Boekgesprek | Book Chat

 
Boekedag 2012: Louis Esterhuizen kies 'n karakter


As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Een van my gunsteling-spanningsverhaalskrywers is die Spaanse skrywer Arturo Pérez-Reverte. Die karakter Lucas Corso in sy roman The Dumas Club (2003, Vintage) is loshande die een wat ek graag sou wou wees. Corso is ’n bibliofiel wat daarin spesialiseer om antikwariese boeke of historiese manuskripte vir sy kliënte op te spoor. ’n Boekspeurder, dus. In genoemde roman is hy byvoorbeeld op die spoor van die oorspronklike manuskrip van Alexander Dumas se The Three Musketeers. Wat ’n onvergeetlike karakter: ietwat menssku, obsessief en terselfdertyd heerlik eksentries.

Louis Esterhuizen is bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Sy negende digbundel, Amper elders, het onlangs verskyn. Lees Bibi Slippers se onderhoud met Louis oor die Proteaprys vir poësie.


Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 
Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address