Die punt vir Wouter

  • 7

Dagsê Wouter, ek verwys na jou kommentaar onderaan my bief van 6 deser.

Jy vra wat my punt is en dan kom jy nogtans met 'n antwoord vorendag. Ek kan egter insien hoekom jy vra wat my punt is want jy mis die punt; die antwoord of uitleg of verduideliking of wat mens ook al jou respons kan noem is disjunk met enigiets in my brief waarop jy reageer het.

Maar laat ek maar vir jou vertel wat die punt is, weer eens.

Die punt is dat, hoe slegter dit gaan in hierdie bedeling waarvoor julle jul so beywer het, hoe meer fabriseer julle ou koeie wat dan uit slote gehaal word om julle dwaling te regverdig. Die punt is julle is gevang vir suckers met slap pap wat julle vir soetkoek opgevreet het onder ‘n wip.

Die punt is dat hierdie opgeblase negatiewe propaganda van julle jul eie punt, naamlik dat dit nou so wonderlik is, totaal negeer. Elke keer wanneer julle die sogenaamde gruwels van die ‘bose’ verlede aanhaal, beklemtoon julle die werklike teenswoordige gruwels want, onwillekeurig, vergelyk mens wat julle as die verlede voorhou met wat tans aan die gang is – daar is plaasmoorde, ekonomie-verlammende stakings, korrupsie, wegholmisdaad en ‘n infrastruktuur wat al hoe sneller verval.

Die punt is dat hierdie sogenaamde demokrasie waaroor julle die skyn handhaaf dat julle in vervoering is (julle moet voortgaan met die charade), toe glad nie ‘n demokrasie is nie: 30 opstande ‘n dag, let wel, per DAG, teen gebrekkige, en in baie gevalle gebrek aan enige, dienslewering deur die owerhede en daardie einste mense stem weer dieselfde regering in. Kan enigiemand dit ‘n demokrasie noem?

Ja, die NSA is ‘n gemors, selfs ANC-amptenare erken dit en die storie van 30 betogings per dag kom van FW de Klerk af op die program Praatsaam nou die dag. Dat die wêreld in ‘n gemors is, is maar min of meer om dieselfde redes as wat SA in die gemors is: Onbevoegde en korrupte mense in leiersposisies.

Jan Rap

  • 7

Kommentaar

  • Alweer die ONS en JULLE sindroom tot vervelens toe. 

    Die realiteit van beide die verlede en die hede word deur Jan verguis.  Die meerderheid non-stemmers van die vorige bedeling het in hierdie bedeling vir die DA gestem en daardeur te kenne gegee hulle het nie 'n pyn met die nuwe bedeling nie.

    Vandag se gemors is ANC gemors, wat non-ANC ondersteuners ook in die krop steek.  Die vorige bedeling ten tye van sy doodsnikke, was ook 'n gemors.  Nou watse gemors is vir Jan die beter van die twee?

  • Hallo J, 

     
    Is ek soos Pilatus, wat vra wat is die waarheid en dan nie bly vir die antwoord nie. 
     
    Terug na die onderwerp, beteken dit, terwyl jy na die film gekyk het, District 9, het jy dit gesien as 'n uitbeelding van die huidige toestande en slegs na die fout uitgelig is deur my, besef dat dit eintlik met die verlede handel. 
     
    Dit was die punt van my skrywe, dat die film lewer kritiek op die verlede en dit was die enigste doelstelling van die film. 
     
    Die film kan ook nie veroordeel word omdat dit nie die huidige aangespreek het nie. 
     
    Dit was nie die doelstelling van die film nie. 
     
    Hoekom Neill Blomkamp besluit het om hierdie geskiedenis op hierdie weer manier weer te herbesoek kan ek nie verklaar nie. 
     
    Daar kan tot 'n groot mate gevra word, wat sou die punt daarvan wees. 
     
    Die enigste kommentaar wat daarop gelewer kan word is dat die mensdom, en gaan kyk na die letterkunde, toneelstukke, films en dan skilderkuns, die werklikheid word soos klokslag herbesoek en dit in verhaalvorm aangebied. 
     
    Dit is wat die mens doen en die impuls is daar vanaf die begin. 
     
    Dit is in daardie konteks wat Neill Blomkamp die verhaal vertel het en dit omvorm het in die manier wat hy gedoen het. 
     
    Dit was dus 'n estetiese beweegrede en nie soos jy dit het, " hoe meer fabriseer julle ou koeie wat dan uit slote gehaal word om julle dwaling te regverdig".
     
