FC Boot se Israeliete

  • 9

Is FC Boot nie dalk ook 'n skuilnaam nie? Dis nogal 'n rare van, daar is g'n een in ons telefoongids nie.

Ewenwel ou perd, dis eintlik jý wat dinge verdraai.

Lees Genesis 12 - toe al is Kanaän aan Abraham se nageslagte beloof, terwyl daar al reeds mense gewoon het. In Deuteronomium hoofstuk 7 word vertel van die baie nasies wat verjaag sou word, sodat die Israeliete die land in besit kon neem.

Dit het uit en uit daaroor gegaan om die land aan hulself toe te eien.

As 'n siekte-epidemie onder die Israeliete uitgebreek het, moes hulle mos eerder hul eie siekes uitgedelg het en padgegee het. Deur die besmette nasie met die swaard aan te val dat die bloed spat, sou die siekte deur die bloed en die nabye kontak eerder verder versprei het onder die Israeliete. En waarom ook die klein seuntjies doodmaak?

As hier tien miljoen Sjinese per skip aankom in die Kaap en vra om deur die land te trek Zimbabwe toe, en jy is die president (God Forbid!), sal jy dit toelaat?

Ek stem saam oor die "heersende praktyke van die dag". Net so was hulle godsdiensbeoefening en geskiedskrywing primitief en barbaars en vol leuens, nogtans wil julle dit aan ons voorhou as die ware woord van God?

Gee my eerder 'n liefdevolle God, wat nie die mens in al sy swakhede veroordeel en hel toe stuur nie.

Groete,

Varkspek

  • 9

Kommentaar

  • Beste Varkspek.

    Raar maar waar.

    As 'n persoon se voorletters en van, nie in jou plaaslike telefoonboek verskyn nie,dan is dit 'n skuilnaam of die persoon bestaan volgens jou nie.Geen selfone waar woon nie?Die van Boot het nogal baie verbuigings,soos bv Booth.John Wilkes Booth was bv die akteur wat President Lincoln op 14 April 1865 vermoor het.

    In watter tydperk is die beloftes aan Abraham gemaak? Die tyd van die aartsvaders was in die Middel en laat bronstydperk, ten tye van die Amoritiese en Aramese volksverhuisings tussen 1950-1450 vC.Dit is dus 'n tydperk wat daar soos tans weer groot onstabiliteit en konflik in die streke was. Abraham was nie 'n Jood of 'n Israeliet nie.

    As jy na http://www.eupedia.com/europe/neolithic_europe_map.shtml#middle_bronze_age gaan kry jy nogal 'n idee wat daar in die verskillende tydperke in verskillende streke aan die gang was.

    Die volgende uittreksel uit Encyclopedia Britannica gee 'n mens 'n idee van hoeveel invallers behalwe die Israeliete daar was, wat almal in die betwiste grondgebied wou vestig.

    "The introduction of bronze in the Early Bronze Age (c. 3000–2000 BC) brought about a cultural revolution, marked by the development of metallurgy and by a decline in painted pottery. Semitic peoples first appeared in Canaan during this period. With the Middle Bronze Age (c. 2000–c. 1550 BC), recorded history in the area began.

     The Semitic Amorites, who penetrated Canaan from the northeast, became the dominant element of the population during this time. Other invaders included the Egyptians and the Hyksos, a group of Asian peoples who seem to have migrated there from north of Palestine.

    The Hurrians (the Horites of the Old Testament) also came to Canaan from the north.The Late Bronze Age (c. 1550–c. 1200 BC) was mainly one of Egyptian dominance in Canaan, although their power there was contested by the Hittites of Anatolia.

    The period was also marked by incursions of marauders called Hapiru, or Habiru (Egyptian: ?Apiru). This term was apparently applied by the Egyptians to other peoples or social groups who were of foreign origin. Many scholars feel that among the Hapiru were the original Hebrews, of whom the later Israelites were only one branch or confederation.

    By the end of the 13th century BC, Egypt's domination over southern Canaan had waned, and the Hittites collapsed under the assault of enemies from the north. During the transition from the Late Bronze to the Early Iron Age—probably about 1250 BC—the Israelites entered Canaan, settling at first in the hill country and in the south.

    The Israelites' infiltration was opposed by the Canaanites, who continued to hold the stronger cities of the region. In the following century, Canaan suffered further invasion at the hands of the Philistines, who appear to have come from Crete.

