Die aanslag op blanke belange nou in volle swang

  • 16

Die aanslag deur die ANC op blanke belange, sowel as blanke eiendom en besittings, is nou in volle swang. ‘n Passiewe benadering deur blankes moedig die ANC aan om verder die skroewe te draai.

“Property rights are under mounting pressure from a raft of new laws including the Property Valuation Act; the MPRDA Amendment Bill; the Private Security Industry Regulation Amendment Bill; the Promotion and Protection of Investment Bill.
These measures could create an impossible situation for many non-designated employees, business owners, farmers, academics and those involved in the professions. It is important for all those involved to wake up to the very unpalatable reality that the second phase of the NDR constitutes a direct assault on their economic interests” (Dave Steward)

Lees die volle berig:

http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71619?oid=719038&sn=Detail&pid=71616

Jaco Fourie

  • 16

Kommentaar

  • Jaco,

     Hoekom gebruik jy steeds die term "blankes" wanneer jy na witmense verwys? Jy besef dit dalk nie maar die 'n "gelaaide" term uit die ou Suid-Afrika. Want deur na hulleself as "blankes" te verwys, het witmense eintlik die ander rassegroepe as minderes gekenmerk, deur hulle NIE-Blankes te noem, maw iets wat hulle nie is nie. (Soortgelyk in Engels destyds: Europeans vs NON Europeans) Onthou jy nog die Stasiebanke en aparte ingange? Ons moenie mede landgenote daaraan herinner nie.

     Praat gewoonweg van witmense of wittes en bruines of swartes as jy na hierdie etniese groepe verwys. Afriforum en Solidariteit doen ongelooflike goeie werk, maar die organisasies én hulle ondersteuners moet afleer om as 't ware "uit die hoogte" te praat met die res van Suid-Afrika. Dis dalk nie so bedoel nie, maar dis die indruk wat geskep word met woorde soos "blankes en nie-blankes."

     Nog iets: As eiendomsreg, boere, beleggings, besighede, akademici, professionele lui en ander ekonomiese belange deur die ANC se NDR bedreig word, dan word Wit, Swart. Bruin, Indiër, ja almal wat in enige van hierdie sektore bedrywig is, se belange bedreig, nie net Witmense s'n nie. Dan moet almal wat hierdeur geraak word opgevorder word om teenstand te bied. Witmense alleen gaan nie die stryd wen nie, ek dink jy weet dit baie goed.

     

     

  • Beste Jaco
    Die ANC is nou stadig maar seker besig om werklik gestalte te gee aan die inhoud van hul 'Vryheidmanifes'.

     Dit het my altyd verbaas dat toe ek nog betrokke was in die politiek hoe werklik oningelig die kiesers (Blankes) werklik was.Die meeste het hul verlaat op uitsprake van vooraanstaande leiers en self min moeite gedoen om die werklike doelstellings van die ANC soos vervat in hul Vryheidsmanifes te verstaan.

    Oor die land se minerale rykdom en ander bates  en grondbesit  lees die manifes soos volg:

    The People Shall Share in the Country`s Wealth!

    The national wealth of our country, the heritage of South Africans, shall be restored to the people;

    The mineral wealth beneath the soil, the Banks and monopoly industry shall be transferred to the ownership of the people as a whole;

     All other industry and trade shall be controlled to assist the wellbeing of the people; All people shall have equal rights to trade where they choose, to manufacture and to enter all trades, crafts and professions.

    The Land Shall be Shared Among Those Who Work It!

    Restrictions of land ownership on a racial basis shall be ended, and all the land re-divided amongst those who work it to banish famine and land hunger;

    The state shall help the peasants with implements, seed, tractors and dams to save the soil and assist the tillers;

    Freedom of movement shall be guaranteed to all who work on the land;

    All shall have the right to occupy land wherever they choose;

    People shall not be robbed of their cattle, and forced labour and farm prisons shall be abolished."

    Daar gaan kort-kort stemme op van veral van diegene wat betrokke was dat die ANC nie langer optree in die gees van en die goederttrou van die onderhandelinge, maar die kritiek maal min indruk en word dikwels afgelag.

    Die toespraak van Dave Steward oor die uitspraak van die Konstitusionele hof in die Renate Barnard saak se impak op die sg ' constitutional accord' waarop die samelewing veronderstel op gegrond te wees,gaan dus min indruk op die ANC maak.

    Ek sê nie hiermee dat die Blankes nou net moet boedel oorgee nie, geensins, maar wel dat alle minderheidsgroepe hul moet voorberei dat die ANC alles in sy vermoë sal doen om aan bewind te bly en dat RA en SEB nog lank  met ons sal wees omdat met 'n bevolkingsontploffing soos tans daar altyd  arm agtergeblewene mense sal wees wat hul op die 'Vryheidsmanifes' sal beroep en druk op die ANC sal uitoefen om gehoor daar aan te gee.

  • Dirk

    Ek het nog  nooit agtergekom dat anderskleuriges met die term "blankes" beswaar het nie, en dat  hulle die siening huldig dat die term "blankes" meerwaardigheid by wittes en minderwaardigheid by anderskleuriges skep nie.  Vir my is dit net 'n ander term vir "wit". Nieteenstaande, ek het geen beswaar om voortaan die term "wit"  eerder as "blank" te gebruik nie.

