Is blanke kieser nog relevant in verkiesings?

  • 10

Dit is weer verkiesingstyd in Suid-Afrika en oral is partye besig om stemme te werf, want in verkiesings gaan dit om stemme en bly die ou gesegde waar, hoe meer siele hoe meer vreugde, hoe groter die geselskap, hoe meer pret - en seggenskap in die regering van die land.

Dit is veral waar van President Zuma, die meer siele hoe meer vreugde. As ek dan sou na die Nkandla-spulletjie kyk het ek ’n sterk vermoede dat, die meer siele vrouens is, want  agter alle suksesvolle mans staan daar  ’n vrou . In die President se geval, natuurlik meer as een  en kan ’n mens vra : http://guardianlv.com/2013/08/how-many-wives-are-enough/Jacob Zuma – How Many Wives Are Enough.

Met die verkiesing om die draai is dit tyd om weereens die blanke bevolking  se relevansie in verkiesings en toekoms in Suid-Afrika te bekyk.

In 1911  en  2004 was die   beraamde  bevolkingsamestelling  persentasiegewys soos volg:

(Source: Kane-Berman J and Tempest J (eds) South Africa Survey 2003/2004, (South African Institute of Race Relations Johannesburg, 2004, p 3)

1911                                          2004

Swart:         67.3 %                  79.3%

Wit    :        21.4%                      9.5%

Kleurling:    8.8%                       8.8%

Indiër:         2.5%                       2.4%

Volgens die 2013-bevolkingsberaming het die Suid-Afrikaanse  bevolking gegroei tot 52 982 000.

Swart (African)   42 284 100      79.8%

Kleurling               4 766 200      9.0%

Blankes                   4 602 400    8.7%

Indiër                      1 329  300    2.5%

Totaal                   52 982  000  100.0%

Uit die syfers is dit duidelik dat die Blanke bevolking oor ’n tydperk van 102 jaar van die tweede grootste bevolkings groep in 1911 (21.4%)  tot die derde grootste bevolkingsgroep (8.7%) 2013 gedaal het.

Alhoewel die Blanke bevolking gegroei het van 1 270 000 in 1910  tot 4 602 400 in 2013 is dit duidelik  dat dit saam met die Kleurlinge en Indiërs net meer as  20%  (10 697 900) van die totale bevolking uitgemaak het in 2013.

Die daling in getalle was dan ook ’n besprekingspunt  in die volgende berig:

“Whites new endangered species?” http://www.news24.com/SouthAfrica/News/South-Africas-new-endangered-species-white-people-20120204-2

Hoe raak die dalende blanke getalle en stygende anderskleurige getalle die verkiesings in Suid-Afrika? Dit moet duidelik wees hoe kleiner die bevolkingsgroep, hoe kleiner die aantal kiesers is wat so ’n bevolkingsgroep kan oplewer.

Volgens gegewens verkry vanaf http://www.elections.org.za/content/Voters-Roll/Registration-statistics/ is daar 25 367 208 kiesers geregistreer vir vanjaar se verkiesing. As jy dink dat mans die laaste seggenskap in die sakie gaan hê sit jy die pot mis, want daar is 13 926 140  (54.90%) geregistreerde vroulike kiesers teenoor die 11 441 068 (45.10%) manlike kiesers.

Vroulike geregistreerde kiesers oortref dus die mans met 2 485 072. Dit versterk maar net weer my vermoede dat die man die hoof mag wees maar dat die vrou die nek is wat die hoof draai net waar sy hom wil hê.

Daar is min gegewens beskikbaar oor hoeveel geregistreerde Blanke kiesers daar is, maar aan die hand van die 1992 referendum kan daar wel ’n prentjie gevorm word.

In 1992 was daar 4 275 000 Blankes woonagtig in Suid-Afrika waarvan 3 296 800 (77%)  geregistreerde kiesers was. Van die geregistreerde kiesers het 2 804 947 (85%) uiteindelik wel deelgeneem aan die referendum. 491 853 (15%) kiesers het weens ’n reeks faktore nie deelgeneem nie.

Aan die hand van die gegewens  is dit moontlik om ’n rowwe skatting te maak van die aantal blanke kiesers in Suid-Afrika. 77% van 4 602 400 (2013 beraming) lewer ’n potensiële  3 543 850 blanke kiesers op.

Die geskatte 3 543 850 Blanke kiesers kan dus nie meer  as 13.97% van die 25 367 208 geregistreerde kiesers vorm nie. Sou ’n mens die 77% skatting van toepassing maak op  somtotaal van die Kleurlinge, Blanke en Indiërs (10 697 900) kan die groep nie meer  8 237 383  0f  32%  van die totale aantal geregistreerde kiesers vorm nie.

