God, goed en kwaad

  • 29

Epicurus was 'n Griekse filosoof en wysgeer wat so ongeveer drie eeue vC geleef het. Aan hom word (waarskynlik verkeerdelik, aldus verskeie navorsers) toegeskrywe dat hy sou gesê het:

Is God willing to prevent evil, but not able?
Then He is not omnipotent.
Is He able, but not willing?
Then He is malevolent.
Is He both able and willing?
Then whence cometh evil?
Is He neither able nor willing?
Then why call him God?

Eintlik het Epicurus dit nie teen die bestaan van God/gode gehad nie, maar juis teen die verskillende toedigsels wat mense aan God/gode gemaak het. Maar dit net terloops.

Dit is 'n lasterlike aanval op die Godheid van diegene wat die Godheid nie begryp nie. Maar op sterkte van sulke gebrekkige aannames omtrent die Godheid sal talle ateïste hul ateïsme probeer regverdig aan die hand van hierdie lasterlike wanopvatting omtrent die Godheid. Jaco, byvoorbeeld, het onlangs weer so gesê omtrent sy eie ateïstiese lewensbeskouing.

Maar mense wat so redeneer, verstaan in die eerste plek nie God se skepping nie. Meeste, indien nie almal van hulle nie, hang die Darwinistiese tipe evolusieleer aan as 'n plaasvervanger vir die bestaan, diversiteit en kompleksiteit van lewe op aarde. Maar dit is juis hier waar die probleem vir hulle opgesluit lê. Deur daardie tipe evolusieteorie of leerstelling aan te hang, demonstreer hulle hul onvermoë om die skepping van God ver begryp of om enigsins intellektueel of spiritueel toegang tot die Goddelike skeppingsgebeure, veral dié van die mens, te verkry. Dit maak hulle vir die detail en aard van dié besondere skepping onontvanklik en bevooroordeeld daarteen.

Dit is waarom hul vals-gelowige napraters dit so maklik regkry om te dink dat mense van aap-agtige skepsels geëvolueer het, maar nie deur God geskep is nie. As hulle die kritiese denk- en begripsmatige sprong sou kon vermag om te verstaan dat dit nie in die fisiese ooreenkomste lê nie, maar juis in die onsienlike, nie-fisiese eienskappe – die Geestelike of Spirituele eienskappe – wat bevestig en bewys dat mense deur God geskep is en nie afstam van enigiets vooraf nie (ten spyte van ooreenkomste), dan sou hulle ook die insig kon bekom om te verstaan dat die lasterlike Epicurus-lament (kom ons noem dit maar so ter wille van die argument) oor God nie water hou nie.

G'n wonder nie, dat hulle dan vir hulleself die saak probeer vergemaklik om op die besonder lasterlike en onoordeelkundige wyse die Godheid aan 'n oppervlakkige morele oordeel te probeer onderwerp en Hom dan te lig te bevind, asof hulle die insig sou kon bemeester om dit te doen.

Die Woord gee vir ons die antwoord op die Epicurus-lament – in Genesis 1:27 word daar duidelik vermeld dat God spesifiek die mens na Sy beeld geskape het.

Nou weet ons almal dat God nie 'n vleeslike tipe Wese is ment arms en bene soos ons dit by mense aantref nie,maar 'n Spirituele Wese – die ooreenkoms met God lê dus nie in die fisieke nie, maar juis in die Spirituele. Die fisieke liggaam van die mens is bloot deur God ontwerp en geskep om geskik te wees vir lewe in die aardse biosfeer – 'n bekende evangelis noem dit gepas die mens se 'earth suit' – vandaar die talle ooreenkomste met ander aardbewonende kreature en skepsels wat algar dieselfde aardse biosfeer en habitat met die mens deel.

Hierdie verklarende aspekte alleen maak van die Darwinistiese evolusieleer 'n ooglopende klug.

God het dus aan die mens die volkome vrye vermoë gegee om besonder fyn onderskeid te kan tref tussen reg en verkeerd, om besonder gesofistikeerde morele waardes en bepalings te onderskei en hulle lewensbeskouinge en lewenswyse daarvolgens in te rig. Dít is een van die belangrikste ooreenstemmende Goddelike kenmerke van die menslike psige en vermoë.

Maar omdat die mens glad nie by sy skepping betrokke was nie, maar die skepsel is van die Skepper, sou die mens derhalwe glad nie weet watter morele waardes en geregtelike riglyne voor- of nadelig is nie. Daarom het God nóg 'n Goddelike eienskap aan die mens toebedeel, naamlik die vermoë tot gevorderde en gesofistikeerde Spiritualiteit of Geestelikheid welke die mens uniek en by uitstek in staat stel om deur die Goddelike kommunikasie beïnvloed, geïnspireer en gerig te word – Sien die HERE Jesus Christus se bevestiging hiervan in Johannes 14:6-7; Johannes 14:26; 15:26; 1 Johannes 5:6.

Net só ervaar ons as ware gelowiges in God dit ook. Dit is so omdat God aan SY menslike skepsels vrye vermoëns toebedeel het ooreenkomstig SY Eie geaardheid, maar ook is HY regverdig en stel aan hulle bekend hoe HY van hulle verwag om hul vrye wil uit te leef en welke vir hulle voordeel of nadeel sal inhou. Vandaar ook die opgeskrewe Woord as Riglyn.

Die kwaad en swaarkry en nadeel wat die mens ly is dus sy eie vrye keuse en toedoen. Dit affekteer die Koninkryk van God glad nie. God word nie daardeur bedreig nie, maar die mens self. Die mens, in sy eie bestaanswêreld, het die vermoë om dit af te weer in God se Krag en Naam en deur Hom te gehoorsaam, maar doen dit nie en doen homself die kwaad aan.

So sal ons dus die Epicurus-lament aanpas om die werklikheid te weerspieël:

God is willing to prevent evil, by warning free man against it.
Then He is omnipotent by preventing it at His will for His pupose and for evil has no effect on Him.
He is able, and willing to assist those who genuinely request (Mark 16:17; Luke 10:17; Acts 5:16; 16:16-18).
Therefore He is benevolent.
Then whence cometh evil? Evil comes from man's own invented lack of wisdom to follow God's lead (Psalm 37:3-6; Isa 58:14; 1 Pet 5:7).
He Is benevolent, able and willing and omnipotent.
That is why we call him God.

Kobus de Klerk

  • 29

Kommentaar

  • Ai tog Kobus

     
    Iets is nie waar omdat jy dit glo nie. Evolusie is deur die moeisame (maar deeglike) proses van die wetenskaplike metode as 'n feit bevestig. Jou skeppingteorie is ongegrond en blote wensdenkery gebaseer op jou interpretasie van 'n antieke geskrif. 
     
    Het jy jouself al ooit afgevra hoekom alle universiteite hulle biologiese wetenskapprogramme aan die hand van die evolusie-teorie aanbied en nie jou hersenskim van kreasionisme aanhang nie?
     
    Weereens, jy kan glo wat jy wil maar jy kan nie jou eie feite opmaak nie. Die realiteit is wonderlik genoeg sonder om in die onbewysbare te glo. Ek ondersteun OGOD volledig in hulle aksie om godsdiensrituele uit skole verban te kry - dis sleg vir die kinders. 
     
    Groetnis
    Thomas

     
  • Beste Kobus,

    Dit hinder my glad nie as daar nog diesulkes rondloop wat glo aan slange en bome wat praat, mense wat sommer so oombliklik volwasse geskape word uit grond en ribbebene met tieties en al nie; hulle moet net nie hulle geloof op my probeer afdwing, of hierdie stront in kinders se koppe inprent nie.
     
