stomp voorwerpe nie. 

    Ek weet van min opstande in Orania wat geweldadig geraak het en die mense toe die biblioteek en amptenare se huise gaan afbrand het.  Trouens, ek weet van geen so 'n opstand nie.  Miskien kan hulle nog maar hierdie soort van optrede is gewoonlik weens swak dienste en dit lyk my dienste in Orania is goed.

    En Thomas, ek het niks profeteer nie; dis bloot waarnemings, kyk maar om jou rond, kyk die nuus, lees die koerante.

    Groetnis
    Jan Rap

  • Beste Jan

    Nou waarom kruip baie Afrikaanssprekendes dan weg in veiligheidsoorde agter elektriese heinings, doringdraad en sekuriteitshekke? Hulle moet mos in Orania gaan bly.
     
    So, terloops, mense wat op die aandelemark dobbel, of selfs die aandelemark speel, soek moeilikheid. Belê liewer in die aandelemark; dis veiliger.
     
    Groete
    Angus
  • Jan Rap

     
    Ek stem saam dat dienslewering erg agteruit gegaan het. Ek dink egter jy bespeur 'n vals korrelasie. Die korrelasie is tussen swak dienslewering en die ontplooing van onbevoegde kaders. 
     
    Groetnis
    Thomas
  • Beste Angus

    Dink jy dit is net Afrikaanssprekendes wat in die 'gholf estates' bly?  Die naam sê al klaar wie die meeste mense is wat daar bly - dis die Engelssprekendes, die wat nie alreeds met hul Britse paspoorte 'tuiswaarts' gekeer het nie.

    Verder, die mense wat nou in veiligheidsoorde en agter elektriese drade bly, bly daar seker maar omdat dit nodig is of dink jy dis vir hulle lekker om geld op mure en lemmetjiesdraad te spandeer?  Ook, die rede hoekom hulle nie in Orania gaan bly nie is omdat dit taamlik duur sal wees om tussen Orania en Johannesburg of Pretoria te pendel.  Die gelykbreekpunt tussen 'n sekuriteitsheining en oor die 800 kilometer 'n dag ry is minder as 'n week, twee weke op die meeste (om van die tyd op die pad nie eers te praat nie).

    Jy's reg, 'belê' is 'n beter woord wat betref die aandelemark as 'dobbel'.  Ek weet van 'n hele paar wat allerhande sisteme probeer en korrelasies soek maar dit help nie veel nie.  Die beste is om jou makelaar te vertrou maar sommiges vind dit onmoontlik.

    Thomas

    Die korrelasie is miskien indirek maar beslis nie vals nie; soos jy self sê, dienslewering het erg agteruitgegaan.  Laat ek dit dan anders stel:  Die verdwyning van Afrikaans dui daarop dat 'n onheilige ding aan die broei is, naamlik die ontplooiing van onbevoegde kaders.

    Groetnis

    Jan Rap

  • Beste Jan, 

    Ek het gesê "baie Afrikaanssprekendes", nie "net Afrikaanssprekendes" nie. Natuurlik skuil hulle agter die voorskooie van die Engelse daar.
     
    Groete,
    Angus 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top