Ja. Apartheid het wél bestaan

  • 28

Dit gaan my verstand te bowe dat sommige mense steeds dink dat as hulle ontken dat apartheid bestaan het, dit sal verdwyn.

Dit maak nie saak hoe hard jy probeer om dit te ontken of goed te praat nie, dit was daar en dit was nie goed nie. Ons, as kinders, het nie geweet wat dit werklik was nie. Dit was maar net daar. Ons, die normale mens op straat, het dit nie wreed en gewelddadig afgedwing nie. Nee ons het nie, maar Maria mag nie uit ons borde geëet het nie, nie ons glase gebruik het nie. Sy mag nie haar wasgoed in ons wasmasjien gewas het nie. Sy mag wel ons huis skoongemaak het en vir ons kos gemaak het. Agter ons skoongemaak het. Sy moes my ma gemiessies het. Vir my genonnie het. Sy mag jou boetie of jou sussie op haar rug gedra het en hulle grootgemaak het, maar sy was ‘n ousie. ‘n Jy en jou. ‘n Niks! Jy was die baas. Sy die nikswerd klaas. Sy moes Afrikaans praat, jy het nie geweet wat haar huistaal is nie. Swart het gemoesnie. Wit het gehoefnie.

Ons as kinders was gedwing om apartheid te ondersteun. Te regverdig. Omdat ons nie anders geweet het nie. Moenie met die swart skoolkinders praat wat voor jou in hulle mooi swart en wit skoolklere geloop het nie. Ja, hulle mag wel skool gegaan het, maar nie saam met jou nie. Jy is beter as hulle en hulle sal jou besteel as jy nie kyk nie. Hulle is vuil. Hulle moet agter jou loop. Ons was dit nie geleer of vertel nie, dit was net so. Dit was rég so. Niemand het eers gewonder of dit reg is nie, en wat jou soms so ongemaklik laat voel het nie.

Maar God weet, ek het altyd ‘n vermoede gehad.

Jy, Meneer Te Wit, wat kla jy? Nou ontken jy dit? Nou is dit omgekeerde rassisme? Wat sou jy gedoen het as jy in stede van Mnr Te Wit eerder as Mnr Te Swart gebore was? Sou jy die onregverdigheid teenoor jou menswees maar net vir ewig aanvaar het? Of sou jy ook in opstand gekom het om as minderwaardig bekend te wees. Sleg, vuil, agterlik. Gedwing om so te wees en dit maar net te aanvaar.

Nou, nou dat alles gebackfire het, en ons dit nie langer kon status quo nie, word alles op rassisme, apartheid geblameer. Nou het dit ‘n verskoning geword, ‘n skuiwergat na al twee kante. Ek is ‘n dief, ‘n moordenaar want ek is ‘n agtergeblewene. Jy is ‘n wit fat cat. Dit is jou skuld Mnr Te Wit, want jy het dit alles veroorsaak. Nee, Mnr Te Swart, jy wil alles verniet hê, die miere en die sprinkane. Ag hemel, dit gaan nooit stop nie.

As iemand dalk iets hieruit geleer het, sou ek apartheid en rassisme nog kon goedpraat, ‘n verskoning dalk kon uitdink, maar ek dink dit is hiervoor veels te laat. Jy, Mnr Te Wit, miskien moet jy ophou om te wroeg oor die verengelsing van Afrikaans en begin besef dat verandering nie gekeer kan word nie. Die waarheid is altyd daar, en dit sal uit. The truth is in the eye of the beholder. Verandering is ‘n pynlike proses, maar proses sal dit proses. Niks bly ooit dieselfde nie. Same old ... same old.

Maya

  • 28

Kommentaar

  • Maya,
    Jy is gebreinspoel, gemesmeraai en jy dra swaar aan die bagasie wat die nuwe Suid-Afrika se propaganda op jou rug gelaai het. Wit is sleg en swart moet bejammer word! Haat jy jouself Maya en is jy skaam oor jou verlede? Maar ek voel nie jammer vir jou nie, want jy is verlore vir 'n gebalanseerde beoordeling van die situasie waarin ons was en steeds is.

    Hoekom, Maya het daar 'n "aaklige" situasie ontstaan soos wat jy so hartroerend beskryf? Was die gebrekkige verantwoordelikheidsin, die diefstalle, die moorde, ens. nie van Jan van Riebeeck se tyd 'n probleem vir die Westerlinge in hierdie land nie? Het jy al gehoor van veediefstalle, die afbrand van grensplase, moorde en die gewelddadige omstandighede wat grensboere moes verduur? Het die kulture hier plaaslik destyds 'n lewenstyl gehandhaaf wat dit vir die Westerling aantreklik gemaak het om daarin op te gaan. Bied hulle huidige lewenstyl iets aan wat ons as navolgenswaardig kan ag? Hou jy daarvan as jy elke aand op die TV na klipgooiers, brandstigters en wellustige danse moet kyk. Is dit nie net logies dat ons voorvaders dit nie as 'n toekoms vir ons gesien het nie?

    Die indiensneming van huisbediendes is nie op hulle afgedwing nie Maya. Hulle het dit vir ons so maklik gemaak om hulle in diens te neem; tot vandag toe nog. Wat wil jy hê, Maya? Moet ons hulle almal afdank en laat loop om in hulle woonbuurte op staatstoelaes te gaan krepeer?

    Jy behoort jou te skaam vir die haat wat jy teenoor jou eie mense saai!!!

    Stik maar lekker daaraan.

    Koos Smit

  • Liewe Maya

     

    Daar sal altyd teenstand wees teen die waarheid, want dit maak bitterlik seer. Op die ou end moet 'n mens jouself afvra wie is jou naaste, wat is naasteliefde en of mens dit behoort toe te pas of nie. Sonner geloof is die mens tot niks in staat nie.

     

    Beste wense

     

    Kobus Faasen

  • Maya, jy's heeltemal reg. Ons onlangse voorgeslagte én party van die wat nog met ons is, het hierdie land so opgeneuk dat ons die vrugte daarvan nou sien.

     

    Vir Koos Smit: As dit dan vir  "...ons voorvaders..." van wie jy so lekker los en vas praat, so sleg was hier, hoekom het hulle hulself so lekker ingegrawe tussen die  "...veediefstalle, die afbrand van grensplase, moorde en die gewelddadige omstandighede wat grensboere moes verduur?..." Daar was mos genoeg skepe vir passaat terug Holland en Frankryk toe. En wat soek jy nog hier tussen al die "...brandstigters en wellustige danse..." Of is dit tog te lekker hier met al die "...maklike huisbediendes..."??

     

    Jy is die laaste een wat van gebalanseerde beoordeling van die verlede kan praat.

  • Ai, Koos, die waarheid het wél 'n manier om seer te maak, né?  Net vir interessantheid, hoe oud is jy?

  • Ek dateer uit die vorige eeu Maya. Maar dit is nie wat ter sprake is nie.

     

    Ja jy is reg; die waarheid maak seer. Maar dit geld vir jou ook. Die waarheid is dat hier twee wêrelde in Afrika bymekaar gekom het. Die een ontwikkelingsgerig met inisiatief in sy strewe na vryheid en onafhanklikheid. Die ander om te deel in dit wat tot stand gebring word; saam om die tafel te sit en te ontvang.  

     

    Dit het almal vrygestaan om ontwikkeling tot stand te bring, Maya. Daar was nie in 1652, tot die Groottrek en daarna, apartheidswette nie. Hoe is dit dan dat hulle hulself in so 'n ondergeskikte posisie laat beland het. Is daar nie in hulle 'n tekortkoming wat hulle in 'n posisie van ondergeskiktheid en agtergeblewendheid laat beland het nie? Wie van julle is bereid om hierdie waarheid en grondliggende rede vir apartheid in die oë te kyk en te erken? 

     

    Nee, julle is nie want julle val oor julle voete om na dié mense se guns te vry. Natuurlik het ons voorouers foute gemaak, mense se agterstande uitgebuit en selfs onmenslik opgetree. Dit is nie wat ek goedpraat nie, maar ek weier om al die blaam op die Afrikaner te plaas omdat daar gapings in die peil van ontwikkeling bestaan. 'n Mens is deurlopend die slagoffer van omstandighede en hierdie feit kan jy ook maar erken en aan jou geesgenote verkondig. Dit is hoe jy die geleenthede gebruik en omstandighede tot jou voordeel benut, wat bydra tot sukses.

    Groetnis. 

  • Maya, baie dankie vir hierdie brief.....Ek is in akkoord met jou brief, 

     
    Respek aan jou Kobus... ek wou al eerder met jou vorige briewe 'n boodskap stuur van ondersteuning en vir dit wat jy in die gesprek gebring het. 
     
     
  • Die verstommendste van alles is, dat met uitsondering van miskien een of twee niemand wat so galbraak
    oor die verlede niks  gedoen het op die toestand wat destyds geheers het te verbeter nie. Dus Wouter, Maya, Dirk Rigter, Kobus Faasen, Jaco Fourie ens, wat was julle bydrae om die lot van die mense te verbeter?

  • Beste FC

     

    Maya se topikale topiek is dat daar diskriminasie teen onse medeburgers was. Speel die bal of leer hoe om die bal te speel, dit wil zeg, voer debat rondom de gemelde onderwerp.

     

    De uwe

     

    Kobus

  • CorneliusHenn

    'n Wyse man het op 'n keer geseg: "The ultimate result of shielding men from the effects of folly is to fill the world with fools" ... ek tik dit spesiaal in Ingels sodat die misleide kruipers dit dalk ook lees ... my antwoord op Maja se onthutsheid, kan hier gelees word: https://www.litnet.co.za/Article/brief-apartheid-vir-maja   ... ek het dit in 'n volledige bydrae gevoer jeens die besondere skakels daarin, wyl ek nie juis hoop het dat enige dwaas ooit uit hul waan verlos wil word nie ...

  • F C Boot

    Ek is eens met Maya in hierdie opsig. Vir ons wat in die apartheidsjare gebore was, was dit 'n gewone aanvaarde lewenswyse wat nooit bevraagteken was nie, en was eenvoudig net deel van ons blankwees.

    Omrede die rasse so afsonderlik gelewe het, was ons as blankes nie in voeling met hoe die ander die lewe vir hulself ervaar nie. Dit het ek eers in "hindsight" jare later agtergekom, en tot die besef gekom ons was selfsugtig deur nie meer met die ander op 'n gelyke interpersoonlike vlak te verkeer het nie. Die bitterheid tot vandag toe, wat hierdie mense teenoor blankes koester kan ek ook goed verstaan, in dieselfde lig as wat baie Afrikaners tot vandag toe bitterheid teenoor die Britse handelswyse met die konsentrasiekampe koester.

    Maya se brief was nie aktivisties opgestel nie, net 'n beskouing van die interpersoonlike werklikheid. Sy het nie die doktrine van afsonderlike ontwikkeling bevraagteken of gekritiseer nie, in werklikheid, die vermy.

    Ek persoonlik dink dat met Maya se brief is jy oorsensitief. Wat jy in jou ander skrywes geskryf het mbt die apartheidsjare, is daar baie waarvan ek met jou sal saamstem en so ook genoem op een van jou response.