    Groete,
    Angus
     
  • Ai tog Thomas, 

     
    Iets is nie waar omdat jy graag wil glo dit is 'n feit nie. Evolusie is Nie deur die Wetenskap as feit bewys/bevestig Nie. "Nice try, but no Cigar" vra maar jou hoëpriester Dawkins self. Om die waarheid te sê, Wetenskap beweeg al hoe verder weg van die "nog nooit bewysde teorie van die evolusie-ideologie" omdat dit al jare terug as onsin bewys is, juis deur die einste wetenskaplikes wat dit so graag as feit wou bewys/glo. Enige iemand met iets tussen die ore en 'n biertjie insig kan dit maklik ondersoek en navors vanuit 'n objektiewe oogpunt. 
     
    Maar voordat jy jou spreekwoordelike stert in 'n krul trek, ek stel geensins belang om met jou in 'n argument/gesprek vir of teen die evolusie-teorie betrokke te raak nie - daai perd was nie net al holrug gery nie maar het lankal gevrek.
     
    So tussen hakkies, die realiteit is dat menigte (indien nie die meeste nie) studente by die universiteite waarmee jy so graag spog, in elk geval die evolusie-teorie afmaak as onsin. Die eenvoudige rede? Die evolusie-teorie beteken niks en voeg geen waarde by hul lewens nie.
     
    Jy is reg, die realiteit is wonderlik!
     
    Groete
     
    Dolf
     
     
  • Kobus

    Epicurus was nie met die Abrahamse God bekend nie, wel die verskillende Griekse gode, dus was sy paradoks nie godslasterlik bedoel nie.

    Sy persepsie toe, en die algemene persepsie vandag steeds, is dat indien daar enige God/gode bestaan, staan die onbelangstellend en onverskillig teenoor die lot van die mensdom oor die algemeen, ongeag enige heilige skrifte se beweringe tot die teendeel.

     Onlangse gebeurtenisse: Die aardbewing in Haïti ; die tsoenamie in die ooste;  die moorde op Christene deur ISIL en deur Bokko Harram, ens  onderskraag sodanige gevolgtrekkings.

  • Kobus de Klerk

    Jaco,

    Jou stelling dat dit die 'algemene persepsie' vandag is dat enige God/gode bestaan, staan die onbelangstellend en onverskillig teenoor die lot van die mensdom oor die algemeen, geld slegs vir agnostici soos ateïste. Dit is die persepsie onder diesulkes alleenlik.

    Maar die persepsie onder die massiewe oorgrote meerderheid, mense wat op een of ander wyse in die Godheid glo, is bepaald nie soos jy sê nie en is meer in lyn met wat ek weergee.

    Derhalwe onderskraag onlangse gebeure soos wat jy opnoem, glad nie daardie persepsie van jou nie - want julle agnostiese persepsie verlang van God om mense teen hulself te beskerm, wat onsinnig is, aangesien mense dit self kan/moet doen deur Hom te gehoorsaam - terwyl jou voorbeelde eerder onderskraging is presies van wat ek weer gee - Then whence cometh evil? Evil comes from man's own invented lack of wisdom to follow God's lead.

    Julle verlang 'n God wat julle soos willose, insiglose robotte behandel en aan die neus lei, anders is hy nie God vir julle nie.

    Maar God het mense nie so geskape nie - hulle het 'n outonome wil ('n refleksie van God se outonomie) en moet dus die verantwoordelikheid daarvan dra en uitleef - hulle is daartoe ook in staat, met God se hulp, soos God hulle geskape het - He is able, and willing to assist those who genuinely request. Therefore He is benevolent.

    Terloops, die volke wat jy noem, dien God nie. Hulle hulle het allerlei drog religieë wat hulle aanhang - 'n mengelmoes van Christendom, voorvaderlike aanbidding, voodoo en wat nog meer, iets wat vir God 'n gruwel is (Sefanja 1:4-6; Jeremia 19:13; Josua 23:7). Hulle vra dus hul drekgode vir hulp (sommige van hulle gee dit selfs die naam van God) en natuurlik is die resultaat teleurstellend ...

    Dink sorgvuldig daaroor na

    Kobus de Klerk

  • Beste Dolf,

    Jy hap darem nou lekker in die wind. Oppas net dat jy nie jou sigaartjie insluk nie. Ek sou graag wil weet hoe en deur wie die evolusieteorie "jare terug as onsin" bewys is. Waar is die danige bewyse?
     
    Jy sê Dawkins sê self dit is nie as feit bewys nie. Waar lees jy dit? Gee my asseblief 'n verwysing. Om die waarheid te sê, Dawkins bewys self dat evolusie van die lewe werklik gebeur het. Lees sy boek: The Greatest Show on Earth: The Evidence for Evolution.
     
    Miskien sal jou oë oopgaan.
     
    Groete,
    Angus
  • Dolf

     
    As die studente die evolusie-teorie verwerp kan jy aan my verduidelik hoekom alle gesaghebbende universiteite volhou om hulle biologiese wetenskappe daarvolgens aan te bied? Is die akademici straks met 'n bose komplot besig?
     
    Doen bietjie moeite en lees op oor evolusie - uit jou opmerkings is die vlak van jou kennis duidelik sigbaar. 
     
    Word jou kreasionistiese drome op enige plek ter wêreld aangebied as wetenskaplike verklaring van die verskeidenheid van lewe op aarde?
     
    Groetnis 
    Thomas
  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Jy is iemand wat glo dat alles, die verbysterende kompleksiteit van lewe op aarde, toevallig ontstaan het uit 'n onwillekeurige proses vanaf 'n enkele selletjie baie lank gelede ... en dan beweer jy Dawkins het dit as feit bewys? Daardie boek van hom wat jy na verwys, bewys dit hoegenaamd nie - hy probeer, maar slaag uiteraard nie. Hoe kan hy dit bewys? Maar as jy begin om aannames en teorieë wat self bewys verg as bewyse per se te sien, sal jy die stuitige dinge sê wat ons jou en Thomas hier sien sê.

    Die evolusieteorie is bloot 'n model - dit is nie feit nie. Die rede daarvoor is dat die raamwerk waarop dit gebou word, ten beste spekulatief is weens die spesifieke interpretasies van fondse in die fossielrekord en die genetika wat eintlik nog beter kan dien as getuienis teen die voorgehoue evolusieteorie, weens die aanduidings dat niks daarvan tot stand sou kon kom sonder die aanwending van enorme intelligensie en rigting nie. Dit sien ons uit die feit dat daar geen getuienis nog ooit gevind is van werklike (in teenstelling met jul teoretiese aannames daaromtrent) biologiese ontwikkeling wat toevallig plaasvind nie - selfs die elementêre (gemeet aan die kompleksiteit waarbinne dit plaasvind) toetse en herskepping van 'n gnoom en ander dergelike eksperimente, ook op mediese gebied, bewys onteenseglik dat dit ontsaglike inset van kollektiewe intelligensie van wetenskaplikes sowel as hulpmiddels en vindingrykheid verg om selfs die geringste daarvan tot stand te bring.

    Gelukkig is daar maar baie min van julle wat aan die snert van evolusie glo. Die feit dat dit gedoseer word in onderwysinstellings, beteken glad nie dat almal wat dit aanhoor of selfs doseer, daarin glo nie. Inteendeel!

    Dit isin tye gevestig toe daar nie vrae gevra is nie en alles wat in die curriculum voorgekom het, eenvoudig klakkeloos aanvaar en aangebied is waar die evolusieteorie goed nesgeskop het. Dinge is egter besig om te verander - mense kom agter daar is alternatiewe en hulle word vir die gek gehou met die simpel evolusie-teorie. As Thomas tot beter insig in staat was, sou hy besef dat die spulletjie by onderwysinstellings ingeburger is as 'n kwessie van beleid en interne politiek van die instellings waar dit die enigste model is wat aangebied word. Waar die beleid nie afgedwing word nie, is daar alternatiewe onderrig ook.

