Dirk Rigter Jaco Fourie en Wouter Ferns - my vermoede staan nog!

  • 2

Heil die leser.

Vir jare reeds treiter en ontsier sinici by uitstek die werf met hul vermetele en aksionabele veronderstellinge sonder enige rede of gronde daarin.

Ek bevraag ook vrugteloos hul eentonige verdraaiinge omtrent my standpunte.

Nodeloos om te seg, nie een van die sikofante wat so desperaat mekaar se wankelrige ego probeer oprig, waag 'n antwoord nie.

Slegs enkele sulke voorbeelde uit vele van my besware omtrent hul laakbare boewery kan hier, hier,  hier, ... gelees word. Die kruipers vlug egter bloot van een longdrop na die ander sonder enige verantwoordelikheid, integriteit of standvastigheid omtrent hul gewraakte aannames met die doel om te skaad.

Dit lees skynbaar iets in hul gedagte soos;  algehele immuniteit vir almal wat hul "maatjies" is wyl totale en verdoemende oordeel vir enigeen wat hul siek en gebreinspoelde propaganda teenstaan ...

Hul waansin was dus heel voorspelbaar toe ek waag om te hipostateer dat Dirk Rigter eintlik maar net Jaco Fourie is.

Waar die misantrope se ydele spoeg en plak bevraag word, beantwoord hulle dit gewoonlik met onsin soos "dis vir jou om die teendeel bewys".

Toe ek my vermoede omtrent Dirk Rigter Jaco Fourie as dieselfde persoon waag, word ons liewe Webvoete selfs bygesleep om bewys namens hulle te probeer dien.

Onse Webvoete doen dit toe maar en baseer hul veronderstelling daarop dat Dirk Rigter en Jaco Fourie twee verskillende mense moet wees - bloot op die aanname gegrond dat hul skryfstyl verskil.

As iets abstrak soos verskillende skryfstyle twee mense kan onderskei, dan kan iets soos 'n ontasbare hart as ewe voldoende bewys vir dieselfde mens dien.

Die volgende twee kommintare lees minder as 'n uur uitmekaar onderaan dieselfde bydrae:

Dirk Rigter 2014-02-14 @14:16 Kerneels, jy't nou jou gat gesien, geheel en al! Kyk na jou eie woordeboek definisie: "...Vrysinnigheid, onbekrompenheid. 2. Onbevooroordeeldheid. 3. Vrygewendheid..."  Dis wat ek is. Dankie!! Ongelooflik as jy 'n absolute gek van jouself maak, vir almal om te sien. Waar's jy, het ek gevra. Teenoorgesteld van jou eie definisie, né.

Jaco Fourie 2014-02-14 @15:09 Neelsie. Pleks van die alewige stinkstrontpraat, beantwoord die vraag: "waar staan jy op die ideologiese spektrum. Reg aan die teenoorgestelde kant dalk? Hoe lyk dit daar? Enige vryhede om te stem, te beweeg, toegang tot die reg, vryheid van assosiasie, oppergesag van die reg, ens, ens…"  en ook: watter "ekonomiese en politieke sisteme wat julle twee vir ons land begeer".

Ek sien nie juis veel onderskeid in die skryfstyl nie, dog die verwaandheid daarin staan besonder eenders.

Daar is nog vele sulke voorbeelde waarin Dirk Rigter en Jaco Fourie net té besonder eenders voorkom.

Ek glo die kollig is nou aan en dat dit duidelik vir enigeen sal wees om my vermoede aan enige bydrae in die toekoms deur Jaco Fourie of Dirk Rigter te beskou.

Punt is; wyl Dirk Rigter Jaco Fourie in "hul" gewaande mening altyd die bewyslas om die teendeel op ander plaas, ek ongeag en ter wille van die pedagogie daarin die redes vir my vermoede deel - ek't immers niks om weg te steek nie!

As ek hulle was, sou ek my rybewys, paspoort of ID skandeer - alle verwysing na my persoon behalwe my naam, van en prentjie daarop sensureer en dit dan as klinkklare bewys van my naam en identiteit lewer.

