Dis ‘n ou storie, die van die padda wat in ‘n pot water, wat geleidelik warm word, gesit word en dan uiteindelik doodgaan. Gooi jy hom in water wat reeds warm is spring hy uit en oorleef.
Dit is waar. Hoeveel sou ‘ja’ gesê het vir die nuwe leiers as hulle uit die staanspoor gesê het dat hulle ons Afrikaanse straat- en dorpsname gaan verander, dat hulle ons universiteite en kolleges gaan verengels, dat hulle Engels die amptelike taal gaan maak en Afrikaans gaan lingua non grata wees oral in die staatsdiens en dat hulle Afrikaanssprekende onderwysers gaan verplig om in Engels klas te gee (en dit is maar onder andere)?
Die antwoord is natuurlik ‘niemand nie’ maar, omdat al hierdie goed geleidelik gebeur het, en nog besig is om te gebeur, kraai daar geen haan na nie. Die paar hane wat wel kraai word verguis deur mede-Afikaners wat definitief ‘nee’ sou gesê het sou hierdie toestand skielik op hulle afgedwing gewees het.
Tog snaaks hoe maklik sommiges (41% volgens Jaco) gekry kan word om te gaan kou aan slap pap onder ‘n wip.
Jan Rap