    So, ja, die enigste haalbare en logies fundeerbare model is juis die van Goddelike skepping - dit is feit, nie teologie nie. Selfs teologie berus dikwels op feite. Daarom is die Genesis-skeppingsgebeure van die ontstaan van die mens as unieke skepsel, die aanvaarbare. Alles wat ons van die mens weet, wat hom van die res van die biologiese skepping onderskei, getuig van die waarskynlikheid en aanvaarbaarheid van die Genesis gebeure - net die Godheid kon en kan die dinge regkry wat ons so bestudeer en ondervind en bevind. Alles dui daarop - dit is dus vir julle klompie om dit te probeer weerlê.

    Waarmee die wetenskap hom dus moet besig hou, is om God se Hand daarin te vind en vas te stel hoe HY dit doen. God is voldonge feit - feite is waarmee wetenskap werk. As die wetenskap feite ontbreek, dan is die wetenskap veronderstel om te soek daarvoor. Maar met die God-Feit, wil julle klein klompie nie eens daarvan hoor nie. Hoe onwetenskaplik en onvolwasse.

    Kobus de Klerk

  • Beste Kobus

    Jy sê evolusie is snert omdat jy eintlik nie verstaan wat biologiese evolusie is nie. Biologiese evolusie is is maar net 'n verandering in die gene-samestelling van 'n bevolking. So sal insekte bv 'n weerstand ontwikkel teen sekere gifstowwe waarmee hul bespuit word.

    Dit is 'gene' wat begin weerstand bied en dit is dus evolusie in die kleine. Net so het alle spesies in 'n neutedop begin reageer op bedreigings vanuit die natuur en moes om te oorleef aanpassings maak en dit het ook tot 'n voorkomsverandering gelei.

    Kyk maar reg rondom jou en al die bewyse is daar.

    Ysbere en bruin bere is 'n duidelike bewys van aanpassing en ontwikkeling. Dieselfde het met mense gebeur.

    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste Kobus,

     As ? begrip in julle kreasioniste se koppe ge-”hardwire” is, dan kry ? mens dit nie met ? koevoet daar uit nie. Julle huil jarelank dat evolusie maar net ? teorie is, ten spyte van verduidelikings dat wetenskaplike teorie bewysbaar is. Ja, dit is ? teorie.

     
     Nou kerm julle kreasioniste weer dieselfde ding: die evolusieteorie is bloot net ? model. Wanneer wetenskaplikes sê hulle weet wat binne ? atoom aan die gang is, of dat evolusie plaasgevind het, of waarin hulle ook al belang stel, bedoel hulle hulle het ? model daarvan wat ooreenstem met alle bevindinge, eksperimente, en navorsing. Ja, die evolusieteorie is ? model. Indien daar bevindinge is wat nie ooreenstem met hierdie model nie, kan die model gewysig word of geskrap word en met ? nuwe vervang word. Tot dusver het niks, geen eksperimente, geen navorsing, geen Bybel, die evolusieteorie verkeerd bewys nie. Daarom kan die subtitel van Dawkins se boek “The Evidence of Evolution” wees. 
     
     Ja, daar is duisende van julle kreasioniste wat met gepraat en gebabbel probeer bewys dat die evolusiemodel verkeerd is, maar nêrens is dit proefondervindelik gedoen nie. Egte wetenskaplikes kon dit ook nie doen nie, inteendeel, alle pogings van hulle het net die evolusiemodel verstewig. Nog die fossielerekord, nog die Genetika kon tot dusver die evolusiemodel verkeerd bewys. 
     
     Julle god was in primitiewe tye in alles teenwoordig: die weer, die wind, die donderslae, aardbewings, vuurspuwende berge, die reën, tsunami's, sommer alles. Die wetenskap het hom nou teruggeslaan sodat hy nog net hardkoppig vasklou aan die laaste vesting, die ontstaan van lewe. Wetenskaplikes gee toe; hulle weet nie waar lewe vandaan kom nie. Nou gryp julle kreasioniste na hierdie laaste strooihalmpie. Hierdie “onvermoë” van die wetenskaplikes is nou vir julle die almagtige, oorweldigende “bewys” vir daardie kastige “kollektiewe intelligensie” van jou. Skrik wakker, Kobus! Die wetenskap werk daaraan om te ontdek waar lewe vandaan kom, want hulle is nuuskierige wesens. Anders is die kreasioniste wat agteroor sit, hulle vet magies en vryf. Hulle weet mos waar lewe vandaan kom, waarom moet hulle nog moeite doen? 
     
     Dis nou maklik om hier sommer te tik dat al die wetenskaplike eksperimente slegs ? bewys is vir die bestaan van hierdie Intelligente ontwerper, want die rekenaarskerm se “papier” is geduldig. Waar is die bewyse vir so ? intelligensie? Daar is nie. Al wat julle kreasioniste kan sê is dat ? mens dit sommer kan sien, jou gesonde verstand vertel jou dit en dat “julle ateïste” nie die spirituele vermoë het om dit te kan verstaan nie. (So terloops, ? genoom is ? wetenskaplike model; ? gnoom is ? spirituele model geskep deur die bedwelmde brein van die kreasionis.) 
     
     Jy sê daar is maar min evolusioniste? Skrik wakker! Die evolusieteorie is die geskiedenis van lewe op aarde, maar dit beïnvloed haas alle vakdissiplines. Daar is selfs Christene wat sommer sonder bewys "glo" in die evolusieteorie. 'n Kollega van my, 'n Bioloog en Christen, sal vir jou sê dat Plant- en Dierkunde sonder die evolusieteorie nie sal sin maak nie. 
     
    Gepraat van snert. Dit is darem ? groot klomp snert wat jy kwytraak as jy beweer dat daar dosente is wat die evolusieleer net aanbied omdat dit in die kurrikulum voorgeskryf is. Jy hap sommer in die wind, en as daar is, kan hulle mos bewyse lewer dat die teorie foutief is. 
     
     Sou jy die evolusieteorie eerder wil vervang met kreasionistiese stories? Ek sterf liewer tien dode voordat ek aan my studente moet verduidelik hoe Adam volledig en volwasse met tieties en welsprekendheid, binne enkel oomblikke uit grond geskep is. Dink net hoe die manne oormekaar sal val om die eksperiment met die ribbebeen vir hulle elkeen ? doedie te maak. Om van die Noag-storie nie eens te praat nie. Verbeel jou die evolusieteorie word geskrap en vervang met die Noag-model! Ek sal die laggende stok van die wêreld word. 
     
     Al wat nou oorbly, is, ons moet nou tussen twee modelle kies.  Die evolusiemodel wat vir dekades al dag vir dag eksperimenteel waar bewys word, of die Goddelike skeppingsmodel van julle kreasioniste wat nie bewysbaar is nie, nie bewys kan word nie, en gebaseer is op stories van slange en bome wat kan praat, Jonas wat in walvisse lewe, vrouens wat in soutpilare verander, kragreuse wat duisend mense met ? eselskakebeen doodslaan, seë wat met ? kierie oopgekloof word, maagdelike geboorte en allerhande sulke snert. Selfs dominees loop draaie hierom, want die kinders sal vir hulle lag. 
     
     En van dominees gepraat; daar is vir jou ? mooi voorbeeld van “om den brode.”
     
     Groete, 
     Angus  
  • Kobus de Klerk

    Boot,

    Ek verstaan baie goed waarvan jy praat - as jy dit wat ek weergee oor hierdie evolusie-onderwerp in die verlede gelees het sou jy sien dat ek beslis nie ontken dat biologiese aanpassing intra-spesifiek plaasvind nie. Maar daar is absoluut geen bewysdaarvoor dat een soort in 'n ander evolueer sodat mense uiteindelik die resultaat is van 'n eenvoudige selletjie wat toentertyd 'n evolusie-proses aan die gang gesit het en waaruit alle diverse en komplekse lewe voortspruit nie. Dit is onbewysbaar en blote spekulasie. Dit is 'n stuitige aanname van jou waarvoor daar geen bewys is nie - veral nie in die lewe hier om ons heen nie! Dit is absolute snert en dit is waaroor die evolusie-teorie eintlik gaan aangesien die aannames die fondasie van die teorie is.

