Beter as godsdiens

  • 14


  • 14

Kommentaar

  • Hallo Pieter et al,

     
     Kan dit wees? 
     
    Debussy en die Impressioniste, verteenwoordigend van kuns, beter as Godsdiens? 
     
    My lewe is gevul met kuns in die mees algemene term en dek letterkunde, films, klassieke musiek, teater op film, kan nie wag vir die Macbeth-vertolking van Kenneth Branagh, wat ek bestel het na ek dit gesien in Rosebank en Twelfth Night na die besprekings van Mark Rylance en Stephen Fry se vertolking van Twelfth Night. Mark Rylance is uitstekend en ek is 'n "fan" van Stephen Fry en kan ek nie wag vir sy vertolking van Malvolio nie. 
     
    Net soos WOI se herdenking my films en boeke gaan opsoek het. 
     
    Ford Maddox Ford se "Parade's End" verwerk deur Tom Stoppard, 'n reeks om te kyk. 
     
    Virginia Woolf se "Mrs. Dalloway" in film en is daar ook hierdie bespreking onlangs deur die BBC se In Our Time van Melvyn Bragg en kan daardie bespreking hier geluister word. 
     
     
    Mrs DallowayDuration: 43 minutes
    First broadcast: Thursday 03 July 2014

    Melvyn Bragg and his guests discuss Virginia Woolf's novel Mrs Dalloway. First published in 1925, it charts a single day in the life of Clarissa Dalloway, a prosperous member of London society, as she prepares to throw a party. Writing in her diary during the writing of the book, Woolf explained what she had set out to do: 'I want to give life and death, sanity and insanity. I want to criticize the social system, and to show it at work at its most intense.' Celebrated for its innovative narrative technique and distillation of many of the preoccupations of 1920s Britain, Mrs Dalloway is now seen as a landmark of twentieth-century fiction, and one of the finest products of literary modernism. 

    Die 1930 weergawe van "All Quiet on the Western Front" van Erich Maria Remarque. 

    Besprekings oor Wilfred Owen en kan hier geluister word.


    "Wilfred Owen wrote that he was a 'poets' poet'. He also wrote, in the preface to 'War Poems', 'Above all I am not concerned with Poetry. My subject is War, and the pity of War'. Owen is, then, a soldiers' poet, and the people who figure in his poems are all soldiers. 

    In this Between the Ears, soldiers, all serving when they were recorded, choose a Wilfred Owen poem, explain why, read it and speak about the impact it has on them.They range from Barbara Ennis, a corporal, who chooses 'Dulce Et Decorum Est' because Owen's description of a gas attack matched her own experience, to General Sir Richard Dannatt, who was the Chief of the General Staff. 

    He considers the worst fate that can befall a soldier - going mad. David Hamilton joined up as a boy, Justin Featherstone fought as a second lieutenant, Owen's rank, and one was awarded, like the poet, the Military Cross. 

    They reflect on killing, on boredom, the covenant between soldiers and the society they serve - and the civilian population's lack of understanding. 'The Soldiers' Poet', first broadcast in 2006, was an early catalyst to the debate about this that continues to this day. 

    These are what Wilfred Owen's poems, written a lifetime ago, address. They speak to today's soldiers, whose readings of the poems have arresting immediacy. Soldiers get to the point, make it quickly and move on. 

    This, their poetry programme, cracks along, reflecting their brisk clarity. There is no presentation, just essential information - who the soldiers are and where they have served - the equivalent of giving name, rank and number."  

    Of die weergawe van Pat Barker se boek oor Wilfred Owen en Siegfried Sassoon, Regeneration.  

    Net vandag gesels ek en 'n vriend, Kadinsky, Stanley Kubrick, Clockwork Orange en die afwagting van bogenoemde DVD's en die feit dat die New Yorker se argiewe vanaf 2007 nou oopgestel is en die verstommende opstelle wat in die argiewe gevind kan word. 

    Besprekings oor Erich Auerbach, Norman Mailer, James Wood oor Gregg Bellow.

     'n Mens moet weet hoekom James Wood so opwindend is. 

    Anthony Burgess se ontleding "A Clockwork Orange" en nog en nog.

    Gaan maak 'n draai, dit is fantasties en is oop net vir 'n maand of twee.


    "Beginning this week, every story we’ve published since 2007 will be available on newyorker.com, in the same easy-to-read format as the new work we’re publishing". 

    Daarom sal ek nie kibbel oor die krag van kuns nie en hoe belangrik dit vir my is nie. 