Neem ’n mens in ag dat ANC wel steun onder die Kleurling en Indiër bevolking geniet is dit onwaarskynlik dat die party se greep op politieke mag verbreek sal word.

’n Mens kan dus verwag dat die Blankes soos hul getalle stagneer hul toekoms in Suid-Afrika al hoe meer op alle gebiede onder druk sal kom. Die onlangse oproep van sportminister Fikile Mbalula op ’n verpligte 60 – 40% verteenwoordiging  in alle sportspanne en dreigement van borgskap onttrekking asook die verengelsing van onderwysinrigting dui daarop dat die Blanke bevolkingsgroep en dan in besonder die Afrikaner onder toenemende druk sal kom.

Is daar ’n oplossing vir die talle uitdagings?

FC Boot

  • 10

Kommentaar

  • Om die verkiesing te wen, sal die DA enorme steun van anderskleuriges moet kry. So sal die blankes se invloed op daardie party geweldig afneem en sal hulle later heeltemal irrelevant raak.

    Daarom sê ek: Stem vir die Vryheidsfront, die enigste party wat direk wittes se belange op die hart dra en minderheidsregte wil bevorder. Saam is ons sterker en kan Afrikaners hulle beywer vir hulle mense en hulle taal!

    Groete,

    Varkspek

  • F C Boot

    Die aantal vrouens wat Zuma het is irrelevant mbt. of blankes hoort te stem al dan nie.  Dit is sy en ander veelwywer se konstitusionele reg daartoe wat gerespeteer hoort te wees.

    Nieteenstaande blanke getalle afname, is dit belangrik dat alle blankes primer vir enige opposisie party stem om te keer dat die ANC, of enige ander soortgelyke party,  'n tweederde meerderheid mag verkry om die konstitusie na willekeur tot nadeel van blankes, en veral die Afrikaner, te kan verander. 

    Parlementêre partye is daar om vir die belange van sy ondersteuners om te sien, ongeag ras.  Indien daar geen diskrimineerende wetgewing bestaan het nie, sou dit irrelevant gewees het hoe die indiwidue gestem het. Maar weens die feit dat rassistiese diskrimineerende wetgewing wel bestaan, vernou dit die betrokke ras se keuses daartoe. Die enigste parlementere party tans wat algeheel teen enige vorm van rassediskriminerende wetgewing gekant is, is die VF+, wat hom nou wil herposisioneer om vir die belange van alle minderhede teen wie gediskrimineer word, om te sien.

    Die konstitusie is daar om almal te beskerm.  Diskrimineerende wetgewing is gereeld suksesvol in die konstitusionele hof getoets deur burgerregte organisasies soos AfriForum en Solidariteit, vir beide blankes en anderskleuriges.

  • Dit is wonderlik hoe syfers 'n sobere glashelder prentjie kan skilder, dankie FC.
    Daar is 'n oplossing:  Demokrasie; Die Basoetoes stem vir die regering wat hulle wil hê in Basoetoeland en die selfde met die Zoeloes ten opsigte van Zoeloeland, die Vendas wat betref Vendaland, die Swazi's Swaziland, die Pedi's Pediland ens ens, net soos die Engelse met Engeland, die Duitsers met Duitsland ens.
    Die teenswoordige opset, om verskillende volke in 'n arbitrêr gedefinieerde land saam te smyt werk ooglopend nie; kyk nou maar weer wat aangaan daar bo in Afrika.
    Jan Rap

  • Jan

    Jy en ander gekkegrensers leef in koekoeland.

    Die Pedi's, Zulu's, Vendas, Tswanes, ens WIL NIE afsonderlike regerings hê nie.  Hulle is heel gelukkig om gesamentlik vir een regering, nl. hoofsaaklik die ANC-regering te stem.  Hulle sal veral nie van 'n blanke Afrikaner voorstelle aanvaar wat hy vir hulle wil VOORSKRYF hoe hulle hulle demokrasie moet bedryf nie.  Aparte Ontwikkeliking is 'n verouderde konsep wat glad nie in hierdie land gewerk het nie.

    Al smag Afrikaners in teenstelling na 'n Afrikanerstan, hy gaan dit nie kry nie.  FINISH EN KLAAR! Selfs die gekkegrensers kan geen haalbare grondgebied identifiseer vir sodanige Afrikanerstan nie, en om te verwag dat die regering dit vir hulle moet uitken en dit vir hulle gee, soos Dan, sy trawante en ander dit verwag, is hierdie versoek lagwekkend.  In elk geval is die oorgrote meerderheid Afrikaners glad nie daarvoor nie, en sonder hulle ondersteuning, maak dit die konsep  in elk geval onsinnigheid.