    Dit is dus eerder jy wat daardie einste teorie aanhang, wat nie verstaan wat aangaan nie.

    Angus,

    Jy behoort te weet dat dosente wat probeer bewys dat die evolusieleer foutief is, hulle werk verloor. Daar is talle voorbeelde daarvan. Maar gee kans, dit is die tyd dat die soort van dinge wel sal begin gebeur.

    Jou lang relaas ten spyt, is daar niks wat jy kan aanbied om te bewys dat komplekse lewe soos ons dit ken uit die eenvoudigste, selfs nie-lewende selletjie ontstaan en geëvolueer het, nie.

    Jy sê daar is nie proefondervindelik bewys dat die evolusie-teorie verkeerd is nie - maar waarom moet daar? Dit is julle wat proefondervindelik moet bewys dat die teorie bewysbaar is as enigste redelike verklaring van 'n proses, en dit kan julle eenvoudig nie doen nie. Ek hoef nie te bewys dat jou teorie - wat nog bewys moet word - nie bewys kan word nie. Die feit dat jy nie jou teorie kan bewys sonder om op nie-bewysbare aannames en teorieë staat te maak nie, is destruktief genoeg vir jou teorie.

    Evolusie is 'n teorie, weliswaar, maar nog nie bewese nie - kan ook nie in sy Darwinistiese formaat nie. As sulks, as die verklaring van die ontstaan en ontwikkeling tot komplekse lewe, is dit hoegenaamd nie bewys nie en kan nie as sulks bewys word nie. Die oorgangsmodelle wat beweer word bewys is van oorgang van een soort na 'n ander, is hoogs spekulatief en bloot gebaseer op op sommige fisieke ekwivalente tussen sulke fossiele, ens. Maar dit is al waarvoor dit bewys is - dat daar ooreenkomste is. Vir die rede waarom, is daar 'n meer redelike verklaring as die onbewysbare  een wat julle aanhang. Dit is veel eerder bewys daarvan dat sulke uitgestorwe soorte so geskape is en so fisies voorkom omdat hulle algar steeds dieselfde habitat en hulpbronne deel om te oorlewe. Een aarde met een biosfeer met, van tyd tot tyd, baie gevarieerde lewe daarop, dog baie fisieke en ander biologiese ooreenkomste om dieselfde basiese hulpbronne te benut en natuurlik in dieselfde biosfeer te kan oorleef vanaf 'n ontwerp-bloudruk wat voorsiening maak vir variante om elke aspek van die aardse biosfeer te benut. Die verskillende soorte het net te plotseling ontstaan en verdwyn om enige ander redelike verklaring te kan akkommodeer, en baie beslis is die evolusie-teorie nie sodanige redelike verklaring nie. Evo devo, byvoorbeeld hoewel nie so bedoel nie,  is niks anders as aanduiding van hierdie intra-spesifieke aanpassingsproses nie en bied bevestiging vir die feit dat daar 'n goed beplande, uiters komplekse bloudruk-plan is wat dien as skeppingsbasis vir alle soorte lewe wat op aarde moet funksioneer, wanneer die lewe ookal gekom en gegaan het.

    En al daardie lewe, wanneer ookal geleef en uitgesterf, toon onmiskenbare en onweerlegbare kenmerke van komplekse ontwerp wat skrei teen alle nosies dat dit toevallig of onwillekeurig oor baie lang verloop van tyd baie stelselmatig tot stand sou kom - dit is wat jy en Boot aanbied en julle is beide verkeerd en kan geen bewys daarvoor lewer nie. Alle verandering ter wille van aanpassing geskied streng intra-spesifiek - as jy dit evolusie wil noem - en nie oor die spektrum van soorte heen sodat een soort verander in 'n ander soort nie. Daar is net eenvodig geen bewys voor nie.

    So, wanneer ons dan in die Woord sien dat God op ordelike wyse soort na soort skep in die huidige skepping, dan kan ons aanvaar dat HY volgens dieselfde orde ook vorige lewe op aarde geskep het (uit vorige skeppings-eras) - soort na soort - en dit sien ons uit die getuienis uit die verlede. Daarvoor is daar dus onafhanklike bewyse in die natuurwetenskappe, en is dit wetenskaplike onverantwoordelik om dit te verwerp onder die voorwendsel dat dit Godsdiens is. Maar vir jou inligting, Godsdiens deel met en steun ook op feite in soverre dit vir die beoefening van die Godsdiens nuttig of van belang is. Dus, 'n feit verander nie van karakter bloot omdat dit deur die Godsdiens benut word nie - 'n feit bly 'n feit.

    Net so met intelligensie. As iets kompleks - herhaaldelik proefondervindelik - slegs tot stand gebring kan word met toepassing van beplanning, rigting en uitvoering deur aanwending van intelligensie, dien dit meer as voldoende vir voldonge bewys dat alles anders wat van komplekse aard is en so bly funksioneer, ook die resultaat is van aanwending van skeppende intelligensie. Nou, as jy nie saamstem nie, is dit jy wat sal moet bewys hoe dit gebeur sonder aanwending van intelligensie en dit is vir jou onmoontlik. Maar julle sien dit as geleentheid om 'n onsinnige teorietjie te ontwikkel (wat ook nie sonder aanwending van intelligensie - hoewel misplaas - gedoen kan word nie) wat postuleer dat dit onwillekeurig en toevallig alles so in plek val en in plek bly. Belaglik onwetenskaplik!

    Jammer vir die tikfout met 'genoom'. Gelukkig weet jy waarna ek verwys... tog kon jy nie daarmee deel nie.

    Maar dit is nie waaroor dit wat ek in die artikel in hoof weergee, alleen handel nie. Is jy nie in staat om die res daarvan te verwerk en sinvol daaroor kommentaar te lewer nie?

    Kobus de Klerk

  • Angus

    Pragtige en logiese uiteensetting!  Net nuuskierig.  Was dit oorwegend evolusie of ander oorwegende faktore wat van jou 'n ateïs maak?

  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Jy maak die stelling dat God in 'primitiewe' tye in alles teenwoordig 'was' - die weer, die wind, die donderslae, aardbewings, vuurspuwende berge, die reën, tsunami's, sommer alles maar dat julle tipe wetenskap Hom kwansuis nou 'teruggeslaan' het sodat HY nog net 'vasklou' aan die sogenaamde laaste vesting, die ontstaan van lewe ...

    Maar jy is weereens totaal van koers af - God is nog net so verantwoordelik as Skepper en uitvoerder van die natuurlike fenomene as toentertyd, niks het verander nie.

    Maar julle ontleed die blote manifestasie van Goddelike natuurwerking en betrokkenheid en dink dan verkeerdelik dat julle die oorsaak van daardie manifestasies raakgeloop het - omdat julle slegs dit in ag neem wat julle kan sien maar die res, die eintlike oorsake, ignoreer asof dit nie bestaan nie.

    Waarby jy nie kan verbykom nie, hoe jy ook al op julle huidige vlak probeer toets, is dat God die Skepper en Uitvoerder van alle sisteme wat  julle ondersoek, is.

    Kobus de Klerk

  • Kobus

    Jou teenargument aan Angus is ewe puik en logies uiteengesit.  Ek as leek, en ek glo ander in soortgelyke situasies, kan die een teenoor die ander opweeg  wat vir hom persoonlik die aanvaarbaarste is, mbt tot die ontstaan van lewe.  In beide gevalle word leersame inligting verskaf, wat aandui dat albei sy vakgebied deeglik bestudeer het.