    Ek kan nie my lewe indink daarsonder nie. 

    Die oneidige stimulasie. 

    Maar, Terry Eagleton, het 'n nuwe boek uit, "Culture and the Death of God", wat 'n redelike oproer veroorsaak het. 

    Hoe kan Terry Eagleton ignoreer word? 

    Dit is nie moontlik nie, al hou ek nie van hom nie. 

    Jammer daaroor. 

    Jonathan Sacks in die "Jewish Review of Books", bevestig wat ek myself dink oor die aard van kultuur,kuns, in verhouding tot die "dood van god":


    "We are meaning-seeking animals. And if we can no longer believe in God we will find other things to worship. Eagleton’s book is a brisk, intelligent, and provocative tour of Western intellectual history since the Enlightenment, understood as a series of chapters in the search for a God-substitute. The Enlightenment found it in reason, the Idealists in the human spirit, the Romantics in nature and culture, the Marxists in revolution, and Nietzsche in the Übermensch. Others chose the nation, the state, art, the sublime, humanity, society, science, the life force, and personal relationships. None of these had entirely happy outcomes, and none was self-sustaining".

    Dit is oop vir debat, maar die argument bestaan. 

    Peter watson, in sy "The Age of Nothing: How We Sought to Live Since the Death of God", verwerp dit natuurlik. 


    Peter Watson versus Terry Eagleton, saam met die groot pyn wat Roger Scruton is, in debat, die begin van die jaar. 

    Peter Watson verwerp dit. 

    Scruton is "wollerig". "Daar is iets en dit is nie noodwendig god nie, maar moet aanvaar word as god". 

    Atheism and Belief
    Duration: 45 minutes
    First broadcast: Wednesday 12 February 2014

    "Nietzsche declared that 'God is dead' in 1882, but he also argued that there would still be places where humankind would look for God's shadow for a long time to come.Two books published this month include the idea of "the death of God" in their titles: Terry Eagleton's 'Culture And The Death Of God' and Peter Watson's 'The Age Of Nothing: How We Have Sought to Live Since the Death of God'. Both authors join Philip Dodd to discuss what 'the death of God' could mean, along with theologian ELaine Storkey and Roger Scruton, whose forthcoming book 'The Soul Of The World' discusses how we can make sense of ideas of 'the sacred' in the modern world".

    Die debat kan hier geluister word:


    Hello George B, 

    Ek hoop jy het hierdie gelees, hierdie is weens 'n vorige gesprek met jou. 

    Verwysings wat ek dink jy sal opvolg? 

    Baie dankie

    Wouter
  • Beste Wouter, baie dankie vir 'n stimulerende artikel. Sal die verwysings opvolg en hoop dat talle SêNetters dieselfde sal doen.

  • Hallo J, 

     
    Stephen Fry is 'n Brit, en kan beskryf word as 'n "polymath", ek kan nie aan die vertaling dink nie en is van Britse oorsprong en van sy rolle is soos volg. skrywer, aanbieder, aktivis, man van vele rolle. 
     
    Ongeveer 56 jaar oud en is my "man crush" op hom redelik diep, saam met die vuurwarm aanbieder van CBC se Q-program, Jian Ghomeshi, kan daar 'n insig gekry word oor wie Stephen Fry is en kan hier gekyk word. 
     
     
    Daar word aanvaar dat jy bogenoemde nie sal opvolg nie, dit is darem te gay, om iemand se "man crush" te gaan opsoek. 
     
    Maar ek vra tog dat die volgende opgesoek word:
     
    (Stephen Fry has come up with the smartest, wittiest response to the grammar pedants):
     
    http://www.newrepublic.com/article/115817/stephen-fry-responds-grammar-pedants

     
    'n Antwoord op die skrikbewind wat jy hier voer oor die taal. 

    Hallo George B, 
     
    Jy is baie welkom. 
     
    'n Regstelling, Kadinsky moet wees Kandinsky. "Kandinsky verdien beter". Hoop dit is nou reg. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    Het jy dalk gemerk hoe Lord Sacks in sy rubriek "Nostalgia for the Numinous" afdwaal van die kern van sy kritiek en 'n stukkie pro-Joodse, of liewer, pro-Israeliese  propaganda opdis oor die "nuwe aard" van anti-Semitisme? Ek neem aan dat jy hiermee in akkoord is, en dat die Palestyne geen reg het op 'n staat van hulle eie nie, en gedwee moet aankyk hoe hulle land, stuk vir stuk, deur die fundamentaliste Jode gesteel word.