    Mbt tot jou laaste paragraaf, verskil ek met jou. Die ANC regering het dit baie duidelik gestel dat die uitsluitlike doel van hierdie wetgewing is om wittes onder markwaarde of glad nie vir hul onteienende eiendom te kan uitkoop, sodat hulle dit vinniger aan anderskleuriges kan oordra; en dienooreenkomstig substansie aan hulle persepsie van "regstellende" aksie te kan verleen.  Anders sou hierdie wetgewing oorbodig gewees het.

  • F.C. Boot

    Dankie vir jou respons.  Ek is geneig om 'n ietsie met jou te verskil.  Die ANC het by Kodesa van die "Freedom Charter" heelwat afgewyk, as gevolg van onderhandeling met oa blanke belange, ten gevolg van 'n konstitusie soos ons dit in sy huidige vorm waarneem.

    Vandag se ANC "elite" (en daar is reeds te veel van hulle) sou te veel in hulle persoonlike hoedanighede verloor, indien die huidige konstitusie met die "Freedom Charter" in sy oorspronklike vorm vervang word. Dink net bv hoeveel Ramaposa, 'n miljoener, gaan verloor indien die "Freedom Charter" die huidige konstitusie sou vervang, nie te praat van Zuma nie?

    Nee.  Vandag se voorvegters vir die instel van die "Freedom Charter" in sy oorspronklike vorm om die huidige konstitusie te vervang,  is die Malema's se soort mense, en nie die ANC nie.  Die ANC is verbonde om die kapitalistiese stelsel uit te brei op die lang termyn, en terselfde tyd,  op die kort termyn, vir praktiese redes, die sosialistiese stam stelsel ook te akkommodeer.

    Die mislukking in die ANC se doelstellings vir werkskepping, veral oonder swartes, is die gevolg van ergelike korrupsie en wan-adminsitrasie, waar miljaarde rande vir werkskepping geoormerk, eerder in die sakke van 'n handjievol onder hulle geledere gesypel is.  Natuurlik gaan hulle nie hulself vir hierdie mislukking blameer nie.  Nee. Volgens die ANC is Apartheid, en veral wittes die oorsaak daarvoor, selfs na 20 jaar se ANC beheerde regering.  Hulle propaganda slagspreuke, dien as rookskerm vir hulle oneerlikheid teenoor hulle eie mense!

    Hulle aanslag op wittes is besig om mense in die land weer op ras gebaseer, te polariseer. 'n Nasleep van hierdie optrede is dat wittes minder geneig word om veral swartes in hulle ekonomiese stelsel te wil akkommodeer, nieteenstaande wetgewing wat dit op hulle wil afdwing nie.  En tot dusver, vir elke rassistiese wetgewing deur die ANC deurgevoer, het wittes skuiwergate uitgewerk om sodanige wetgewing te omseil.
    Bv Ons gebruik eerder 'n blanke bediende in ons huishouding, juis as gevolg van die ANC se rassistiese diskriminasie teenoor wittes.  Die man werk vir ons nou vir die afgelope vier jaar, en in daardie tydperk is hy getroud, en het vandag bykomstig  'n pragtige babaseuntjie, en sy eie voertuig waarop hy so trots is.  Ons verskaf hom en sy familietjie 'n tuinwoonstel as deel van ons arbeidsooreenkoms met mekaar.

    Nadat die meerderheid wit staatsdienaars vanuit hul werksposte sedert 1994 uitgeskop was en met swartes vervang is  het wittes op eie vernuf, wetlike versperrings oorbrug. Vir die ANC is hierdie vernuf 'n sonde, en poog hulle verder om selfs die te wil onderdruk deur middel van wetgewing.

    Gelukkig het wittes vir AfriForum wat reeds deur hofbevele baie in belang vir wittes deurgevoer gekry het.

  • So 10 of 12 jaar gelede was hierdie onderwerp hewig bespreek en ge-baklei hier op die werf. My opinie was toe en is steeds dat as 'n volk of minderheidsgroep nie grond het nie, het hulle niks. De Klerk het dit geweet en nie 'n duit omgegee nie.

    As die land verdeel was sou die Witman 'n kans gehad het om weer 'n beskawing te bou op sy eie grond. Nou sit hy op Swart grond en sy situasie word nie beter nie.

    Ek en duisende ander het dit besef en geepad, die uittog is ook nie verby nie.

     

    Duitswester

  • Jaco,

     Net twee opmerkings nav jou respons op my en FC Boot se kommentaar hierbo:

     Is die man wat by julle tuiste werk werklik julle "bediende"? Weer eens gebruik jy, waarskynlik onbedoeld, 'n neerhalende term. "Bediende" laat dink mens aan 40 jaar gelede toe hierdie mense buite die huis op 'n boomstomp tussen die vlieë hul ete uit 'n blikbord met 'n lepel geëet het, wyl die baas en die miesies aan tafel gesmul het aan die kos wat die einste "bediende" voorberei het. Wil jy nie maar die persoon 'n huishulp of huiswerker / tuinwerker noem nie?

     En dan oor die ANC se NDR: Jy verstaan my dalk nie reg nie. My punt is dat, indien eiendomsreg, die landbou, die ekonomie en vryemarkbeginsels in die breë deur die ANC ondermyn word, word elke inwoner van SA hierdeur geraak. Dis eenvoudig: Laer of negatiewe ekonomiese groei sal die gevolg wees en almal word geaffekteer: Minder werksgeleenthede, hoër inflasie, minder buitelandse investering, noem maar op. Dis hoekom ek sê dat nie net witmense hierteen moet waak en stry nie.