  • Beste Jaco, 

    Jy wil weet wat my 'n ateïs gemaak het? Toe ek klein was, was daar naby ons huis 'n groot ogiesdraadomheinde kamp, waar my ma met Leghorns geboer het. Daar was honderde van hulle, maar net een haantjie het na my aangehardloop gekom as ek naby kom. Hy het toegelaat dat ek sy kop vryf, terwyl hy heerlik aan die sprinkaan gesmul het wat ek vir hom gebring het. Toe, eendag, sien ek hy is siek. Ek het op my knieë mooi vir liewe Jesus gevra om hom gesond te maak, want my pa het my geleer dat alles wat jy vra as jy bid, sal vir jou gegee word. Ten spyte van my gebede, het my haantjie gevrek. 
     
    In die Sondagskool het ons onderwyseres, juffrou Vogel, vir ons vertel liewe Jesus is die babatjie van die maagd, Maria. Sy verduidelik toe dat 'n maagd 'n ongetroude meisie is. Ek wou toe by haar weet of sy 'n maagd is, en toe jaag sy my uit die klas uit om in die bloedige son langs die kerk te sit om te proe hoe die hel smaak. Daar het dominee my gekry, maar gelukkig verstaan en my na my ouers toe geneem. 
     
    As dit nie van my 'n ateïs gemaak het nie, sou geen evolusieteorie dit kon doen nie.
     
    Groete,
    Angus
     
     
  • Beste Kobus

    Nee jy verstaan evolusie verkeerd.Lewe het nie op hierdie planeet op net een plek in 'n soort van paradys ontstaan nie.Nee daar is voldoende aanduidings dat lewe nie net in die see maar ook in soetwaterpoele ontstaan het.

    Wat jy doen is om 'n soort kitsgod te verkoop wat nie kan skep nie - tensy Hy dit binne ses 24 uur dae doen.

    Jy vergeet dat die Bybel deur mense geskryf is onder inspirasie - maar dat die inspirasie komende van die Heilige Gees nie daarop gerig is om wetenskaplike kennis te verbeter nie.

    Die Bybel is geskryf binne die bestaande beperkte wetenskaplike kennis van die tyd, daarom sal jy niks in die Bybel lees van DNS , wat 'n redelike onlangse ontdekking is , doodeenvoudig omdat die Bybelskrywers nie daarvan kennis gedra het nie omdat dit  buite hul wetenskaplike kennis geval het.

    Jy kan nou maar kwik en kwak soos jy wil- oermense het hierdie planeet bewandel lank voor 'Adam en Eva' volgens die Joodse tydlyn in die Paradys geskep is.

    Een ding moet jy onder die knie kry: Jy kan nie 'n tydlose Wese ontleed met menslike denkwyses nie en aan menslike tydterme koppel nie.Tyd speel geen rol nie.

    Die Bybel is nie 'n wetenskaplike handboek nie en sal nooit een wees nie en kan as sulks nie so verdedig word nie.

    Dit is nogal verbasend dat jy so tekere gaan oor die ontstaan van die biologiese mens. Dit is in ieder geval nie 'n biologiese mens  wat voor sy Skepper sal verskyn om rekenskap te gee van sy doen en late op hierdie planeet nie.

    Nee die biologiese mens hou op bestaan en daarom is die debat daaroor ook eintlik nutteloos.

    'n Enkele vraag vir jou -reken jy dat die evolusionêre proses buite die Skepper se skeppingskrag val en dat ek hier te make het met 'n  natuurlike proses groter as die Skepper self omdat 'n letterlike vertolking van die skeppingsverhale geskryf lank nadat gebeurtenisse waaroor dit vertel plaasgevind het, dit so vereis?

    Laat dit met jou goed gaan.

  • Beste Kobus,

    Ek ken nie dosente nie, die onderwyskolleges hier by ons het almal toegemaak. Ek ken net lektore, en hulle doen gereeld navorsing wat hulle vak betref. Hulle is ook jaloerse mense; dink jy vir een oomblik hulle sal stilbly as hulle kan bewys die evolusieleer is verkeerd? Hoe kan ? mens ? Nobeltoekenning sommer so weggooi? 
     
     Talle voorbeelde van dosente wat die evolusieleer om den brode verkondig? Dis mos in die wind hap. Gee my die talle voorbeelde.
     
     Ek erken ruiterlik, ek kan nie bewys lewer waar lewe vandaan kom nie. Indien ek ? Christen gewees het, sou ek gemaak het of ek weet, en so lekker lieg.
     
     Met al jou geskrywe wys jy net jou onkunde aangaande die wetenskaplike model, en hoe wetenskaplikes te werk gaan. Natuurlik sal hulle so ? model tot in die fynste besonderhede ondersoek en as hulle fout vind, sal hulle nie stilbly nie. Hulle is eerlike mense; hulle sal die model afkraak en ? nuwe een sal sy plek neem. Die evolusieteorie is so ? model en dit staan nog. Natuurlik was daar al talle wysigings, soos die wetenskap vorder. Waar daar eens ? fossielrekord was met baie gapings, is daar nou die genetiese fossiele wat verwantskap van die mens toon met die eenvoudigste selletjie waarmee jy so spog. 
     
     Alle navorsing en proefnemings versterk maar net die evolusieteorie. Die voorspellings wat dit maak op landboukundige gebied, die veeteelt, die mediese wetenskap, is juis. Nou waarom wil jy dit so graag verander? Net omdat ? antropomorfologiese wese, wat die skepping is van die menslike verbeelding, daardeur verontreg word? Julle kreasioniste moet asseblief julle koppe laat lees.
     
     ? Komplekse organisme kan alleenlik deur miljoene jare van evolusie geskep word, nie hokus-pokus, binne ? japtrap uit ? hopie grond en ? ribbebeen nie. Al verskil is: die miljoene jare van evolusie kan ondersoek word. Die hokus-pokus-gedoente mag nie ondersoek word nie, dis glo godslasterlik. Dit moet net geglo word, en basta.
     
    Jy vra my om te bewys dat God nie bestaan nie? Ek kan nie, maar as ons nou al die vakdissiplines bymekaar gooi, is dit ? ander storie: die letterkunde, plant- en dierkunde, filosofie, psigologie, argeologie, en deesdae sommer die teologie ook. Dan kan aan jou bewys word dat die god waaraan jy glo, slegs ? skepping is van die menslike verbeelding. Hy is ? karakter binne in ? mitologiese verhaal.
     
     Die probleem met julle kreasioniste is julle is so geïndoktrineer dat julle dink dat alles wat bestaan deur ? intelligente wese geskep is: horlosies, motors, diere, plante, riviere, sterre. Julle kan nie julle ou klein verstandjies sover kry om te begryp dat nie alles deur IO’s gemaak word nie. 
     
     Jy sê dat God die Skepper is. Hoe weet jy dit? Ek sal jou sê.  Jou ouers het dit vir jou gesê. Jou dominee het dit vir jou gesê. Jou ouderling het dit vir jou gesê. Jy het dit in die Bybel gelees. Jy glo sommer net.
     
    Daar is geen manier waarop jy die waarheid daarvan mag toets nie. Ek weet, en jy weet, daar is goed wat die Christen hinder, soos die pratende slang en bome, die hopie grond en die ribbebeen die soutpilaar en die eselskakebeen, die water wat met ? stok oopgekloof word, die wêreld se spesies op een ou dobberende houtbootjie, die maagdelike geboorte. Die beste is, praat maar land en sand daaroor, of knyp jou oë, ore en alles toe en hou jou bek. 
     
    Groete,
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Vir jou inligting - do•sent´ (-e): Persoon wat les gee aan ’n inrigting vir tersiêre onderwys: Dosente aan ’n universiteit, kollege.Odendal, F. F. (1994). Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. Midrand: Perskor Uitgewery.

