Helsinki Gay Pride 2014

  • 5

Die Patriarg van die Russiese Ortodokse Kerk in St. Pietersburg het nou die dag op televisie die volgende stelling gemaak dat: Gay mense is die laagste vuilgoed wat op die aardbol rondkruip en behoort elimineer te word.

Vandag het my vrou en ek besluit om na die jaarlikse Gay Pride mars deur die middestad van Helsinki te gaan bekyk. Ek wou vir my eie oë sien hoe die laagste vuilgoed op "godsaarde" daar uitsien, en hoeveel van hulle groei duiwelse horings of toon enige ander tekens van laagheid en degenerasie . Wel daar was derduisende van hulle op straat tesame met baie van hulle simpatieke ondersteuners in hulle stryd om gelyke menseregte te verkry. Almal het soos gewone middelklas jongmense gelyk wat op straat was in ‘n karnavalgees, en nêrens het ek ‘n horing opgemerk nie. Daar was ook baie kinders van verskillende ouderdomme teenwoordig wat vlaggies gewaai het, en honde wat saam marsjeer het!

En wat was my eie gedagtes by die aankyk van hierdie jongmense? As hierdie optog deur die strate van St. Pietersburg sou poog, sou daar bewapende polisie onder die skare ingaan met knuppels om hierdie vreedsame betoog op te breek, en daar sou honderde arrestasies gemaak word.

In Uganda is net onlangs ‘n wet deur die parlement geloods onder die toejuiging van Evangeliese Christene wat die doodstraf vir homoseksuele dade ingevoer het. Daar is dit ook ‘n kriminele daad vir iemand om nie ‘n homoseksueel by die polisie aan te meld nie.

In die Islamitiese Republiek van Iran is jong tieners gehang!

Gedurende die Nazi-regime is duisende homoseksuele na konsentrasiekampe vervoer waar hulle gedood is. Tydens die regimes van die Generaals in sekere Suid-Amerikaanse Republieke (Brasilië oa) gedurende die jare 1970 - 1990, is duisende homoseksuele in tronke gestop met die volle goedkeuring van die Roomse Kerk.

Dus wonder ek wie die werklike duiwels in hierdie situasie is? Die Christelike Kerk wat hierdie booshede nie alleen verdra nie, maar agter die skerms van die sekulêre staat ‘n heksebrou van haat en intoleransie skep om die lewens van hierdie persone ? lewende hel te maak.

Waar kom hierdie demoniese haat vandaan?

Beste groete,

Pieter Redelinghuys

  • 5

Kommentaar

  • Hoe goorder die grap hoe meer lag ek mos my tanne af. Elke keer as ek Helsinki hoor laat dit my aan 'n klop-klop (knock knock) grappie dink. Klop klop, wies daar, Helsinki. Helsinki wie. Helsinki maar jy is stout. Ek sal ook 'n storie skryf hoekom die Finne nog so die moer in is vir die Russe.

  • francois williams

    Ek sien jy vergeet  om te noem dat SA was die eerste land om Gays helemal gelyke regte te gee voor die wet en in die Konstitusie!!!
    Hoe so??
    Te veel vodka in Finland of yabba in Thailand huh??

  • Pieter

     
    Ons het mos einste die Pienk Loeriefees hier in Knysna. Goed versorgde mans en vrouelywe word ook hier geparadeer. 
     
    Jy vra waar kom die demoniese haat van Christene vir Gay mense vandaan. Hulle lees dit in die bybel en dan raak dit mos 'n goddelike opdrag. Die Christene kort net bietjie motivering en dan sal hulle Boko Haram na softies laat lyk. 
     
    Groetnis
    Thomas
  • Pieter Redelinghuys

    Thomas,

    Dankie vir jou terugvoer.

    Die ander kommentare hier, tot dusvêr,  dra niks by tot die diskussie nie, en grens aan pateties. Maar as jy die name betrokke sien, is dit heel verstaanbaar.

    Groete,

    Pieter.

  • Pieter,

     Enige persoon wat sy kommentaar begin met iets soos ..."ek lag my tanne af..." probeer eintlik vir oorlede Tolla Van der Merwe nasê. Hoe sê die Engelse nou weer? And then it fails miserably. Snaaks hoe die woord "goor" ook dikwels gebruik word, so asof dit deel van die skrywer se daaglikse gelag oor die tanne is. Dankie vir die punt wat jy maak dat verdraagsaamheid in die wye wêreld minder begin raak. Ons moet begin uitkyk vir die goed.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top