    Kom  tot ruste, skrik wakker vanuit jou nagmerrie, en werk eerder saam met organisasies soos AfriForum, wat die werklikheid van die huidige S.A. aanvaar, en ten spyte van die ongunstige omgewing waarin Afrikaners hom tans bevind , dit kan regkry om positiewe bydraes tot Afrikanerbelange te kan oplewer.

  • Hello, 

     
    Net na FC die vraag gevra het, kom Beeld vandag, 23 April 2014, aan die hand van Prof. Du Plessis, ’n lid van die FAK se N.P. van Wyk Louw-sentrum en voormalige professor in die fakulteit krygskunde aan die Universiteit van Stellenbosch met die volgende opstel getiteld, "Volksroetes na toekoms". 
     
    In die opstel word daar ook gebruik gemaak van statistiek soos FC gedoen het, maar dan wel op die volgende manier en word bevestig dat die 2011-sensus beraam die Suid-Afrikaanse bevolking op min of meer 51 770 000 van wie ongeveer 6 811 000 Afrikaans praat. 
     
    Hulle vorm dus iets minder as 14% van die bevolking. 
     
    Die sensus deel die Afrikaanssprekendes etnies soos volg in: bruin 51% (3 440 000), wit 40% (2 710 000), swart 9% (602 000), en Asiërs minder as 1% (59 000).
     
    Om te begin moet ek my ongemak met Afrikaner Nasionalisme en dan enige nasionalisme onmiddellik duidelik maak. Ek is nie oortuig dat die Afrikaner of die wittes as 'n groep moet saamstaan nie. Hoe kan ek my met die regse sluipers versoen en 'n vaandel met so 'n groep deel. 
     
    Die name van daardie groepering hier is welbekend en is daar alreeds in hierdie siklus al weer 'n voorbeeld daarvan met "Zoeloes ten opsigte van Zoeloeland, die Vendas wat betref Vendaland, die Swazi's Swaziland, die Pedi's Pediland ens ens, net soos die Engelse met Engeland, die Duitsers met Duitsland ens..."
     
    Hoeveel keer daardie refrein nog uit "koekoeland" gaan kom is gewaarborg om male sonder tal te wees. 
     
    Wat egter belangrik is uit die opstel van Louis du Plessis is die volgende drie moontlikhede wat hy skets. 
     
    Die eerste opsie is, "konsentrasie" wat ek lees as, die wittes, of dan Afrikaners moet saamstaan, die ou "eendrag maak mag". 
     
    Die vraag vir my bly egter, hoekom die bron van kwaad, die Afrikaner wat hom as apart gesien het te sterk en daarmee voortebou. Hierdie nasionalisme is nie erger as die roepkreet "Africa for Africans' of "England for the English". 
     
    Almal is besig met 'n politiek wat uitsluit en 'n onbevestigbare konsep van "uniekheid" probeer verwoord. 
     
    Die tweede opsie is een van "koalisie" en is die volgende 'n voorbeeld daarvan:
     
    "Meer as 80% Afrikaanssprekende kiesers in 2011 vir die DA gestem. Sodoende het minder as 14% van die bevolking deel geword van ’n koalisie wat 24% van die kiesers verteenwoordig – om reeds ’n provinsie en talle stadsrade te beheer".
     
    Volgens die artikel van Louis du Plessis is daar 'n prys vir dit te betaal, soos gesien kan word aan die hand van die volgende voorbeelde. 
     
    "Van 'n byna 1 400 enkelmedium- Afrikaanse skole in 1993 is daar tans minder as 700 oor. Voorts verteenwoordig die soort koalisies wat histories Afrikaanse universiteite met die staat vorm dikwels egter eerder die geleidelike uitskakeling van Afrikaans".
     
    In die lig van bogenoemde kan die uitdagings wat die DA het met regstellende aksie en grondeise ook as 'n voorbeeld gesien word. Hierdie koalisie beteken dat daar implisiet toestemming gegee word vir 'n tipe regstellende aksie en 'n oplossing vir die voortslepende grondkwessie en welvaartskepping vir die swart bevolking wat moet aangespreek word. 
     
    Hoe die spreekwoordelike "kalkoen gaan stem vir Kersfees", is 'n ope vraag. 
     