    Genoeg daarvan.

    Behalwe die paar wat ek persoonlik ken en wie se name ek nie hier sal noem nie, is daar ook ten minste 600 ander wat die petisie teen evolusie geteken het en 'n ander akademiese heenkome moes gaan vind. So is daar dan vermoedelik nog massas wat maar stilbly en verkondig, want, wiens brood men eet, wiens woord men spreek... soort van ding.

    Daar is baie al geskrywe van binne die geledere self, soos Roger Lewin wat sê dat die feite omtrent sogenaamde makro-evolusie gewoon maar net nie die teorie daaromtrent ondersteun nie. Maar soos dit is, is daar gans te veel van hulle om hier te probeer opnoem.

    Weereens kom jy terug na fisiese ooreenkomste, maar geeneen van hulle of enige teorie daaromtrent kan weerlê wat ek hierbo daaromtrent weergee nie. Jy sê ook dat 'n komplekse organisme alleenlik deur miljoene jare van evolusie 'geskep' word, maar dit is juis die probleem - daar is geen bewys voor nie, absoluut geen moontlikheid om dit te bewys nie, behalwe net die presiese onbewese aanname wat jy maak. Die moderne wetenskaplike kom en tref alles alreeds so aan en maak aannames oor die ontstaan en ontwikkeling daarvan. Hoe op aarde kan jy bewys dit is nie deur aanwending van superieure Intelligensie ontwerp en geskep nie? Alles wat nie eens naby so kompleks is waarvan jy weet en waarvan enige wetenskaplike weet, het slegs tot stand gekom deur aanwending van intelligensie tot die uiterste mate waartoe mense in staat is. Jy kan eenvoudig die teendeel nie bewys nie.

    Wat God se skepping aanbetref, het ons SY Woord daarvoor. Ons het interaksie met Hom, net soos jy interaksie het met ander mense wat jy nie kan sien nie (net op 'n ander wyse van kommunikasie - Spiritueel). En boonop sien ons vandag dat dit wat HY duisende jare gelede aan SY profeet gekommunikeer het in die idioom van die tyd, dat dit so is. Waarom sou die eerste mens eers 'n baba moes wees? Hy is nie gebore nie, hy is geskep. Hoekom sukkel jy om dit te aanvaar, maar jy vreet die evolusionis se storie van ultra komplekse lewe uit 'n enkel eenvoudige onsigbare selletjie as soetkoek op? Jy is die een wat moet bontstaan om dit te verreken, maar jy kan nie - behalwe deur die mees vergesogte spekulasie en selfdesepsie.

    Jou insiglose siening van Bybelse gebeure waarna jy neerhalend verwys, bring jou nie uit jou dilemma nie. Terloops, net enkele voorbeeld van jou dwaling - die dimensies van Noag se ark, wat hom bykans 100 jaar geneem het om te bou, is sodanig dat jy dit kan vergelyk met 'n reusevragskip vandag - jy noem dit 'n houtbootjie; Dan praat jy van die wêreld se spesies op die ark, terwyl die Woord na soorte verwys;  Adam is uit aardse elemente en grondstowwe geskape en Eva uit sy been en vlees - dit is wat die Woord sê, en heeltemal korrek so soos wat die biologie sal bevestig waaruit ook die mens bestaan - maar jy noem dit 'n hopie grond ... So bedrieg jy jouself.

    Die ander dinge wat jy noem, is instrumente en katalisators vir die aanwending van Goddelike Krag, dieselfde soort as wat HY in plek gestel het om massiewe rotsplanete en ander fenomene in stand en in plek te hou, terwyl julle die sigbare deel van die manifestasie van SY Krag bestudeer sonder om Hom raak te sien terwyl julle jul verlustig aan SY handewerk!

    As ek so kyk na jou rede vir jou ateïsme soos jy hierbo aan Jaco verduidelik, is dat jy as klein kind uit haglike onkunde en kinderlike kortsigtigheid so geword het oor dinge wat jy glad nie verstaan nie, maar steeds, na al die jare, nog nooit uit daardie letterlik kinderagtige paradigma kon ontsnap nie, dan is dit vir my geen wonder nie, dat jy kans sien om die Darwinistiese tipe evolusieleer aan te hang. En dit is werklik nie bedoel om jou te beledig nie, maar verbasend om te sien hoe jy en waarskynlik ander soos jy vir dieselfde tipe redes, eenvoudig spiritueel emosioneel ophou het om enigsins te ontwikkel, wat nog te sê, wasdom te bereik. Dit is eintlik ontstellend tragies, maar dit verduidelik baie omtrent julle.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Boot,

    Staak gerus jou pogings. Wys my waar het ek gesê dat God die skepping van alles binne 24 uur dae geskep het. En daar is geen rede waarom nie, want HY is tot alles in staat. Maar dit is nie wat ek weergee nie, veral nie die eerste vier skeppingsdae nie.

    Jou snert omtrent die Heilige Gees is lasterlik en jy  gee voor die Gees sou mense in onkunde en leuens omtrent SY skepping laat begaan ...

    Dit is nie nodig om van DNS in die Woord te lees nie - maar niks wat die wetenskap van DNS weet, weerspreek wat in die Woord staan nie.

    Dit is dus ongelukkig jy wat die Opperwese met jou uiters menslike gedagtes - komende boonop van agnostici wat die evolusieleer ontwerp het juis om God daarmee te probeer wegverduidelik, probeer in 'n agnostiese blik druk weg van SY Woord af.

    Jy weet ongelukkig as persoon klaarblyklik niks van die Heilige Gees nie en is beswaarlik in 'n posisie om vir ander  iets omtrent Hom te probeer wysmaak behalwe net om jou eie onkunde aangaande Hom aan hulle af te smeer, wat eintlik baie lasterlik is en dus iets waarmee jy oordeel oor jouself bring en bitterlik jammer nog oor sal wees.

    Ek reken nie dat enigiets buite die Skepper se Krag val nie, want HY is alwetend en almagtig, maar ek weergee dat die Darwinistiese evolusieleer sekerlik nie SY handewerk as ontstaan en ontwikkeling van die lewe waarvan in Genesis geskrywe word, verklaar nie en nie van Hom komende is nie, want dit skrei teen die biologiese feite wat te versoen is met SY Woord. Die Darwinis interpreteer doelbewus dieselfde feite om Hom uit te probeer skakel en dit is nie biologie nie maar bose teologie. Jy het daarvoor geval, maar die Waarheid akkomodeer geen middeweg, geen grys area, nie.

    Die Woord gee nie voor om 'n wetenskaplike handboek te wees nie, nee, maar die Woord eerbiedig wetenskaplike feite en korrektheid wanneer dit soms aangewend en aangebied word vir doeleindes van die Spirituele boodskap van die Woord.

    Om met jou reguit te wees, wanneer ek die druil van sommige ateïste hier rond lees, is dit een ding, maar ek kry 'n mislike gevoel wanneer ek jou druil lees, juis omdat jy so ploeg met Gods Woord en voorgee om so gelowig te wees. Jaco het jou aanhoudend gevra, en jy het hom met relaas op relaas probeer ontduik - wat glo jy en wat is die grondslag daarvoor? Jy het hom steeds nie geantwoord nie, maar die antwoord is - jy glo wel ja, maar nie in God nie, wel jou eie poespas van  jou eie maaksels, die van ander en so bietjie van die Woord wat jy dink, jou pas. Dit is hoe jy geopenbaar is.

    Die tragiese is dat jy eintlik ongelowig in God is, maar vanweë jou fasade as gelowige wat jy voorhou, laat jy ongelowiges en agnostici wat jou as gelowige aansien, nog meer struikel en jy gee nie 'n duit om nie. Sover is dit net Jaco van hulle wat deur jou fasade kon sien en jou ook daarvoor uitgewys het.

