Dirk en Thomas vervolg

  • 4

Nou waar was ek laas . . . by Thomas, moet nog Thomas se kommentaar behandel.

Daar’s nie veel wat ek gaan sê nie aangesien ek met sekere goed wat hy sê in ‘n mate saamstem. Hy sê byvoorbeeld “Natuurlik was daar ook ander oorsake [vir die teenswoordige ongelykhede] maar dis baie gerieflik om apartheid alleen daarvoor uit te sonder.” Korrek wat betref dat ‘apartheid’ (lees die Afrikaner se vergrype) vir alles wat nou skeefloop uitgesonder word.

Ook half-reg omtrent die ‘ook ander oorsake’ want die rede vir die teenswoordige sirkus is UITSLUITLIK hierdie ander oorsake, soos gesien kan word in byvoorbeeld Zimbabwe, Sierra Leone of Haïti. Hierdie plekke het agteruitgegaan ten spyte van die feit dat daar nie Afrikaners aan bewind was nie.

Waar Thomas ook wees gedeeltelik reg is, is waar hy skryf “Dis amper soos om slegs die ANC verantwoordelik te hou vir Afrikaners wat in plakkerskampe woon.” Die ANC hier is hoofsaaklik bloot die sondebok; die Progs of DA, die vyfde kolonne en die pers is die belhamels. As jy jou voet teen ‘n klip in die pad stamp kan jy nie eintlik kwaad vir die klip wees nie; die belhamel is die ou wat die klip in jou pad gerol het (en jyself het natuurlik ook skuld omdat jy nie jou oë oopgemaak het nie).

Thomas gee ook te kenne dat hy dink dat die Afrikaners hulle eie grootste vyand is (omdat ‘n klomp mense iewers nou vir Steve sou ondersteun). Hy het heeltemal gelyk maar vir die verkeerde rede. Afrikaners is inderdaad hulle eie grootste vyand; kyk hoe word Dan Roodt en Steve Hofmeyr deur hulle eie mense verguis wanneer hulle opstaan vir Afrikaans en die Afrikaner (met Afriforum nogal deel van die verguisbende kan jy glo).

Waar Thomas die pad nou HEELTEMAL byster raak is waar hy Steve met Malema vergelyk. Hoe kan hy dit doen? Malema verkondig leuens; sê die blankes het hulle grond gesteel. Steve lieg nie en indien hy wel lieg sal ek bly wees waar Thomas dit kan uitwys. Malema ken mense wat toutjies kan trek; hy word gevang dat hy 214km/h ry (en aangekla van onder die invloed boonop) en hy kom skotvry. Steve word gevang dat hy 140 (160?), ry en hy betaal ‘n R12000 boete. Malema betaal (so word beweer) R1miljoen per maand terug aan belasting (weens ontduiking), Steve nie.

Thomas sluit af met die stelling dat hy hom begin skaam vir sy eie mense. Dis andersom; Thomas-hulle, met hulle eng siening van die huidige toestand en ondeurdagte uitsprake, is ‘n verleentheid vir ons mense.

Jan Rap

  • 4

Kommentaar

  • Jan Rap

     
    Steve is populis soos Malema. Hy praat sonder dat hy dink aan die uiteindelike implikasies van sy woorde.
     
    Die feite is dat die Afrikaner 'n minderheid in hierdie land is. Apartheid kleef aan ons soos 'n stuk stront aan 'n wolkombers. As ons hoegenaamd wil oorleef gaan die donder-en-bliksem aanslag van Steve ons absoluut niks in die sak bring nie - ons is tog sekerlik slimmer as dit. Ek is net bly dat die boere slim genoeg is om hulle nie met Steve en Sunette Bridges te assosieer nie, want dan was die toekoms pikswart donker (verskoon die woordspeling) vir die landboubedryf.
     
    Apartheid was nie ekonomies volhoubaar nie. Die ANC se kapperjolle ook nie.
     
    Groetnis
    Thomas
  • Mbt Steve Hoffmeyr

    Ek huldig die hoogste agting vir Steve as musikant, en deel sy voorliefde vir die Afrikaner en die Afrikaanse taal. 