     Ek dink dis Leon Louw van die Vryemarkstigting wat onlangs gesê het dat die eerste ding wat hier moet gebeur is om kaart en transport aan elke swart / bruin inwoner te gee wat tans 'n munisipale huis huur. Dan het hulle gevestigde belange in hul eie eiendom, iets wat 'n mens trots gee en wat joune is en wat jy koester en oppas en verbeter. Dis die manier om stabiliteit te vestig in die townships.

  • Beste Jaco Fourie

    Moet jou nie laat mislei deur die ANC se openbare beeld  nie.As jy http://www.anc.org.za/show.php?id=72 google sal jy die 'Freedom Charter' in sy volle glorie daar aantref.

    Die ANC kon nie anders as by Kodesa sy openbare beeld te wys nie,anders sou daar geen wêreldwye ondersteuning vir hul gewees het nie. 'Liberation movements' met 'n sterk kommunistiese inslag dwarsoor die wêreld word gekenmerk deur die versameling van rykdom deur die elite en hul noue ondersteuningsgroep en die uiterste armoede van hul ondersteuners.Sien Mugabe se land as voorbeeld.

    Dit word gestaaf deur talle boeke geskryf oor die ANC in ballingskap.Dit is kenmerkend van die sg Vryheidsorganisasies se elite dat hul nie nuwe rykdom skep nie maar deur oornames van bestaande ekonomiese belange hul self verryk en daar min onderskeid is tussen regerering en party en dat staatsfondse roekeloos aangewend word tot voordeel van 'n  enkel individue of die Party.

    IN die proses van selfverryking word nie geskroom om bestaande besighede ,soos bv, myne te stroop vir eie gewin en werkers in armoede agter te laat. Die openbare beeld van die ANC vereis dit dat RA en BEE lewend gehou word en dat 'grondhervorming'  wat 'n leë begrip is, want grond kan nie hervorm word nie,maar wel  verwoes en as onbruikbaar agter gelaat word.Hiervan getuig die talle mislukte, tot soveel as 90% van die projekte.Daar moet eerder gepraat word van 'eienaarhervorming of eienaar-oorname' as 'grondhervorming.

    Die roekelose besteding van ongeveer R250 miljoen Rand aan President Zuma se privaatwoning is 'n sprekende voorbeeld van die aanwending van staatsfondse tot voordeel van 'n enkel individu en sy afhanklikes.Sou daar 'n nuwe President na Pressident Zuma gekies word kan die nie aanspraak maak op die bewoning van Nkandla nie omdat dit privaat- en trust-eiendom is.Die vraag is, gaan die ANC na aanleiding van Nkandla net soveel bestee aan die veiligheidopgradering van die nuwe President se privaatwoning?

    Tydens die Kodesa-ondehandelinge  het die ANC se onderhandelaars hul papnat gelag vir die NP se onbeholpe onderhandelaars.Tot so'n mate dat Andrew Feinstein van "after the Party" faam  tot die gevolgtrekking laat kom het dat die ANC-onderhandelaars in alle onderhandelinge die NP-onderhandelaars se intellektuele meerderers was.

    Om daarna nog verdere sout in die wonde te vryf het oorlede President Mandela, F W de Klerk, voor die Nobelprysoorhandiging in openbare en privaatgesprekke so swart gesmeer, dat De Klerk gedreig het om homself te onttrek aan die oorhandigingseremonie.Die voorbeelde toon duidelik dat daar 'n groot verskil tussen die ANC se openbare beeld en privaatbeeld is.

    Dat daar heelwat omstredenheid is omtrent die Vryheidmanifes is waar, maar die 50-50 verdeling van plaasgrond is nietemin 'n direkte uitvloeisel van die manifes. Wat rykdom veral geld aanbetref het een verteenwoordiger by die 'Controversy at Freedom Charter event' laat opmerk:

    "Mr Matshiqi suggested that the Freedom Charter of today could read: "South Africa, but not the economy, belonged to all who live in it". He also said another clause could read: "When money talks, the ANC mumbles."Die opmerking illustreer verder die verskil tussen die ANC se openbare en privaa beeld.

    Ons moet ons self nie blind staar dat dit slegs die Blankes is wat as minderheidsgroep afgeskeep word nie.Bruinmense begin al meer besef  dat alles nie wel is onder die ANC nie.Daarvan getuig die stryd om die bevordering van bruin personeel.

    Die ironie van die saak is dat dit nie saak maak hoe suksesvol blanke ondernemings, selfs in Oriania word nie, dit bly steeds onderhewig aan die regering van die dag se wetgewing en sal die ANC steeds deur alle vorme van belasting sy pond vleis opeis.

    As jy werlik volkome op alle terreine onafhanklik wil wees moet jy ten volle beheer oor grond, sy minerale rykdom en infrastruktuur uitoefen of anders moet jy tevrede wees om by te dra tot die munisipale en staatskatkis, al word jou bydrae dan tot jou nadeel teen jou aangewend.

    Maar dit is tog immers die gevolg van die besluit wat die meerderheid van Blankes geneem het, toe daar tot 'n een-man-een-stem demokratiese land tydens Kodesa onderhandel is en die onderhandelinge konkrete gestalte in die nuwe grondwet en regering gekry het.

    Die realiteit is dat baie blanke kinders se drome aan skerwe lê. My hart bloei vir my kleindogter wat ' n uitstekende hokkiespeelster is, tot so'n mate dat ''n bekende Nederlandse afrigter haar as 'n 'natural' beskryf het en gebruik het om talle tegnieke tydens 'n kliniek aan ander te illustreer.

