Kobus de Klerk, dis Paasfees 2014!

  • 1

Hallo Kobus,

As daar een bewys is wat bevestig dat jy geheel kontak met die werklikheid verloor het en alleen iewers in 'n donkerhoek jou haat teen die mensdom in jou kammahof voer, dan is dit hierdie bydrae van jou onder hoofde "Die maagdelike swangerskap"!

Dis nie die dwaal daarin waarin jy 19 de eeuse bewysreg probeer aanwend om jou "geloof" te probeer bewys nie, dis die datum van jou bydrae wat saak maak "2014-04-15".

Die heilige Moeder van God se maagdelikheid en die geboorte van Jesus Christus onse HERE, is eintlik Kersfees temas.

Kobus, ons is reeds 'n week in Paasfees en daar val jy toe met 'n Kersfees tema uit die lug!

'n Mens kan sekerlik tereg vra; hoe gebeur so iets met iemand?

Wel, ek is nie 'n meester in 19 de eeuse bewysreg nie en stel ook hoegenaamd nie in jou kammahof belang nie, dis egter baie duidelik daaruit dat jy beslis nie in die gees van die tyd saam met ander Godsdienstiges - hetsy katoliek of Joods van watter aard ookal - deel nie.

Niemand in die Christengemeenskap behep hulle met Kersfees gedagtes uit die Bybel hierdie tyd van die jaar nie.

Dis okei Kobus, ek weet dit al lankal.

Ek deel heelhartig die volgende en gepaste midrash vir Paasfees uit die boek Johannes in die Bybel:

JN 1:29  Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
JN 1:36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!

Daar is nog menige verwysing na die Lam van God in die boek Openbaringe, maar ek laat dit vir eers daar.

Gelees teen die verwysing na die Lam van God in die boek Johannes,  deel ek die volgende leersame video deur RabbiTovia Singer omtrent die betekenis en midrash rakende die slag van die lam vir die Israeliete in Egipte - spesiaal hierdie Paasfees met jou:

 

 

Ek hoop die video val binne jou bereik en jy verras ons binnekort met 'n volledige bydrae wat jou "diepgaande kennis" omtrent midrash vir almal hier sal demonstreer.

Mag Jesus Christus onse HERE, self die seën in 'n ieder se Paasfees wees.

Jou amigo in Adam,

Cornelius Henn

  • 1

Kommentaar

  • Beste Cornelius,

    Binne die konteks van hierdie mitologiese verhaal, moet Jesus nie liewer 'n sondebok wees nie? Lam pas  net nie. 'n Lam  klink so verwese en magteloos; 'n God is mos nie magteloos nie?
     
    Ek wil net hier byvoeg, binne 'n mitologiese verhaal, met sy eie wette, is maagdelike geboorte moontlik. Maria was ook nie enigste vrou wat maagdelik geboorte geskenk het aan 'n god nie.
     
    Groete,
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top