SêNet-briewe | Letters

 
Antwoord aan George Claassen
Dagsê George

Jou opmerkings onderaan my twee briewe van so 'n dag of wat gelede verwys.

Ek sien jy sê vir Thys presies wat jy vir my sê ten opsigte van wat jy as die remmende effek van geloof op denke beskou. Dit was 'n onnodige relaas; in Thys se geval omdat hy self 'n ateïs/agnostikus/ongelowige is. Hy het nog op 'n kol vertel dat hy instemmend op al jou stellings in jou artikel geknik het en hom eers begin vervies het toe jy sommer net vir die lekker groot geeste soos Dan Roodt en Steve Hofmeyr begin aanval, sonder bewyse (EN, nogal, hulle as minderwaardig stel teenoor apologete vir die huidige gemors soos Adriaan Basson, Anton van Niekerk en Antjie Krog).

In my geval was dit ook onnodig want ek is nie besig met sendingwerk nie; ek wou weet hoe werk jy uit dat godsdiens die oorsaak van swak prestasie is eerder as die ineenstorting van die onderwyssisteem sedert die aanvang van die Nuwe Suid-Afrika. Vir my lyk laasgenoemde na die rede, veral as mens in aanmerking neem dat leerlingprestasie in die ou bedeling, terwyl godsdiensonderrig nog in volle swang was, ordegroottes beter was as tans. Ek mag verkeerd wees, maar sonder jou bewyse pas ek steeds Occam se lem toe; die eenvoudiger, meer voor-die-hand-liggende verklaring is die meer aanvaarbare een.

Niemand sal ontken dat, veral destyds, godsdiensinstellings wel striemend kon inwerk op vrye spraak en denke nie. Maar is dit die godsdiens of is dit die instelling? Dit is soos om te reken moord sal verdwyn as knipmesse, rewolwers, rottegif en knopkieries verban word. In Sjina byvoorbeeld het 'n ander politieke bedeling, nie godsdiens nie, hulle voorsprong op die Weste laat verdwyn en wel as gevolg van onredelike belastings wat ingestel is. Onder andere is skepe is per mas belas, skepe het dus kleiner en kleiner geword en uiteindelik is Sjina se ontdekkingsreise, en dus uitbreiding en ontwikkeling, heeltemal vernietig.

As jy nou vir 'n oomblik gaan sit en dink sal jy insien die aankoms van die NSA is op dieselfde manier 'n baie groter gevaar vir vrye denke, vrye spraak en ontwikkeling as wat godsdiens ooit kan wees. Dink maar aan die gemuilband van die pers, die verkwisting van belastinggeld en die gevolglike opskaal van belasting (wat ook manifesteer in brandstofpryse, elektrisiteitstariewe en eiendomsbelasting), die beroep op Suid-Afrikaners om die land tog nie in 'n swak lig te stel nie, die ontkenning dat daar effektief 'n volksmoord aan die gang is ens ens.

Snaaks genoeg, al hierdie goed loop hand aan hand met die verguising van godsdiens. Deesdae het universiteite departemente van etiek en etiek-kursusse word by sekere firmas en staatsinstansies aangebied omdat mense uit huis uit nie meer respek, goeie maniere en agting vir ander se goed het nie. Hierdie waardes is inherent aan die meeste gelowe en die etiek-kursusse kan dus gesien word as bloot 'n voortsetting van godsdiensonderrig, net in 'n ander vorm.

Terloops, jy sê jy is "... is 'n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner, nie 'n Afrikaner ten eerste nie." Verkeerd; jy is 'n Claassen, dan 'n Afrikaner, dan 'n Kaukasiër, dan 'n Suid-Afrikaner, dan 'n mens (homo sapiens sapiens), dan 'n soogdier, dan 'n aardling, dan 'n Sol-sonnestelseling en dan 'n wat-hierdie-sterrestelsel-ookal-as-bekendstaan-eling. 'Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner' is 'n PK-term, nie 'n klassifikasie nie. En nog 'n terloops, ek is ook van die Oos-Transvaal; my matriek in Nelspruit geskryf.