  • F C Boot

    NS.  Ek het vergeet om jou vraag te be-antwoord, nl: "wat was julle bydrae om die lot van die mense te verbeter?"
    In my geval, "sweet blowall", vandag steeds.  Maar dit verhoed my nie om reg van verkeerd uit te ken nie.

  • CorneliusHenn

    Kobus Faasen, enigeen met meer as twee breinselle lees "blacks only" in die sogenaamde gelyke indiensneming en BBBEE wette ... dus, enigeen met meer as twee breinselle sal weet dat apartheid vandag steeds voortvaar - dog in die veel wreder gedaante van kommunisme ... ek aanvaar ook heelhartig jou kompliment as amaBhulu ... amaBhulu groete, Cornelius Henn

  • Op  2014-02-08 om 21:14 skryf ek in antwoord op Maya se brief  die volgende:

    Die verstommendste van alles is, dat met uitsondering van miskien een of twee niemand wat so galbraak oor die verlede niks  gedoen het op die toestand wat destyds geheers het te verbeter nie. Dus Wouter, Maya, Dirk Rigter, Kobus Faasen, Jaco Fourie ens, wat was julle bydrae om die lot van die mense te verbeter?

      Voor dat ek  op al die kommentare antwoord eers ietsie oor Maya se brief.

    Sy skryf ondermeer:

     “Dit gaan my verstand te bowe dat sommige mense steeds dink dat as hulle ontken dat apartheid bestaan het, dit sal verdwyn. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer om dit te ontken of goed te praat nie, dit was daar en dit was nie goed nie. Ons, as kinders, het nie geweet wat dit werklik was nie.

     Dit was maar net daar. Ons, die normale mens op straat, het dit nie wreed en gewelddadig afgedwing nie. Nee ons het nie, maar Maria mag nie uit ons borde geëet het nie, nie ons glase gebruik het nie. Sy mag nie haar wasgoed in ons wasmasjien gewas het nie. Sy mag wel ons huis skoongemaak het en vir ons kos gemaak het. Agter ons skoongemaak het. Sy moes my ma gemiessies het. Vir my genonnie het. Sy mag jou boetie of jou sussie op haar rug gedra het en hulle grootgemaak het, maar sy was ‘n ousie. ‘n Jy en jou. ‘n Niks!

    Jy was die baas. Sy die nikswerd klaas. Sy moes Afrikaans praat, jy het nie geweet wat haar huistaal is nie. Swart het gemoesnie. Wit het gehoefnie. Ons as kinders was gedwing om apartheid te ondersteun. Te regverdig. Omdat ons nie anders geweet het nie.

    Moenie met die swart skoolkinders praat wat voor jou in hulle mooi swart en wit skoolklere geloop het nie. Ja, hulle mag wel skool gegaan het, maar nie saam met jou nie. Jy is beter as hulle en hulle sal jou besteel as jy nie kyk nie. Hulle is vuil. Hulle moet agter jou loop. Ons was dit nie geleer of vertel nie, dit was net so. Dit was rég so. Niemand het eers gewonder of dit reg is nie, en wat jou soms so ongemaklik laat voel het nie. Maar God weet, ek het altyd ‘n vermoede gehad.”.

    Kommentaar in die algemeen.

    Ek sal probeer om dit wat ek wil sê so saggies en beskaafd as wat moontlik is te sê, as dit vir jou apartheid verteenwoordigheid, dan het jy jou hele jong lewe onder ’n wanindruk gelewe en moet jy die fout nie by die beleid maar wel by die vertolkers van die beleid, in hierdie geval dan die huis waarin jy groot geword het soek. Apartheid   of eerder afsonderlike ontwikkeling was nooit  bedoel om mense te verneder of te verkleineer nie.

    Dat dit egter in die algemene samelewing so in dit ontaard het  en dat ’n mens se eie optrede soms ook tot dit bygedra het, kan ook nie ontken word nie. Gewoonlik is dit ’n reeks voorvalle wat persepsies blywend verander.

    As jy bv ‘n kind verloor in lafhartige gewetenlose, lafhartige  bomaanvalle soos in bv Amanzimto en Benoni  sien jy mense in ’n ander lig. My ouers wat op pad was in Amanzimtoti het die aaklige lot gespaar gebly.

    As soos ’n gewentenlose moordenaar dan nog vereer en verhef word tot ’n held en ’n kandidaat word vir ’n hoë posisie dan doen dit min om betrekkinge te verbeter.

    Kom ons kyk na die antwoorde.

     Kobus Faasen skryf  op 2014-02-10 @09:17 :

     Beste FC
     Maya se topikale topiek is dat daar diskriminasie teen onse medeburgers was. Speel die bal of leer hoe om die bal te speel, dit wil zeg, voer debat rondom de gemelde onderwerp."

      Beste Kobus, in die eerste plek is ‘topikale topiek’ ’n direkte vertaling van die engels ‘topical topic’ . Ek dink ’n mens moet eerder sê die onderwerp onder bespreking, dan weet almal waarvan ons praat, of hoe?

    My algemene kommentaar hierbo is op jou van toepassing.   

     Jaco Fourie skryf op 2014-02-10 @10:11

    F C Boot
    Ek is eens met Maya in hierdie opsig. Vir ons wat in die apartheidsjare gebore was, was dit 'n gewone aanvaarde lewenswyse wat nooit bevraagteken was nie, en was eenvoudig net deel van ons blankwees. Omrede die rasse so afsonderlik gelewe het, was ons as blankes nie in voeling met hoe die ander die lewe vir hulself ervaar nie.

    Dit het ek eers in "hindsight" jare later agtergekom, en tot die besef gekom ons was selfsugtig deur nie meer met die ander op 'n gelyke interpersoonlike vlak te verkeer het nie. Die bitterheid tot vandag toe, wat hierdie mense teenoor blankes koester kan ek ook goed verstaan, in dieselfde lig as wat baie Afrikaners tot vandag toe bitterheid teenoor die Britse handelswyse met die konsentrasiekampe koester.

    Maya se brief was nie aktivisties opgestel nie, net 'n beskouing van die interpersoonlike werklikheid. Sy het nie die doktrine van afsonderlike ontwikkeling bevraagteken of gekritiseer nie, in werklikheid, die vermy. Ek persoonlik dink dat met Maya se brief is jy oorsensitief. Wat jy in jou ander skrywes geskryf het mbt die apartheidsjare, is daar baie waarvan ek met jou sal saamstem en so ook genoem op een van jou response.  

    Beste Jaco

    My algemene kommentaar is ook op jou van toepassing Laat ek byvoeg dat ek nooit haar brief on die lig beskou of gelees het.Sy was soos duisende mense 'n waningeligte persoon omdat die ondersteuners van apartheid nooit die moeite gedoen het om vas te stel wat die beleid werklik beteken nie en of hul ook bereid was om opofferinge te maak, bv om plase af te staan vir tuisland konsolidasie.

     Jaco Fourie 2014-02-10 @10:38  skryf verder
    : F C Boot NS. 

    Ek het vergeet om jou vraag te be-antwoord, nl: "wat was julle bydrae om die lot van die mense te verbeter?" In my geval, "sweet blowall", vandag steeds.  Maar dit verhoed my nie om reg van verkeerd uit te ken nie.
     
    Beste Jaco
      Ek dink dit is tipies van die samelewing waarin ’n mens groot geword het. Mense was gou by om te kritiseer, veral die liberale owerhede, maar die bydraers om toestande te verbeter was min. 

         Kobus Faasen 2014-02-10 @15:24  skryf:

     Mnr Boot 
    Apartheid se skippie het al lankal gesink. 
    Kobus Faasen

    Beste Kobus 
    Waarom dan  steeds die blaam, na 20 jaar vir  vandag se samelewing  aan dit toeskryf?

     Die volgende is ‘n uittreksel uit ‘n berig

     ‘Só swak en vuil is SA hospitale’ wat op 1 Februarie 2014 in Rapport verskyn het:

    “Skokkende onthullings oor die land se swakste en vuilste hospitale en die afgryslike toestand van klinieke het Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, laat steier.” Net een van die 394 staatshospitale wat deur die departement van gesondheid geoudit is, het aanvaarbare standaarde behaal vir netheid, infeksiebeheer, medisynevoorraad, die houding van personeel, die veiligheid van pasiënte en wagtydperke. Die Witrand- psigiatriese hospitaal in Potchefstroom was al een uit al 3 880 hospitale en klinieke van oor die land wat ’n skoon oudit gekry het.

     City Press het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting toegang gekry tot die nasionale gesondheidsorggeriewe se basislyn-oudit wat van Mei 2011 tot Mei 2012 gedoen is. Dié reuse-oudit is gedoen om die lewensvatbaarheid van die voorgestelde multimiljardrandse nasionale gesondheidsversekering (NGV) te evalueer.”

    Waarom word die haglike toestande, hospitalle is maar een van hulle, wat lei tot talle opstande en lewensverlies dan nie met dieselfde felheid veroordeel as wat apartheid was nie.

    Of is dit nou ’n geval dat ’n daar ’n swart regering aanbewind is  wat na 20 jaar, bietjie minder as die helfte wat die NP aanbewind was, nog steeds nie instaat is om sy grondwetlike verpligtinge na te kom nie?

  • F C Boot

    Nou is jy besig om 'n berg van 'n molshoop uit te maak man.

    Sonder twyfel het blankes 'n superior houding jeens die ander volke in hierdie land gehandhaaf, en apartheid het dit net aangehelp, en as sodanig het Maja dit eerlik uitgelig. Een van ons SêNet gekkegrensers druk dit so mooi uit deur te skryf: "Dis die versugting van iemand wat die beloofde land gesien het, maar dit eerder as die geknelde land beleef het". Onder die ou bedeling was hy Baas die ander Klaas. Nou voel hy soos Klaas en hy hou nie daarvan nie.

    Die teorie (doktrine) van apartheid of te wel aparte ontwikkeling en die werklike toepassing daarvan is twee aparte konsepte. Die teorie het dit dat aparte volke met aparte grondgebied op gelyke voet sou verkeer, die werklikheid het dit weerspreek. Apartheid het gefaal vir twee hoofredes. Dit het eenvoudig onekonomies haalbaar geword en tweedens as gevolg van blanke vraatsugtigheid ten koste van die ander volke. So die skuld dat die teorie van aparte ontwikkeling nie gewerk het nie, le by die blanke self. Nou as 'n politieke bestel sleg gefaal het, is dit dwaas om dit te probeer beredder.

    Soos jy in 'n vorige respons geskryf het dat die propagandiese persepsies wat uitgesaai word dat alles wat gedurende die apartheid era plaasgevind het, 'n euwel was is onwaar, en daarmee stem ek heelhartig met jou saam. Die opheffingswerke wat teenoor die ander rasse aangewend was vergeleke met die van vorige regerings was ongetwyfeld prysenswaardig. Die grootskaalse instroming van swartes op soek na werk in die blanke gebiede het net eenvoudig logisties en finansieel onbeheers geraak tot so 'n mate dat plakkergebied soos sampioene om die groot werkskeppende sentras opgeskiet het, tot gevolg van die sosiale verval onder die betrokke rasse en waarvoor apartheid geblameer word.