    Die laaste opsie is een van, assimilasie, en hierdie is 'n opsie wat net nie aanvaarbaar is nie vir baie hier nie, soos gesien kan word aan die refrein, "Zoeloes ten opsigte van Zoeloeland, die Vendas wat betref Vendaland, die Swazi's Swaziland, die Pedi's Pediland ens ens, net soos die Engelse met Engeland, die Duitsers met Duitsland ens..." of ander voorbeelde wat skryf van die neerlegging van "westerse standaarde" en geluide maak van massas wat die beskawing bedreig. 
     
    Voorbeelde wat uigelig word van hierdie assimilasie is "Hans Strijdomrylaan word Solomon Mahlangurylaan en Louis Trichardt word Makhado, Nylstroom word Modimolle en Pietersburg word Polokwane, of die staat se sosiale ingenieurswese (waarvolgens) bruin en wit mense byvoorbeeld elk nie meer as 9% van ’n arbeidsmag, soos in korrektiewe dienste, uitmaak nie. Omdat die kwotastelsel swart mense (black Africans) voortrek, diskrimineer dit regstreeks teen Afrikaanssprekendes, van wie (soos hierbo aangetoon) meer as 90% óf bruin óf wit is en die 14% Afrikaanssprekendes deurlopend al hoe vaster in landwye verengelsingspraktyke wat die individu laat voortbestaan, maar die taalgemeenskap uitskakel". 
     
    Daar dan is die drie moontlikheide, konsentrasie, koalisie of assimilasie. 
     
    Konsentrasie se verteenwoordigers hier is baie duidelik en sien ek dit in jou brief, FC, waar die vraag opgestel is op so 'n manier wat wit apart plaas en dan 'n "gevaar" probeer skets, terwyl die meeste burgers dalk al lankal funksioneer onder al drie. 
     
    Die beste voorbeeld hiervan is Du Plessis se inleiding wat die stand van Afrikaanse kultuur skets:
     
     "Fliekgangers stroom na rolprente soos Roepman, Verraaiers en Die wonderwerker. Naas talle klein kunstefeeste word die groot feeste soos Aardklop in Potchefstroom en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn oorstroom. Naas uitvoerende kunste is daar Afrikaanse koerante en tydskrifte. Op die rekenaars van skrywers en digters, in skryfskole, woordeboekredaksies en vaktydskrifte is Afrikaanse woordkunstenaars so skeppend soos altyd. Afrikaanse skrywers word nasionaal en internasionaal bekroon, van André P. Brink en Marlene van Niekerk tot by Etienne van Heerden en Deon Meyer, Adam Small en Ingrid Winterbach. Elektroniese webwerwe soos LitNet...slurp my tyd op". 
     
    Hierdie kan ek bevestig as 'n kant nota, Afrikaans is tog verbasend sterk en is "Roepman, Verraaiers en Die wonderwerker asook Faan se trein" op 'n vlak wat in my mening internasionaal vergelyk kan word. 
     
    Heel toevallig kon al vier weer kyk die naweek wat verby was weens die fees wat op KYKNET was en my moeder dit vir my opgeneem het. 
     
    Die vraag dus?
     
    Konsentrasie, koalisie of assimilasie, dit is 'n manier om te begin dink oor die vraag. 
     
    Die volledige opstel kan hier gevind word. 
     
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Beste Wouter
    Ek weet nie of jy die skakel gevolg het wat ek aangehaal het in my skrywe, nl " Whites new endangered species?" asook die groot verskeidenheid kommentare.

    Ons kan nie van die feit af wegkom nie dat 'n groot verskeidenheid volkere hul heenkome in Suid Afrika gevind het en almal, behalwe die byna uitgestorwe inheemse inwoners, almal afstammelinge van immigrante is, of ons nou daarvan hou of nie.

    Die swart volkere of hul nou daarvan hou of nie is nie inheems aan Suid-Afrika nie. Die feit dat hulle hulself voor die Blankes hier gevestig het maak hul nie inheems aan Suid Afrika nie. Die feit is dat Suid-Afrika se grondoppervlakte presies dieselfde is as in 1910 en die land toe gedeel is deur min of meer 5 934 580 mense, waarvan blankes min of meer 1 270 000 of 21.4% gevorm het.

    Dit is dus duidelik dat die swart volkere gesamentlik nie meer as 3 993 975 (67.3%) groot was nie. Dit was dus relatief klein swart volkere en was elke volk, soos tans, afsonderlik 'n minderheid teenoor die ander.

    Suid-Afrika was dus inderdaad bewoon deur minderhede, waar nie een kon aanspraak op die hele Suid-Afrika nie omdat elkeen se getalle fisies te klein was om so'n aanspraak te maak.