    Terloops, daar is veel Franse en Duitse intellektuele publikasies wat jy ook kan lees, studeer, en kwoteer, nie alleen die New York Times nie.  Daar is selfs the Britse Guardian as jy nie Frans of Duits magtig is nie. Ek merk al lank dat jy verslaaf is aan Joodse skrywers en intellektueles maar dit is jou saak.

    Absoluut fantasties vir die Jodedom dat hulle sulke getroue bondgenote in the christendom het. Dit alleen is die storie van twee millennia.

    Groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Hello Pieter, 

     
    Nee, ek is sonder enige twyfel simpatiek tot Palestina, gegewe die sonde waarin Israel gebore is en beskou die huidige konflik 'n tragedie te wees en is ook in woede oor elke burgerlike wat nou al dood is, meer as 1000 toe ek gister gekyk het en neem kennis van jou brief van vandag en beskou dit ook 'n oorlogmisdaad te wees van Israel se kant af. 
     
    Anti-Semitisme is ook nie aanvaarbaar nie en is die oplewing daarvan in Frankryk skokkend. 
     
    In 'n vorige gesprek met jou het ek my ondersteuning van Der Spiegel bevestig. 'n Uitstekende publikasie en nou bevestig ek Le Monde diplomatique, die Engelse weergawe as nog 'n publikase wat ek volg en dan ook VoxEurop wat die werk van Presseurop oorgeneem het wat 'n verskeidenheid van Europese publikasies, Frans, Duits, Spaans en ander vertaal. 
     
    Maar goeie skakels vir Engelse weergawes van publikasies sal ek waardeer, waarvan die artikels vir lesers vertaal word. 
     
    FAZ doen dit soms en ook EL PAÍS. 
     
    Laat weet asseblief. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Pieter Redelinhuys

    Beste Wouter,  

    En wat is so skokkend oor die "oplewing van anti-Semitisme" in Frankryk?  Daar woon al vier miljoen Moslems in die land, en dit is te wagte wanneer in aanmerking geneem word hoe die Israeli’s die Palestyne uitdelg en hulle land steel. Of hoe dan? Dink jy dalk daar sal geen reaksie of reperkussies wees nie?  

    Groete,  

    Pieter Redelinghuys

  • Hello Pieter G, 

     
    Die feit dat Anti-Semitisme een van die laaste vooroordele is wat aanvaarbaar is. 
     
    Dit is byvoorbeeld heel onaanvaarbaar om rassisties te wees en swart persone te demoniseer, maar Jode die kan jy doen, sonder veel gevolge. 
     
    Dit is die skokkende aspek. 
     
    Sekere tipes haat is nog aanvaarbaar en hoe kan dit wees. 
     
    Israel het ek werklike vyande ook en daarmee moet ook gehandel word. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    Dankie vir jou respons. Blykbaar het jy 'n probleem om 'n onderskeid te maak tussen "anti-Semitisme", naamlik 'n onrasionele haat vir Jode,  en die verwagte en geregverdigde reaksie teenoor Israel wat mens sou verwag, en wat die direkte gevolg is van hierdie land se geweld teenoor die Palestyne.

    Verder is dit uiters nonsens dat "anti-Semitisme" een van die laaste vooroordele wat aanvaar is.

    Ek is bevrees dat die Afrikaner met sy Ou Testament- kultuur wat van geslag tot geslag ingeteel is nie 'n onpartydige stelling kan inneem oor hierdie saak nie, en altyd die kant van die Israeliese Jode sal verkies weens die feit dat hulle ( Afrikaners)  gebreinspoel is dat Jode God´s "uitverkorenes" is, en dat Israel aan hulle behoort.

    Groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Hello Pieter G

     
    Dink jy werklik dit is so eenvoudig soos jy beweer dit is wanneer jy skryf dat jy is "bevrees dat die Afrikaner met sy Ou Testament- kultuur wat van geslag tot geslag ingeteel is nie 'n onpartydige stelling kan inneem oor hierdie saak nie, en altyd die kant van die Israeliese Jode sal verkies weens die feit dat hulle ( Afrikaners)  gebreinspoel is dat Jode God´s "uitverkorenes" is, en dat Israel aan hulle behoort".

     
    Werklik? 
     
    Hoe kan jy hoegenaamd so 'n stelling maak? 
     
    Dit is so, dat daar sekere denkrigtings is hier, wat die Afrikaner en die Jood as dieselfde aard sien, naamlik die "uitverkorenes", en hulle is aktief hier op die werf ook, en dan daarmee saam, die Arabier sien as die ekwivalent van die swart persoon hier, passief, onbevoeg vir demokrasie. 
     
