Apartheid (vir Maja)

  • 7

Liewe Maja,

Dis hartseer om te lees hoe maklik een se leuen 'n ander se waarheid word.

Ek het werklik nog nie hier op die werf gelees waar enigiemand ontken dat apartheid bestaan het  nie.

Ek't eweneens ook nog nie enigeen hier sien tik en ontken dat daar nie onreg gedurende die apartheidsera gepleeg is nie.

Ek weet nie hoe jy so mislei is nie Maja, maar ek het wel selfs meer male voorheen die uitdaging en in soveel woorde aan die karikatuur "Wouter Ferns" en sy tjommie Dirk Rigter gestel dat waar hulle ook juis sulke snert aan my persoonlik toedig, dat hulle dit  met behoorlike aanhalinge uit my bydraes en/of kommentare moet bewys. Nodeloos om te seg; nie een van die neo- liberale en selferkende minderwaardige skuldiges aan apartheid kon tot op hede my (of enige ander) daarin aanhaal nie.

Maja, ek deel graag hierdie skakel met jou ten einde die algemene erkentenis omtrent die bestaan van apartheid te komplimenteer:

 

 

Daar is wel seker diegene (nes jy waarskynlik) wat die weerwraak vandag op apartheid, heel "dapper" op hul ken wil vat.

Ek't vrede daarmee ook.

Ek neem egter ten sterkste aanstoot waar sulke kruipers my en my geliefdes by hul oordrewe skuldgevoelens en minderwaardigheid probeer sleep - dit sluit natuurlik die sikofante Calviniste se voetwassery en verskonings vir apartheid in!

Ek neem ook ewe erg aanstoot waar blanke Afrikaners viktimiseer word in sogenaamde regstellende en swart bemagtiging wetgewing - sulke wette bepaal kwansuis GELYKHEID wyl blanke Afrikaners doelbewus in die praktyk uitgesluit word ... siestog, nou mors wit slagoffers in hul stryd vir brood en botter hul tyd in howe en met petisies ... hoe pynlik hartseer die klug van die prokureur FW de Klerk se besingde "wigte en teen wigte" in 'n  kwansuis onafhanklike regstelsel ...  het jy 'n benul hoe dit moet voel Maja?

Dit sou maklik vir my wees om my voorouers, ouers en my eie onskuld aan die mag van die dag se beleid destyds, te bewys.

Dis egter nie die punt nie.

Daar is heelwat beginsel en logika ter sprake wat indien die geskiedenis reg gelees word en apartheid in die korrekte redeverband geplaas word, niemand nodig het om in 'n minderwaardige skuld aan kamstige die grootste misdaad teen die mensdom te sink nie.

Nog logika is gewoon die feit dat "two wrongs does not make a right" - in Afrikaans vertolk beteken dit gewoon dat vandag se omgekeerde rassisme met soveel meer gepaardgaande geweld, nie die geringe onreg in vergeleke daarmee regmatig kan wees nie.

Ek lees onlangs dat Pik Botha van ouds reken dat apartheid "onchristelik" was - hy dweep: “Ons kon nie by die onchristelikheid en immoraliteit van apartheid verbykom nie. Ons moes onsself bevry.”

Verbeel jou; en dit nadat al drie die Protestante Susters apartheid van hul kansels af en vir geslagte lank as God se bevel gedweep is ...

Hierop sou 'n mens sekerlik ook dan tereg kon vra oor hoe Christelik en moreel ons piesang demokrasie vandag kwansuis is?

Maja, jy borduur self en eensydig voort oor die onregte gedurende apartheid ...

Ek daag jou om die volgende onregte vandag teenoor ALMAL in ons land met dieselfde maat te meet:

1)      Hoogste misdaad in die wêreld
2)      Duurste elektrisiteit in die wêreld
3)      Derde hoogste voedsel pryse in die wêreld
4)      Hoogste syfer verkragting in die wêreld
5)      Vierde hoogste moord in die wêreld
6)      Die meeste openbare protes in die wêreld
7)      Hoogste HIV/VIGS in die wêreld
8)      Vyfde laagste GDP in die wêreld ten spyte van ons enorme minerale rykdom
9)      Vinnigste devaluering van geldeenheid in die wêreld
10)   Hoogste motorkapings syfer in die wêreld
11)   Hoogste baba en kindermoord ter wêreld
12)   Hoogste verkragting van babas, kinders en bejaardes in die wêreld
13)   Laagste gegradeerde onderwys ter wêreld
14)   Duurste presidensiële woning ter wêreld
15)   Hoogste tiener swangerskappe ter wêreld
16)   ....