    Deur beter gesondheidsdienste en voeding en westerse tegnologie het die swart minderhede (volkere)
    so gegroei dat hul inteenstelling met die Blankes 'n bevolkingsontploffing ondervind en nou gegrond op
    die ontploffing aanspraak maak op die hele Suid-Afrika en 'n groepe wat relatief invergelyking met hulle stadig gegroei het, eenvoudig uit die pad stoot en selfs dreig om uit regeringsinstansies te stoot omdat hul oorverteenwoordig is.

    Jy praat van samewerking, waarmee ek volkome saamstem, maar dan moet daar samewerking wees op grond van die erkenning van verskeidenheid, geskiedenis, taal en kultuur en nie die oordonderende werkswyse van die ANC nie.

    Dit is juis die ANC werkswyse  wat veroorsaak dat mense saamkom, want dit is die reslutaat as  jy sien hoe talle jongmense se drome en ideale veral op sportgebied en toelating tot onderwysinrigtings verongeluk word weens kwotas en verkeerde velkleur en hoe minagtend daar met jou taal , geskiedenis en kultuur op talle gebiede omgegaan word.

  • Wouter

    Dankie vir die verwysing na Prof du Plessis se brief.  Ek het dit opgesoek en gelees.  Dit is 'n precis blykbaar van 'n heel langer studiestuk van die FAK verkrygbaar.  Ek het Prof du Plessis op die internet opgesoek, en die enigste wat ek kon kry was 'n UNISA Prof., wat blykbaar nie dieselfde persoon is nie. 

    Aangesien ek net 'n precis gelees het, kan dit wees dat my vertolking van sy volle studiestuk moontlik foutief kan wees.  Die precis het ek deels vaag gevind, veral mbt "KOALISIE", en sy "ASSIMILASIE" stem nie ooreen soos ek die woord "assimilasie" sou verstaan nie.  Sonder om die woordeboek op te soek, en weens varsity studie in anthropologie, verstaan ek dit als gelydelike inlywing (vrywillig) van die ondergeskikte kultuur tot binne-in die van 'n sterker kultuur, tot so 'n mate dat die twee mettertyd ononderskeidbaar is.   In die Prof se konteks sou ek dit eerder as "co-ersion" verstaan, soos sy voorbeelde van wat op die Afrikaner afgedwing word, bv. verengelsing van Afrikaanse skole en universiteite; straat en dorpsnaamsveranderings ens.

    Jou vertolking van KONSENTRASIE kan ek nie ooreenstemming vind in wat die Prof gesê het nie, nl.: "Die waarde van konsentrasie word graag geïllustreer met hoe wyd die Afrikaanse kultuur ondersteun word,  met voorbeelde tussenin en afgesluit met; "Dié wat fokus op kulturele konsentrasie in die Afrikaanse gemeenskap dra outomaties ’n optimistiese beeld uit". 

    Jy skryf:  "konsentrasie" wat ek (Woute) lees as, die wittes, of dan Afrikaners moet saamstaan, die ou "eendrag maak mag.   Die vraag vir my bly egter, hoekom die bron van kwaad, die Afrikaner wat hom as apart gesien het te sterk en daarmee voortebou.  Hierdie nasionalisme is nie erger as die roepkreet "Africa for Africans' of "England for the English", wat sy voorgestelde definisie 'n heel negatiewe konatasie verleen wat ek nie dink sy doel was nie.

    Wouter.   Op sterkte van wat ek in die precis lees, verskil ek van die Prof.  Ek dink nie daar is keuses van "volksroetes", die een of daardie een nie.  Aldrie vind altyd gelyktydig plaas, en ek is van mening dit sal altyd so wees, weens die  vloeibaarheid van die samelewing, ongeag die betrokke taal en kultuur.  Konsentrasie, soos jy dit uiteensit of soos ek dit  van die Prof verstaan is altyd met ons van die begin af.  Koalisie, samewerking en die uiteindelike uitsluitsel daarvan ook.  Assimilasie soos ek dit hierbo uiteensit, en die waar ek die Prof als co-ersion verstaan, was ook altyd daar. 

    Waar daar konflik tussen mense en kulture is, gaan verkeie roetes, wat taalroetes insluit, gevolg word, veral deur die indiwidu, wat die pad sal volg wat vir hom die geskikste is.

  • Hello FC, 

     
    Jaco skryf elders, "NS. Ek gaan my nie bemoei met enige “nitpicking” oor die verlede en die geskiedenis nie".
     
    Wanneer ek dus in hierdie kommentaar terug keer na die geskiedenis is dit nie om ou wonde oop te krap nie, maar 'n vraag vir myself te antwoord. 
     
    Jy skryf die volgende:"Die swart volkere of hul nou daarvan hou of nie is nie inheems aan Suid-Afrika nie. Die feit dat hulle hulself voor die Blankes hier gevestig het maak hul nie inheems aan Suid Afrika nie".
     
