SêNet-briewe | Letters

 
Bewaring
Almal is lief vir 'n bewaarder, maak nie saak of hy blou skoenlappertjies, walvisse, haaie, aasvoëls, die reënwoud, jakkalse, fynbos of veteraanmotors is nie maar net nie Afrikaans nie. As jy aandui dat jy vir die bewaar van Afrikaans is word jy aangegluur en, eienaardig genoeg, deur mede-Afrikaners; dit is Nie Die Ding Om Te Doen Nie. Hoekom sou dit wees?

Goed wat bewaringswaardig is, is goed wat agteruitgaan en Afrikaans is definitief aan die agteruitgaan; luister maar na die radio en televisie. Dink ook aan die openbare sektor, Afrikaans bestaan nie meer daar nie. Gebeur dit omdat Afrikaanssprekendes minder word? Kan tog nie wees nie want Afrikaanssprekendes was 100 jaar gelede nóg minder en sedert daardie tyd het Afrikaans gegroei; skole het vermeerder, universiteite het ontstaan en die letterkunde het bewonderingswaardig uitgebrei. Om watter rede is Afrikaanssprekendes nou so onbetrokke en afsydig, selfs vyandig teenoor hulle eie taal?

Dit is so dat die swart regering Afrikaans wil uitroei; Afrikaanse plekname word vervang, Afrikaanse skole het al grootliks verdwyn en Afrikaanse universiteite het heeltemal verdwyn. Die rede vir die Afrikaner se afsydigheid is dan, lyk dit my, 'n kniebuig teenoor die nuwe heersers; dié moet tog net nie vertoorn word nie.

Is hierdie gaan-lê-houding uit vrees of die gevolg van breinspoeling? Maak seker nie saak nie want die een is net so'n groot skande soos die ander. Wat 'n donnerse verleentheid. Goddank daar is nog ouens soos Dan Roodt.

Jan Rap

Comments 2 Reaksies | 2 Comments
Delete Comment
avatar
Duitswester
2012-07-06 @03:57

Dag Jan,

as ek kyk na ander volke wat in diaspora was reken ek Afrikaans sal slegs herleef indien die Afrikaner op een of ander manier weer 'n land bekom.

Groete

Duitswester

Delete Comment
avatar
Jan Rap
2012-07-06 @12:41
Duitswester, dis op die oomblik al gevolgtrekking wat ek ook kan maak.

Laat dit juig daar by julle.

   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address