Jan van Riebeeck

  • 2

Goeie dag,

Is Jacob Zuma nie dalk reg met sy opmerking dat die probleme van ons land met Jan van Riebeeck se koms begin het nie?

Dink nou net as Oom Jan nou nie gekom het nie, dan sou :
1. Ons nie elektrisiteit gehad het met die beurtkrag wat ons lewe so vergal nie;
2. Ons nie teerpaaie met al die slaggate en die irriterende e-tolstelsel gehad het nie;
3. Ons nie vervlaks skole en Universiteite gehad het waar 'n mens moet leer en eksamen skryf nie;
4. Daar nie 'n lugdiens en poskantoor gewees het wat so finansieel sukkel nie;
5. Daar nie skielik, na 1994, so baie swart miljoenêrs gewees het nie;
6. Daar geen bevoorregte kaders met hul bloulig-brigades gewees het wat so jaag nie;
7. Daar, les bes, ook nie belastinggeld gewees het om 'n reuse, luukse Nkandla te bou nie. Dan kon Nr Een nog lekker in sy stroois ontspan het.

Pleks dat die Zoeloes liewer daaraan gedink het om seilskepe te bou en Europa gaan verken het, maar nou het Oom Jan hulle voorgespring en dit hier kom doen. Nou moet ons met voertuie ry in plaas van kaalvoet oor die berge loop.

Sal ons hom ooit kan vergewe? Dis erger as apartheid!

Groetnis,

Fanie van Montana.

  • 2

Kommentaar

  • Fanie as ek dit reg het is daar net een land in Afrika wat nie onder kolonialisme deurgeloop het nie en is dit Ethiopië. Indien my feite reg is sou die hele Afrika dan soos daardie land gelyk en funksioneer het. Ek dink die Italianers het tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n draai daar gemaak, of hulle gaan skuiling soek het weet ek nie, maar hulle was daar want jy kan dit sien. Op die program Voetspore ry die manne oor brûe wat die boustyl van Italiaanse argitektuur weerspieël. Ek dink Johan Badenhorst maak ook die stelling.

    Mens weet nie wat sou gebeur of nie gebeur het as Jan nie met die Ryger Tyger en Titanic hier kom anker het nie. Ek is so half die moer in dat hy nie verbygesteek het nie. 'n Oud kollega van my is juis oor die blankes se voorsate in die land knorrig. Hy beweer dat hulle in elk geval 'n lot dwarstrekkers, kriminele en bakleigatte was, dis hoekom hulle uit Europa gevlug het. Ek sal nie weet nie maar een ding weet ek, die uitlatings/stellings van sulke mense is gevaarlik in die sin dat die "village idiots" daarop reageer en ter harte neem. Dit slaan my ook dronk.
  • SêNet-regstelling: Bogenoemde brief is verkeerdelik toegedig aan SJ (Fanie) Naudé. Die eintlike skrywer van die brief staan bekend as Fanie van Montana.

    Webvoet

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top