    Wat bedoel jy daarmee? 
     
    Die oorsprong van die swartes in Suider Afrika fassineer my na 'n swart medewerker van my, eendag trots kom vertel het van sy oorsprong in die Khoi-San en hoe diep daardie geskiedenis is. Ek het voorgestel dat hy vir hom die "Cambridge History of South Africa Volume I" kry wat die geskiedenis in meer detail sal beskryf. 
     
    Dit is ook nog 'n bundel wat ek moet kry, daarom verwys ek wat hierdie kommentaar betref slegs na die "Cambridge History of Africa" en die gedeelte wat die oorsprong bepreek. 
     
    Die hoofstuk open met die oorsprong van die magdom tale en voer aan dat die produk is van 'n enkele taal gegewe die die ooreenkomste wat dit toon. 
     
    Die afleiding wat tentatiewelik gemaak word is die volgende: 
     
    "That there was a very long period, probably lasting several thousand years, during which this populations were confined and that this period was followed by a much shorter one during which migration carried the populations into the other regions. One further conclusion is inescapable. Since the northwestern region coincides almost exactly with the equatorial forest, the second period of black migration history must represent the expansion of a population of the forest, or the forest margins, into the surrounding savannas". 
     
    Wedersyds gesynde: 
     
    "The ultimate origins have to be sought in the eastern part of West Africa, in the region between the upper Benue and the northern tributaries of the Congo drainage system".
     
    Dit word dan verder uitgebrei deur te bevestig dat in die omgewing van 500 AD word ysterwerke gevind wat ooreensteming in die gebiede wat vandag Rwanda, Congo, Kenia, Zambia, Zimbabwe, suid van die Limpopo en Swaziland. Vanaf Kenia tot in Suid-Afrika toon die keramiek 'n gedeelde oorsprong. 
     
    In kontras tot bogenoemde migrasie word die volgende beskrywing gevind: 
     
    "also in the Cape Province of South Africa, Late Stone Age cultures persisted until historical times, and the late survival of stone-using communities speaking languages quite unrelated to (the migration) forms one of the most important elements in any consideration of the relationship between the coming of the Iron Age and the spread of the black languages (and its migration).
     
    Hierdie is dan die Khoi en bevestig ontdekkings van keramiek en beendere van skape waarmee geboer is 'n geskiedenis wat meer as 2000 jaar terug strek.
     
    Saam met die geskiedenis van die migrasie, die plaaslike Khoi, moet die San ook bespreek word en word dit soos volg beskryf: 
     
    "All of the San described by outside observers have been hunters and gatherers, and within the period of European memory in South Africa they occupied all the higher land from the mountains of the western Cape Province to the north-easternmost ranges of the Drakensberg. They also lived in the valleys of the Orange and the Vaal and on the intervening plateau. They were seen in the valleys of the Kei, the Mzimvubu and the Tukela, and along the ocean coast. The presence of San clicks in the languages of the southern Sotho, Zulu, Swazi and southern Tsonga must indicate that a large number of San were later incorporated into the expanding migratory population of this region".
     
    Bogenoemde dan 'n uiteensetting van hoe die bevolkings hier opgemaak is en daar kom die Dromedaris, Reijger en Goede Hoop enige iets tussen 'n duisend en 'n twee duisend jaar later, na die migrasies en die bevolkings wat hulle oorsprong hier het. 
     
    Volgens die vertelling uit die hoofstuk word die volgende afleiding dan gemaak: 
     
    "There is thus no serious doubt that in most of southern Africa the expansion of "migratory speech(people)" occurred in an area previously dominated by Khoisan peoples, speaking Khoi languages in the west and San in the east. Of the two language families, Khoi was almost certainly the more widely spread. In much of Rhodesia and Zambia it probably extended eastwards, to the north of San, and the fact that the Sandawe language of central Tanzania is confidently classified with Khoi raises the suspicion that at one time, before the eastward expansion of "migratory speech(people)", Khoi languages may have bordered with Cushitic somewhere in this region.
     
    At this rate spreading into East Africa from the west, would have broken the continuity of the Khoi speech area somewhere between central Tanzania and central Zambia, leaving Sandawe as an isolated enclave far to the north-east of its linguistic relatives". 
     
    Wat die stelling 
     
    "Die swart volkere of hul nou daarvan hou of nie is nie inheems aan Suid-Afrika nie", 'n kriptiese stelling maak.
     
    Wat is die argument wat jy dan daarmee probeer formuleer het?
     
