SêNet-briewe | Letters

 
Antwoorde op Jaco se vrae van gister

Hallo Jaco

Jy vra of ek jou voorbeelde kan gee van waar Dan Roodt pro-aktief was.  Die antwoord is ja ek kan.  Ek hoef egter nie, want jy kan dit nog beter as ek doen; daar was talle male waar ek eers van een of ander aksie van Dan Roodt gehoor het (of liewer gelees het) van jou – jy hou hom fyner dop as ek.

Buitendien, Dan Roodt se 'pro-praat', soos jy dit noem, is definitief ook aksie, net soos Max se Vrye Weekblad destyds ook aksie was.  Die blote feit dat Dan 'n webwerf het, en publiseer, en verpes en aangeval en verguis word deur Naspers en ander apologete vir die mislukte staat, is bewys dat die kêrel woel.  Hy wag nie vir uitnodigings om sy sê te sê nie.

En ek sê weer, ek speel nie Dan af teen die ander ouens wat iets vir Afrikaans of die Afrikaner doen nie (soos byvoorbeeld die wat nou Nederland toe genooi is); vir my is enigiemand wat ons saak bevorder prysenswaardig.  As ek hom wel moet vergelyk met iemand is dit 'n ou soos Max du Preez byvoorbeeld, of André Brink, mense wat ons saak skade aangedoen het.  Goeie skrywers, intelligente mense en alles, maar te veel soos die Woody Allen-karakter in Grab the Money and Run, trap kort-kort sy eie bril stukkend, besig om ons af te kraak vir Browniepunte.

Jy vra my hoe ek, na aanleiding van my stelling soos aangehaal in jou brief, 'n wit regering pre-94 sou waarborg.  Verkeerde vraag na aanleiding van daardie stelling – ek het gesê die JULLE is die ouens wat GRAAG 'n swart regering wou gehad het, wat hulle BEYWER het vir die swart regering (of het jy ook die oorgang na 'n swart regering teengestaan?).

Maar volledigheidshalwe sal ek jou vraag beantwoord:  Pre-94 was daar 'n wit regering aan bewind.  Om te verseker dat harmonie en vrede in Suider-Afrika gedy sou ek, het ek om die waarheid te sê, my beywer vir NEGE swart regerings en een wit regering.  Ek was oortuig dat dit die mees waarskynlike waarborg vir vrede sou wees.  Ek het jou al voorheen gesê, die 2000 verskillende volke in Afrika wat in sowat 60 state gegooi is KAN net wrywing en jammerlike agteruitgang tot gevolg hê.  Afrika is onstabiel en nou ook Suid-Afrika nadat ons gedwing is om dieselfde resep te volg.

Ek sal nog by jou 'Afrikanerselfstandigheid' uitkom.  Dit sal help as jy my 'n skakel gee; om een of ander rede werk jou 'alle bydraes' nie, iets fout met jou profiel.

Groetnis

Jan Rap

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter


Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
Thys Human (PTA)
2012-11-27 @12:35
Goeie antwoord JR.  Ek stem heelhartig saam met jou - oor sowel Dan R as jou konsep dat nege swart en een wit regering baie beter sou gewees het in 94 as die huidige gemors wat ons het - en waarvoor Jaco en sy pelle so opgewonde was - en blykbaar steeds is.

Jaco, is jy nog so uitbundig pro-DA na die afgelope naweek se kongres waar die DA nie net links nie, maar ook sterk swart geswaai het?

   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address