    Elke jaar sedert 1994, kry die "euwels" van apartheid 'n ekstra stertjie. Dit sal my nie verbaas indien teen 2050 dit weergee word dat 6mil swartes by Sharpeville gesterf het en Verwoerd het 'n smal snorretjie op sy bolip gedra.

    Met elke onvermoë aan die kant van die ANC-regering bly dit apartheid se skuld, en so sal dit altyd wees, want watter swart regering gaan ooit erken hy het misluk. Dit is ironies dat Lesotho wat nooit onder apartheid beheer was nie, en waar meer as die helfte van die bevolking, vandag steeds, in haglike toestande onder die broodlyn lewe, nie daarop kan aanspraak maak dat dit apartheid se is skuld nie. Dit se tog iets.

    Jaco Fourie

  • Beste Jaco

    Maya se brief spreek van 'n ontsettende skuldgevoel wat spruit uit: (Kursivering myne)

    "Ons as kinders was gedwing om apartheid te ondersteun. Te regverdig. Omdat ons nie anders geweet het nie. Moenie met die swart skoolkinders praat wat voor jou in hulle mooi swart en wit skoolklere geloop het nie. Ja, hulle mag wel skool gegaan het, maar nie saam met jou nie. Jy is beter as hulle en hulle sal jou besteel as jy nie kyk nie. Hulle is vuil. Hulle moet agter jou loop. Ons was dit nie geleer of vertel nie, dit was net so. Dit was rég so. Niemand het eers gewonder of dit reg is nie, en wat jou soms so ongemaklik laat voel het nie. Maar God weet, ek het altyd ‘n vermoede gehad."

    Dit is dus 'n ernstige aanklag teen haar ouers, die opvoedkundige stelsel en die res van die samelewing. Dit beklemtoon dan weereens duidelik die punt wat ek probeer maak, Maya is 'n produk van 'n ouerhuis, skoolstelsel en samelewing, wat nooit  ten volle besef het, wat afsonderlike ontwikkeling eintlik behels en dat dit inherent beteken het dat blankes groot opofferings sou moes maak in geld en grondgebied om ekonomiese selfstandige state op die been te bring, wat op gelyke voet in 'n gemenebes sou byeenkom om die beste oplossing vir almal te beding.

    Dit het dus nooit gegaan oor beter of slegter nie. Dat dit in dit ontaard het in die 'apartheid, wat almal verdoem kan egter nie ontken word nie.

    Grondbesit sou die belangrikste saak wees waaroor onderhandel moes word. Dit is so belangrik dat studies oor dit wys dat Suid-Afrika hoogstens 'n bevolking tussen 38 en 40 miljoen mense van voedsel sou kon voorsien.

    Dit was dus in algemene belang dat landbougrond ongeag in wie se hande dit sou beland, soos goud opgepas moes word. Die katastrofiese gevolge van landbougrond in die verkeerde hande is vandag duidelik beskikbaar.

    Of jy en ander nou daarvan hou of nie, swart landbouers was oor die algemeen bestaansboere en nie instaat om op grootskaal voedsel vir 'n groeiende bevolking te produseer nie. Die katastrofiese gevolge van 'n verkeerde beleid is duidelik in ons buurland Zim. waarneembaar.

     Dit word beraam dat tans 3miljoen van die voorheen welvarende land nou 'n heenkome in Suid-Afrika vind. Ek spoeg en plak gou die betrokke studie en daaruit moet dit duidelik wees dat die ANC-regering se beleid net soos in Zim. rampspoedige gevolge vir Suid-Afrika inhou. Ons kan net nie bekostig dat 95 % van alle grondhervormingseise misluk nie.  Dit is dus nie net 'n doodeenvoudige kwessie van grondbesit, soos die ANC en ander dit uitmaak nie.

    Uit wat hierna volg is dit duidelik dat alvorens daar op 'n een man een stem Suid-Afrika gesluit is, landbou grondbesit en beskerming daarvan eers uitgeklaar moes word. Vandag word die wrange vrugte van die versuim gepluk in hemelhoë kospryse en kan Suid-Afrika weens die erg verswakkende Rand dit skaars bekostig om voedseltekorte deur invoere aan te vul omdat dit die gevaar loop om soos petrol peperduur te word.

    Voeg daarby die eise van werkers in die sektor en dit is duidelik dat 'n Zimbabwe -senario in Suid-Afrika
    nie uitgesluit kan word nie as die ANC volhou met sy grondhervormingseise van veral kosbare landbougrond.

    SOUTH AFRICA’S SOIL RESOURCES AND SUSTAINABLE DEVELOPMENT M.C. Laker, Retired Professor of Soil Science, University of Pretoria

  • F C Boot

    Jou laaste respons het 'n nuwe wending ingeneem, weg vanaf Maya se vertoë, waaroor ek geen beswaar het nie. Die nuwe wending gaan nou oor grondeise. 

    Jy skryf: "Uit wat hierna volg is dit duidelik dat alvorens daar op 'n een man een stem Suid-Afrika gesluit is, landbou grondbesit en beskerming daarvan eers uitgeklaar moes word."

    Daar is beslis beskerming in die konstitusie vir sodanige aangeleentheid, maar blykbaar nie voldoende genoeg nie.  Soos in Engels gesê: "The die has been cast", maw dit is nou te laat om oor gespilde melk te kerm.  Die geleentheid was daar ten tye van Kodesa.  Was die politieke wegbly-span deel van Kodesa, en dit hulle alleenlike suksesvolle bydrae was om meer beskerming in die konstitusie vir die boere te kon verkry het, het hulle iets positiefs tot vandag se situasie bewerkstellig.  Maar nee. Ongelukkig het klein-politiek in hulle geval geseëvier.

    Ek is op SêNet op rekord wat my siening wat landbou grond betref. Weens die aard van my werk, het ek daagliks kontak met beide blank en swart landbouboere.  Die swart kommersiele boere waarmee ek te doen het, staan beslis op par met die blanke boere, baie van hul sukses aan blanke boere te danke wat hulle geïnspireer het.  Die verhoudinge onderling is ook fantasties.

    En Ja.   In die gevalle waar die regering grond aangekoop het en aan onkundiges toegeken het, daar het dit agteruitgegaan.  As gevolg daarvan, kan daar nie veralgemeen word dat swartes nooit sal weet hoe om te kan boer nie.  Bykomstig gese.  Ek het nog nie 'n boer teegekom wat ontevrede met die  koopprys van sy  grond tot dusver is nie.  Ek ken vier boere wat uitgekoop is, almal dooddollies tevrede.  Een het weer 'n plaas in Zambia gaan koop en boer nou daar, die ander drie besighede met die geld aangekoop.  Solank die beginsel van koper / verkoper ooreenkoms bestaan soos in die huidige konstitusie vervat, solank geen probleem nie.  Die gevaar le daarin waar die regering dreig om sodanige beginsel op te skort en die prys self bepaal wat uitbetaal word, of soos die EEF dit wil he, Zimbabwe tipe grondonteining.

    My vertoë is dat omtrent 20mil swartes leef op tradisionele trust gronde, waarvan hulle geen indiwiduele besitreg geniet nie.  Die opperhoof van die stam hou die kommunale grond in trust vir die stam.  Dit verskaf aan hom ongekende magte oor die stamlede.  Hierdeur word die politiek ook deur die ANC en die IFP gedryf.   Indien jy nie stem soos  ek se jy moet stem nie, die lappie wat jy nou ploeg, gaan van jou ontneem word, om net 'n voorbeeld te noem.  Sodanige boerdery geskied op 'n "subsistance" basis, wat geen rykdom vir die land of die indiwidu verskaf nie, en die stamlid op die broodlyn hou.  Die dat baie mans werk in die stede soek en die ou mense, vrouens en kinders bly agter om die lande met die hand te bewerk.

    Nou wie gaan bv. 'n vrugteboord plant, en dit is nie jou besitting nie.  Hierdie stelsel ontneem enige innisiatiewe van die proaktiewe denkende persoon.  Dit het miskien in die ou dae gewerk, maar beslis nie vandag meer nie.
    'n Verdere negatiewe gevolg van hierdie stelsel, is dat vrugbare grond word nou volop hutte.  Wanneer jy deur 'n stamgebied ry, is dit soos een groot stad, met elke hut sowat 30m uitmekaar.

    Nou vat bv een stam, en skep die grond om in 'n kommersiele bedryf.  Al die hutte word platgeslaan en 'n behuisingskompleks vir al die stamlede word op steriele grond gebou.  'n Maatskappy word gevorm waarvan elke stamlid aandeelhouer is. Dan word die grond wetenskaplike aangewend met 'n winsbejag in sig sodat die aandeelhouers inkomste op hulle aandele kan geniet.  Werkers (al is hulle ook aandeelhouers) word betaal.  Wees verseker in sodanige geval sal die vakunies nie maklik vat kan kry nie.  Die eind resultaat. Werkverskaffing; kapitaal aanwins; en inkomstes vir die indiwidue; belasting vir die staat en erfbelasting vir die munisipaliteite. (Tans betaal trust gebiede nie erfbelasting soos kommersiele boere nie).

    My siening is dat pleks om te torring aan wat reeds suksesvol is (blanke boerderye), behoort die regering se aandag eerder op grondhervorming in die trust gebiede toe te spits. 

    Jaco Fourie

  • F C Boot  

    NS.  In die verlede wanneer ‘n boer sy plaas vrywillig verkoop het, sou hy maande, selfs jare wag voordat ‘n geskikte koper gevind word.  Vandag bied hyself sy plaas aan die regering, om dienooreenkomstig 'n vinnige transaksie te kan beklink.

  • Beste Jaco

    Jy skram eenvoudig weg van die punt af wat ek probeer maak. Blankes soos Maya wat nou aan 'n skuldige gewete ly is die produk van 'n samelewing wat klakkeloos (sonder om te dink) 'n bestel ondersteun het sonder om aan hul kinders te verduidelik waaroor dit werklik gegaan het en dan hul kinders gedwing het om dit te ondersteun."Ons as kinders was gedwing om apartheid te ondersteun. Te regverdig."

    Hulle het dus ook nie hul kinders ingelig dat blankes ook sou moet opoffer en dit wat altyd belangrik was, nl grond soos bv. die Boere in die Britsdistrik plase sou moes prysgee vir tuislandkonsolidasie. Hierdie boere het soms vir jare op hul plase gesit voordat hul aanbiedings ontvang het.

    Soms het amptenare van die betrokke departement met hul bakkies die plase besoek en dan in die verby ry die aanbiedings afgegooi! Die jaar of twee wat die boere op die plase gesit en wag het, mag hul nie boer nie, nie eers die oes wat op die lande was verwyder nie, of 'n pomp uit die rivier optrek nie. Dit is dan van die opofferinge wat veral blanke boere moet maak.