    Bogenoemde word nie vir politieke redes aangebied nie maar slegs as 'n manier om die samestelling van die bevolking te probeer verstaan en die geskiedenis te probeer reg kry. 
     
    Indien die kwessie van inheemsheid sou ondersoek word, dan bly hoofstuk een van die "Cambridge History of South Africa - Volume II", 'n goeie punt om te dink oor die vraag. Die hoofstuk het die titel, "South Africa and South Africans, Nationality, Belonging, Citizenship", geskryf deur Saul Dubow. 
     
    Dit poog om die vraag te antwoord van Suid-Afrika as 'n staat en Suid-Afrikaners as die burgers, wie behoort en wie moet uitgesluit word en op watter basis, maar wat waardevol is, is die bespreking van die geskiedenis van die idee van Suid-Afrika. Die term het sy oorsprong in die 1830 maar het slegs 'n gebied beskryf wat gestrek het van die Kaap tot en met die Zambesi en is die kolonies en die republieke en die Afrika gebiede geken aan die name wat daaraan toegeken was. Byvoorbeeld die Kaap kolonies is hoe die Engelse dit genoem het. Suid-Afrika het dus rofweg beteken wat Suider Afrika vandag beteken. 
     
    Dit was Anthony Trollope wat die omvang van die gebied hier verwoord het en die volgende stelling gemaak het: "South Africa is a country of black men, – and not of white men. It has been so; it is so; and it will continue to be so. In this respect it is altogether unlike Australia, unlike the Canadas, and unlike New Zealand".
     
    Volgens Dubow het Trollope nie getwyfel aan die wenslikheid wat wit heerskappy nie, "the whiteman has to be master and the black man servant" & "that ascendancy should not be too complete".
     
    Die kern van sy argument is dat die swart bevolking is in die meederheid en sal nie uitsterf nie en dat dit die uitydaging vir die toekoms is. 
     
    Daar was 'n verskeidenheid van oplossings: 
     
    George Grey in die 1850 wat 'n koloniale federasie probeer vestig het. 
     
    Carnarvon wat daarop voorbou maar arbeid wil bevestig en wit sekuriteit bevestig. 
     
    Frere wat die volgende bevestig: Dat "rasse" moet opgedeel word in "geel", "swart", en "bruin" en dat hierdie beide 'n sosiale en wetenskaplike doel dien en as basis moet dien om hierdie "rasse" op te hef asook die volgende: 
     
    ‘Africans should be subdued and converted to habits of useful labour and civilization’ and thereby made into ‘the subject races of an Imperial mistress, races strong to labour and capable of development into worthy integral sections of population in vast and growing empires’.
     
    Burgerskap was dus nie 'n reg nie, maar moes verdien word deur die wat kon bewys dat hulle waardige onderdane van Koningin Victoria kan wees. 
     
    Tesame met bogenoemde opheffing het die inkommers van Europa, 'n ironie, begin aanspraak op inheemsheid. 
     
    Hierdie verskillende aansprake word soos volg beskryf: 
     
    "it opened up the prospect by encouraging competing local visions of a future unified state, shaped by forces such as Cape expansionism, Boer republicanism, Afrikaner ethnic nationalism, and a reinvigorated British imperialism".
     
    Die swartes kon nie byhou met die visie nie en is die skrif aan die muur teen 1907 met die volgende stelling: 
     
    "The fact is we have all been moving steadily from the Cape idea of mixing up white, brown and black and developing the different grades of colour strictly on the lines of European civilisation, to the very opposite conception of encouraging as far as possible the black man to separate from the white and to develop acivilisation, as he is beginning to do in Basutoland, on his own lines".
     
    In 1910 is die daarstelling van 'n uiteindelike "wit nasie" bereik met die uitsluiting van die swart bevolking, kleurling en ander. 
     
    Die vraag na honderde jare bly die volgende: 
     
    "Even if the essential unity of South Africa and the identity of South Africans are beyond dispute, there remains the question of what is, and what is not, South Africa. Who are, and who are not, South Africans?"
     
    En hou ek veral van die slotsom: 
     
    "There is nothing self-evident about South Africa or South Africans and that the struggle for South Africa has always been, and in many ways continues to be, a struggle to become South African".
     
    Dit is dan waar ek seker weer aansluit by van die stellings in jou kommentaar en in kontradiksie staan dat daar nie inheemse groeperinge is nie. Daar is inheemse groeperinge en alhoewel dit pedanties is, wat gemaak van die aansprake van groeperinge wat meer as 'n duisend jaar voor die persone van Europa hier arriveer het en die geskiedenis wat weereens uitgelig is hierbo. 
     