    Daardie Afrikaner bestaan, maar is dit werklik almal en sal dit my kommentaar insluit en wat jy dan doodgewoon verwerp, omdat dit in die kultuur van die Afrikaner "ingeteel" is? 
     
    Wat wel na vore kom in die siklus is jou eie wrewel wat jy openbaar teen die Jood en die demonisering wat jy heel gamaklik na vore laat kom. 
     
    Wat die stelling gemaak deur my bevestig. 
     
    Sou jou graag dit sien doen teen die swartes hier, wat jou in die geselskap van Comestor, Reusedwerg, Henn en Rap, die hele bende regse sluipers, sou plaas. 
     
    Dit is vir my onduidelik hoekom jy met soveel gemak wel die Jode afmaak as die skuim van die aarde, sonder om te blik of te bloos. 
     
    Ek weet nie hoe hierdie komplekse uitdaging opgelos gaan word nie, maar Israel se veiligheid is net so belangrik as die bevryding van die Palestyne en menswaardigheid aan die Palestyne te bied.
     
    Dit is die uitdaging en met dit, hoe sal 'n mens geregtigheid laat geskied?
     
    En skielik is dit stil. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    Naskrif. 
     
    Ek is heeltemal bewus van die verskil tussen Anti-Semitisme, ingebou in Westerse denke en die opstande wat nou plaasvind as 'n reaksie teen die gebeure in Gaza. 
     
  • CorneliusHenn

    Beste Pieter,

    Kwyl jy nou selfs dat die "Afrikaner met sy Ou Testament- kultuur wat van geslag tot geslag ingeteel is", die enigste vriende vir Israel in die hele wye wêreld kan wees?

    Jou twak elders dat Israel kamstig grond by die Palestyne gesteel het, plaas jou ook vierkantig en onteenseglik in dieselfde liga as Julius Malema.  

    Ek is bevrees jy is besig om jouself te vermorsel.  

    Jy is ook deesdae tipies aan diegene (veral ontnugterde Protestante) wie daarop uit is om met hul min moed die Christene en Jode uit te sonder en ten alle koste probeer ondermyn (nes ‘n wafferse Chris Dippenaar destyds ook hier).  

    Weet maar gerus dat jou “ateïstiese” kop eerste tussen die radikale Moslems en by Hamas sal rol.  

    Semitiese groete,  

    Cornelius Henn

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter

    Ag, liewe vadertjie, wat het ek tog gesê om só deur jou misverstaan te word? Die volgende uitlating in jou laaste epistel vat darem die koek, en lui as volg: Wat wel navore kom in die siklus is jou eie wrewel wat jy openbaar teen die Jood en die demonisering wat jy heel gemaklik na vore laat kom.

    Nou kom die cherrie op die koek, en lui as volg: Dit is vir my onduidelik hoekom jy met soveel gemak wel die Jode afmaak as die skuim van die aarde, sonder om te blik of te bloos ."Skuim van die aarde"  is darem baie sterk taal, en word nie maklik geuiter nie, en nou wonder ek self waarom jy nie die "finale oplossing" daarby gevoeg het nie?

    Wanneer my tekste gedekonstrueer en analiseer word,  twyfel ek of 'n nugterdenkende hof bestaande uit filosowe en regsgeleerdes my skuldig sal bevind aan jou aantygings, wat die resultaat is van "dinge lees" in die teks wat daar wel nie bestaan nie, en dan tot onsinnige gevolgtrekkings lei. Tweedens, indien my tekste, soos jy voorstel, 'n  beeld skep van anti-Semitisme, sou die redaksie van SêNet nooit my skrywes gepubliseer het nie. Ek skrywe al vir donkiesjare aan hierdie webblad en is bewus van hulle sensitiwiteite.

    Laastens, om jou senuwees n bietjie te kalmeer, my geliefkooste moderne filosoof is 'n Jood, Noam Chomsky, wat 'n vooraanstaande Professor aan MIT is. Gaan lees wat hy te sê het oor Israel. My stories klink soos feëverhale in vergelyking met syne. Dalk sal jy ook tot bekering kom. Ha! Ha!Ha!

    Groete,

    Pieter Redelinghuys

     

     

     

     

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Cornelius Henn

                                          AMEN.

    Moslem, Christen, Hindu, en Semitiese groete. OOK Katolieke groete.

    Pieter Redelinghuys

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top