    Hoe pynlik was dit nie vir haar om te verneem dat as gevolg van die kwotastelsels (al was sommige ook hopeloos onbeholpe) nie span kon haal nie omdat anders die span nie die demografie van die land sou verteenwoordig nie.

    Dit het 'n kind wat anderskleuriges met ope arms omhels het, se gesindheid totaal verander  tot so'n mate dat sy die sport vaarwel toegeroep het en nou op tennis konsentreer waar daar nie agter 'n span weggekruip kan word nie, maar individuele vaardigheid en talent die deurslag gee.

    En laat ek maar eerlik wees  as ek enige jong sportman raad kan gee is dit om sy sport eerder in 'n land te beoefen waar demografie en kleur nie deurslaggewend is nie.Maak dit my nou onpatrioties of net realisties,
    Daaroor sal daar wel  opinies wees.

    Nogtans moet 'n mens jou hoed afhaal vir Afri-forum alhowel dit soms lyk soos Don Quixote wat 'n windmeul stormloop en dit sê ek met alle deernis in my.

  • Duitswester

    Jy skryf: "As die land verdeel was sou die Witman 'n kans gehad het om weer 'n beskawing te bou op sy eie grond. Nou sit hy op Swart grond en sy situasie word nie beter nie".

    Ongeag die feit dat die ANC besig is om die land se ekonomie op te voeter, meerendeels tot nadeel van hulle eie ondersteuners (die onlangs vrygestelde statistiese rapport bewys dit), sou ek hierdie land vir geen ander land omruil nie. Grond, in die politiese sin soos jy dit hierbo eintlik bedoel, is in ons tyd 'n misnomer.  Daar is meer vreugde in hierdie land vir die Afrikaner as net 'n strewe na 'n politiese entiteit.

    Ek lief hierdie land hoofsaaklik omrede ek buite SA en Namibia, nie Afrikaans gaan hoor nie.  Ook omrede die gemiddelde witman steeds 'n benydenwaardige lewenstyl handhaaf.  Die weer is heerlik.  Ons het berge, vlaktes, woestyne, tropies, bloedig warm, ysig koud, stede, dorpe, krale.  Ons multikulturele samelewing is soos 'n blomtuin met al sy skakeringe.  Jy kan in 'n bestek van dae al hierdie verskeidenheid beleef en goedkoop ook vergeleke met internasionale reise om soortgelyk elders te sien.  Die feit dat ons uitdagings daagliks belewe, maak ons lewens soveel meer interesant.

    Ek het al plekke in die wêreld gesien wat vir my betowerend vir daardie oomblik was. Fort Lauderdale, Kanariese eilande, Ibitha, Barselona, Sitges, Dubrovnic; Praag (a die lieflike en seksuele Praag!).  Na twee weke makimum, raak ek verveeld en verlang weer na my tuiste en my eie mense, veral die plaasboergemeenskap van die Vrystaat.  Die lekker gesels, die geskinder in Afrikaans, die geselligheid om 'n braaivuur in kortbroek, kortmouhemp, langkouse en velskoene, die partykeer vuisslanery ten tye van 'n rusie en die kort daarna skouergeklap om weer op te maak.  My vriendekring is wyd.  Ek kan enige deel van die land besoek en daar is hulle.

    Duitswester.  Die feit dat jy hier inloer, sê vir my jy verlang na jou Afrikaans. Jy mis dit sterk, en ten spyte wat jy hierbo kwyt raak is ek oortuig jy het heimweë na jou eie mense, nie elders in die wêreld nie, maar hier in Suid-Afrika, want Afrikaners oorsee is beslis nie soos die Afrikaners van Suid-Afrika nie.

    Sterkte maat.

  • Dirk
    .
    Ek het jou tog verkeerd verstaan en vra om verskoning daarvoor.  Soos jy dit in jou laaste respons meer in detail vir my uitgestippel het, kan ek net met jou saamstem.  Maw om 'n verdere vertolking aan wat jy gesê het by te voeg, sal sodanige wetgewing 'n  "ripple effek"  hê wat dienooreenkomstig almal in genoemde ekonomiese sektore nadelig gaan raak, nie net wittes nie, maar ook anderskleuriges.

    Mbt tot jou laaste paragraaf moet ek deels verskil.  Ek glo in die ou visgee in teenstelling met visvang gelykenis.  GEE die vis, bly die persoon honger.  LEER hom om vis te vang dan gaan hy nooit honger ly nie.   Met die vrystelling van die jongste statistieke, het die hoof van die dept statistiek erkenning aan hierdie beginsel gegee in sy vertolking hoekom Indiërs en wittes vooruitgegaan het in teenstelling met bruin en swartes vvat  nie verglykbaar gevorder het nie.   En ja, sodra daar op eie vernuf eiendom bekom is, stem ek saam dat belange gevestig word.

    Mbt tot die woord "bediende", is dit jammer dat selfs na 20 jaar daar negatiewe konnotasies aan die woord geheg kan word.  Daardie beeld wat jy geskep het, kom glad nie eers by my op nie.  In teenstelling, die woord "huishulp" sê vir my dat twee persone die huis skoonmaak, beide die einaar met behulp van 'n werknemer, dus die woord huis "hulp".

