Godsdiens en Nasionalisme

  • 2

Die draak met twee hoofde , Godsdiens en Nasionalisme, is alweer besig om sy invloed te laat geld in die Rusland van Mr. Vladimir Vladimirovich Putin, voormalige hoof van die KGB. Sewe-en-negentig jaar gelede het die Sowjet Unie homself verklaar as die wêreld se eerste ateïste-staat, en hiermee is alle kerke platgeslaan, gesloop of in museums verander.

Vandag is die scenario heel anders. Die Russiese Ortodokse Kerk het soos ? Phoenix voël uit die as verrys en is vandag die mees invloedryke instansie in die land. Dit is ook Mr. Putin se sterkste bondgenoot in sy poging om Russiese nasionalisme aan te wakker, Josef Stalin se kriminele dade te ontken, demokratiese ontwikkeling te stuit, die opposisie te muilband en sy planne om die gewese Sowjet Unie weer opnuut op die been te bring.

Dus voordat Christene agteroorval van skoon plesier oor hierdie herlewing van die Kerk in Rusland kan hulle eers ’n bietjie besin oor hierdie onheilige alliansie tussen Nasionalisme en Godsdiens, en waarheen dit in die toekoms gaan lei, ook wat dit vir wêreldvrede gaan inhou. Dalk nog die sade van ’n derde Wêreldoorlog?

Beste groete,

Pieter Redelinghuys

  • 2

Kommentaar

  • Pieter

    Goeie punt wat jy maak oor Rusland. 
     
    Apartheid was 'n godsdienstig ondersteunde konsep wat wonderlik by die nasionalistiese ideale van die Afrikaner ingepas het - en kyk waar het dit ons laat beland. Oordrewe nasionalisme en godsdiens is werklik soos jy sê 'n tweekoppige draak. 
     
    Die probleem as dat ons hier in Suid-Afrika vinnig besig is om die geskiedenis te herhaal Die ANC begin al hoe meer hulle swart nasionalisme as 'n goddelik geïnspireerde konsep aan hulle volgelinge verkoop. Suid-Afrika staar ernstige uitdagings in die oë.
     
    Wat se nut het godsdiens hoegenaamd????
     
    Thomas
     
     
     
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Thomas,

    Dankie vir jou kommentaar. Dalk sonder dat hy ten volle daarvan bewus was, het George B op 2014.06.25 'n voorbeeld verskaf uit die geskiedenis van Suid-Afrika van die toksiese mengsel van Godsdiens en Nasionalisme in die volgende stelling wat hy gemaak het.

    Hy skryf: AP Treurnicht was 'n wêreldvreemde predikant en 16 Junie 1976 kan direk aan hom en John Vorster toegeskryf word. Vorster omdat hy vir AP vrye teuels gegee het, maar die groot skurk was Treurnicht... Die ontploffing wat gevolg het was te verwagte, dis net die omvang daarvan wat 'n mens nie voorsien het nie.

    Vandag is historici meteens daaroor dat wat in Junie 1976 gebeur het, nuwe asem in die vryheidsstryd geblaas het, en vir hierdie rede behoort die ANC vir Treurnicht en Vorster te beskou as twee van hulle uitstaande helde! Daarvan is hulle nog onbewus.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top