    Daardie aanbieding van jou is hopeloos te simplisties en handel glad nie met die redes hoekom die mens hierdie verhale vertel en aanhou vertel nie. 
     
    Die enigste kritiek wat dalk teen Blomkamp se vertelling gehuldig kan word is die kritiek wat JM COetzee teen letterkunde uit apartheid gehad het, naamlik dat dit duidelik letterkunde, kuns dan, uit 'n tronk is. 
     
    Neem JM Coetzee se eie Disgrace, ook aangebied in 'n filmweergawe, met John Malkovich, wat sterk kritiek lewer teen die huidige bestel, en 'n film behoort te wees, wat jy sal waardeer, aangesien dit ondersteuning kan bied vir van jou kritiek. 
     
    Neem kennis dat Disgrace handel ook met die skuld van die verlede, 'n aspek wat jou dwars in die krop sal steek. Niemand kom ook goed oor, in die vertelling van die verhaal nie. 
     
    (Behalwe Bev Shaw en haar beskerming wat sy bied aan diere). 
     
    Petrus, die kragdadige nuwe baas van die plaas, Lucy wat haar verkragtig sien as 'n boetedoening vir die verlede en David Lurie wat nie boetedoening kan doen nie, dit amusant vind, dat dit van hom verlang word, om dit uit sy hart te doen. 
     
    (Sy donker hart). 
     
    Bogenoemde dan 'n voorbeeld van 'n film, eerstens 'n boek, wat kritiek kan lewer op beide episodes van die land se geskiedenis. 
     
    In die lig van hierdie bewustheid is dit verwaand van jou kant af, om jouself te sien as die enigste persoon wat die werklikheid helder sien dat die res van "ons", "suckers (is wat) met slap pap (gevang) is wat julle vir soetkoek opgevreet het onder ‘n wip".
     
    Dit is die regse sluiper mentaliteit waarna verwys word, hierdie sluiptaktiek van "subtiele verdraaings" van die werklikheid, wanvoorstelling van die verlede, en 'n volhouding van julle kant af, dat net julle die waarheid duidelik sien. 
     
    Wanneer, o, wanneer gaan julle besef dit is moontlik om beide die verlede en die hede te kritiseer en elk volgens sy eie kriteria. 
     
    Dit is daardie sluiptaktiek van julle, waar julle hammer op, die plaasmoorde, maar die res van die moorde ignoreer, misdaad is 'n nuwe verskynsel, wat net na demokrasie gekom het, en dit is net julle wat bekommerd is oor korrupsie en die agteruigang van die infrastruktuur. 
     
    Hoeveel het hierdie "sucker" nie al geskryf oor, moord, misdaad, (Africacheck),  korrupsie en die infrastruktuur nie. (Goldman Sachs Verslag)
     
    Waar kom julle daaraan, dat dit net julle is wat die waarheid duidelik sien. 
     
    "Get off it, J". 
     
    Daarom dan my punt, kuns in die mees oorkoepelende term, leer die persoon wat bereid is om dit te volg, hoe om met nuanse na die werklikheid te kyk. 
     
    Jy moet 'n geheelbeeld vorm, soos JM Coetzee se "Disgrace", fiksie en film, of "South Africa Pushed to the Limit: The Political Economy of Change" van Hein Marais, nie-fiksie. 
     
    Die ironie bly egter, dat selfs met die skrywe van jou, wat 'n film aangespreek het, het dit tog weer by jou drie onderwerpe gekom, "apartheid het nie bestaan nie", "Afrikaans word verdring", "Suid-Afrika is in 'n gemors". 
     
    Dit moet jou laat glimlag. 
     
    Jy het 'n idee gehad en nou het die idee jou.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    Naskrif, en nou is daar die rooi gevaar ook nog. 
  • CorneliusHenn

    Wouter, jou argumente is soos altyd ongeldig ... jou onthutstheid hierbo herinner my aan hierdie strokie: http://www.citypress.co.za/politics/congress-clowns-cartoon-slammed/ ... hoe balanseer jy sogenaamd jou demokratiese regte as jy telkens waar jy 'n keuse het om teen die oorsaak van jou sorge te protesteer, heel spontaan en entoesiasties weer vir 'n piesang deur die "wenparty" uitgevang word?... nee hel man - genoeg is genoeg!!!

