Die VSA: Wêreld se grootse eksportland vir wapens en terreur

  • 5

Lesers sal dalk geïnteresseerd wees in die brief gepubliseer in "Vanity Fair" van September 2014, deur die redakteur, Graydon Carter. Die kern van die saak word hier siteer:

" I´d never really thought of the movie ( "Groundhog day") as a parable of US foreign policy, but waking up to find Dick Cheney, Paul Wolfowitz, and other Bush-era neocons on TV every morning is enough to put any sentient citizen in a "Groundhog Day" frame of mind. The unapologetic architects of two costly and catastrophic wars, snarling bravely from their well-renumerated and safe redoubts, want America back in the intervention business. It almost doesn´t matter where - Iraq, for sure, but maybe Syria too, and of course Iran, and let´s not forget Ukraine, or whatever week´s hot spot may be. The 3 trillion USD and counting we spent on the Iraq invasion may seem like a lot of money, but interventionists imply, but surely a great nation should be capable of squandering much, much more.

Hier sien ek ’n definitiewe patroon: Die VSA se sg "intervention business" het sy aanvangs reeds kort na die afloop van die Tweede Wêreldoorlog gehad, en het met die afgelope dekades gegroei tot die biljoendollar bedryf van vandag en verskaf werk vir honderde duisende Amerikaners binne en buite die wapenbedryf. Dick Cheney, een van die hoof argitekte van die Irak-oorlog sit ook gerieflik op die hoofbestuur van Haliburton, ‘n firma wat kontrakteer vir die VSA weermag. In die afloop van die vernietiging van geboue, damme, brûe en infrastruktuur in Irak, het Cheney se firma die kontrakte vir die heropbou van die land ontvang. Die logika is dus duidelik vir almal om te sien: val ‘n land binne (maak nie saak waar nie) skiet alles plat, vernietig die infrastruktuur en bring dan jou firma in om die heropbou werk te doen. Netjies nè

Hierdie scenario is so afstootlik in sy werklikheid maar daar om te sien vir diegene wat wil kyk en hierdie beleid maak van die VSA die grootse eksporter van terrorisme vandag. Honderdeduisende mense se lewens word verstoor ( maar wat maak dit saak sodra die dollars maar inrol) deur hierdie menere wat uit die veiligheid van hulle luukse wonings agiteer vir oorloë duisende kilometers weg van die grense van die VSA.

Dalk is dit ook die berekende buitelandse beleid van ‘n groep "neocons" teenoor die Midde-Ooste, dat die verskillende Moslem-faksies wat daar veg mekaar moet uitmoor sodat die VSA van die olie in die Midde-Ooste kan benut op hulle eie terme en Israel ook van die chaos kan baat.

Beste groete,

Pieter Redelinghuys

  • 5

Kommentaar

  • Beste Pieter, ek het al verskeie briewe ivm met die VSA se bemoeisiekerigheid en waansinnigheidswaansin geskryf. Ek het 'n vriend wat aan die "urban legend" van die geldmagte glo. Hy glo ook die Rooms Katolieke Kerk is dissipels van die Duiwel. Ewenwel sy argument is dat die wereld deur twee "geldmagte" te wete die Rothchilds en die Shlazingers (verskoon die spelling) beheer word. Eersgenoemde die Europese en die tweede die VSA groep. Die manne beheer wie koop en kry wat  op die planeet. Daar is ook voordurend 'n wedloop tussen die groepe. Die VSA beheer oa OPEC. Die VSA manuplieer wapenverkope/verskaffing oor die wêreld. Hulle verkoop wapens aan druk- en anti regeringsgroepe in verskeie lande. Hulle noem dit "constructive engagement". Moenie die Britte ignoreer nie. Ander manne wat ook lief is vir oorlog maak is die Franse. Ek is ietwat op my hoede oor die Japanese. Hulle het sowat drie weke gelede hul konstitusie verander wat in 1945/6 opgestel is wat die land verbied om in enige skermutseling met enige land in betrokke te raak. Ons kan net bespiegel en aannames maak oor wie en watter lande hand om die blaas is. Geen vriende, net belange.