    They eventually established a coalition of five city-states on the southern coast of Canaan. Under the leadership of King David (10th century BC), the Israelites were finally able to break the Philistine power and at the same time to vanquish the native Canaanites, taking the city of Jerusalem. Thereafter Canaan became, for all practical purposes, the Land of Israel."

    Suid-Afrika se geskiedenis is deutrek van bloedige botsings tussen trekkende groepe. In 1825 het meer as2 miljoene hawelose mense deur Suider Afrika gevlug om weg te kom van bloedige stamoorloë wat deur
    Europese geskiedskrywers as 'Wars of Calamity' beskryf is en die oorloë is gevoer sonder dat een of ander god 'n belofte gemaak het dat die land aan hulle behoort.

    Soos die Voortrekkers beloftes aan God gemaak het tydens Bloedrivier was daar beloftes in die Ou Testament deur God aan 'n spesifieke volk.Solank hul getrou was sou God nie by sy beloftes hou.'n Verbreking deur Israel het rampspoedige gevolge gehad, omdat die verowerende volke die instrumente in God se hand was waarmee Hy Israel gestraf het.

    Die vraag is dus waarom is al die verhale dan opgeteken in die ou Testament. Die ou testament is niks meer as die geskiedenis van een besondere volk nie, waaruit 'n Verlosser gebore sou word,  tot seën van alle volkere .

  • Beste Varkspek.

    Daar is 'n 'nie' in die voorlaaste paragraaf van my kommentaar wat verwarring mag skep.
    Ek pos dit weer om verwarring uit te skakel.Jammer vir die ongerief.

    "Soos die Voortrekkers beloftes aan God gemaak het tydens Bloedrivier was daar beloftes in die Ou Testament deur God aan 'n spesifieke volk.Solank hul getrou was sou God by sy beloftes hou. 'n Verbreking deur Israel het rampspoedige gevolge gehad, omdat die verowerende volke die instrumente in God se hand was waarmee Hy Israel gestraf het."

  • As ek in die bybel lees oor die nasies wat deur die Israeliete uitgemoor is, lees ek hulle het stede gehad en putte en landerye en honderde duisende stuks vee. So, dit was nie sommer klein nomadiese volke nie, dit was goed gevestigde nasies.

    Maar ons het al afgedwaal van my oorspronklike punt, naamlik dat die Israeliete nie die eerstes in die betrokke land was nie en dat hulle ander volke uitgemoor het met die eksplisiete doel om die land in besit te neem.

    Volgens die geskrifte was hulle maar 'n wrede barbaarse volk en mens kan net wonder waarom hulle dan die "Uitverkore Volk" was.

    Ek is nou al moeg vir hierdie storie en gaan nie weer daaroor skryf in die nabye toekoms nie. So, hiermee teken ek dan uit.

    Goeie nag.

    Varkspek

  • Beste Varkspek

    Dit is nogal jammer dat jy so gou tou opgooi.As jy http://realhistoryww.com/world_history/ancient/Canaan_1a.htm google sal jy afkom op 'n afbeelding waarin vier verskillende nasies neerbuig (insluitende 'n  Kanaäniet) vir die verowerende Faro, lank voor die Israeliete die land ingeneem het en  lank voor die volk Israel bestaan het.

    Dit help altyd as 'n mens die Bybel teen die geskiedkundige agtergrond lees.Jy verkeer onder 'n wanindruk onder wat meer as 3000 jaar gelede aan die orde van die dag was.Die geskiedenis leer ons dat die hoog beskaafde Romeine in 12 vC die Friese na  'n bloedige oorlog onderwerp het en belastings ge-eis het.Toe die die belastings verhoog word kon die Friese nie daaraan voldoen nie. Geen probleem vir die beskaafde Romeine nie. Hulle het die Friese se kinders gevat en verkoop.

    Ook was daar die nare gewoonte om by 'n tekort aan bierbekers, menslike skedels vir die doel te gebruik.

    Dit is dus duidelik dat jy nie net die Israeliete kan uitsonder as 'barbaars' nie. Ons voorouers was net so beskaafd of barbaars, afhangende hoe jy daarna kyk as die volk Israel en het heel dikwels volkere uitgeroei in die stryd om grond en hulpmiddels.

    Lees gerus meer oor die Germaanse stamme en jy sal agterkom dat hul allesbehalwe vriendelike medelewende mense was.

    Dat daar veroweraars was wat die Israeliete na beginners laat lyk, was dit veral: GENGHIS KHAN 1162-1227 .Van hom lees ons.

