LAPA Uitgewersportaal | LAPA Publishers Foyer

 
Boek vir Blou Bul-besetenes



Titel: 75 Blou Bul Legendes
Kategorie: Niefiksie: Sport en avontuur
Formaat: Sagteband: 210 x 260 mm
ISBN: 9780799358148      

’n Rugby-legende is volksbesit; iemand wat ver buite die grense van provinsialisme aanvaar en bewonder word. Noord-Transvaal en die Blou Bulle het van die wêreld se grootste rugbylegendes opgelewer. Mens kan dadelik dink aan Frik du Preez, bekend vir die legendariese wedstryd waar hy sommer "gedrop, geplace en gescore" het.

Herinneringe aan Naas Botha se taktiese skoppe, waar hy selfs kan spog met ’n doelskop van die kantlyn af in ’n amperse orkaan en stortreën. Joost van der Westhuizen met sy giftige breekslae van vaste fasette af en ook losskrums en losgemale sal menige rubgy-ondersteuners bybly. En Victor Matfield wat wêreldrugby se lynstane oorheers het is maar enkeles wat in dié merkwaardige boek voorkom.

Hierdie boek bespreek die loopbane en prestasies van 75 van die mees legendariese spelers wat die afgelope 75 jaar vir Noord-Transvaal, die Blou Bulle en die Bulls gespeel het.

Koop 75 Blou Bul Legendes by toonaangewende handelaars of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address