Bravo Piet Croukamp!

  • 2

Ek luister op die Praagwebblad na ‘n stukkie godsdiensdebat wat prof Piet Croukamp met iemand anders gehad het en ek haal my hoed vir hom af. Dit is nou uitgesluit die loutere onwetenskaplike stront wat die prof gepraat, en die feit dat dit blyk dat hy heeltemal sy humeur verloor, het. Dit is nie betaamlik vir ‘n prof nie (die vraag mag wel gevra word wie ek as leek nou is om te beweer die prof praat stront; per slot van rekening, hy is ‘n professor en ek is die-man-in-die-straat maar daar is die ou Armeense {of is dit nou Klingon-?} spreekwoord wat sê “deur die oog van die suigeling sien jy die keiser is kaal”).

Nee, waarvoor ek my hoed lig is die die prof se Engels. ‘n Fransman, oor die algemeen, is trots op die feit dat hy Frans is en nie omgee om, verkies dit eintlik, Engels te praat met ‘n Franse aksent, hy ís immers ‘n Fransman. Die Afrikaanssprekende egter, oor die algemeen, sukkel sy gat af om nie Afrikaans te klink as hy Engels praat nie en die gevolg is hierdie kruiperige ge-affekteerde Engels van die Afrikaner deesdae, veral radio-omroepers.

Nie Piet Croukamp nie; hy praat daardie vreemde taal Engels op ‘n manier dat dit duidelik is dat hy nie sy identiteit wil wegsteek nie. Verstaan my mooi, ek het niks teen Afrikaners wat Queen’s English praat nie (alhoewel, waarvoor al daardie moeite doen, matriek-Engels is mos goed genoeg) ; ek het dit teen die geaffekteerde uitspraak wanneer Afrikaners Engels praat, veral die radio-omroepers. Dit klink uiters k@k en kruiperig. Nou die dag byvoorbeeld kondig ‘n omroeper ‘n liedjie aan en hy noem dit is deur Robbie Wessels maar hy kom agter hy het ‘n fout gemaak. “Jammer”, sê hy, “dit is nie Robbie Wessels nie, dis Wobby Williams.”

Tog tragies dat Piet homself nie as Afrikaner ‘verpak’ nie (om nou sy woord te gebruik); hy kan as Afrikaner so goeie voorbeeld vir die omroepers wees.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Ek het die brief nie oorgelees voor ek hom gepos het nie en sien nou die tweede sin in die tweede paragraaf is meer onsamehangend as gewoonlik (soos Dirk Rigter my beskuldig).  Voor ek weer Dirk op my rug het, hier's daardie sin weer:

    ‘n Fransman, oor die algemeen, is trots op die feit dat hy Frans is en gee nie om om ( verkies dit eintlik) Engels te praat met ‘n Franse aksent nie, hy ís immers ‘n Fransman.

    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top