    In my geval doen ek nie 'n grieseltjie werk tuis nie.  Dean doen alles.  Hy was, stryk, maak huis en tuin skoon, berei ons kos voor, BEDIEN ons aan tafel en in die bed met ontbyt en koffie, bê re ons klere, poleer ons skoene.  Wanneer ons onthaal, en dit is taamlik gereeld,  is hy daar om almal te BEDIEN met drankies en eetgoed.  Hy vorm geensins deel van ons private en sosiale aktiwiteite nie, alhoewel ons altyd met hom vriendelik is en hy ons op ons eerste name noem.  Daar is nie tussen beide van ons 'n meerwaardige en minderwaardige persepsie nie.  Elkeen erken daar is 'n werkgewer en werknemer status wat bestaan.

    Ons op  ons beurt gee ons hom, sy vrou en kind, gratis gebruik van 'n woonstel agter in die tuin (redelik luuks ingerig; was oorspronklik Wim se oorlede pa se tuiste). Hy verdien goed geld, plus Kersbonus en Kersgeskenke;  sy familie eet presies wat ons eet, plus ons verskaf melk, suiker en koffie.  Hy werk 45 huur per week, en kry 21 dae vakansie per jaar.  Ons betaal hulle doktorsrekeninge tot 'n ooreengekome bedrag, en het 'n hospitaalplan bykomstig vir hulle.

    Nou ek kan hom moeilik as 'n "huishulp" aansien en beslis eerder as 'n "bediende", en ek dink jy sal kan saamstem dat jou beeld van 'n bediende en ons behandeling van 'n "bediende" hemelsbreed van mekaar verskil.  Maar ja.  Vir vredes onthalwe, sal ek voortaan hier op Sê Net die woord huishulp gebruik eerder as bediende.

  • F.C. Boot

    Ek wil net 'n onderskeid hier maak.  Die vryheidsmanifes is 'n politieke party se manifes, in hierdie geval die ANC en die EFF s'n.  Dit is nie 'n wetlike dokument, enigsins van toepassing op die SA se bevolking nie.  Die konstitusie is die alleen oppergesag-dokument wat riglyne bied hoe die SA se gemeenskap daar uitsien.  In die ANC se geval het dit meerendeels 'n historiese dokument met sentimentele waarde geword, soortgelyk aan die Bloedrivier eed van die Voortrekkers wat Afrikanerbesitreg met sentimentele waarde behoue bly, sonder enige uitvoering daaraan deur Afrikaners nie.  In die geval van die EFF, wil hulle die konstitusie met die vryheidsmanifes vervang.
     
    Die konstitusie is in werklikheid meerendeels op die vryheidsmanifes gebasseer, veral mbt tot menseregte-beskerming.  Die groot verskil tussen die vryheidsmanifes en die konstitusie is dat die konstitusie privaateiendom besit en private ekonomiese inisatiewe onderskryf, in teenstelling met die vryheidsmanifes wat ekonomies sosialisties ingesteld is.  Die Nasionale Ontwikkelingspadkaart, 'n dokument wat ekonomiese strategie vir die jare vorentoe uitstippel, is meerendeels 'n ANC inisiatief, welke padkaart op suiwer kapitalistiese beginsels geskoei is en nie volgens die vryheidsmanifes se sosialistiese riglyne nie. 

    Die werklike probleem wat ons as minderhede, en spesifiek Afrikaners in die gesig vandag staar, is die ANC se blatante rassistiese benadering tot die ekonomiese en kulturele lewe van hierdie land, soortgelyk aan die van die vorige bedeling.  Die beginsel dat meriete die uitsluitlike riglyne vir regverdige ekonomiese inisiatiewe hoort te wees, in die gees van die konstitusie, word deur die ANC geminag, ten doel om stelselmatig die Afrikaanse taal,  kultuur en Afrikaner private initiatiewe af te takel en uit te wis.  Die kapitalistiese inisiatiewe van die wittes, wil die ANC met anderskleuriges, eintlik met swartes vervang, sodat hulle sodanige inisiatiewe op kapitalistiese beginsels geskoei, mee kan voortgaan as nuwe eienaars.  Die voorgestelde wetgewing, al word dit in die parlement goedgekeur, moet nog die toets van die konstitusie weerstaan, welke konstitusie die finale sê gaan hê.  Slaag die wetgewing met konstitusionele ondersteuning, dan kan na die VVO oorgegaan word.  Suid-Afrika is 'n ondertekenaar van internasionale verdrae, en indien sodanige wetgewing met internasionale verdrae bots, sal sodanige wetgewing hersien moet word.

    Bv die ANC wil voorskryf hoeveel swartes in die SA-rugbyspan opgeneem moet word, ongeag die beginsel van meriete.  Solidariteit dreig om die rugbyunie by die intenasionale rugbybeheerligaam aan te kla wat stipuleer dat spelers suiwer op meriete aangestel moet word.  Gee die SA-rugbyunie nie gehoor daaraan nie, dan word die voorgestelde span belet om internasionale rugby te speel.

    Dit bring my na jou dogter se probleem waar julle voel dat teen haar onregmatig  gediskriminer is.  Ek kan goed verstaan hoe jy en veral sy verbitterd moet voel.  Indien jy 'n lid van  Solidariteit is, sal jy die saak aan hulle kan oordra om namens jou te kan opneem.  Inteendeel, jou geval is 'n tipiese voorbeeld hoekom dit so belangrik is dat alle Afrikaners lid van Solidariteit (wat automaties AfriForum insluit) word.

    Jy voel dat AfriForum teen die windmeule baklei.  Jy dink verkeerd.  AfriForum wen die meeste van sy hofsake wat hy namens sy lede aanvaar, en soos 'n pitboel wat eers gebyt het, los hy nie maklik nie.