    Originally known as Temüjin of the Borjigin, Genghis was born holding a clot of blood in his hand. His father was khan of a small tribe, but he was murdered when Temüjin was still very young. The new tribal leader wanted nothing to do with Temüjin's family, so with his mother and five other children, Temüjin was cast out and left to die. Of all those in this list, he is the only one to start with nothing. From the most brutal beginning possible, Genghis survived to unite the Mongolian tribes and conquer territories as far apart as Afghanistan and northern China. He left a mountain of skulls that remained for years in China. Genghis Khan paved the way for his grandson Kublai to become emperor of a united China and founder of the Yuan dynasty. In all, Genghis conquered almost four times the lands of Alexander the Great. He is still revered in Mongolia and in parts of China..

    Die mense het ook die nare gewoonte gehad om gesmelte lood in verslane  mense se ore af te gooi en 'voetbal' met hul koppe te speel, Klink nie juis na beskaafd nie.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Varkspek,

    "_________en mens kan net wonder waarom hulle dan die "Uitverkore Volk" was.  Varkspek, ek merk dat jy probleme het met die begrip van hierdie konsep. Die rede daarvoor is eenvoudig dat jy nog dink in die paradigmas van jou kinder Bybel waar daar geskryf staan dat die Israeliete "die uitverkorenes" van Jahweh is.

    Asb laat my jou nou inlig dat die Ou Testament die mees suksesvolle stukkie propaganda ooit geskryf is, en 'n uitmuntende stukkie pr  vir die Israeliete. Die hele Germaanse ( met die swaard) en Romaanse Europa het later geval vir hierdie briljante propaganda-tesis, en vandag lewe dit nog soos 'n virus wat homself periodiek redupliseer.

    Om terug te kom waarom die Israeliete HULLESELF as "uitverkore volk" geproklameer het. As jy jou verbeel dat jy n uitverkore volk van 'n god is, kan jy mos maak en breek soos jy wil. Jy kan bv 'n land binneval wat reeds beset is, en al die mense daar woonagtig vermoor ( genocide), en hulle land en besittings steel. Jy kan dit doen omdat "god aan jou kant is".

    Hierdie idee van 'n "uitverkore volk" is later oorgeneem deur die Britte tydens die ophou van hulle Imperium, en hierdie geloof in hulle eie verhewigheid bo ander volke het hulle die reg gegee om ander aan hulle wil te onderwerp mbv die masjiengeweer, en dan ook die grond en rykdom van ander volke op te eis vir hulleself.

    Dan kom ons by die "Nazis" uit. Die res is geskiedenis. Dus, hierdie destruktiewe voorbeeld van 'n "uitverkore volk"  in die Bybel het veel boosheid deur die loop van die eeue laat losbars.

    Hiermee hoop ek dat jy nou vrede kan vind met jou onsekerheid.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Pieter

    Indien dit nie bewys kan word dat die Israeliete van ouds of die hedendaagse Israeli's volksuitwissing (genocide) gepleeg het nie, bly dit maar 'n propaganda stelling sonder enige feitlike substansie.

    Onthou.  Jou siening is dat die Bybelverhale mites is, dus kan jy nie 'n mite as 'n bron gebruik om jou stelling te staaf nie.  Argeologies is daar ook geen rekord daarvan nie, wel van ander antieke volkere opgeskryf.

  • Hallo,

     
    Claude Rawson, (Maynard Mack Professor of English Emeritus-Yale), verwys in sy studie, getiteld, "God, Gulliver, and Genocide: Barbarism and the European Imagination, 1492-1945", gepubliseer in 2001 na 'n Jonathan Swift pamflet waarin die burgery opgesweep word om, "die ewige gewemel van buitelandse bedelaars", aan die hand van Bybelse retoriek uit te delg, met geweld moet hierdie "thieves, drunkards, heathens, and whore-mongers, fitter be rooted out of the face of the earth, than suffered to levy a vast annual charge upon the city”. 
     
    Eggo's wat vandag nog in vele kommentaar gelees kan word in die media van vandag. Jonathan Swift temper homself en stel ander maniere voor waarmee hierdie "diewe, dronkaards, heidene, en hoere, uitgewis moet word van die aangesig van die aarde".
     
    Die vraag is daarom, waarmee is Jonathan Swift besig? 
     
    Word dit bedoel, word dit nie bedoel nie, is dit 'n "veilige" manier om die stelling te maak sonder dat Jonathan Swift verantwoordelik gehou kan word vir die voorstelle van uitwissing gemaak, terwyl dit toelaat dat die oorspronklike bedoeling nog staande kan bly. 'n Diaboliese dubbelspel, 'n ingewikkelde, "volatile combination of ‘meaning it’, not meaning it, and not not meaning it”. 
     
