"Brief aan jou verlore liefde"-kompetisie: Juanita

  • 2

My Alles

Dis al manier hoe ek kan dink om hierdie brief aan jou te rig, want jy was beslis my alles. Nou smeek ek die antwoord tot een vraag: hoe is ek veronderstel om sonder jou te lewe?

Ek vind dit moeilik om rigting in my lewe sonder jou te kry. Jy was dan my kompas, jou liefde het die rigting vir my aangewys. Nou weet my hart nie watter kant toe nie. My verstand probeer nog sin maak, maar my hart weier om rede te verstaan. 

Telkemale vind ek dat ek wil vra, "Onthou jy nog...?" maar jy is nie meer hier nie, en ek is al een wat nou nog onthou. Soms haat ek die herinneringe wat my oor en oor martel en ander tye kleef ek daaraan soos iets wat my aan die lewe hou. Hoe kan jy aan beweeg en ek dan nie? Is dit dalk omdat liefde vir my alles was en nie vir jou nie?

Dit sou my soveel tevredenheid gegee het om te kon se ek skryf hierdie brief met woede en haat teenoor jou, maar die woorde vloei slegs uit liefde en 'n vermissing wat geen woorde ken. Ek is veronderstel om te sê dat ek jou alle geluk toewens, maar daar is geen manier hoe ek daardie verraad teenoor myself kan pleeg nie. Ek was onder die indruk ons geluk is bymekaar.

Ek wil groet deur te sê dat ek hoop ek sien jou nooit weer nie of dat ek jou nooit sal vergewe nie. Dit is iets wat my verstand verstaan, maar in my hart is jy nog steeds my alles.

 

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie.


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.


  • 2

Kommentaar

  • Die mysie vir my. Om te dink ek was verlief op iemand anders toe ontmoet ek vir jou. Die een wat ek gedog het gaan my mysie tot laat wees, die een wie ek kon vertrou, wie my alles was. Ja, ek verstaan dinge moet gebeur maar hoekom nou, hoekom nou wat ek dit beginne voel, om eerlik te wees ek het verlief geraak op jou. Ek is mal oor jou. Daar is nie iemand in jou plek nie jy is die een wat saak maak by my. Ek dink aan jou elke minuut, elke sekonde wat verby gaan. Babe, ek mis jou stem wat my naam so mooi uitspreek. My eerste regte mysie wie my lewe baie laat verander het. Ek is nog altyd lief vir jou T. Xx

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top