Maar nou ja, Dirk Rigter (nes byvoorbeeld "Wouter Ferns") glo hul banale aandrang altyd genoegsame bewys is.

Ek't vrede met skrywersname, skuilname, nom de plume, pseudonieme ... of wat ookal.

Vals naampies is natuurlik geheel iets anders.

'n Vals naam is 'n naam wat voorgehou word as kamstig die ware Jakob wyl 'n mens eintlik die horing daarin kan ruik.

My vermoede staan dat Dirk Rigter en Wouter Ferns, erg van die noot af is.

Mense wat bedrog nodig om hul gedagtes te deel, makeer gewis iets.

Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

('n wyse het op 'n keer geseg; "saamsweer teoretikus" is gewoon 'n afjak om 'n kritiese denker te probeer stuit)

  • 2

Kommentaar

  • Ai Kerneels, ek hou jou darem besig, né. Twee goed van jou val my (en al die ander lesers hier) op:

     

    Watter soort persoonlikheid het jy as jy die woorde "longdrop" en " Jesus Christus onse Here" in dieselfde skrywe binne enkele sinne van mekaar ophaal? Het jy dan absoluut geen sin vir ordentlikheid en goeie smaak nie?

     

    Jy het jouself, met die gebruik van die begrip neo-liberaal en jou daaropvolgende verskonings van hoofletters en kleinletters en neologismes, uitgewys as 'n totale begrips-analfabeet. Jy kan eintlik net vloek en skel. Geen moontlikheid van ordentlike debatsvermoë nie.

     

    O ja, nog iets, hoe is dit moontlik dat jy dit nie raaksien as Jaco Fourie een van my vroeëre vrae aan jou direk aanhaal nie, nogal met aanhalingstekens en al? Natuurlik sal daar nie verskil wees in die skryfstyl nie, want dis my eie woorde wat hy aanhaal!  Jy het ooglopend so pak gekry met jou foutiewe gebruik van "neo-liberaal", dat jy nou na strooihalms gryp. Haal 'n slag diep asem en loop eers 'n draai voor jy die volgende windmeul bestorm. (Terloops, as jy dié metafoor nie verstaan nie, gaan google "Don Quixote". Dit sal jou dalk bietjie opskerp. Bietjie kultuur, jy weet...)

  • CorneliusHenn

    Dirk Rigter Jaco Fourie,

    Die verskil tussen my en jou is die feit dat ek wel my redes vir my vermoede en/of enige ander aspek rakende my standpunte sal verantwoord.

    Byvoorbeeld; ek laat die eerste drie snedes in my aanhalinge vir enige ander om die eendersheid daarin en my gevolglik vermoede self te beoordeel ... "en al die ander lesers hier", is wel ooreen daarin dat Dirk Rigter Jaco Fourie besonder BAIE eenders is.

    Twee verdere aspekte omtrent jou wat my erg opval is eerstens - dat jy steeds nie geantwoord het op jou gelieg en aksionabele verdraaiing rakende my standpunt omtrent apartheid en die Ingelse nie, en nou is jy die een wat hier dweep omtrent ordentlikheid ... hel, hoe geveins kan jy wees Dirk Rigter Jaco Fourie (in een asem synde so eenders).

    Die tweede aspek is jou eis om goeie smaak in die uitlewing van my oortuiging ...

    Wel, nie een van die Fariseërs of Skrifgeleerdes het Jesus Christus se skoonmaak van die tempel of enige ander omgang met die gepeupel as goeie smaak geag nie - juis die teendeel gereken dat Jesus se verbreking van die protokol gelyk was aan 'n varkkop op die sinagoge se stoep sit en eet ...

    Ek dra nie 'n masker vol skyn en heiligheid nie - enersyds; andersyds, ag ek my idioom met dieselfde waardigheid waarmee die Griekwas Psalm 23 tot eer van onse Jirre sing, al klink dit hoe kras vir sondelose ware Christengelowiges en die res van hul meelopers!

    Doen 'n bietjie meer moeite (soos ek hierbo voorgestel het) ... ek's werklik oop vir oortuiging!

    Intussen staan my vermoede.

    Nederige groete,

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top