    Die aspek wat Rawson ondersoek verwys na die,"spektrum van aggressie wat gevind kan word in die ruimte tussen die "beeldspraak" en die implementering daarvan". 
     
    Rawson se studie bevestig dat daar is 'n tradisie in die Westerse denke wat sekere segmente van die mensdom, of selfs die mensdom in geheel, sien as so vervalle dat hulle verdien om uitgewis te word. Rawson neem hierdie tradisie se oorsprong al die pad terug na die vloedstorie in Genesis, en wys daarop dat die volgende weergawe van die Bybelse term "hulle van die aangesig van die aarde vernietig" loop soos 'n draad deur latere skrywers en die retoriek wat daarop bou. 
     
    Hierdie impuls en verwantskap tussen retoriek en die wandade gepleeg is presies waarna Pieter verwys wanneer hy skryf. "Dus, hierdie destruktiewe voorbeeld van 'n "uitverkore volk"  in die Bybel het veel boosheid deur die loop van die eeue laat losbars". Rawson se studie, spoor die uitlewing daarvan slegs vir die afgelope 500 jaar, en alhoewel dit sekerlik nie argumenteer kan word dat daar 'n direkte oorsaak en gevolg is nie. 
     
    Nuanse is gewoonlik 'n probleem in argumente en word dit aan elke persoon gelaat om self te dink. Wat hierdie studie asook Pieter se kommentaar uitlig is dat dit egter van kardinale belang is om te erken dat die werke waarna verwys is, soos "Die Bybel", die voorbeeld van "Jonathan Swift" kan bydra tot die skep van 'n konteks vir die pleeg van vreeslike dade in die werklike wêreld.
     
    Die mees ironiese term is seker: 
     
    "Exterminate all the brutes!"
     
    Baie dankie
     
    Wouter

     
    Naskrif: 
     
    Ek weet al van hierdie boek vanaf 2001, na ek die eerste keer daaroor gelees het in die "Times Literary Suplement", "The New Republic" en "London Review of Books".
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    Dankie, al weer, vir jou bydrae tot hierdie diskoers, en jou tekste wat die konsep van "uitverkore volk" inlig. Graag sou ek beter geïnformeer wou wees oor Rawson se tesis. Dit klink vir my verwant aan die Bybel se konsep van Armageddon wat na die vloed, die mees grootskaalse vernietiging van die mensdom sal meebring.

    Soos jy weet is daar baie godsdienstige groepe in die VSA wat naarstiglik op hierdie "end-of-time" wag, en die "uitverkorenes" onder hierdie christene, "the elect" sal gered word. Dink aan 'n scenario waar so 'n gelowige President van die VSA sou word, met sy vinger op die rooi knoppie.

    Soos jy tereg uitwys dat "dit sekerlik nie argumenteer kan word dat daar 'n direkte oorsaak en gevolg is nie", kan mens nooit die subtiele voorbeeld wat die Bybel stel of die invloed daarvan onderskat nie. Die Bybel sanksioneer die konsep van 'n "uitverkore volk", slawerny is normaal en aan die orde van die dag, en sekere barbaarse strawwe  soos uiteengesit in Livitikus het nog tot onlangs hulle plek gehad in die strafreg van Westerse lande.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

     

     

     

      

  • Hallo Pieter, 

     
    Die boek is redelik duur, maar sal heel goedkoop wees vir jou sou jy besluit om dit dalk te lees. 
     
    Indien jy 'n voorlopige mening wil maak kan jy na die volgende opstelle kyk wat die boek in meer detail bespreek. 
     
    Robert Alter se bespreking in "The New Republic"  kan hier gevind word: 
     
     
    Robert Alter is altyd goed. 
     
    Terry Eagleton se bespreking in die "London Review of Books" kan hier gevind word. 
     
     
    Die bespreking in die TLS kan hier gevind word, maar is agter 'n betaalmuur: 
     
     
    In rangorde van voorkeur, Robert Alter in TNR en die bespreking van Thomas Keymer in die TLS. 
     
    Terry Eagleton, soos altyd kan nie ignoreer word nie. 

     
    Die argument staan egter, hierdie retoriek kan opsweep en dien as invloed vir volksmoord, hoe subtiel dit ook al mag wees, net soos dit heel openlik en direk kan wees. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top