    Dat die verlies van kommersiële boere nou ook swart politici begin bekommer is duidelik uit 'Loss of commercial farmers 'worrisome' wat jy onder http://www.news24.com/SouthAfrica/Politics/Loss-of-commercial-farmers-worrisome-20130324 kan lees. Volgens die berig was daar 15 jaar gelede 100 000 kommersiële boer in Suid Afrika teenoor die 36 000 van vandag.

    Maak nie saak hoe suksesvol die swart boere is waarvan jy praat nie hul kan eenvoudig nie die 64000
    boere wat uit die bedryf is vervang nie. Dit is 'n eenvoudige ekonomiese wet, van vraag en aanbod.

    As die aanbod verminder en aanvraag vermeerder deur 'n snel groeiende bevolking en groter verbruiker besteding moet pryse styg.

  • F C Boot

    Mbt Maya se brief, beskou ek die onderwerp afgehandel, en ek gaan my nie verder daaroor kwel nie.

    Mbt jou nuwe wending, nl grondonteining, wil ek net voorts verder respondeer.

    Jy spring nou bont. Eerstens sê jy: "Grondbesit sou die belangrikste saak wees waaroor onderhandel moes word". Hiermee bring jy my onder die indruk dat die fout by Kodesa gevind moet word, deurdat daar nie genoegsame waarborge in die konstitusie vir die boere beding is nie, en ek het dienooreenkoms daarop geantwoord.

    Met jou jongste respons voeg jy 'n nuwigheid by, nl.: "grond soos bv. die Boere in die Britsdistrik plase sou moes prysgee vir tuislandkonsolidasie. Hierdie boere het soms vir jare op hul plase gesit voordat hul aanbiedings ontvang het." wat 'n pre-1994 onder die ou bedeling se storie is. Nou hoe kry jy die kloutjie by die oor beet dat die huidige bestel vir sodanige apartheid-daad aanspreeklik gehou moet word.

    Ek is op rekord wat my beskouing rakende die ANC en hulle optredes mbt kommersiële plase is. Wat jy nie in aanmerking wil blyk te aanvaar nie, is 'n verandering in sodanige beleid, nl. die betrokke kopers moet nou bewyse lewer dat hulle sodanige plase wel sal kan suksesvol bestuur, alternatief is 'n voorwaarde aangebring dat die boer (verkoper), sê vir 'n jaar of meer aanbly om die betrokke koper tou wys te maak, alvorens die kooptransaksie gefinaliseer is.

    Die 67000 blank kommersiële boere wat uitgekoop is, is markverwante pryse vir hulle plase betaal wat hulle aanvaar het. So blanke-boere het geensins verloor nie. Plaasmoorde is opsprakende nuus. Geen nuus oor ontevrede plaasboere wat uitgekoop is nie.

    Die 67000 blanke-boere is nou vir ewig uit die bestel. Hulle het reeds ander neringe ingeslaan, en gaan beslis nie weer terug na S.A. boerdery toe nie. So aanvaar die feit. Die leemte gaan beslis mettertyd deur swartboere aangevul word.

    Jy wil ooglopend 'n ras "issue" van die saak maak, en ontduik die realiteite van die S.A. samelewing, nl. dit gaan oor die ANC en die res in die land, nie oor swart en wit nie. Jou stelling dat dit gaan oor aanbod en aanvraag, ras gedrewe, is 'n verkragting van sodanige Ekonomiese wet wat die duidelike indruk skep, jy weet weinig van ekonomiese teorie af.

    Dit kom nou vir my duidelik voor met jou rasbeheptheid, dat jy jou by die gekkegrens wil skaar, wat jammer is, want ek het jou anders aangesien.

  • Beste Jaco

    Die probleem is dat ek op FM en jy AM is en jy totaal van koers af is. Kom ek stel dit duidelik.

    1. Die besit van grond is vir almal belangrik, om vanselfsprekende redes.

    2.Afsonderlike ontwikkeling kon nooit slaag sonder die oorhandiging van grondgebied aan selfstandige swart state nie. Blankes sou moes grootskaalse opofferinge in geld en grond moes maak om dit te laat slaag. (Boere en van hulle was familie het jare lank op plase gesit in voorbeelde genoem en die vergoeding was ook nie van so 'n aard dat hul onmiddellik ander eiendom sou kon aanskaf. Daar moes dus by Kodesa maatreëls onderhandel gewees het, wat sou voorkom dat bv. veiligheidsmaatreëls soos kommandostelsel net afgeskaf word.

    3. Een derde van Suid-Afrika is ongeskik vir gewasverbouing.

    4. Suid-Afrika het 'n beperkte hoeveelheid landbougrond met die potensiaal om 'n bevolking van tussen 35 en 40 miljoen mense te voed.

    5. Swart boere was nooit kommersiële boere nie en het slegs in plaaslike ,dws in hul eie bevolking se behoeftes voldoen.

    6. Van 50 tot 95 % van alle swart bemagtigingsprojekte het misluk. Dit is deur swart politici erken en gevolglik is die maatreëls waarvan jou nou praat ingestel.

    7. Jy weet nie waarvan jy praat nie as jy beweer dat ek van dit 'n ras issue probeer maak.

    8. Hoe jy kan beweer dat van die wet van vraag en aanbod 'n rassegeleentheid probeer maak sal net jy weet, terloops ek het darem bedryfsekonomie 3 en bedryfsielkunde 3 (hoofvakke) geslaag, en het dus 'n bietjie kennis van die saak.

    8. Jy beskou die onttrekking van 67000 boere uit die bedryf as 'n onbenullige saak wat mettertyd deur swartboere aangevul sou word. Swart politici beskou dit as 'worrisome' want dit is oor en oor bewys dat die plase net nie dieselfde presteer met oorname nie. Daarvan kan ek jou van talle voorbeelde voorsien.

    Kan ek die bewering staaf. Natuurlik want onder http://www.bdlive.co.za/opinion/2013/06/19/using-new-land-claims-word dit gerapporteer dat:

    Using new land claims to promote expropriation by Anthea Jeffery, June 20 2013, 05:45

    EDITORIAL: Land bill may cause problems MPs question funding of new land claims law Bills threaten the property rights of all South Africans.

    BY THE government’s own admission, 50%-90% of land-reform projects have failed, yet the state now plans to embark on an open-ended process of land restitution in which earlier cut-off dates will be jettisoned, opening the way to thousands more claims.

    This is to be done under the Restitution of Land Rights Amendment Bill, which was gazetted on May 23 for public comment within 30 days.The bill is brief, for its key change is to extend the deadline for lodging land restitution claims from December 1998 to December 2018 to assist those who did not know about the existing restitution process or found the 1998 deadline too tight; people dispossessed of land under “betterment schemes” in the former homelands; and those who lost their land before June 19 1913, the cut-off date in the bill of rights (for whose benefit a constitutional amendment will also be required)

    .Restitution involves the return of land to black people who were dispossessed of it after 1913 under the Land Acts, the Group Areas Acts and other racial laws. Since 1994, this leg of land reform has been widely seen as necessary to redress a deep historical injustice and has been broadly endorsed.However, the restitution policy also assumes a widespread hunger for land to farm, which the government has repeatedly asserted but done little to substantiate.

    The bill is also premised on a huge unmet demand for the return of farming land, its explanatory memorandum emphasising that only about 80,000 claims have been lodged, while 3.5-million people (more accurately, about 2-million) were forcibly evicted from their land or otherwise shifted to the homelands in the apartheid era; and about 4-million people lost land under “betterment” schemes.

    Betterment was largely a National Party policy, which aimed at halting soil erosion, rehabilitating land and improving crop yields in the homelands. This was done mainly by culling cattle and dividing communal land into residential, arable and grazing zones. Often the result was to reduce the plots allotted to households to one or two morgen, leaving families with too little land to sustain themselves through subsistence farming.

    Many households were left landless altogether. Land deprivation added greatly to suffering in the overcrowded homelands and provoked significant resistance.Under earlier land-reform policy, victims of betterment were to be helped via land redistribution rather than restitution.

    This made sense, as restitution would have involved the taking of land from other former homeland residents who had probably experienced great hardship. How the wrongs of betterment are now to be rectified via restitution is not explained in the bill.The bill might be short, but it has major economic ramifications — in part because problems in the existing restitution process have been legion.Some of the claims lodged have lacked a historical foundation, while at times the same parcel of land has been claimed by more than one community, making verification difficult. State officials have also inflated claims, most notably in Magoebaskloof, in Limpopo, where six claims lodged by local communities have since spiralled to more than 600 as gazetted by officials.

    Once land is under claim, farmers have less incentive to make major investments in their farms. In addition, the processing of claims has often been dogged by gross administrative inefficiency. Writes journalist Stephan Hofstatter: “A community leader who had to wait eight years for a reply to a fax sums it up for me.”The process has been costly, too. Since 1994, according to the Presidency, about R23bn has been spent on land restitution, of which about R13bn has gone on transferring about 2.8-million hectares of land to 1.6-million black South Africans, R6bn on cash compensation and R4.2bn on post-settlement grants.

    Between 50% and 90% of land restitution projects have nevertheless failed — previously productive farms no longer generating any marketable surplus. In the past three years, the government has thus spent another R2.14bn on recapitalising dysfunctional farms. (Aanbod verminder)

    By December last year, restored farms had reportedly generated a net income of R126m — hardly a substantial return on the state’s investment.The government has long assumed a major land hunger among South Africans, which restitution is supposed to help fulfil. However, in April, Rural Development and Land Reform Minister Gugile Nkwinti finally acknowledged that few claimants wanted land, for 93% (about 71,000 out of 76,000) had opted for financial compensation instead. Said Nkwinti: “We thought everybody, when they got a chance to get land, they would jump for it. Now, only 5,856 have opted for land restoration.

    ” People wanted money because of poverty and unemployment, but they had also become urbanised and “deculturised” in terms of tilling land. “We no longer have a peasantry; we have wage earners now.”Despite this admission, Nkwinti is now intent on reopening the restitution process.According to Theo de Jager, the vice-president of Agri SA, which is the national voice of commercial agriculture, part of the reason is that would-be claimants have realised that claims are no longer being adequately verified. In the past, says De Jager, when people anticipated proper investigation, they hesitated to put in bogus claims.

    But now that probes are no longer rigorous, lodging land claims has become “a free-for-all, in which the only criterion is a claim form”.The result, he says, is that Nkwinti’s department had substantially more outstanding claims before it last year than the number it reported in 2009 or received before the 1998 cut-off date.It also cannot account for this anomaly (although reopening the claims process would in time help provide an explanation)

    .The lodging of thousands of new claims under the bill could see more farms falling out of productive use.It could also stir up a hornet’s nest as existing restitution beneficiaries find the land that was restored to them under fresh claim from newcomers.In addition, it will increase the administrative burden on the state, making it harder still to clear the existing backlog of unresolved claims.The main risk, however, is that Nkwinti will use the bill to implement his earlier warnings of large-scale farm expropriations at less than market value. Once land is under claim, other bills now also in the pipeline (such as the Expropriation and Property Valuation Bills) will make it easy for the state to expropriate the land in question at less than market value and without reference to additional loss suffered.In fact, the compensation payable will primarily be decided by a state official — the new “valuer-general”.Such expropriations will set a damaging precedent for other sectors of the economy, further undermine property rights and help to bring about the incremental nationalisation of land. Land reform in Zimbabwe — which Nkwinti was recently at pains to praise — has left virtually all land in the hands of the government, which leases it to people on a “use it or lose it” basis. This has given President Robert Mugabe’s administration a powerful instrument of political control. South Africa’s ruling party may also want the same for itself as its already declining electoral support withers further in the future.• Jeffery is head of special research at the South African Institute of Race Relations.