Hel, waar gaan die lysie eindig Maja ...  of het François Williams toe uiteindelik wel jou gedagte oorrompel?

Nee Maja, in die apartheid era het die "onderdruktes" hul lewens gewaag vir 'n fantastiese heenkome Suid van die Limpopo.

Dis nie net die "wit menere" wat vandag se haglikheid hier in Mzansi uitlig nie, behalwe vele ander swart leiers beaam ons geliefde emeritus aartsbiskop Desmond Tutu dit ook gereeld ... selfs FW de Klerk bely vandag dat hulle 'n vet mielie by die berugte KODESA oorgawe gerol is!

 

 

Wat ek wel in besonder hier onder jou aandag wil bring, is die vraag of daar ooit op sulke skaal en gru gedurende apartheid teenoor onskuldiges gepleeg is, soos byvoorbeeld die haatmisdaad so algemeen op ons plase vandag?

Vergelyk ook die gedwonge hervestiging gedurende apartheid (selfs PW Botha se vergryp gedurende sy hel op ons), en die ANC se wanpraktyk vandag.

Maja, dieselfde aanslag en breinspoeling omtrent die katolieke (met 'n klien k) Kerk en apartheid geld hierin, daarom dat ek soveel aandrang omtrent hierdie werklikhede hier voer - beide raak my oorlewing, geliefdes, waardes en my hart.

Is dit nie dalk tyd na twintig jaar van Nelson Rolihlahla Mandela se kommunistiese erfenis en waarin die Ingelse toe met die koek wegstap, om die spul neo- liberaliste en kruipers te bevraag nie (dieselfde Britte wat Zimbabwe eers in 1980 onafhanklikheid gegee het en Seretse Khama uit Bechuanaland verban het na sy huwelik met 'n wit vrou?

 

 

Ek is nederig en dankbaar teenoor jou moedigheid waarin jy jou standpunt stel Maja - met respek selfs jou misleide gedagte daarin! ... min ander het die moed om eerlik hul standpunt te stel.

Ek hoop en bid egter dat jy ook die werklike bedreiging vir my, jou, en al ons geliefdes in die slegte toedrag in ons land sal insien - en dat apartheid allermins daarvoor te blameer is.

Kom ons verlig onsself van al die apartheid dwepers beskou ons toekoms verantwoordelik en waardig aan ons erfenis!

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 7

Kommentaar

  • Sjoe, Cornelius! Dis 'n hele mondvol. Dankie vir die skakels. Jy is heeltemal korrek oor die eensydige veroordeling van apartheid sonder enige kwalifikasie. Die huidige bestel herhaal reeds baie van dieselfde foute waarteen hulle 40 jaar lank gestruggle het. Betogers word deur die polisie doodgeskiet, aangehoudenes gaan dood in die polisieselle, verdagtes word vermoor in polisie aanrandings en -geweld, polisiestasies word aangeval. Die swart apartheid vandag word onder mooi-klinkende terme bedryf soos "affirmative action, "social justice", "BEE", "quotas", ens. "The more things change, the more they stay the same."

  • CorneliusHenn

    Dankie vir jou deelsaamheid Gawerjal ...  'n wyse naby aan my het op 'n keer in Ingels geseg: Rejection is a form of communication & can be saying: I'm confused. I don't get you. Our paradigms differ so don't know how to act with you! ... jy sal merk dat jou gedeelde insig ook ver buite die napraters en kruipers se gebreinspoelde begrip val en daarom in hul selftroos as iets niksseggend vir hulle voorkom - ook daarom hul bejammerenswaardige en onthutste verwerping daarvan ... hulle dans, nes die rotte van Hamelin,  hul ondergang reeds sedert PW Botha in 'n trans agterna ...die res het gewoon net nie die moed van hul oortuiging, of te wel - rugraat nie!

  • francois williams

    Cornelius, jy praat 'n reuse spul bog, snert and tos, en hartseer genoeg, besef jy dit nie eens nie, nes toe jy gegorrel het oor Kaknada en Ysland...tot vandag toe het Litnet nie my skrywe geplaas wat uitlig hoe korrup, siek en bygelowig Ysland is nie...dis jammer, want dit beteken jy sal nooit leer hoe verkeerd is jy nie, maar kom ons kyk na jou 15 aannames hier wat ALMAL helemal verkeerd is...swart op wit, my kommentaar in HOOFLETTERS na joune:

    1) Hoogste misdaad in die wêreld - DIT BLY STEEDS BY VERRE DIE GROOTSTE LEUEN IVM SA WAT VERSPREI WORD DEUR HATIGE WITTES, SA SE MISDAADSYFERS IS NIE EENS IN DIE TOP 50 NIE OU BOET...TOPLANDE SLUIT IN VK, OZ, NZ, SWEDE, MEXIKO, RUSLAND, VSA EN TALLE ANDER EU LANDE, HULLE HET ALMAL VEEL HOGERE MISDAADSYFERS AS SA...CATCH A WAKE UP TOE..2) Duurste elektrisiteit in die wêreld - JY IS SEKER KOORSIG AS JY DIT GLO?? SA HET VAN DIE GOEDKOOPSTE TER WERELD, WAAROM DIT ONTKEN?? 3) Derde hoogste voedsel pryse in die wêreld - HAHAHAHA!! JERE IS DEURMEKAAR, ENIGE WESTERSE LAND HET VEEL HOGERE KOSTES AS SA 4) Hoogste syfer verkragting in die wêreld - WEEREENS 'N POT KAK...ENIGE WIT WESTERSE LAND HET MEER VERKAGTINGS AS SA...ENIGE EEN..DIS FEITE ..5) Vierde hoogste moord in die wêreld - HOEKOM NET VIERDE? ...WEEREENS SPUL KAK..6) Die meeste openbare protes in die wêreld - AS DIT WAAR IS DAN IS DIT GREAT!! 7) Hoogste HIV/VIGS in die wêreld - DIT IS AGV VAN APARTHATE EN WIT BELIED...WIE SE SKULD IS DIT DAN?? 8) Vyfde laagste GDP in die wêreld ten spyte van ons enorme minerale rykdom - KOP SE KAK...SA IS DIE RYKSTE LAND TER WERELD...DIE WESTE IS TOTAAL BANKROT, NOEM MY EEN LAND IN DIE WESTE WAT NIE BANKROT IS NIE?? KOMAAN SLEGS ENE ASB>>???? 9) Vinnigste devaluering van geldeenheid in die wêreld - HOOP DIS WAAR...EK LAAIK DIT!!! 10) Hoogste motorkapings syfer in die wêreld - KOP SE KAK...WAT VAN VSA BV, OF MEXIKO, OF ENIGE LAND IN SUID AMERIKA?? EU HET MENSE NIE GELD VIR MOTORS NIE. 11) Hoogste baba en kindermoord ter wêreld - WEEREENS BOKNAAI, NZ HET BESLIS MEER AS ONS...12) Hoogste verkragting van babas, kinders en bejaardes in die wêreld -- WEEREENS KYK EERS NA NZ EN PAAR ANDER PLEKKE, SOOS EU ...13) Laagste gegradeerde onderwys ter wêreld - WIE SEG SO? JY? EK HET 'N GOEIE OPVOEDING GEKRY IN ONS SKOLE, MY BROER SE 10JARIGE LAAITIE KRY PUIK ONDERWYS...SA SE ONDERWYS IS DAMN GREAT..14) Duurste presidensiële woning ter wêreld - ASEMBLIEF TOG...WEET JY IETS VAN DIE WERELD AF OF WAT?? DIS DIE GROOTSTE BOKTOS VAN AL DIE KAK WAT JY HEIR GORREL...15) Hoogste tiener swangerskappe ter wêreld - HAHAHAHA...WAS JY AL IN LONDON...???

    Ou, die doos wat hierdie lysie saamgestel het is waarskynlik in Graad Ses met houtwerk as hoofvak...hopie dis jy nie..

  • CorneliusHenn

    Siestog François Williams, jy is gewis 'n erg oordrewe "spin doctor" van die ANC ... ja, selfs die ANC wat jy so hartstogtelik vereer sal in hul mou vir jou narre aktivisme giggel ... derhalwe, jou platvloerse oordrewe ingenomenheid met alles ANC en jou borrelende Boerehaat daarby, is lankal so berug op die werf en nodig ek nie my tyd verder met jou drek te mors nie ... jy sal egter jou gat moet polish om die voorbok te kan bly by die neo- liberale en ultra- (s)linkse komposstampbende op Lit Net ... STERKTE, Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    ... spesiaal iets vir die werf se ultra- (s)linkses, neo- liberales, bleedin'hearts en gatkruipers soos die François Williamse' om hulself in te bevredig ... http://www.youtube.com/watch?v=4NVkRmBTB7k ... daarenteen ek bepeins saam met elke ander redelike mens en belangstellende oor hoeveel presidente van die wêreld besing hoe hulle 'n deel van hul burgery gaan skiet - dit, bo en behalwe nog die kommunistiese "blacks only" apartheid waarmee ons amaBhulu in weerwraak onderdruk word ...