    Wat nie altyd besef word nie, is dat Steve geneig is om oorhaastig in die openbaar op te tree mbt sy persoonlike politieke menings, merendeels tot nadeel van die Afrikanersaak.

    As gevolg van sy optredes, veroorsaak hy onnodige konflik tussen Afrikaners en ander rasse.  Indien die ANYL dit sou regkry om 'n protestaksie  teen die "Afrikaans Is Groot" konsert te bewerkstellig omrede Steve daarvan deel vorm, is die kanse groot dat die konsert in die proses gekelder gaan word.

    Die gevolg?  Onnodige polarisasie tussen dienooreenkomstige ontevrede Afrikaners en anderkleuriges. 

    Waar die saak vir die behoud van Pretoria se naam ondersteuning onder anderrassiges begin uitkring, sal sondanige ondersteuning onmiddellik verdamp, en moet weer van vooraf bearbei word vir die behoud daarvan, om net een van vele ander moontlike twispunte te noem. In Steve se jongste voorval, kan ek die ANCYL se standpunt volkome respekteer, alhoewel ek hulle voornemende optrede nie sal kan goedkeur nie.

    "ANCYL in Tshwane called on progressive Afrikaners to reject people like Hofmeyr, who disseminated “racial venom”. The organisation said while they fully respected the right of all national groups to practise their cultures in peace, they wholeheartedly condemned the statements made by Hofmeyr."

    http://citizen.co.za/277148/afrikaans-groot-concert-going-ahead-aig/.

    Valke soos Rooi Daantjie sien 'n geleentheid vir homself om munt daaruit vir beide sy sak asook sy tanende beeld onder Afrikaners te put.
    http://praag.co.za/?p=28220

    'n Verdere gevaar van Steve se optrede is dat anderrassiges, Afrikanerkonserte en feeste voortaan as Afrikanerprotesaksie gaan vertolk, weereens tot nadeel van die Afrikanersaak.

    Ander Afrikaner-kunstenaars in die konsert wat moontlike dieselfde menings as Steve huldig, tree nie soortgelyk op nie, en word suiwer vir hulle kuns tot voordeel van die Afrikaner waardeer.

    Daar kan ook 'n ander moontlikheid en motief vir Steve se optrede wees, en ek hoop dit sou nie waar wees nie, en dit is dat die herrie wat om hom losbars moontlik doelbewus is om vir hom geweldige gratis reklame en persoonlike inkomste in te bring, as gevolg van Afrikaners wat laer om hom trek (close ranks) omrede die reaksie van ander teenoor hom hulle nie geval nie.  Indien dit die geval sou wees, sou dit 'n selfsugtige en kortsienige optrede tot nadeel van die Afrikaner wees.

  • Almal in Suid-Afrika behoort aan een of ander minderheidsgroep - daarvan getuig die verskansing van baie tale in die grondwet.

    Die ANC mag dalk die skyn skep dat daar 'n homogene swart meerderheid is, maar dit is net wat dit is - 'n skynbeeld.

    Waarin die ANC en vakbonde wel geslaag het is om die verskillende swart groepe saam te bind in 'n gemeenskaplike doelwit en dit is om 'n gemeenskaplike vyand nl die gehate NP-regering tot 'n val te bring.

    Noudat die doel bereik is, is daar groter onenigheid as ooit vantevore en ontaard parlementsittings al hoe meer in 'n sirkus en verskans die regering sigself agter RA en SEB  en sosiale toelates waarvan die ontvangers binnekort tot 17.1 miljoen gaan styg (moneyweb) om aan bewind te bly.

    Dit is dus duidelik dat al die maatreëls in die eerste plek daarop gemik is om 'n lojale ondersteunerskorps te verseker en dit moontlik te maak om miljoene te wanbestee op munisipale,provinsiale en regeringsvlak
    sonder dat dit te veel ophef maak.

    Ja Steve is soms omstrede en sê dalk dinge wat ander fyngevoeliges kan aanstoot gee, maar dit is niks erger as die groep swart jonge mense wat aan 'n jong lid van die uitgebreide familie gesê het om te f-off uit Hatfield want Pretoria behoort nou aan hulle.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top