    Die regering erken dus dat aanbod deur verminderde produksie verlaag het. Sou die vraag dus bly stabiel bly dan styg pryse want nou moet kopers meer betaal om gesogte produkte te bekom en dus hul hand dieper in hul sakke steek.

    Gaan gerus mark toe as jy dit in praktyk wil sien werk. Wanneer aanbod daal en daar 'n groter aanvraag is deur 'n groeiende bevolking, is daar nog meer kopers wat almal die produk wil bekom, dan styg pryse nog vinniger.
    9. Dit is tyd dat jy bykom niemand wat 'n produk koop, veral voedsel se eerste vraag is, kom dit van swart of witboer af maar wel of dit bekostigbaar is.

    'n Praktiese voorbeeld van vraag en aanbod. Hierdie week bel ek 'n aantal slagters ook kettingwinkels om die prys van 'top side mince' te bekom. Pryse wissel van R62 tot R72 per kilogram. Toe ek die slagter van 'n kettingwinkel daarop wys dat hulle laasweek 'n spesiale aanbieding van R47 per kilogram gehad het, het hy net gelag. Die was skaars op die rakke of dit is opgeraap. Nuwe prys R74 per kilogram.

    Hoekom talle boere is besig om hul kuddes op te bou in streke waar droogtes gebreek is en minder slagdiere word na slagpale gestuur. Dus gaan alle vleisprodukte styg.

    Nou 'n vragie. Jy beweer 'Die 67000 blank kommersiële boere wat uitgekoop is, is markverwante pryse vir hulle plase betaal wat hulle aanvaar het. So blanke-boere het geensins verloor nie." Het jy insae in al die transaksies gehad en vasgestel wat die heersende markpryse in die verskillende distrikte was en 'n opname gemaak onder die 67000 boere om hul siening daaroor te kry? Of raai jy net?

    Ons kan nou maar gerus die gesprek as gesluit beskou, want soos ek gesê het ek is op FM en jy op AM.

  • F C Boot

    Jy herhaal eenvoudig geskiedenis. Ek is met jou eens oor die getorring aan blanke boerderye en het geskryf: "My siening is dat pleks om te torring aan wat reeds suksesvol is (blanke boerderye), behoort die regering se aandag eerder op grondhervorming in die trust gebiede toe te spits". (mbt laasgenoemde grondhervorming wou jy liefs geen kommentaar lewer nie).

    mbt Tot jou stelling: "Het jy insae in al die transaksies gehad en vasgestel wat die heersende markpryse in die verskillende distrikte was en 'n opname gemaak onder die 67000 boere om hul siening daaroor te kry? Of raai jy net"?

    Wat dit vir my sê is dat jy eerder die teendeel so graag wil glo, nl dat die boere ontevrede en deur die ANC-regering ingedoen was, alhoewel jy self geen bewyse vir sodanige siening kan lewer nie. Om jou vraag te beantwoord, my eie gevolgtrekking is gemaak as gevolg van ten minste vier plaasboere, reeds genoem, wat ek persoonlik geken het, wat heel tevrede met hulle kooptransaksies was; asook die feit, dat al was daar selfs een van die 67000 boere ingedoen gewees, die gekkegrens dit sou aangegryp het as propaganda ammunisie, om soos die geval met plaasmoorde, daaroor keelop te skree. Selfs by hulle is daar 'n doodse stilte, wat vir my sê dat die boere nêrens gevoel het hulle is ingedoen nie. Soos jy, kerm die gekkegrens ook oor die uitkoop van blanke plase, uitsluitlik vir een rede en dit is dat hulle nie daarvan hou dat blanke grondbesit aan die kwyn is nie, wat indruis teen hulle politieke sieninge en agenda.

    Dat swartes nie kommersieel kan boer nie is 'n mite. Ek praat eerstehands as konsultant, wat saad en kunsmis verkoop, wat grond- en watermonsters neem vir ontleding om sodanige raad te kan gee watter gewasse die geskikste vir enige gegewe grondsoort is, asook watter saad en kunsmis die beste in sodanige grond sal floreer. My kliënte is omtrent 30% swart en 70% blank. Deur die bank is hulle op par met mekaar.

    Is jy 'n dorpsjapie wat uit jou beurt onkundig oor boere en boerdery praat, indien nie, wat kwalifiseer jou om oor boere en boerdery te wil praat?

    Raad van my kant vir wat dit vir jou werd is. Verskaf die betrokke skakel. Neem pertinente uittreksels daaruit en bou jou argumente daarom om jou stelling te staaf. Dit maak die lees beide interessant asook dit skep die indruk jy weet waarvan jy praat. Die berigskrywer het nie jou agenda voor oë nie, en om sy hele berig net so te weergee skep verwarring by die leser, wat dan wonder wat wil JY eintlik sê.

  • Beste Jaco

    Jy is soos 'n don quixote wat windmeulens bestorm wat nie bestaan nie.

    Net soos 'n mens nie 'n hoender hoef te wees om te weet wanneer 'n eier vrot is nie, so hoef jy nie 'n boer of konsultant te wees om vas te stel dat die verlies aan Blanke Boere 'n bron van bekommernis is vir ook swart politici en een van die oorsake tesame met mislukte swart bemagtigingsprojekte, wat bydra tot verhoging in kospryse.

    Ek neem aan jy is nie 'n vlieënier maar dat jy kommentaar sal lewer oor die loods se vernuf as hy die vliegtuig nie behoorlik land nie.

    Ek weet nie van watter betrokke skakel jy praat nie as dit die een oor landbougrond is, hoef jy net na my kommentaar van 14 Februarie te gaan. Jy sal dit daar kry.

    Die ander skrywes is redelik maklik om na te gaan. Dat jy boere met deskundige raad bystaan het niks met die onderwerp te doen nie en dit maak jou ook nie 'n boer nie.

    Dit is ook verbasend dat jy geen kommentaar het oor wat swart politici oor die saak te sê het nie of reken jy dat hulle, omdat hul nie boere is en dalk oor dorpsjapies ,ook nie weet waarvan hulle praat nie.

    Dit gaan nie of Blanke en swart boere op par is nie. Dit het niks met die saak te doen nie. Dit gaan daar oor of die uittrede van soveel Blanke Boere wel 'n invloed het op die hoeveelheid landbou produkte het wat die mark bereik.

    Terloops ek het met heelwat boere te doen gekry, saam met hulle rugby gespeel en op kerkraad met van hulle gedien en dan kan 'n mens uit gesprekke leer wat hul siening oor sekere landbousake is.

    Ook leer 'n mens uit die ondervinding en ervaring van familie wat wel aktief in die bedryf was.

    Ek dink ook jy moet jou eie raad vervat in 'Raad van my kant vir wat dit vir jou werd is. Verskaf die betrokke skakel. Neem pertinente uittreksels daaruit en bou jou argumente daarom om jou stelling te staaf."

    1.Beskikbaarheid van landbou grond. Sien skrywe van 14 Februarie.

    2. Bekommernisse van swart politici. Lees die betrokke skrywes en jy sal sien dat ek deurgaans die betrokke berigte in sy geheel aanhaal of andersins 'n skakel verskaf.

    3. Jou poging om dus weg te kom met raad is dus niks anders as 'n rookskerm nie, want jou kommentaar was deurgaans 'n 'tsunami' van woorde en niks meer nie. Jy het dus die kat aan die stert beet in hierdie saak want 4 boere is nie verteenwoordigend van 67000 nie. Dat hul hulself nie op grootskaal daar uitlaat nie is ook geen bewys dat hul tevrede of ontevrede is nie,

    Ek het bloot gereageer op 'n stelling wat jy gemaak het.

  • F C Boot

    Behalwe vir die persoonlike beledigings sê jy eintlik NIKS in al jou paragrawe hierbo. Beledigings is gewoonlik 'n aanduiding van bankrotskap aan toepaslike argumente.

    Jy sê hierbo jy is FM en ek AM.  Ek bly ten minste op een kanaal, maar jy bontspring tussen FM en AM.

    Jy is die een wat 'n "issue" van die 67000 boere maak.  Jou fiktiewe plaaslike kostekorte is maar net 'n rookskerm om ontevredenheid aan jou kant te verbloem oor die kwynende BLANKE grondbesit.  Dit skemer heel duidelik deur.  Voedsel het ons voldoende.  Net ons uitvoermark is effe geraak, maar dit sal mettertyd weer ingehaal word.

    Dit is nou 'n "feit accompli" dat die verlies aan 67000 blanke boere nie weer met blankes aangevul gaan word nie. Soos ek tot vervelens al genoem het, en wat nie deurdring nie, is wat verby is verby, so hoekom bly dit 'n "issue" steeds by jou?

    Die 67000 boere wat uit die sisteem is, het die kapitaal wat aan hulle vir die plase uitbetaal is, elders anderste bestee om hulle inkomstes te voorsien.  Die belangrikste is dat hulle nie verloor het nie. Die feit dat jy daarop hamer deur te sê:  "Dat hul hulself nie op grootskaal daar uitlaat nie is ook geen bewys dat hul tevrede of ontevrede is nie", is heel duidelik 'n misnoë aan jou kant dat jy en die res van jou gekkegrens nie propaganda munt daaruit kon slaan nie.  Tough Shit!

  • Beste Jaco

    Tyd om rustig te raak ou. Jy maak soveel ongegronde aannames dat ek werklik bekommerd raak of jy hoegenaamd enigiets Lees. Ek weet nie eintlik na watter beledigings jy verwys nie, wat my vermoede versterk dat jy eintlik aan 'n leesgebrek ly.

    Jy vra bewyse wat ek herhaaldelik aan jou verskaf het, maar wat jou nie pas nie. Jy het my al 'n rassis genoem en beskryf as iemand wat niks van die grondliggende wette van die ekonomie weet nie.Jy maak die belaglike bewering:

     "Die 67000 boere wat uit die sisteem is, het die kapitaal wat aan hulle vir die plase uitbetaal is, elders anderste bestee om hulle inkomstes te voorsien.  "Die belangrikste is dat hulle nie verloor het nie. Die feit dat jy daarop hamer deur te sê:  "Dat hul hulself nie op grootskaal daar uitlaat nie is ook geen bewys dat hul tevrede of ontevrede is nie", is heel duidelik 'n misnoeë aan jou kant dat jy en die res van jou gekkegrens nie propaganda munt daaruit kon slaan nie.  Tough Shit!"

    Jou laaste opmerking dui op soveel onkunde dat ek wonder of ons in dieselfde land bly. Wat in die landbou gebeur is dieselfde as wat in die onderwys gebeur het. Die uittog van talle hoogs gekwalifiseerde onderwysers het onderwys in ‘n krisis gedompel. Jy vervang eenvoudig nie die kundigheid van die mense nie, want daar is ‘n ernstige tekort veral in belangrike vakke, aan mense met die nodige ondervinding en kwalifikasies.

