Beeldskaduwees

  • 0

Ek leef in die skadu van brons en betonbeelde. Wat is my “issue” nou eintlik?

Soos Oom Max, het ek ‘n oortuigde wete dat my “African” landgenoot (en andere) ongemaklik kan voel oor die beelde van Rhodes, Kruger, Verwoerd en andere. Maar beelde en plekname bepaal nie meer my “is” en plek hier in Afrika en dalk in die “universe” nie. Ek is wat ek is! Dus, vergeet van ‘n senaat of komiteebesluit, gebruik dinamiet en woorde en verander name na willekeur. Ek haal my hoed (of pet) af vir die stryders van fiktiewe groeps-identiteite; hulle is beter as ek!

Nou wat is my “issue” ?

Ek konstateer met oortuiging dat ek ‘n gas, nee ‘n bywoner, in Afrika is want ek wil hier leef en werk. Die waarskynlikheid, met statistiese getalle verklaar, dat ek oor 500 jaar ‘n wit, Christelik-Nasionale karakter in Afrika sal hê, is uiters skraal. Ek met my wit vel gaan geleidelik in die massagetalle verdof. Is ek dan ‘n fatalis, nee eerder ‘n realis! Dit is mos nou dan veel dieper as net beelde, “affirmative action”, sport-kwotas en grondbesit. Ja, dan is my “issue” dat my mede “African” landgenoot (wat totaal in die meerderheid is) vir my in alle eerlikheid, sonder pretensies, moet sê wat hy met die wit Afrikaner wil maak. Wees eerlik en vergeet nou die ou storie van “rainbow nation” want ek wil na jou in aandag luister en dan besluit hoe ek, as die totaal mindere, my lewe hier kan/moet bestuur.

Seblief!

Michiël Geldenhuys - Jeffreysbaai

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top