Demokrasie?

  • 2

'n Kleptomaan het obsessie om te steel. 'n Kleptokraat is politikus met obsessie om te steel! Dus, SA is 'n kleptokrasie, waar selfs buitelander na 4 jaar kan stem? Morgan Shvangarai het Zimbabwe verkiesing aanvanklik betwis, maar sy 4miljoen kiesers sit in SA?? Viva Mugabe, want al sy kiesers sit in Zimbabwe!

Ek blameer nie Engelse nie, want Paul Kruger het staatskas gesteel en gaan bank in Switserland!

So, wat is dan nou nuut Jan Rap??

Hans Richardt

  • 2

Kommentaar

  • Jy het seker al gehoor wat kry jy as jy 'n kleptomaan en 'n nimfomaan kruis. A fuckin thief

  • Moet nou nie stront praat nie Hans Richardt.  Vergelyk byvoorbeeld Paul Kruger se huis met dié van die gemiddelde gegoede klas daardie tyd en dan vergelyk jy Zuma, Mandela of Mugabe se huis met die van die hedendaagse gegoede middelklas hier.  Capice?

    Jy vra wat nuut is?  Ek het 'n lang lys maar noem net 'n paar:  Slaggate, meer as 50% stads- en dorpsrade onder administrasie, onklaar rioolpompe en dus rooi riool in die riviere en selfs paaie, wegholmisdaad, moord- en verkragtingsyfers ongeëwenaard in die res van die wêreld, hospitale en skole moer toe, van die slegste skoling in die wêreld, onbetroubare polisie (die meeste van die 1500 met 'n kriminele rekord het daardie rekord gekry NADAT hulle by die polisie aangesluit het), vuil en onveilige sentrale sakegebiede en parke, verdwynende teerpaaie en treinspore, regstellende aksie .... daar's nog maar ek hou maar hier op.

    En voor jy met die geykte korrupsie is korrupsie en sonde is sonde kom; daar is so-iets soos 'n graadverskil.  'n Ou wat 'n uitveër van die werk af huis toe dra vir sy kind is NIE in dieselfde mate krimineel as 'n ou wat tenderbedrog van miljarde bewerkstellig nie.

    Jy't ook die kat aan die gat beet wat betref Mugabe se kiesers wat in Zimbabwe sit.  Dit werk andersom, as jy in Zimbabwe is stem jy vir Mugabe, maak nie saak wat jou politieke oortuigings is nie.  Selfs die dooies daar stem vir hom. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top