  • Jaco
    'Ons' en 'julle' is respektiewelik eerste en tweede persoon meervoud, dis grammatika en onvermydelik om te gebruik wanneer mens taal gebruik.  Ons hier in die noorde kry koud maar julle in die suide kry koud en nat.  Of, ons sal bly wees as julle kom kuier.  Jy volg? 
    Hoe werk jy uit dat ek ' ... die realiteit van die hede en verlede verguis'?
    Jou stelling dat ' ... die DA ... nie 'n pyn met die nuwe bedeling het nie' is natuurlik onsin.  Helen Zille het ongelooflik energiek opgetree om stemme te werf juis as opposisie vir hierdie bedeling (waarmee sy dus kennelik nie tevrede is nie). 
    Oor een ding stem ek met jou saam, naamlik dat ' ... die vorige bedeling ten tyde van sy doodsnikke' ook 'n gemors was; die skrif was toe al lankal teen die muur dat hulle besig was om die mag oor te dra.  Daardie gemors het al met die liberale PW Botha begin en in die opsig is daardie gemors deel van die huidige gemors
    Jou vraag watter gemors die beste was is dus ongeldig; dis dieselfde gemors.

    Wouter
    Om jou vraag te antwoord wat ek gesien het terwyl ek na die fliek kyk:  Als wat jy gesien het en nog meer, goed wat by jou verbygegaan het.
    Die 'ou koeie' waarvan ek gepraat het, het nie net betrekking op die Blomkampfliek nie; gaan kyk maar in die argiewe, lank voor hierdie fliek het ek al voorspel dat, soos toestande in die land versleg, al hoe meer ou koeie geskep gaan word om die suckers, die wat hulle beywer het vir die nuwe bedeling, te sus.
    Jou stelling dat dit ' ... verwaand van [my] is ... om [myself] te sien as die enigste persoon wat die werklikheid helder sien...' is onsin.  As ek dinge anders as jy sien, en jy reken ek is verkeerd, dan staan dit jou vry om my te korrigeer.  Ek kan dieselfde simpel argument aanvoer deur byvoorbeeld te sê jy is verwaand omdat jy reken jy sien die werklike waarheid.  Maar, soos ek gesê het, dit is 'n absurde manier van redeneer dié dat ek dit nie doen nie; ek sal my redes gee hoekom ek dink ek reg is en jy verkeerd is.  Ek mag natuurlik nog steeds verkeerd wees en sal dit nie weet voor jy my daarop wys met ondersteunende feite nie en dan is ek 100% bereid om te erken dat ek nie van dié of daardie feite bewus was nie.
    Jy praat van my 'drie onderwerpe' naamlik dat apartheid nooit bestaan het nie, dat Afrikaans verdring word en dat Suid-Afrika in 'n gemors is.
    Wel, ek het nog nooit gesê dat apartheid nie bestaan het nie; ek het gesê dat die apartheid wat julle aanvoer bestaan het nooit bestaan het nie naamlik onderdrukking en uitbuiting deur die Afrikaner.
    Afrikaans word wel verdring; kyk maar na die universiteite, kolleges, privaat instansies (kafees, restourante, hotelle ens), munisipaliteite, howe, staatsdepartemente en dies meer.  Ek mag verkeerd wees maar tot dusver het jy nog nie met die feite vorendag gekom wat wys dat ek verkeerd is nie.
    Suid-Afrika is in 'n gemors, tot die ANC (sekere amptenare) het dit al erken.

    Jan Rap

  • Hello, 

     
    Die gesprek het tot sy onlogiese einde gekom en volstaan ek met die aparte brief van my wat vandag gepubliseer is.
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Hello Cornelius, 

     
    Ek het nie vir die ANC gestem nie, maar wel vir die DA, nie genoeg het saam met my gestem om die landskap te kon verander nie, om ander opsies moontlik te maak nie, 
     
    Die spotprent is nie eers goed nie, maar ek kan verstaan hoekom dit soos manna uit die hemel vir Nasionale Front brigade is, wat nog steeds droom dit is 1955 en nie oor die feit kan kom dat julle in 'n gemengde samelewing moet leef. 
     
    Maar ek sluit af, en probeer jou vermy, wil nie weer beskuldig word dat ek 'n obsessie met jou het nie. 
     
    Verskoon my dus verder, gaan lees jou Burke.
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • CorneliusHenn

    ... stert tussen die bene Wouter Ferns? ... hahahahahahah!!! ... as jy by die onderwerp hou en jou moedswillige veronderstellinge soos weereens hierbo omtrent my persoon agterlaat, sal jou belangstelling nie as 'n obsessie met my gereken kan word nie! ... derhalwe, die DA en ANC is openlik in dieselfde bed; wie probeer jy bluf?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top