Ek raak nogals erg gefrustreerd met beterweterige omroepers, wat vra hoekom Suid-Afrikaners so oorhoop is met Britse koningshuis! Al die ou tannies bla-bla saam. Feit is, die Britse koningshuis is die enigste oorblywende tradisionele koningshuis uit die tradisie van die Romeinse ryk. Prins Wilhelm van Pruise, was laaste verwante Europese koninklike, tot by sy abdikering na Vrede van Versailles.
Tov die Nederlandse prinsedom, dié is met wetgewing na 1812 tot stand gebring.
Die Bastille-dag van die Franse rewolusie, het die ander famille deel uitgewis. Dit wat na die rewolusie ingestel was, kan nie op dieselfde vlak gereken word nie!
Die Britse parlement se hoërhuis bestaan uit adellikes/ lords en het nog finale sê oor politiek in Brittanje.
Dus, is koningshuis nog diep in Britse politiek en nie soos res, net 'tokens' nie! Monaco is ’n klip van so ongeveer 3 vierkante km in Middellandse see!
So, SA het geen historiese verbintenis met Nederlandse prinsedom nie, want dit het nie bestaan in 1652 nie en die VOC was aandeelgelyste openbare maatskappy! So ou Ian, dalk bietjie jou luisteraars inlig?
Hans Richardt