    Tentatiewelik bly die vraag een van Suid-Afrikaner in Suid-Afrika wat beteken dit en hoe sal dit oor tyd formuleer word oor wat dit beteken. 
     
    Hierdie vraag staan seker apart van die politiek vir eers en is sekerlik meer filosofies van aard en dan apart van dit indien moontlik kan die vraagstukke van vandag aangespreek word en bly die probleem van jou skrywe dat in die gees van meer as 300 jaar se geskiedenis wil jy aanhou om die wit persoon op 'n manier apart te plaas as 'n groep met spesiale behoeftes en dit is onaanvaarbaar, waar die regering hom skuldig maak aan vergrype moet dit uitgelig word, sonder om terug te val op hierdie wit isolering en die geskiedenis wat dit impliseer. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Wouter

    Daar is 'n verskil tussen "feitlike" geskiedenis, en "vertolkende" (interpretive history)

    Met "feitlike" geskiedenis, is daar min ruimte vir verskille.  'n Voorbeeld van "feitlike" geskiedenis, is waar 'n geskiedkundige "Timeline" opgestel is.  Jan Van Riebeek land in die Kaap 1652;  die Engelse hang boere by Slagters nek, op so en so'n datum;  10 Okt 1899, begin die oorlog tussen die Transvaal Republiek en Britanje, ens.  Hierdie feite is onbetwisbaar en deur alle partye aanvaar.

    "Vertolkende" geskiedenis het ALTYD 'n subjektiewe benadering, maak nie saak hoe objektief die betrokke geskiedskrywer poog om te wil wees nie.  Die dat jy 'n magdom geskiedenis boeke het met verwisselende vertolkings oor dieselfde gebeurtenis, en die meeste onder erkende historisie (profesionele geskiedenis wetenskaplikes) self.

    Bv.  Edward Gibbons se klassieke lywige geskiedenis van die Romeinse Ryk was vir meer as 'n eeu as die getrouste weergawe beskou en destyds as die Alpha en Omega oor die onderwerp aanvaar was.  Vandag is daar heelwat erkende profesionele historici wat met hom hewig verskil en selfs onderling met mekaar se vertolkings.

    Nou wanneer 'n leek die geskiedenis aanpak, kan jy verseker wees dat die doel daaragter propagandisties ('n leuen wat soos 'n waarheid voorgestel word) van aard is.  Dit lei tot 'n steriele oneindige sirkeldebat wat ek persoonlik nie my tyd op wil vermors nie, die dat ek geskryf het mbt "nitpicking" van die geskiedenis waarin ek nie betrokke wil raak nie.

  • Beste Wouter
    Daar was 'n paar inheemse volke in Suid-Afrika, maar al die ander volke het hierheen getrek. Die probleem is dat die ANC graag die swart bevolking as een homogene bevolking terwyl dit inderdaad uit 'n aantal kleinervolkere bestaan wat hul almal op aparte maar aangrensende gebiede gevestig het

    Dit is om die rede dat daar 11 amptelike tale soos volg is:
    Afrikaans
     Engels
    Ndebele
    Noord-Sotho
    Sotho
    Swazi
    Tsonga
    Tswana
    Venda
    Xhosa
     Zoeloe
    Hierdie volkere het almal hul eie kultuur, geskiedenis, maar soos die Blankes emigrante.
    Die Khoi het as veeboere getrek en ongeveer 2000 jaar gelede in die Kaap beland.

    Die Boesman, San, Sho, Basarwa, Kung, of Khwe is almal inheemse volke van Suider-Afrika. Waar is die Boesman  se taal in die grondwet?

    Suid-Afrika  is 1 219 912 vierkante km groot. AS dan ook die bevolkingsgroote van 1910 van 5 934 580, van 1910 in ag neem en dit dan verder onderverdeel in die verskillende bevolkingsgroepe, sal jy agterkom dat
    nie een groep daarop kan aanspraak maak dat hul Suid-Afrika fisies beset en dus besit het.

    Hulle het eenvoudig nie eers gesamentlik of afsonderlik oor die getalle beskik nie. Daar was dus bevolkingskonsentrasie in verskillende gebiede waar omstandighede gunstig vir bewoning was. Dit is slegs
    na die swart volkere se bevolkingsontploffing dat hul groter gebiede begin beset het.

    'n Mens moet dus besonder versigtig wees veral te opsigte van grond aansprake en as jy dus teruggaan na
    1652 toe daar waarskynlik nie meer as 2 miljoen mense in die hele Suider Afrika was vind ek die ANC se grond aansprake om historiese redes oordrewe en ongegrond en dit geld vir elke bevolkingsgoep.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top