    Jou insette hierbo is van kardinale waarde vir ons as Afrikaners, want ja!  Ons moet gedurig op ons hoede wees, want soos jy oor Kodesa skryf dat die ANC ons uitoorlê het, is hulle steeds besig om dit te probeer.

  • Beste Jaco Fourie

    Solidariteit was magteloos toe my dogter en haar kollega ('n Indiërdame) deur SAP (die grootste inligtingsmaatskappy) werksaam dwarsoor die wêreld hul gedwing het om te bedank.My dogter na 7 jaar diens. Dit nadat hul een maand (Maart) aan alle vereistes voldoen het en 'n maand later meegedeel is deur 'n toesighouer in Duitsland dat hul nie meer voldoen aan die maatskappy se vereistes nie.

    'n Verteenwoordiger van Solidariteit het my dogter meegedeel dat hul haar nie kon help nie. Na 7 jaar het het die kind nog nie eers 'n pligtestaat ontvang nie, alhoewel sy dit aanhoudend aangevra het.

    Dit is nie my doel om Solidariteit swart te smeer nie, maar net om dit op skrif te stel dat dit ook 'n organisasie is met beperkings.

    Dat dit groot gevolge vir my en my vrou ingehou het is te verstane, want ewe skielik sit jy met 'n werklose dogter en skoonseun en twee klein kinders wat besig is met voorbereiding vir graad 11 eksamens en nou aangewys is op  tuisonderrig.

    Die ironie van die saak was dat diegene wat hul vervang het reeds in diens geneem is terwyl die twee nog in diens was.Solidariteit het nie 'n vinger opgelig om my dogter by te staan of van raad te bedien nie.

    Die grondwet is niks meer as 'n instrument wat slegs waarde het as jy oor die finansiële hulpmiddels beskik om die nodige kundigheid in diens te neem om so jou grondwetlike regte te kan uitoefen.

    'n Gewone burger kan nie soos Barnard 'n nege jaar lange stryd voer nie net om 'n uitspraak te ontvang wat die futiliteit van haar saak beklemtoon.

    Jy onderskat die ANC se vermoë om staatsinstansies te misbruik deur hul te laai met mense wat hul goedgesind is en soos in die geval van die spoorwegwerknemers se pensioensaak die saak solank uit te rek dat die aantal klaers van 70 000 intussen tot 62000 ,weens afsterwe verminder het. Die uitrek van hofsake is ook 'n taktiek wat groot maatskappye gebruik, daarvan kan ek persoonlik getuig om verweerders of klaers finansieel uit te put.

    Die ironie van die saak is dat alle staats en semi-staatsinstellings belastingbetalergeld gebruik om hofsake mee te beveg. My kleindogter het egter aanbeweeg en konsentreer nou net op tennis. Die IRB is 'n redelik tandelose liggaam wat Solidariteit se dreigement aanbetref.Dit beskik nie oor die gesag om aan 'n onafhanklike staat voor te skryf wat hul sportbeleid moet wees nie.

    Trouens met die konstitusionele hof se uitspraak dat die Kommissaris van Polisie nie verkeerd opgetree het nie in die Barnard geval het die IRB nie 'n been om op te staan nie omdat dieselfde beginsel,nl
    die uitwissing van ongelykhede, agv die verlede net so van toepassing is op sport en alle ander openbare lewensterreine.

    RA en SEB is hier om te bly omdat dit die instrumente is wat gestalte gee aan die ideale vervat in die vryheidsmanifes en het die grondwet die voertuig geword waardeur dit verwesentlik word.Nietemin sterkte met die pad vorentoe.

  • Jaco,

     Jou huishulp / tuinhulp / bediende is eintlik 'n "butler" soos die Engelse so iemand sou noem. Ek kry nie nou 'n lekker Afrikaanse woord daarvoor nie.

     Wat swart huiseienaarskap betref, kortliks die volgende:

     Eerstens kon swart mense gedurende Apartheid nie eienaarskap van huise bekom nie, want wetgewing het dit verbied. Gevolglik woon letterlik honderde duisende van hierdie mense in die townships in huise wat hulle al vir jare lank huur by die plaaslike owerhede. Meeste van hierdie inwoners het al jare gelede die kapitale waarde van dié huise afbetaal dmv die maandelikse huurpaaiement. Met die oorgang na 1994 is hierdie huise nie beskikbaar gemaak om gekoop te word deur die inwoners nie. Dus huur hulle nog altyd.

    Tweedens het die oorgrote meerderheid van hierdie huurders nie genoegsame sekuriteit om aan te bied by die banke om vir verbandlenings te kwalifiseer nie. So wat gebeur nou? Hulle ploeter voort om maandelikse huurpaaiemente in 'n ander instansie se geldlaai in te betaal.

     Wat die Vryemarkstigting sê, is gee die mense kaart en transport, stel die onreg van die verlede reg en skep stabiliteit. 'n Huiseienaar is trots, verbeter sy / haar eiendom en het nou 'n plek wat "huis" genoem kan word.

    Ek wil nie te lank skrywe nie, maar wil jou aanbeveel om na die "podcast" van Leon Louw, hoof van die VMStigting te luister. Hy is, myns insiens, 'n kenner op hierdie terrein. Laat weet my wat jy hiervan dink. Kry dit by:

    http://www.freemarketfoundation.com/issues/building-a-homeowner-shareholder-democracy-interview-with-leon-louw

     

     

  • Dirk

    Dankie vir die "podcast".  Ek het daarna geluister, en interesant gevind.