     Die gehalte van onderwys daal dus. Dit kan jy maar gerus self na gaan. Die onderwysers hou hulself waarskynlik besig met iets anders of is by die huis.

     Dieselfde geld vir die Boere wat uit die bedryf is. Jy vervang nie 67000 Boere se ondervinding en kundigheid nie  . As elke boer slegs 15 jaar in die bedryf was het die land meer as ‘n  miljoen jaar se kundigheid en ondervinding verloor. 

     En jou kommentaar is “tough shit” wat jou gebrek aan insig duidelik openbaar.

     Dit het niks te doen met swart of wit nie, maar wel die verlies soos hierbo uitgestippel en of die grond nog dieselfde opbrengs lewer. Ek het probeer met die aanhaling van swart politici wat hul bekommernis oor die saak uitgespreek het aan te toon dat dinge nie so rooskleurig in die landboubedryf is, as wat jy voorgee nie.

    Die mislukking van 50-95 %  moet vir elke Suid Afrikaner behalwe jy (Tough Shit) ‘n bron van bekommernis wees, asook die miljoene Rande wat aan herkapitalisering bestee moet word op die plase weer in hul oorspronklike staat van produksie te kry. Dit seker ook ‘Tough Shit’.

    Ek gaan jou nie weer antwoord nie en as jy dus iets te sê het, rig dan jou kommentaar aan die skrywers van die betrokke berigte, dan hoef jy nie weer jou tyd op  ‘n ‘onkundige dorpsjapie’ te mors nie, wat ook ‘Tough shit’ is, of hoe?

     Jy kan hul dan gerus stel en verseker dat jy weet dat hul verniet bekommerd is en van ‘n molshoop ‘n berg maak. Hier is  drie volledige berigte oor die landbou en as jy dit gelees en onder die knie het is jy welkom om weereens te sê ‘Tough shit”, nl.

     1.    Ekonomie: SA graanpryse die hoogte in
     2.      Grondeise ’n bedreiging
    3.      Toekomsvooruitsigte: Radikale, nuwe denke nou nodig vir landbou

    (Heelwat ander probleme word ook hier aangespreek. Ek spring dus nie rond nie maar plaas deurgaans ondersteunende berigte om my standpunte te staaf.)

    1.  Ekonomie: SA graanpryse die hoogte in Johan Willemse

    Terwyl internasionale pryse daal, is Suid-Afrika op pad na nuwe rekordvlakke vir basiese graanprodukte, wat die pryse van armes se stapelvoedsel gaan opjaag. Stygende voedselpryse gaan die belangrikheid van genoeg kos vir stedelinge beklemtoon.

    Dit gaan ook die druk op looneise verhoog. Plaaslike mieliepryse het in die jongste drie maande met sowat 25% gestyg, terwyl die pryse in Amerika in dollarwaarde met 40% gedaal het. Dis die teenoorgestelde van wat baie markontleders verwag het en bevestig dat die proses van markinligting oor oesskattings nog vele probleme veroorsaak.

     Intussen is daar ekonome wat alternatiewe ontledings van die inflasiekoers doen. Hulle meen die inflasiekoers vir die gemiddelde huishouding is nader aan gemiddeld 9% per jaar. Die ekonome meen hul ontledings wys dat swak ekonomiese groei en inflasie-pieke met maatskaplike onrus saamval. Hulle verwag dus vanjaar nóg maatskaplike onrus. Internasionale navorsing toon ook ’n hoë korrelasie tussen skerp voedselprysstygings en maatskaplike onrus in ontwikkelende lande.

    Die opstande oor broodprysstygings in Mosambiek ’n paar jaar gelede is ’n voorbeeld daarvan. Die Arabiese Lente is aangevuur deur skerp stygings in voedselpryse wat met politieke ontevredenheid saamgeval het. Party ontleders meen die vonk vir Marikana was eerder die druk op hoeveel geld mynwerkers huis toe gevat het as enigiets anders.

    Bydraende faktore was ongesekureerde lenings hoër vervoerkoste en voedselpryse.  Grafiek 1  dui aan Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers begin nou afplat en witmieliepryse styg skerp (en gaan nóg styg), wat mense in die laer inkomstegroep onder druk gaan plaas.

     Die rand-dollar-wisselkoers was met die skrywe hiervan sowat R10,60 per dollar (en gaan na my mening nóg verswak). Dit jaag nie net brandstofpryse op nie, maar ook vervoerkoste vir gewone werkers. Dit beteken minder geld in hul sak. Ingevoerde koring (vir brood), rys, hoender, suiwelprodukte en kookolie is ook duurder as ’n jaar gelede. Voeg daarby die relatiewe tekort aan wit mielies (en dus mieliemeel) en baie hoër pryse, dan gaan die ANC-alliansie vanjaar aan sy bas te doen kry met toenemende ontevredenheid.

    Stygende voedselpryse, grootliks voortgedryf deur binnelandse tekorte aan basiese produkte
    , gaan die belangrikheid van genoeg, bekostigbare voedsel vir stedelinge nóg meer beklemtoon. Kleinskaalse bestaansboere en hervestigde boere kan dit nie doen nie.

    Dit gaan ook die druk op looneise verhoog. Die ekonomie gaan vanjaar waarskynlik teen minder as 2% groei en werkloosheid gaan hoog bly. Die meeste boerderye se finansies is onder druk en daar sal mooi gedink moet word hoe om die verwagte situasie te benut om winsgewendheid te handhaaf. SA en wêreld se graanpryse  Grafiek 2  toon die verloop van die Amerikaanse geelmielieprys in dollar.

    Dit het van begin verlede jaar met meer as 40% gedaal vanweë ’n rekord-mielie-oes in Amerika (360?miljoen ton). Op dieselfde grafiek is die plaaslike geelmielieprys, wat verlede jaar met bykans 40% gestyg het van begin Januarie tot einde Desember. Dit was in die eerste week van vanjaar al by R2 900/ton, wat basies invoerpariteit is. Dit is omdat daar tans binnelandse tekorte is (weens die ou oes) en die oesskatting van 11,69 miljoen ton (wat dui op genoeg mielies) raak nou problematies. Wit mielies is nóg duurder (R3 000/ton met Randfontein as basis). Die nuwe seisoen se mielies is nóg duurder, want die mark verwag vanjaar ’n veel kleiner oes weens probleme met die weer.

     Weens ’n gebrek aan droogtehulp het sowat 15% van boere in die witmielieproduksiestreek nie produksiefinansiering bekom nie. Hulle het nou meer as R500 miljoen se nuwe oorlaatkrediet by sekere landboubesighede (banke uitgesluit) gekry. Die inperking van omvattende oesversekering deur die private sektor het ook ’n rol gespeel.

     Dit is alles newe-effekte van ’n regeringsbeleid wat die landbou nie in moeilike tye steun nie. Die binnelandse verbruiker betaal weens tekorte uiteindelik ál hoër pryse.  Grafiek 3  dui die verloop van die Amerikaanse koringprys in Chicago ($/ton) en die Suid-Afrikaanse koringprys in Randfontein (R/ton). Onthou, Suid-Afrika voer tot die helfte van sy koring in. Amerikaanse koringpryse het verlede jaar met sowat 40% in dollarwaarde gedaal, maar plaaslike pryse is tans 6% hoër. Gehalteverskille speel ook ’n groot rol in die koringpryse. Dit is hoofsaaklik die verswakking in die rand se waarde wat dié effek meebring. As die rand die afgelope jaar stabiel was, was die plaaslike koringpryse (en broodpryse) laer, hoewel koring minder as 20% van brood se finale prys uitmaak.  Grafiek 4  en  grafiek 5  toon dieselfde verloop vir sojabone en sonneblomsaad tussen internasionale pryse (Amerika) en plaaslike pryse.

    Albei produkte word ingevoer. Wat sojabone betref, het Amerikaanse pryse verlede jaar op ’n sywaartse vlak geëindig, terwyl die plaaslike prys tans sowat 42% hoër is as ’n jaar gelede. Laer pryse word egter verwag danksy goeie Suid-Amerikaanse oeste in die komende maande. Sonneblomsaad se plaas­like prys is tans byna dieselfde as ’n jaar gelede (R6 000/ton), terwyl internasionale pryse veel laer is. Voer- en voedselpryse Daar is verskeie aspekte waarop ’n mens kan let. Suid-Afrika se basiese graan- en oliesaadpryse stem nie ooreen met die res van die wêreld s’n nie.

     Daar het pryse óf stabiel gebly óf met tot 40% gedaal en na die onderpunt van hul siklus beweeg. Randpryse van mielies en sojabone het in Suid-Afrika met meer as 40% tot by invoerpryse gestyg vanweë relatiewe tekorte en die verswakkende rand. Terwyl internasionale pryse daal, is Suid-Afrika op pad na nuwe rekordprysvlakke vir basiese graanprodukte, wat die stapelvoedselpryse vir armes gaan opjaag.

    Plaaslike veeboere se produksiekoste het met meer as 40% gestyg, terwyl Amerikaanse en Suid-Amerikaanse boere se koste skerp gedaal het. Nie alle veebedrywe in Suid-Afrika kan kostestygings deurgee na die verbruikers toe nie. Supermarkte se invoer het ook veel duurder geword weens die verswakking van die rand en hulle moet plaaslik begin koop. Pryse op die winkelrak word egter opwaarts gedruk. D

    ie skerp stygings in voerkoste (40%), terwyl beesvleis se Klas A-prys verlede jaar min gestyg het omdat baie diere geslag is weens die droogte, beteken voerkrale is onder groot druk. Speenkalfpryse gaan laer gedruk word of Klas A-pryse gaan skerp styg om vir die koste te vergoed. Die verwagting is dat daar minder speenkalwers op die mark gaan wees.

    Ten slotte Kommersiële boere  moet vanjaar benadruk dat hulle hul grond gebruik om voedsel te produseer vir Suid-Afrika se bevolking, van wie 70% in stede woon en sowat 1 miljoen mense op plase werk. Stygende voedselpryse moet benut word om die basiese waarheid oor te dra dat kommersiële landbou- produksie belangrik is vir enige land en dat Suid-Afrika nie meer die geld het om vir invoer te kan betaal nie.

    Buitelanders is ál minder geneë om vir Suid-Afrika geld te leen en intussen probeer die politici en staats- amptenare dit so moeilik moontlik te maak vir nuwe beleggers.  KORTOM Suid-Afrika se graan-en oliesaadpryse stem nie ooreen met die res van die wêreld s’n nie. Boere moet die geleentheid benut om die belangrike rol wat hulle in voedselproduksie speel, te beklemtoon. Bladsy 28 - 29 

    2. Grondeise 'n bedreiging
    Gepubliseer op: 18 February 2014 Vervat in ons Land Claims afdelinghttp://www.agrieden.co.za/news.php?id=5139#.UwxPLM74Kag  

    SA het grootskaalse kommersiële boerdery nodig en grondeise sal private eiendomsreg, ook van plaasgrond, bedreig, berig Marleen Smith, Landbou.com.