Ek trek jou stelling dat jou Engelse studente meer oopkop as die Afrikaanse studente is sterk in twyfel; op grond waarvan sê jy dit? Presteer hulle beter? Tot tyd en wyl jy die bewyse hiervoor gee aanvaar ek dat jy voor-op-die-wa-geid verwar met oopkop wees.

'n Laaste gedagte: Jy as 'n joernalis en dosent het 'n openbare platform en jy versuim jou plig as jy nie by ELKE geleentheid, al is dit net sydelings, jou uitspreek teen die gruwelike plaasmoorde en die heksejag op Afrikaans en die Afrikaner nie. Laat vaar hierdie gedweë gelatenheid en volg die voorbeeld van manne met ruggraat soos Dan Roodt en Steve Hofmeyr: Staan op vir die regte van jou mense.

Groetnis

Jan Rap

Comments 2 Reaksies | 2 Comments
Delete Comment
avatar
Thys Human (PTA)
2013-01-25 @16:18
Dankie Jan Rap. Alweer in die kol - veral teen die einde.
Delete Comment
avatar
Hendrik le Roux
2013-01-27 @19:09
George Claassen se baie bruikbare liegverklikker is ook soms glad nie aangeskakel nie.

Met verwysing na sy etnies-etieskorrekte self-etikettering as Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner:
Hy kan ook maar bly wees die imperialistiese planne van Lesotho om Suid-Afrika by homself in te lyf, is tans effe op die liegverklikkerhorison, want as dit nie die geval was nie, sou hy wat George is, hom dalk whaps bevind in ’n posisie waar die tipiese Boere van Transvaal hulle bevind het so 110 jaar gelede: whalla! weg is Transvaal! Ons weet wat George dink van iemand wat nog probeer om Transvaler of Boer te wees, of nog erger eties te oortree in die Nuwe Suid-Afrika, naamlik om die pre-NSA te idealiseer of die post-NSA te voorspel, of selfs te help definieer, of te identifiseer as reeds in wording.

As George niks anders sou kon wees as taalspreker gekoppel aan sy huidige-paspoort-uitreiker-nasiestaat-per-abuis nie, dan word hy seker ook onmiddellik lojale Afrikaanssprekende Lesothoaan, as Lesotho se gewaande planne sou slaag, en Lesotho Lesotho bly.

Gelukkig vir George is die  plan dat die vergrote Lesotho (of enige ander meer waarskynlik-gepaste etiese veroweraar as hy of Anton van Niekerk een uit hulle etiese duim kon suig) die naam Lesotho sal opgee ten behoewe van ’n meer gepaste identiteit. Blykbaar is daar groot steun vir die nuwe land se naam waar die ligging in Afrika nie die bepalende kriterium van etnisiteit sal wees nie.

Dus (George) sal die Afrikaanssprekende Lesotho's nie meer Lesotho's kan (mag) bly nie. Hulle balastingowerheid defineieer hulle tog per se, soos vir jou en Anton-hulle.

Hopelik sal die nuwe (vader)land waaraan George lojaliteit sweer en dienswillige-die-uwe se paspport vir hom sal uitreik, en waarin die Ou Nuwe voormalige Suid-Afrika in opgaan, darem minstens ’n mooiklinkende naam kry soos Pandorania of Pandemonium.

Dan kan George vir almal lekker lag en rustig by sy NSA-vuurtjie sit en bloot homself bly noem soos wat hy dan ook is: Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner. Dan kan Bok van Blerk of Steve ’n liedjie vir George komponeer met die titel Ons Vir Jou Suid-Afrika.

Indien George wil bykom (kom by Menere!) nooi ek hom na ons eerste Padorania-kongres vir nuwe bekeerlinge wat met geloof die pad na Pandorania wil betree. Indien hy in beginsel daarteen gekant is dat hierdie eerste inskrywing gehou sal word in die stad van die Verwords, naamlik Orania, is ons bereid om die adres te skuif na Nirvana, solank ons net sy gewaardeerse etiese insette sal kan kry, after all, a rose by any name.

Moet netti dari "rose" na iets laat ruik wat Afrikaner issi, verali Stink Afrikaneri.
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address