    'n Paar observasies wat jy nie uitgelig het nie, is eerstens dat in die onderhoud, daar beweer is dat beide die ANC en die DA  aanspraak op dieselfde beleid maak, mbt die Nasionale Ontwikkelingsplan asook behuising, behalwe dat die DA beweer hulle sal dit beter as die ANC sal kan uitvoer.  Tweedens, jy swyg ook om te noem dat die ANC presies dieselfde verhuringsbeleid as die van die vorige NP volg (vir goeie ekonomiese redes) maar op 'n heelwat groter skaal, weens die feit dat die ANC by verre meer swart behuising verskaf het as die NP regering.  Ek noem dit maar net vir semantiese waarde, nie om daaroor te stry nie.

    Leon Louw is 'n gesiene en hoogs geleerde man wat respek afdwing en weet waaroor hy praat.  Maar steeds verskil ek (en ander ekonome) met hom in sy voorstelling dat hierdie behuising op 'n skinkbord vir hoofsaaklik swartes gegee moet word (armblankes kan ook daarvoor kwalifiseer).  Verhuring is dwarsdeur die wêreld deel van die behuisings-ekonomiese stelsel, en daar is 'n gesonde rede daarvoor.  Mense wat nie die kapitaal (huis) kan aankoop nie, huur.  Waar jy hierbo sê met sy huurgeld het die inwoner sy huis eintlik afbetaal, en dit tog nie aan hom behoort nie, is nie waar nie.  Net soos rente op 'n kapitaalbelegging of op 'n lening (ook kapitaal) verdien word, soortgelyk  is huur 'n opbrengs op 'n eiendoms (kapitaal) belegging. Huur en rente is nie kapitaal, of om selfs met kapitaal verwar te word nie.   

    Ek volstaan by my visgee- in teenstelling met visvanggelykenis reeds genoem.

    Die huidige beleid mbt HOP-huise en ander staatsbehuising bied juis beskerming aan die armes wat sodanige huise bekom om in te woon.  Wat tipies gaan gebeur indien die huis vir hierdie sektor van die arm bevolking net aan hulle gegee is soos voorgestel, en nie in die onderhoud bespreek is nie, is dat die werkloses, of selfs minder gegoedes wat die HOP-huise besit, (en tereg genoem, eintlik huur, en in baie gevalle verniet daar bly), op die spits gedryf kan word, ten doel vir oorlewingsdoeleindes, om banklenings-aansoek te doen, met die eiendom as sekuriteit vir sy kontantwaarde, aan te bied.  Wanneer hulle die lening nie kan terugbetaal nie, vat die bank die huis van die eienaar af om hulle verliese te beperk, en verkoop dit aan iemand anders, presies soos wat tans onder blankes geskied en daar trek die vorige inwoners weer in 'n pondok in, en die euwel word weer herhaal waar van die staat verwag word om weereens behuising aan hulle te verskaf, die keer op dubbel die belastingbetalers se onkoste. 

    Swartes se lot sedert 1994 het aansienlik verbeter, heeltemal aan die ANC te danke.  Voor 1994 was die plakkerskampe om die groot stede 'n oogseer gewees en 'n nes vir wrede misdaad.  Vandag lyk dit beide baie beter, en is die mense ook baie meer gelukkig.  Net soos onder blankes huidig en in die verlede die geval;  wanneer die ekonomiese situasie van die gesin sodanig verbeter, word die huis vervang met 'n groter en beter een wat aan die verbeterde ekonomiese gestalte bevrediging gee.   Andersom, waar die ekonomiese lot slegter word, word die eiendom verkoop, en 'n minderwaardige as die vorige huis word aangekoop of word daar gehuur.  Dit geskied reeds waar swartes privaathuise in die dorpe en stede aangekoop het.  Huidige HOP-behuisingsbeleid beskerm die inwoner juis van laasgenoemde gevaar.

  • F.C. Boot.

    Ek is regtig jammer, asook teleurgestel dat jy as lid van Solidariteit, mbt jou dogter se geval, geen oortuigende bevrediging kon gekry het nie.  Ek het regtig nie 'n antwoord daarop nie.

    En ja, orals in die wêreld is regskostes buite die bereik van die gemiddelde man op straat.  Dis die dat 'n "premie" by Solidariteit, asook ander regsorganisasies betaal word juis om vir hierdie tipe gevalle voorsiening te kan maak.  Die skuld lê nie by die konstitusie nie, maar wel by die regstelsel.

  • Beste Jaco

    Jy sê 'Die skuld lê nie by die konstitusie nie maar wel by die regstelsel'.

     Is die konstitusionele hof dan nie deel daarvan nie en wil jy daarmee te kenne gee dat die uitspraak in die Barnard saak deur die hof berus op 'n verkeerde vertolking van bepalings vervat in die konstitusie?

    Sover dit plakkerskampe aanbetref kan jy ietsie lees onder http://www.sahistory.org.za/topic/james-sofasonke-mpanza-and-johannesburg’s-squatter-movement-1938-1947.

    Jy sal dan sien dat plakkerskampe ontstaan het lank voordat die NP aan bewind gekom het en die Party ook nie in volle beheer daarvan was nie.

    Omdat die ANC burgerlike onrus aangewakker het, het dit ook gelei tot grootskaalse grondbesetting wat dit vir plaaslike Owerhede onmoontlik gemaak het om die toestande te beheer en reguleer.