    Die moontlike heropening van die grondeise-proses kan dieselfde rampspoedige gevolge vir Suid-Afrika se landelike ekonomie hê as wat die Britse regering se verskroeide aarde-beleid in die Anglo-Boereoorlog meegebring het, sê die SA Instituut vir Rasseverhoudinge in ’n verklaring.

    Dié instituut meen dat die grondregte-wysigingswetsontwerp saam met ’n klousule in die voorgestelde Wetsontwerp oor die Bevordering en Beskerming van Beleggings private eiendomsreg in Suid-Afrika, ook van plaasgrond, ernstig bedreig. “Die mite word verkondig dat versnelde grondhervorming landelike ekonomieë ’n inspuiting sal gee en sosiale samesyn sal bevorder. Dit is nie so nie. Suid-Afrika het grootskaalse kommersiële boerdery nodig om in sy voedselbehoeftes te voorsien en sy landelike ekonomie te dryf.

    Sterk eiendomsregte “Dít vereis sterk eiendomsregte. In teenstelling hiermee kan hierdie twee wetsontwerpe, as hulle tot hul eindpunte gedryf word, die landelike ekonomie verwoes op dieselfde skaal as wat Brittanje se verskroeide aarde-beleid in die Anglo-Boereoorlog gedoen het,” lui die verklaring. “Beide die Regering en die DA, wat sê hy sal die ANC in die heropening van grondeise steun, lyk onbewus van hierdie moontlike uitkoms”, wat dié instituut glo noop om hierdie waarskuwing te rig.

    Luidens die verklaring sal aanvaarding van die wetsontwerp oor beleggings die weg baan vir wetgewing wat bepaal dat die Regering die “opsigter” (“custodian”), hoewel nie eienaar nie, van alle landbougrond as deel van die land se natuurlike hulpbronne word. As die grond dan vir gebruik aan iemand anders as die eienaar toegewys word, sal dit nie op onteiening neerkom nie, en sal geen vergoeding betaalbaar wees nie, meen die instituut. -

    Landbou.com Toekomsvooruitsigte: Radikale, nuwe denke nou nodig vir
    landbou
    http://m24lbarg01.naspers.com/argief/berigte/landbouweekblad/2011/01/07/LB/12/01.html JAN DU PLESSIS

    Die samelewing van 2010 kan nie meer vergelyk word met die een van 1994 nie. Die dinamiek van die samelewing is skielik anders. Ander faktore as waaraan ’n mens gewoond was, het ’n dwingende rol begin speel. ’n Nuwe omgewing vra nuwe denke. In die laaste ses jaar (2005 tot 2010) het  daar ’n moegheid in die strukture van die samelewing ingekruip. Daar was suksesvolle verkiesings vir die Parlement, maar die gehalte van regering het nie verbeter nie.

     Daar was dramatiese aankondigings wat betref dienslewering en werkskepping, wat uiteindelik daarby gebly het – aankondigings! Wat betref die stand van die demokrasie, is daar wel nog goeie verkiesings, maar goeie regering is besig om stelselmatig te verbrokkel.

     Die publiek kan nog stem, maar die Regering kan nie meer doeltreffend regeer nie. Dit lei uiteindelik tot ’n proses van interne erosie – die demokrasie ondergrawe homself. Dit het tot gevolg dat die geloofwaardigheid van die Grondwet in die gedrang kom.

    Dít wat in die Grondwet verwoord is, word nie meer weerspieël in dit wat die publiek op straat ervaar nie. Dit beteken dat die huidige politieke bedeling nou aansienlike druk om oorlewing ervaar. Dit is nie meer ’n stelsel wat vir nog ’n dekade so kan voortgaan nie. Dit is radikale gevolgtrekkings, wat impliseer dat die huidige politieke bedeling moontlik die einde van sy pad bereik het.

    Daarmee word die bestaande probleme nie opgelos nie, maar na ’n ander vlak verskuif. Om dit te beredeneer, vra werklik nuwe denke. Die dinamiek van die omgewing waarbinne die kommersiële landbou moet funksioneer, het die afgelope aantal jaar aansienlik verander.

    Dit is dinge wat mense weet, maar nie altyd begryp nie. Hoe kompleks het die omgewing regtig geword? Die kommersiële boere het skielik nuwe statuur verkry. Tydens Agri SA se kongres in Oktober 2010 het me. Tina Joemat-Pettersson,  die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, onder meer gesê: “Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die ANC dat die woorde ‘kommersiële boere’ nie as vloekwoord beskou is nie. Dit is ’n deurbraak.

    Dit is die eerste keer dat boere nie as vyande gesien word nie, maar as die hoekstene van landelike ontwikkeling. Welvaart in die land hang in ’n groot mate van die boere af.” (Beeld, 9 Oktober 2010) Dit is inderdaad nuwe denke.

     Dit los nog geen van die bestaande probleme op nie, maar dit kan die begin van konstruktiewe interaksie wees. Tot dusver was die kommersiële boere “die vyand” van die struggle en die ANC. Die boer het onregmatig gevat wat nie aan hom behoort nie – grond. Dus is grondhervorming bedryf volgens ’n formule: 30% produktiewe grond in swart besit teen 2014. Nou word erken dat grondhervorming basies “misluk” het en verklaar die minister “welvaart hang in ’n groot mate van die boere af”.

    Die implikasies van dié verklaring is egter baie meer kompleks. As grondhervorming misluk het, beteken dit nie dat die kommersiële boere nou die probleem kan “oorneem” nie. Wat ’n mens nou mee te doen het, is in werklikheid ’n enorme beleidsvakuum. 

     Niemand weet regtig hoe om die probleem aan te pak nie. Vir die afgelope dekade en meer is grondhervorming as amptelike beleid bedryf. Die implikasies daarvan kan nie nou sonder meer van die tafel gevee word nie. Wat nou eers verdiskonteer sal moet word, is die gevolge van grondhervorming op die kommersiële landbou.

    Landbou is meer as grond. Die grond is steeds daar, maar die landbou se omgewing het verander. Die bedryf se mededingende vermoë (ook genoem intellektuele kapitaal) is verswak. Joemat-Pettersson het in Junie in die Parlement gereageer op ’n vraag dat “slegs 4% van die begroting van die Landbounavorsingsraad aan navorsing gaan” en dat die res “aan salarisse” bestee word (allafrica.com, 24 Junie 2010).

    Dit beteken dat die Regering al vir jare te min bestee aan navorsing en ontwikkeling wat die landboubedryf betref. Daar- sonder kan opkomende boere nie ondersteun en markte nie behou word nie. Dit is ’n proses van interne selfvernietiging. In November is daar voor die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en visserye getuig dat Onderstepoort Biologiese Produkte van ondergang gered moet word. “Onderstepoort Biologiese Produkte, wat onder meer entstowwe vervaardig, is in 1968 opgerig.

    Sy vervalle geboue is nog nooit sedertdien opgeknap nie en die verouderde toerusting moet ook vervang word.” (Beeld, 24 November 2010). Daarvoor word R120 miljoen benodig. Die herkapitalisering van die instelling is al die afgelope 10 jaar op die agenda, maar nog niks het gebeur nie.

     Daar kan kwalik van die kommersiële boere verwag word om skielik welvaart vir almal op die platteland te skep, terwyl die ANC-regering vir ’n dekade die uiters noodsaaklike vorming van intellektuele kapitaal versmoor het. Die toekomsgesprek moet dus nie net oor grond gaan nie, maar oor welvaartskepping.

    Dit is van intellektuele kapitaal afhanklik. Agteruitgang van mensekapitaal Wat 2010 anders gemaak het vir die kommersiële landbou is nie net ’n gebrek aan intellektuele kapitaal nie, maar ook die drastiese agteruitgang van mensekapitaal – die vermoëns en opleiding van die individu.

    Hier het ’n mens te doen met die boublokke van die samelewing. Die Internasionale Organisasie vir Migrasie het onlangs bekend gemaak dat “skokkende nuwe resultate van ’n MIV/vigs-studie in Limpopo en Mpumalanga toon meer as die helfte van plaaswerkers in hul 30’s is met MIV besmet” (Beeld, 24 November 2010). In Swaziland, langs Mpumalanga, het een van daardie klein beriggies verskyn wat eintlik nêrens aandag getrek het nie. Die organisasie Médecins Sans Frontières (Dokters Sonder Grense) het bekend gemaak dat die interaksie tussen TB en vigs gelei het tot ’n halvering van lewensverwagting – van 60 jaar in die 1990’s tot 31 jaar in 2007 in Swaziland (Timeslive, 19 November 2010).

    Dié land se demografiese profiel is besig om radikaal te verander – in gewone taal beteken dit dat die land deur enorme sterftes in die gesig gestaar word. Dit geld egter nie net Swaziland nie. Dieselfde proses is ook besig om hom in Lesotho, Zimbabwe, Botswana – en Suid-Afrika – te voltrek.

    Maar daaroor praat niemand in hierdie stadium nie.  MIV-infeksie is een van daardie seldsame faktore: Almal weet daarvan, maar bitter min mense verstaan dit. Dit word basies gesien as ’n siektetoestand wat met die regte behandeling in toom gehou kan word. Dit is heeltemal korrek. Maar MIV is meer as dit: Daar is geen herstel nie.

    Dit raak nie net die lewensgehalte van die lyer nie, maar ook die sosiale stelsels waarbinne hy of sy beweeg. Uiteindelik sal MIV die produktiewe vermoë van die landbou nadelig beïnvloed. Dit beteken dat die kommersiële landbou die helfte van sy werkers in hul 30’s gaan verloor in die bogenoemde provinsies in Suid-Afrika en dat dit ’n vernietigende uitwerking op produksie kan hê.

    Verder beteken dit dat die land basies gaan sit met oop, amorfe grense waar die uitwisseling van mense vryelik geskied sonder enige beheer. Om te aanvaar dat die Weermag grensbeheer sal kan toepas, klink goed op papier, want dit is in die Grondwet gewaarborg. In die praktyk beteken dit dat die Weermag nie teen ’n vyand optree nie, maar teen ’n menigte mense wat heen en weer beweeg omdat hulle honger en siek is – ongeag waar die grense van die land is.

    Tradisionele grensbeheer is net nie meer moontlik nie. Vir geruime tyd is dit al bekend dat die Weermag aansienlike probleme ervaar om sy taak te volvoer. Die jongste verslag van die Verenigde Nasies (VN) toon dat voertuie en toerusting wat die Weermag aan die vredesmagte verskaf, só verouderd is dat finansiering van die VN se kant gestaak is omdat dit nie aan internasionale standaarde voldoen nie (Beeld, 3 Desember 2010). Die Weermag sukkel ook om genoeg soldate byeen te kry vir deelname aan die vredesmagte. Daar is net nie meer genoeg gesonde soldate nie.  Indien die toerusting oud is en die troepe  is siek, wat bly oor?

     Hierdie vraag moet die kommersiële landbou nog beantwoord. Die gesprek oor die toekoms vereis dus ook dat ’n oplossing vir die landbou gevind moet word oor die verlies aan mensekapitaal in die bedryf. Daardie oplossing gaan nie lê in die voorsiening van antiretrovirale middels nie, maar deur tegnologiese vernuwing in die bedryf te betrek.

