Angus en die Griekse mitologie
Angus gebruik die Griekse mitologie om die Woord en die HERE se geboorte
ongedaan te probeer maak.
Die Griekse mitologie is plooibaar soos ’n hand vol klei. Daar is ook die kwessie dat dié mitologie aangepas is om die advent van die Christendom, die hoof te bied.
Die Griekse gemeenskap is deur die evangelisasie aksie van die Christendom binnegedring, nádat die nuus van die maagdelike geboorte van die HERE al sedert voor Sy geboorte, rugbaar geword, het, dit wil sê, nog voor die jaartelling weer by 1 begin het.
Maria se aanstaande swangerskap en die aankondiging daarvan deur die engel Gabriel (die woorde vervat in Lukas 1:28) het sy uitbundig in die openbaar uitgejubel en haar niggie, Miriam, saam met haar. Hierdie nuus het die Jode en Grieke ontstel, én die wonderlike nuus, het blitssnel regoor die Midde-Oosterse versprei – soveel só dat Oosterse magiërs nadergekom het om dié besonderse nuwe Koning te kom vereer … ook Herodes het dit gehoor én daarop gereageer op wreedaardige brutale manier omdat hy skielik bedreig gevoel het tussen ál die koningskinders wat oraloor gebore word – want ongewoon was die advent van hierdie besondere Koning, verseker.
Álmal het dit geweet en aangevoel …
Toe Paulus ’n bietjie later die Griekse hoofstede binnegaan met sy evangelisasiewerk, was hy amper van kant gemaak, só het die Grieke hul eeue oue antieke mitologiese religie teen die HERE Jesus Christus probeer beskerm – sonder sukses. Hulle mitologie is geduldig en veral met dié dat Paulus nog die sogenaamde “onbekende god” vir hulle in besonder uitwys, as die enigste ware God, Wie Sy verskyning op aarde kom maak het, was die gort behoorlik gaar. En dit is tóé, in daardie tye, dat die gode sommerso nog mites ontwikkel wat ooreenstemming met dít wat bekend was oor die Koning van alle konings – in ’n poging om die dooie mitologiese uitskot wat nog nooit enigiets vir enige mens kon doen nie, omdat hulle werklik versinsels was, nuwe ‘lewe’ te gee …
Maar dit was glad nie lank nie, of die héle gebied is oorrompel die Lewende en Ware Krag van God Wie Mens geword, het. Só het die mites vergaan en die HERE, het gevestig, tot vandag toe.
Die enigste “lewe” wat dié mites nog vandag het, is in die mond van die dwase agnostikus, wat nie die verkil tussen lewe en dood kan eien nie, verál, as dit nie sigbaar is, nie – omtrent net so ‘lewendig’ soos hulle ‘lewegewende’ mitologiese protosoön wat in mitologies oersop van hulle fabelagtige evolusie rondgedrywe het ...
En só kom die agnostici vandag en staan magteloos teen dié Krag – en álles wat die advent van die HERE bevestig en beskrywe, word summier deur hulle gepoog as sogenaamde “vervalsing” en “onwerklikheid” aan te stip - hierdie HERE, Wie dit regkry om mense só kragtig te inspireer, dat die kronologie van die aarde van vooraf begin; álle mitologiese religieë vernietig word; Sy dissipel-tal van twaalf na meer as twee biljoen styg; die ganse wêreld vir die afgelope 2000+ jare aan te gryp en te oorheers; mense te inspireer, pro- én antagoniste, sodat hulle hul wens aan Hom wy en spandeer, óf om dissipels vir Hom te wees, óf om in hul patetiese minderheid, verbete teen Sy bestaan te probeer veg … ens.
En omdat daar só baie is wat hulle nie kan teëstaan nie, nie kan diskrediteer nie, nie kan weet, verstaan en verwerk nie, kom die agnostici hulle met hulle onvolwasse, insiglose, irrasionele en redelose blanko ontkenning en verdagmaking pogings van alles, asof dít die knoop vir hulle sou deurhaak, terwyl hulle nie besef, nie meer die kapasiteit het om te begryp, dat dit hulle saak eintlik vererger nie, die realiteit van die HERE en Sy Krag net méér aksentueer nie. Hulle, die verlorenes, oortuig nie eens hulself nie (anders sou hulle nie so obsessief probeer het om God weg te praat en bewys, nie).
Die mens sonder sy bewustelike verbintenis met God, is ’n gruwelike gesig.
Kobus de Klerk