    Die ANC sit dus nou met die gevolge van sy beleid.Ek is nog in besit van dokumentasie wat gebruik is deur die ANC tydens onderhandelinge op Munisipale vlak  en hul het geensins belang gestel in ordelike bestuur nie, maar slegs hoeveel geld daar in die ''skatkis' was.

    Hoe meer kommentare ek lees op LitNet en ander forums hoe meer kom ek agter hoe oningelig die man op die straat was van dit wat op veral munisipale vlak besig was om te gebeur.Jy sal bv nie weet dat werknemers van voormalige swart owerhede wat met die Benoni-stadsraad saamgesmelt het, al hul pensioengeld uit hul pensioenfondse ontrek en bestee het en na oorname op presies dieselfde voorregte aangedring as wat blanke amptenare wat jare bygedra het tot 'n fonds.

    Jy sal ook nie weet dat in een so'n owerheid 'n sekuriteitsbeampte tot Stadsklerk bevorder is nie en dat onder sy bewind 'n soort Mafia ontstaan het wat 'n argitek wat besig was met 'n opgraderingsproses van 'n hostel, met Ak-47 na 'n bank vergesel het om 'protection fees' te betaal nadat hy sy vergoeding ontvang het.

    Om die NP nou te beskuldig en tot die gevolgtrekking te kom dat swartes se lot na 1994 verbeter het is totaal foutief.Dit is juis die ANC se skuld dat geen of min vordering met swart behuising gemaak is voor 1994 omdat dit juis die party was, wat onwettige grondbesit  en burgerlike opstande aangemoedig het, om sodoende die land onregeerbaar te maak.

    Dit is 20 jaar later en burgerlike opstande onder die ANC is net so erg en indien nie erger nie as wat dit onder die laaste dekade van die NP was.

    Dit is nie dat daar geen stakings onder die NP bewind was nie, inteendeel daar was 119 in 1957, maar die aantal deelnemers en intensiteit was veel laer as vandag, waar verwoesting van staats en privaateiendom aan die orde van die dag is.

    'n Mens moet jou dus nie blind staar teen die ANC se aansprake nie dat swart mense soveel beter daaraan toe is as voorheen.Die ANC is nie onskuldig aan die ontstaan van die haglike toestande waaronder mense
    hul bevind het nie, hulle het alles in hul vermoë gedoen om enige pogings van die vorige regering  veral op plaaslike vlak om omstandighede te verbeter  in die wiele te ry.

    Amptenare van stadsbeplanningsdepartemente het met hul hande in die hare gesit, omdat opnames van die hoeveelheid mense in plakkerskampe oornag verouderd geraak het soos mense gedurende die eenvoudig ingestroom en tussen die rye plakkershutte geplak het.

    Dit het enige beplanning vir infrastruktuur oornag verouderd gemaak omdat  kapasiteit voorsiening op verouderde getalle baseer was.Selfs lugfoto's kon die probleem nie oplos nie en sit talle owerhede
    vandag met die nalatenskap van oorbevolking en gebrekkige infrastruktuur.

    Jy kan die uitspraak in die Modderklip Boerdery google  waar 3000 plakkers op 'n plaas toegesak om 'n sprekende voorbeeld daarvan te kry.

  • F.C. Boot

    Ek dink jy het my heeltemal verkeerd gelees.

    My respons was op Dirk se "podcast" wat ek geluister het.  Het jy daarna geluister, sou jy verstaan het waaroor ek geskryf het.

    Nêrens het ek die NP sleg gesê nie.  Inteendeel het ek gesê die ANC het NP beleid mbt tot HOP huise gevolg omrede dit goeie sin gemaak het.  Ek het nie die NP oor plakkerskampe verkwalik nie.  Ek het gese dat die stede voor 1994 met plakkerskampe omring was,  wat tog waar was.  Dit was ten gevolg van die instromingsbeheerbeleid van die regering wat eenvoudig net ineengestort het, en boonop buite beheer geraak het.

    Die ANC het oor die afgelope twintig jaar ongetwyfeld die lot van swartes verbeter in die konteks waarin ek geskryf  het, nl die voorsiening van behuising tot sodanige mate dat die vorige oorwegende plakkerskamp-oogseer met netjiese HOP huise vervang is, en in daardie konteks ook hulle lewens verbeter het.

    Mbt die howe waar ek geskryf het die fout lê nie by die konstitusie nie maar by ons regstelsel.  In die konteks wat ek dit geskryf het, was dit duidelik verwysend na die feit dat regskostes buite die man in die straat se bereik is.  Die regstelsel behoort gewysig te word dat geregtigheid nie buite bereik behoort te wees weens onbekostigbaarheid nie.  Ek fouteer geensin die formaat en uitvoering van ons regstelsel nie.  Jy het toe iets heeltemal anders daarin gelees wat glad nie eers by my opgekom het nie.

    My verwysing na geskiedenis was om die huidige probleem mbt die GEE of HUUR van HOP huise aan te spreek in die lig van Leon Louw se "podcast"  Ek vermy gewoonlik geskiedenis soos die pes indien dit nie vir die HUIDIGE aangewend kan word nie, want die kampvegters vir die vertolking, vir en teen enige geskiedkundinge voorval, tree op asof dit 'n godsdiens by hulle is en die geskiedenis hul Bybel.  Die dienooreenkomstige  fanatiese optredes en aanhang is betreurenswaardig.

    Ek gebruik geskiedenis PRAGMATIES vir die huidige, en nie AKADEMIES om steriel oor die verlede te kibbel nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top