    Ek dink nie daar is enige punt in om verder met jou oor die dinge te praat nie. Jy kom net al meer en meer in 'n posisie dat jy lasterlikhede kwytraak op uiters hardkoppige manier en 'n oordeel oor jouself bring in die proses.

    Kobus de Klerk

  • Angus

    Dankie dat jy my nuuskierigheid bevredig het.  Soos die spreekwoord dit het: "Dieselfde son wat die klei hard bak, smelt die was."

    Hartverskeurende persoonlike ondervindings het baie tot ateïsme gedryf, net so, vir ander weer, tot 'n dieper geestelikheid.

  • Beste Kobus

    'n Woordeboek bied maar net riglyne. Dalk is dit so dat daar universiteite is wat dosente en professore het, ek weet nie. In my begindae was ek 'n tydjie oa ook dosent aan 'n onderwyskollege. My aanstellingsbrief in Engels het gesê ek is 'n lecturer. Ek weet van geen universiteit waar daar dosente is nie. Weet jy dalk? 
     
    Dis nou afgesien van wat in die woordeboek staan.
     
    Groete,
    Angus
     
     
  • Beste Kobus  de Klerk
    Regtig jy moet nou ophou om nonsens  te verkondig op hierdie forum.

    Wat ek skryf het niks te doen met waartoe God in staat is, maar wel wat wetenskaplik haalbaar is binne die natuur wat God geskep het.

    Nou kom skryf jy sulke twak dat ek nie weet of ek nou moet lag of huil nie.Jy is besig om soveel skade aan te rig dat dit nie ’n wonder is dat die ateïste op hierdie forum in hul houding verhard nie.

    Werklik Kobus ‘n 6 dae 24 uur skepping en ‘n 6000 jaar oue aarde getuig van soveel onkunde dat jy kop in skaamte behoort te laat sak.Dan is jy nog vermetel genoeg om te vra dat ek dit moet bewys dat dit nie so is nie.

     Die planeet waarop ons bly en jou eie skelet en brein se samestelling  asook die Genesisskeppingsverhale getuig teen jou en dan beskryf jy my as:

     “Die tragiese is dat jy eintlik ongelowig in God is, maar vanweë jou fasade as gelowige wat jy voorhou, laat jy ongelowiges en agnostici wat jou as gelowige aansien, nog meer struikel en jy gee nie 'n duit om nie. Sover is dit net Jaco van hulle wat deur jou fasade kon sien en jou ook daarvoor uitgewys het.”

    Hoe kan jy so arrogant wees dat jy selfs  ’n homoseksuele ateïs jou bondgenoot maak. Jy kan nie eers die Genessisskeppingsverhale in hul verband en teen die geskiedkundige agtergrond waarteen hul geskryf is lees nie, wat staan nog om enige betekenisvolle inhoud aan hul te gee en dan beskuldig jy die ingeligte ateïste van onkunde oor die Bybel.

     Weet jy dan nie dat die eerste skeppingsverhaal eintlik uit twee drie ‘dae’ dele bestaan? Drie ‘dae’ van voorbereiding en dan drie dae waarin ‘lewe’ verskyn in dit wat in die eerste drie ‘dae’ voorberei is?

    Uit die wetenskap weet ons dat die 3 voorbereidings ‘dae’ en die  3 ‘dae’  waarin lewe verskyn eintlik lang tydperiodes is.Die aarde was ’n onbewoonbare planeet van giftige gasse in ’n uiters vloeibare toestand.

    Die planeet moes eers afkoel en verskillende harde lae vorm wat later tot die onstaan van een groot landmassa sou lei. Hierdie landmassa het opgebreek om die verskillende kontinente te vorm wat steeds in beweging is. Sonder die vloeibare kern wat oorgebly het van die eens ‘gesmolte massa’ sou lewe op aarde nie moontlik gewees het nie.

    Daar was dus nie water op die planeet nie want enige vorm van water sou eenvoudig verdamp het.Die aarde moes dus eers afkoel en is uit die buitenste ruimte ‘gebombardeer’ deur komete en ander voorwerpe asook waterdraende komete, nie in vloeibare maar gasvorm.Gaan na veral  na Nasa se webblaie as jy meer wil weet oor die ontstaan van die aarde, maan ens.

    Vandag is die impak van voorwerpe uit die ruimte wat die aarde getref het, nog steeds sigbaar en is die Vredefortkoepel in ons land ’n voorbeeld van die ontsettende verwoesting wat ’n rots so groot soos Tafelberg aangerig het toe dit die aarde getref het.Sien http://www.mieliestronk.com/vredefort.html

    Jy het die Skepper van ‘hemel en aarde’ vermenslik en vasgeknoop aan ‘n 6 dae 24 uur skepping en 6000 jaar oue aarde en Hom sodoende ontneem van die grootsheid en majestueuse van die skepping soos deur die wetenskap daagliks ontdek word.

    Dit is jou houding  wat ateïste soos Angus dwing om tot die gevolgtrekking te kom dat: “Julle god was in primitiewe tye in alles teenwoordig: die weer, die wind, die donderslae, aardbewings, vuurspuwende berge, die reën, tsunami's, sommer alles. ...” want jy is die een wat die Ondeurgrondelike-Onverklaarbare-ewige Wese- toegesluit het in “ ‘n 6 dae 24 uur skepping en 6000 jaar oue aarde” en weier om Hom daaruit te laat ontsnap bloot omdat jy so vasgevang is in jou eie onkunde en hardkoppigheid dat nie eers die rots waardeur die Vredefort koepel ontstaan het jou daaruit kan losskiet nie.

    Laat dit met jou goed gaan - my seshonderd woorde is op.

  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Jy maak nou met die woordeboek soos wat party ouens met die Woord doen, veral as daar goed in staan wat hulle nie pas nie, dan is dit sommer net riglyne, en hul eie versinsels, die werklike reël... dit is nie goed nie.

    In ons dae op universiteit was al die leerkragte dosente genoem en daar is gesê, so en so doseer sus en so. Hulle het na hulself ook as dosente verwys.

    En wil jy nou meer, die woordeboek het met hierdie praktyk saamgestem en stem steeds saam. Ek sal eerder die woordeboek as gesag aanvaar ...

    Dus, ja, by al die universiteite is daar dosente wat vakke en kursusse doseer. Maar daar is sekerlik alternatiewe ook, soos wat jy voorstel.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Boot,

    Jy is baie voorspelbaar en jou tegniek is afgewater - jy bly onsinnighede herhaal en bly foutiewe aannames aanhang ten spyte daarvan data daar vir jou die teendeel aangedui word. Dan probeer jy jou jakkalsdraaie met 'n stortvloed van woorde  verdoesel.

    Ek vra jou reguit vir die hoeveelste keer - wys vir ons een enkele skrywe wat ek weergee het, waar ek sou sê dat die skepping bestaan het uit ses, 24 uur dae. Tot dan moet jy jou snater liefs hou. Trouens, doen dit gerus in elk geval.

    Ateïstiese homoseksueel my bondgenoot? Dit, neem ek aan is Jaco? So, hiermee bevestig jy ronduit dat jy neersien op hom, dink jy is beter as hy, dat jy 'n aannemer van persoon is en alles verwerp wat hy sê, bloot omdat hy 'n ateïstiese homoseksueel is ... en dan noem jy jouself Christen? Alles behalwe, want jy gaan loodreg teen die Woord in met jou hoogmoedigheid en jy is soos 'n moderne fariseër. Dit is hulle soort wat die Here Jesus Christus aan die kruis op Golgota laat vasspyker het! Hulle het Hom verloën. Wil jy ook so wees?

