Klinkerstene

  • 0

Ek hou nie baie van politici nie maar ek hou van die goed wat hulle soms kwytraak. Al iyou can still buiy yus dit soms net om myself te knyp dat ek nie so is nie, of dalk is?

So onthou ek die woorde van 'n baie bekende en vandag baie oorlede politikus toe ek die een nag, uit die aard van my werk, die voorreg had om saam te sit en suip, en dronk te word:
"Nevermind Apartheid. We dit it wrong by naming it. When apartheid is gone you can still buy your Apartheid if you've got the means. You just build your walls higher."

Ek het altyd gedog hierdie ultimate prog het dit mis gehad tot ek besef het dat hy tog nie so ver van die punt af is nie.

En nou bou ek my mure hoog. Tien voet innie ou taal. Met gewapende beton tussen die lae. Want oral is die gerugte daar en mens hoor vannie moorde en byle wat geslinger word in die nanag en mens is nie meer seker van niks in hierdie droewige bloeddeurdrenkte land nie. Want ek onthou my besoek aan die bekende politikus se huis baie jare terug, en wat my opgeval het was nie die sekuriteit nie, maar die hoë mure om sy huis. En hy het niks te vrees gehad nie, want hy is tot vandag toe bekend dat hy gehoop het vir die veiligheid wat ons vandag beleef.

Ou Top beduie my vanoggend dat die mure nie hoog genoeg is nie. Ek kyk na die fondasie en ek beduie hom om maar drie lae by te sit. Ek bel Rheebok stene en hulle beduie dat aflewering nie 'n probleem is nie. Besigheid is stil deesdae en hulle het hoeka baie klinkers teen afslagprys beskikbaar.

Die ironie slaan my solid in my gesig want net noudiedag is ek beduie dat die mure tussen ons mense afgebreek moet word en hier probeer ek om die res van die mense uit my plek uit te hou. Met die woorde van sekerlik een van die mees geliefde politici onder sommiges weerklinkend in my ore.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top