    Dit kan welvaart skep, maar nie soseer werkgeleenthede nie omdat die tegnologie juis die menslike hand vervang waar dit nie meer die werk kan doen nie. Dié saak sal spesifiek met die minister uitgepraat moet word.   Wat die kommersiële landbou bemagtig, is nie grond nie, maar tegnologiese vernuwing – ’n woord wat maar selde in die ANC se woordeskat gehoor word. Omgewing in krisis Die kommersiële landbou se sukses is regstreeks afhanklik van sy interaksie met die omgewing. In dié verband het daar ’n krisis onder die oppervlak ontwikkel waarvan die implikasies nog nie naastenby verstaan word nie. Hiermee word bedoel die impak van rioolwater en suur mynwater op die toekoms van die kommersiële landbou.

    Baie inligting in publikasies het die afgelope tyd die lig gesien. Die besoedeling met rioolwater hang direk saam met die ineenstorting van plaaslike owerhede, wat dus ’n regeerprobleem impliseer. Die talle verslae dui ook daarop dat suur mynwater die watergehalte só nadelig beïnvloed dat dit voedselproduksie uiteindelik kan raak. Daar het reeds waarskuwings gekom uit die Europese Unie dat die verdere verswakking van watergehalte in sekere hoëproduksie-streke kan lei tot ’n opskorting van die koop van produkte en daarmee ’n verlies aan markte.

    Die kommersiële landbou kan dus kwalik dien as hoeksteen van die platteland se vooruitgang indien die water wat vir voedselproduksie gebruik word, nie aanvaarbaar is vir die verbruiker nie. Waar die bestuur van watergehalte nou kritiek raak, lyk dit ook asof nie veel hulp van die Departement van Waterwese verwag kan word nie. Die departement het sy finansiële hoof en sy waarnemende direkteur-generaal onlangs geskors. Die direkteur-generaal is reeds 17 maande lank met spesiale verlof ná bewerings van wanbestuur en nepotisme.

    Die ouditeur-generaal het in 2009 bevind dat daar onreëlmatige uitgawes van meer as R1 miljard was, en volgens kommentaar is die verrotting selfs erger as wat aanvanklik gemeen is (Beeld, 3 November 2010). Weer eens is ’n regeerprobleem ter sprake. Praat met minister Joemat-Pettersson se uitspraak dat die boere nie meer die vyand is nie, het ’n goeie geleentheid geskep vir ’n nuwe ooreenkoms.

     Die Regering sal ’n groter begrip moet hê van sy eie onvermoë en die implikasies daarvan vir die lewensgehalte van die bevolking. ’n Gebrek aan reg en orde, die besoedeling van water omdat plaaslike regerings disfunksioneel is, die gate in die paaie, ensovoorts is die resultaat van swak regering. Tot dusver het verklarings oor regruk-aksies nie veel gehelp nie.

     Die Regering moet besef hy kan nie meer nie – en dit gaan nie maklik wees nie. Slegs dan kan daar opnuut begin word. Welvaart moet nie met grond verwar word nie – iets wat die Regering konsekwent gedoen het. Met grondhervorming is aanvaar dat die oordrag van grond outomaties sou lei tot welvaart. Die teendeel was egter waar. Welvaart is ’n produk van waardetoevoeging, wat in die 21ste eeu deur tegnologiese vernuwing gedra word. Dit is ’n proses wat hoë vlakke van mensekapitaal verg. Indien die Regering die arm mense wil help, moet hy die draers van tegnologie – die kommersiële boere – nie slegs help nie, maar die vermoë gee om hul tegnologiese vlakke te verbeter. Hoe dieper die vlakke van armoede in die samelewing; hoe hoër behoort die nastrewing van tegnologie te wees.

    Die Regering se neiging om by “alles in te gryp”, is uiteindelike sleg vir die skep van welvaart. In die gesprek tussen die minister en die kommersiële landbou moet van albei kante begrip wees vir die feit dat die landbou-omgewing vir die onmiddellike en selfs verre toekoms heeltemal verander het. Die hoë vigs-besmettingsyfer van die arbeidsmag – en daarmee die verlies van mensekapitaal – gaan produksie direk raak. As 50% van die werksmag in Limpopo en Mpumalanga in die volgende vyf na tien jaar verdwyn, ontstaan daar ’n vakuum van kundigheid wat gevul sal moet word – deur tegnologie of werkers uit die buurlande, wat uiteindelik die demografiese profiel van dié provinsies gaan verander.

    Met dit wat nou gebeur, kan die herstel van die arbeidsmag in Suid-Afrika dekades duur. Besoedelde water gaan lei tot ’n gehalteprobleem by produkte. Veral vars produkte, soos groente en vrugte, suiwel en vleis gaan hierdeur in gevaar gestel word. Dit kan basies oornag gebeur. As Jan Publiek vermoed sy vars voedsel is besmet, gaan die supermark sy rakke leegmaak en die TV gaan die verhaal vertel. Besoedelde water gaan in die woonkamer op TV eindig, met katastrofiese gevolge vir die landbou.

    Almal gaan op soek wees na “veilige voedsel”. Tussen MIV en besoedelde water kom hier ’n dinamiek na vore wat buite die vermoë van die Parlement lê en nie onderhewig is aan die bepalings van die Grondwet nie. Die land is hiermee besig om in ’n tipe van post-konstitusionele fase in te beweeg. Die harde werklikheid wat verreken moet word, is dat mense wat MIV-positief is, almal gaan sterf. So ook gaan boere wat probleme met besoedelde water het, uiteindelik hul plase verloor.

    Tensy die Regering met ’n wonderwerk na vore kan kom wat waterbesoedeling kan stuit, gaan dit ’n onverbiddelike proses van die vernietiging van bepaalde landbousektore tot gevolg hê. Tussen die politici en die kommersiële landbou moet die implikasies hiervan duidelik uitgespel word. Besoedelde water gaan tot produksieverliese en daarmee ’n verlies aan inkomste lei. Die grond gaan steeds daar wees, maar wie gaan dit koop as niemand daarop kan boer nie?

    As dié fase bereik word, sal grondhervorming spontaan disintegreer. Indien ’n groot besproeiingskema onproduktief raak, moet verwag word dat die aanliggende dorpe ekonomies gaan swaar kry. Toerisme, gastehuise, watersport en visvang is alles sake wat direk geraak kan word. Uiteindelik kan ’n streek ’n landbou-niemandsland word. Kommersiële boere gaan padgee en dorpenaars gaan verkoop. Dit gaan die begin wees van ’n demografiese verskuiwing na die stedelike komplekse waar daar nog ekonomiese aktiwiteit is. In die huidige klimaat moet ’n mens nie verbaas wees as boere hulle op groot skaal in buurlande gaan vestig nie, waar skoon water nog beskikbaar is – met groot lappe aarde tussenin waar absoluut niks gebeur nie.

    Landboumigrasie mag in dié stadium ’n werkbare uitweg wees om stabiliteit in die streek te bevorder en te ontkom aan die probleme tuis. In die kommersiële landbou het die minister – en die Regering – op die oomblik nog ’n enorme bate. Dit is die enigste koherente groep wat die tegnologiese vaardigheid het om kundigheid in die platteland in te spuit en dorpe te stabiliseer. ’n Nuwe gesprek het nou dringend noodsaaklik geword. Dié artikel is gegrond op navorsing vir die Comprehensive Annual Assessment van November 2010 (deel 1) en Januarie 2011 (deel 2). • Dr. Jan du Plessis is ’n toekomsontleder en redakteur en uitgewer van Intersearch. Bladsy: 12 - 16 Kontakbesonderhede: Dr. Jan du Plessis, Intersearch, tel. 012 460 6366  

  • F C Boot

    Die lywige aangehaalde berigte is ek mee eens.  Ek het hierbo vir jou my instemming  gesê met: "My siening is dat pleks om te torring aan wat reeds suksesvol is (blanke boerderye), behoort die regering se aandag eerder op grondhervorming in die trust gebiede toe te spits".  Weereens sê ek vir jou: "Jy herhaal eenvoudig geskiedenis" en jou aangehaalde berigte is nou suiwer geskiedenis, en verder het ek ook vir jou gesê: "Die berigskrywers het nie jou agenda voor oë gehad toe hulle die berigte geskryf het nie".  Jy het hulle aangehaal ter stawing van jou eie agenda.

    Jou agenda (hiermee aangehaal) was: "Grondbesit (vir blankes) sou die belangrikste saak wees waaroor onderhandel moes word". "swart landbouers was oor die algemeen bestaansboere en nie instaat om op grootskaal voedsel vir 'n groeiende bevolking te produseer nie".Ook "15 jaar gelede 100 000 (blanke) kommersiële boer in Suid Afrika teenoor die 36 000 van vandag"(ook geskiedenis).  Ek het jou nie 'n "rassis" genoem, soos jy beweer nie.  Ek het gese jou agenda is ooglopend suiwer ras GEDREWE, met suksesvolle blanke boere in teenstelling met mislukte swart boere.  'n Groot verskil.

    My antwoord aan jou is dat die blanke boere markverwant uitgekoop is en dat die dienooreenkomstige leemte NOOIT weer deur blankes aangevul gaan word nie omrede hulle reeds hulle kapitaal elders aangewend het. Maak nie saak wie wat wil doen nie, dit gaan NOOIT omgeswaai word nie, dus SAL die leemte deur swart boere aangevul moet word, (ongeag die ekonomie van die land) en afgesien van jou 50% swart boer mislukking verslag, is daar feitlik suksesvolle swart kommersiële boere ook. 

    Waaraan nou beplan hoort te word (vorentoe kyk, nie op geskiedenis teem nie) is om alle swart boere suksesvol te kry in lands belang, en die oorblywende blanke boere uit te los om sodoende die huidige landbou toestand nie verder te skaad nie.

    My "Tough Shit" opmerking het geensins te doen gehad mbt tot die inhoud van die berigskrywers soos jy dit hierbo doelbewus, buite verband, dramaties wil voorgee nie.  Dit was ooglopend op die gekkegrens gemik  wat geen propaganda ammunisie op die blanke boere kooptransaksies kon gemaak het nie. Weens hierdie feit het ek gese: "Tough Shit".En wees verseker.  Was daar enige ongeruimdhede tot nadeel van die boere gewees, sou die gekkegrens, tot verby die derde  hemel, geskree het sonder om eers seerkeel te kry nie.  'n Doodse stilte aan hulle kant.  Selfs AfriForum het nie namens enige verontregte boer opgetree nie.  Hulle het wel namens 'n boer in Natal opgetree waar 'n poging tot wederregtelike grondbesetting gepoog was.

    Waar daar smalend na swart boere verwys word, lees: " Net nege van die groep van 28 (blanke boere) wat grond daar gekry het (Congo), boer nog. Die res is ná net meer as twee jaar se mislukte oeste, interne struwelinge, ongunstige weer en finansieringsprobleme op hul knieë.
    http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Uitgeboer-20140222

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top