Die Oekraine-debakel - Vir Pieter

  • 2

Pieter

Op ‘n respons van myself op jou brief: “Israel reg vir aanklag by die Internasionale Kriminele Hof Den Haag” (28/7/14), het ek jou gevra waar staan jou steun rakende die krisis in die Oekraine. Of vir die gesamentlike VSA/EU bondgenootskap; of vir Rusland; of vir die Oos-Oekraine rebelle.

Jou respons was ‘n duidelike steun vir Rusland, geen steun vir die rebelle, en kastyding vir die VSA/EU se inmenging in ‘n gebied wat jy as uitsluitlik Rusland se invloedsfeer beskou. Die Oekraïniese bevolking se eie wense in die saak is vir jou blykbaar nie ter sprake nie, want jy het niks daaromtrent genoem nie.

Feitlik voor die val van die Sowjet Unie, was Estland, Latvia, Poland en Georgia ook vir honderde jare deel van die Russiese invloedsfeer. Sedert die einde van die Sowjet Unie, het hierdie hoofsaaklik Slawiese lande, Russiese broers, besluit om van Rusland weg te breek en deel van die Weste en EU met die gepaardgaande NAVO lidmaatskap te word. Die Oekraïniese regering was aanvanklik deur ‘n coup de tat met behulp van die Weste omvergegooi, maar ‘n wettige presidensiële verkiesing sedertdien het duidelik te kenne gegee waar die oorgrote Wes-Oekraïniese bevolking se keuses lê. In die Ooste blyk die bevolkingsvoorkeur vir Rusland te wees.

Ek is van persoonlike mening dat die plaaslike bevolkings se wense aan voldoen behoort te word, al beteken dit die wegbreek van die Oostelike gebiede van die Oekraine; of as onafhanklike Republiek, of as deel van Rusland, of as deel van ‘n federale staat van die Oekraine. Mbt tot die Krim is ek met jou eens, nie vir redes dat die Krim in die verlede deel van Rusland was nie, maar omrede dit duidelik die meerderheid van die plaaslike bevolking se wense was.

Vergelykend onderling, is die VSA (by die 300mil) ‘n federale staat, waar geen lidstaat ‘n dominante staat is nie; die Europese Unie ‘n los samewerkende ooreenkoms van onafhanklike state; en die Russiese Federasie waarvan Rusland die absolute dominerende staat is.

Die Russiese Federasie, die grootste landgebied ter wêreld se bevolking is by die 140mil, waarvan etniese Russe 110mil uitmaak., met ‘n dalende bevolkingsaanwas, getalle kleiner as Brasilië se bevolking van by die 198mil. Vergeleke met Brittanje (‘n baie kleiner grondgebied) se bevolking van by die 80mil, is etniese Russiese bevolking nie veel groter nie. Bevolkingsgetalle, die ekonomie, asook militêre slaankrag van die VSA en die EU gesamentlik, is by verre sterker as die van Rusland.

Indien Rusland sou besluit om deel van die EU en NAVO te word, en as sodanig aanvaar word, sou die Oekraine-krisis nie ‘n faktor gewees het nie. Inteendeel, my logika sê vir my beide Rusland asook die EU sou daarby baat tot almal se voordeel. Ek is van mening dat Rusland beter aanvaarding tot lidmaatskap van die EU sou ondervind as Turkye se poging daartoe. Die feit vir die huidige verdeling van Europa in ‘n Oos- versus Wes-blok, skryf ek aan Russiese trots toe in ‘n poging om ‘n aparte magsblok te handhaaf met Rusland aan die spits daarvan.

Ek sien jy bly in Finland. Wat dink jy van die volgende stelling:

“Even in Finland, where Sami (Laplanders) children, like all Finnish children, are entitled to day care and language instruction in their own language, the Finnish government has denied funding for these rights in most of the country, including even in Rovaniemi, the largest municipality in Finnish Lapland. Sami activists have pushed for nationwide application of these basic rights.

As in the other countries (Swede en Norweë) claiming sovereignty over Sami (Laplanders) lands, Sami activists' efforts in Finland in the 20th century achieved limited government recognition of the Samis' rights as a recognized minority, but the Finnish government has clung unyieldingly to its legally enforced premise that the Sami must "prove" their land ownership, an idea incompatible with and antithetical to the traditional reindeer-herding Sami way of life. This has effectively allowed the Finnish government to take without compensation (soortgelyk aan SA se EFF se voorstelle), motivated by economic gain, land occupied by the Sami for centuries”. http://en.wikipedia.org/wiki/Sami_people.

  • 2

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Jaco,

    Dankie vir jou interessante brief. Slegs een opmerking aangaande my sg" steun vir Rusland". Dit is nie die geval nie. Om die posisie van 'n land te verstaan, en sy reaksie teenoor 'n bedreiging, is een ding. Om so 'n land te steun, is totaal 'n ander saak.

    Die informasie oor die Sami in Lapland op Wikipedia is verouderd. Hierdie inheemse volk is in die verlede sleg behandel, maar in die laaste tyd is baie gedoen om die situasie te verbeter. Altans so meen ek.

    As 'n algemene waarneming - jou skrywes en antwoorde deesdae op LitNet-briewe is van so 'n hoë standaard, en die inligting wat jy verskaf getuig van 'n deeglike ondersoek van jou onderwerp. Dit word trouens moeilik om by jou kers vas te hou.

    Groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top