    Jaco weet - en almal weet - dat beide sy ateïsme en sy praktiserende homoseksualisme my teen die bors stuit en dat ek dit onder geen omstandighede sal goedpraat of mag oorsien nie. Maar hy, net soos jy en ek, is 'n skepsel van die HERE en ek is seker dat die HERE hom ook liefhet - hoewel nie dit wat hy doen as ateïs en homoseksualis nie - soos HY my en jou ook het. Ek is ook seker dat Jaco se ontkenning van Hom as HERE en Jaco se gekose lewensstyl Hom baie seer maak, maar net so maak jou hoogmoed en verwerping van die HERE se Woord en Waarheid ook die HERE hartseer en bring jy eweneens ook 'n oordeel oor jouself.

    Maar die feit is ook jou skande - dat die homoseksualis en ateïs meer insig en begrip toon vir die Woord as jy wat jouself  as Christengelowige bestempel. Dink jy die Heilige Gees is nie in staat om deur enige skepsel SY Waarheid te laat kom nie? Waarom moet ek Jaco en die Waarheid waartoe hy, selfs as ateïs en homoseksualis, in staat is, verwerp bloot omdat hy sonde doen? Vir sy sonde wat hy nie bely en van afstand probeer doen nie, sal hy verantwoording doen en dit is 'n saak tussen hom en die HERE Wie hy verwerp as God. Maar as Jaco, die mens, is hy gelyk aan jou en my en as die HERE Hom dan liefhet, wie is jy om hom te verwerp en oordeel as mens? As jy wil hê die HERE moet hom nou reeds oordeel en verwerp, moet jy bereid wees om ook nou reeds deur die HERE geoordeel en verwerp te word. Is daar enigeen van ons wat so sondeloos is dat ons sonder vergiffenis kwalifiseer?

    Kobus de Klerk

  • Beste Kobus

    Mooi ons vorder.

    Jy gee dus toe dat dit nie 6 dae 24 uur skepping was nie.Verduidelik dan hoe lank die ' dae' was.So terloops wie dink jy is jy dat jy vir enige mens kan sê dat hy sy snater moet hou?

    Jy is 'n bombasties en vasgevang in jou eie verwaandheid en totaal onkundig wat die wetenskap aanbetref. Lees jy ooit enige wetenskaptydskrifte of is jy so vol van jouself  dat jy dink dat jy verhewe bo dit is?

    Nou kom skryf jy weer 'n klomp strooi oor die ontwikkeling van taal?

    Kom by man en word wakker. Jy bly - leef - woon in 'n land waar mense reeds meer as 'n miljoen jaar gelede in grotte aan die kus gewoon en geleef het en selfs vuur beheer het. Hierdie mense het met 'n primitiewe taal met mekaar gekommunikeer.

    Die mens het nie in die Paradys ontstaan nie.Weet jy ooit wanneer die skeppingsverhale geskryf is? Nee jy weet nie anders sal jy nie sulke twak kwyt raak nie.Dit is eerder jy wat moet stilbly. Besoek gerus 'n webblad soos -Fact and faith-  of soortgelyk en leer iets van Christen wetenskaplikes.

    Kom ons toets jou kennis: Waar was die Paradys waar God die mens geskep het en hoe groot was dit en wat is die ligging van die 'groot rivier' wat in Eden ontstaan  en in 4 takke verdeel het?

    Laat dit met jou goed gaan.

  • Beste Kobus,

    Volgens wat jy aan FC Boot verduidelik, was die ses dae waarin die skepping plaasgevind het, nie ses dae nie maar ses lang tydperke. Hoe lank? 'n Duisend jaar elk? 'n Miljoen jaar elk? Volgens jou moes die aarde eers afkoel nadat dit geskep is. Die mens is dus geskape op die sesde dag, en, volgens jou, lank na die aarde afgekoel het. 
     
    Dan sal jy die sakie met Jesus moet uitbaklei, want hy het ook aangeneem dat die aarde in ses dae soos ons dit ken, geskape is. In Markus 10:6 sê Jesus: "Maar van die begin af, van die skepping af, 'het God hulle man en vrou gemaak.'"
     
    As jy nie mooi verstaan nie, kom ek verduidelik vir jou. Volgens jou is die mens geskape duisende, of miljoene, of biljoene jare na die aarde eers afgekoel het. Volgens Jesus is die mens reg aan die begin van die skepping geskape, sommer op die sesde dag al.
     
    Groete,
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Boot,

    Jy is werklik 'n verleentheid vir ander gelowiges en natuurlik vir jouself.

    Na al die tyd dat jy onakkurate aannames omtrent dit wat ek weergee maak, skryf jy wat jy skrywe hierbo.

    Ek dink werklik nie jy is in enige posisie om my kennis te toets nie - jy het self 'n groot probleem met toepaslike kennis en weergee gedurig meestal die opinies van ketters. Selde dat jy iets sinvol kwytraak.

    Byvoorbeeld, dit maak nie, vir doeleindes van die essensiële betroubaarheid van die inhoud, saak wanneer die skeppingsverhale geskrywe is nie. Hulle is natuurlik uiteraard geskrywe na die skepping en nie deur Adam of Eva nie. Wat jy egter nie kan besef nie, nes die ateïste ook nie kan nie, is dat dit nie nodig was vir die optekenaar van die gebeure om persoonlik daarvan kennis te moes dra nie. Moses, in hierdie geval, het dit opgeteken soos dit deur God aan hom geopenbaar is want hy is God se profeet - en hopelik sal jy nie stry dat God Self teenwoordig was tydens die skepping nie ...

    Die mens het ontstaan soos daar in die Woord staan dit gebeur het.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Ek het al telkens oor die skeppingsdae op hierdie forum weergee en julle het telkens onsinnige kommentaar gelewer. Dit is duidelik dat jy nie begryp wat ek alles weergee het nie.

    Jou interpretasie van Markus 10:6 is nie korrek nie. Die HERE Jesus verwys daar nie na die skepping reg van die begin af nie - dit is sommer jou eie onsinnige afleiding. Al wat die HERE daar sê, is dat die mens, van die begin van die skepping van mense af as man en vrou geskape is - met ander woorde, die voorloper en instelling van die heilige huwelik. Hier word spesifiek na die begin van  die mens se skepping verwys met die klem wat val op die doel van die skepping van man en vrou in verhouding tot mekaar en is hoegenaamd nie 'n uitwysing na die tyd of hiërargie in tyd van skepping van die mens nie, maar eerder hoedanig God hulle van die begin af - as man en vrou - geskape het. Tot by vers 12 gaan dit oor die huwelik en die oorsprong daarvan, nie oor die hele skepping as historiese feit nie.

    Verstommend hoe julle net eenvoudig nie in staat is om iets in die Woord in die duidelike konteks daarvan kan verstaan nie ...

    As mens jou stuitige interpretasie moes volg, sou dit beteken dat God eers man en vrou geskep het, toe die aarde en toe als anders - dit is wat jou tipe 'in die begin van die skepping' sonder die korrekte konteks, sou beteken.

    Soos ek al telkens weergee het - dit is omdat (meeste van) julle net eenvoudig nie begrip en insig in die Woord het  nie, dat julle sulke stuitigheid en snert kwytraak en natuurlik is dit ook die rede waarom julle agnostici is - omdat julle gewoon nie verstaan of insig in die Woord het nie. Maar helaas daar is steeds hoop en baie geleentheid dat jy van jou kinderagtige agnostisisme ontslae kan raak op een of ander genadige manier.

    Kobus de Klerk

  • Beste Kobus,

    Jy lees verkeerd. Daar staan nie geskrywe "van die begin van die skepping van mense" nie. Lees weer.
     
    Daar staan: "Maar van die begin af, van die skepping af."

    Die mens het hy dus aan die begin van die skepping, sommer die sesde dag al, gemaak.
     
    Groete,
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top