    Net 'n terloopse vragie, het die oorlede Anton Rupert nie ook "bande" met die Rothchilds gehad nie? Vra maar net. Dit is oor en oor bewys, jy doen niks verniet vir iemand nie. Alles het 'n prys.  

    Julius Malema se SARS skuld is betaal. Deur wie en teen watter prys.
  • Beste Pieter
    Amerika is nie alleen in die saak ,soos uit die volgende berig blyk.
    http://en.ria.ru/military_news/20140317/188510329/US-and-Russia-Top-World-Arms-Exporters-List-.htmlMOSCOW, March 17 (RIA Novosti) –

    The United States and Russia combined supplied over half of all arms exports worldwide in the past five years, according to new data on the industry compiled by a European think tank. The US topped the list of arms exporting countries, accounting for 29 percent of shipments worldwide in the five year period through 2013, with Russia taking second place with 27 percent, according to the report published Monday by the Stockholm International Peace Research Institute.

     Germany came in third with 7 percent, followed by China (6 percent), which recently surpassed fifth-place France (5 percent). The report noted the volume of Russian shipments has been tending to increase, despite economic difficulties. In particular, Indian weapons imports more than doubled in the past decade, with Russia supplying 75 percent of all arms sales to India in the past five years.

    “Russia has maintained high levels of arms exports despite the crisis in its arms industry in the post-Cold War period,” researcher Siemon Wezeman was quoted as saying in a press release. The report noted that aircraft made up the bulk of US arms sales, while Russia also focused on warships, with major markets in India, China and Algeria. The data published on Monday are part of the institute’s yearbook, “SIPRI 2014.”

    The database is compiled from public sources of information on international transfers of weapons. The Stockholm International Peace Research Institute (SIPRI) was founded in 1966 as an independent think tank for research on conflicts, weapons, arms control and disarmament."

    Hoop die berig verleen meer balans aan die saak.

  • Ek weet nie of jy bekend is met die animasiereeks 'Captain America' nie, nogal goed.  In een van die episodes het hulle (Captain America en sy makkers) 'n land totaal verwoes en, soos hulle toe huis toe gaan op die einde en oor die verwoeste landskap stap, sê hulle vir die inwoners wat neerkom op "daar's hy, wees dankbaar; ons het julle demokrasie gegee."  Many a true word spoken in jest.
    Ons weet ook dis waar want dit het hier ook gebeur.  Die Captain en sy makkers, met die hulp van die vyfde kolonne hier (sogenaamde liberales, bleedin' hearts en kamtige verligtes) het hier ook 'demokrasie' bewerkstellig en kyk wat het ons nou - 'n sirkus.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Reusedwerg,

    Dankie vir jou inset, en as jy geïnteresseerd is in die onderwerp van die Rothschilds,  kan jy gerus 'n uitstekende dokumentêre snit op youtube.com sien. Wat spesiaal vir Suid-Afrika van belang is, is die feit dat die Rothschilds die Anglo-Boere Oorlog gefinansier het.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Pieter

    FC Boot het 'n balans hierbo aan jou eensydige opstel geplaas, waar jy die VSA uitsluitlik uitgesonder het, ooglopend vir anti-Amerikaanse propaganda doeleindes.

    Die wapenbedryf, soos die motorbedryf, voldoen aan 'n onontbeerlike behoefte. Die wapenbedryf voldoen aan beskerming en aanval deur state.  Sonder  wapentuig staan 'n staat kwesbaar vir manipulasie, selfs oorname deur 'n vyandige staat.

    Die toets of die VSA as terreurstaat aangesien moet word soos jy hierbo impliseer, is hoe die meerderheid state van die wêreld die VSA beskou. Behalwe vir 'n paar "rogue" state soos Iran, Noord Korea, ens  voel die meerderheid state van die wêreld geensins deur die VSA millitêr bedreigd nie.  Inteendeel het die meeste van hulle besonderse goeie betrekkinge met die VSA. 

    Die wete dat die VSA as die sterkste wêreldmag bestaan, verleen aan die meeste klein lande, soos SA selfs, gemoedsrus vir vrede.  In teenstelling, 'n ander wêreldmag, nl Rusland wek kommer, veral by sy bure, selfs bure wat voorheen deel van die Russiese ryk was.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top