  • CorneliusHenn

    ... elkeen het sekerlik hul onderhewige bronne wat statistiek betref - Francois Williams het net sy gewone en triviale snert gekef - oordeel gerus self:

    1)      Hoogste misdaad in die wêreld 1. http://en.wikipedia.org/wiki/Crime_in_South_Africa    ... 
    2)      Duurste elektrisiteit in die wêreld http://www.greenpeace.org/africa/Global/africa/publications/coal/TheEskomFactor.pdf
    3)      Derde hoogste voedsel pryse in die wêreld http://www.worldbank.org/en/country/southafrica/overview  ... lees met aandag die paragraaf handelende "South Africa remains a dual economy with one of the highest inequality rates in the world, perpetuating inequality and exclusion"
    4)      Hoogste syfer verkragting in die wêreld http://www.news24.com/SouthAfrica/News/SA-rape-capital-of-the-world-20051122
    5)      Vierde hoogste moord in die wêreld http://en.wikipedia.org/wiki/List_of_countries_by_intentional_homicide_rate
    6)      Die meeste openbare protes in die wêreld http://en.wikipedia.org/wiki/Protests_in_South_Africa
    7)      Hoogste HIV/VIGS in die wêreld http://www.unaidsrstesa.org/region/countries/south-africa
    8)      Vyfde laagste GDP in die wêreld ten spyte van ons enorme minerale rykdom ... FOUT - ons is ongeveer nommer 34 op die ranglys - steeds ten spyte van ons minerale rykdom
    9)      Vinnigste devaluering van geldeenheid in die wêreld http://www.moneyweb.co.za/moneyweb-south-africa/rand-as-most-oversold-currency   ... ou nuus egter - dit het intussen verder versleg
    10)   Hoogste motorkapings syfer in die wêreld http://en.wikipedia.org/wiki/Carjacking#South_Africa
    11)   Hoogste baba en kindermoord ter wêreld http://en.wikipedia.org/wiki/Crime_in_South_Africa
    12)   Hoogste verkragting van babas, kinders en bejaardes in die wêreld http://en.wikipedia.org/wiki/Rape_statistics#South_Africa
    13)   Laagste gegradeerde onderwys ter wêreld http://mg.co.za/article/2013-04-17-sas-maths-science-education-ranked-second-last-in-world
    14)   Duurste presidensiële woning ter wêreld ... gereken veral teen die per capita inkomste van SA en in vergelyk met die bure om Nkandla, dan daag ek enigeen om 'n meer blasé voorbeeld in die wêreld te bring!
    15)   Hoogste tiener swangerskappe ter wêreld http://www.irinnews.org/report/70538/south-africa-teenage-pregnancy-figures-cause-alarm

    DIE PUNT TER SPRAKE IS ONS HUIDIGE MANDELA KOMMUNISTIESE ERFENIS IN VERGELEKE MET DIE GEHATE APARTHEIDSERA RAKENDE HIERDIE LYS!!!!!

    Diegene wat die tragiese werklikhede in ons land wil misken ter wille van hul siek ego en ewe siek propaganda, verheug hulself gewis met onskuldige bloed aan hul hande!

    Cornelius Henn

  • francois williams

    Ai jy is nogal lief om jou eie stem te hoor, is jy nie en hierdie skreeu jy dit in hoofletters en dan is jy nog oningelig ook. Lees gerus. SOUTH AFRICAN LAW COMMISSION. RESEARCH PAPER 18. Conviction rates and other outcomes of crimes reported in eight. South African police areas." as jy wil weet hoe beroerd die misdaadsituasie in Suid-Afrika is. Jy kan dit aflaai onder http://www.justice.gov.za/salrc/rpapers/rp18.pdf‎

    As jy dit gelees het kan jy terugkom en sê hulle lieg as hul sê dat hul steekproewe wys dat uit moord, verkragting en roof met verswarende omstandighede 75% van alle sake nooit in die hof beland nie, 5% nie skuldig bevind word nie, 10% in die hof terug getrek word, en slegs 6% skuldig bevind word en 4% hangende sake is.

    Dit vertel die treurige verhaal  van dat as jy in Suid-Afrika moord, roof of verkragting pleeg, jy 'n te minste 'n 75 % kans het om skotvry daarvan af te kom, want 75% beland nooit in 'n hof nie. Bevind jy jou dan onder die ongelukkige 25% is daar 'n goeie kans dat die saak teen jou teruggetrek gaan .

    Is dit nie skreiende skande dat op een of ander manier in die nuwe, verbeterde, demokratiese Suid-Afrika
    daar 'n kans is dat 94% van alle moordenaars, rowers en verkragters, nooit skuldig bevind word nie en toegelaat word om die gemeenskap verder te terroriseer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top